Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Let's stay up to date . .
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29583] Do, 30 Maart 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Phatti wrote:

> Government departments accounted for the bulk of employment losses with 22
> 626 jobs being lost

Hierdie daling van die getal mense in die regeringsdiens is eintlik 'nbaie
gesonde toestand. Dit is die "trend" by alle westerse regerings
om die getalle staatsdiensamptenare te verminder. In baie gevalle
deur die dienste te privatiseer. As die SA regering dus die wil het
om die staatsdiens te besnoei, gee hulle 'n pluimpie.

Gloudina
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29598 is 'n antwoord op boodskap #29583] Vr, 31 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doos[1]  is tans af-lyn  Doos[1]
Boodskappe: 143
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Senior Lid
Beskou jy rerig SA as 'n westerse land? (geen sarkasme hier bedoel)

skryf in boodskap news:38E3EB80.ACB6F70D@home.com...
> Phatti wrote:
>
>> Government departments accounted for the bulk of employment losses with 22
>> 626 jobs being lost
>
> Hierdie daling van die getal mense in die regeringsdiens is eintlik 'nbaie
> gesonde toestand. Dit is die "trend" by alle westerse regerings
> om die getalle staatsdiensamptenare te verminder. In baie gevalle
> deur die dienste te privatiseer. As die SA regering dus die wil het
> om die staatsdiens te besnoei, gee hulle 'n pluimpie.
>
> Gloudina
>
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29599 is 'n antwoord op boodskap #29583] Vr, 31 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doos[1]  is tans af-lyn  Doos[1]
Boodskappe: 143
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Senior Lid
Die "West" = USA, Canada, EU, Aussie & Kiwi (?) [West Berlin/West Germany]
Dan het ons "South America", "Middle East", "Far EAST" en "Africa" (ons
vergeet maar van die voormalige USSR)

Lyk my 'n mens kan ampetjies se dat "The West" verwys na lande wat onder
"European Imperialism" tot stand gekom het. Dus kan 'n mens se dat SA
"Westers" was maar nou dat sy terug gekeer het na haar "rightful owners" kan
ons haar dus klassifiseer as "African".

Of dalk verwys "WEST" na witmans land
Of dalk verwys "WEST" na Eerste Wereld lande.

wat dink jy?

"ProPacem" skryf in boodskap news:20000331163455.14136.00000008@ng-cs1.aol.com...
>> Phatti" pau...@hotmail.com
>
>> Beskou jy rerig SA as 'n westerse land? (geen sarkasme hier bedoel)
>
> Wat, volgens jou, bepaal of 'n land "westers" is? (ek vra in alle erns).
>
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29622 is 'n antwoord op boodskap #29583] Sa, 01 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Phatti, my "West" sluit ook Japan in. Dis miskien nie die nuttigste konsep
wat ooit geskep is nie. (Soos "links" en "regs").

Die wetenskap en demokrasie is miskien die sentrale idees van my eie rowwe
ideë van "Westers wees", en al wat 'n mens uit hierdie bespreking gaan kry
is persoolike ideës van wat 'n vae konsep bedoel. Of so dink ek.

Phatti skryf in boodskap news:LI9F4.4402$xA.13078@news.iol.ie...
> Die "West" = USA, Canada, EU, Aussie & Kiwi (?) [West Berlin/West Germany]
> Dan het ons "South America", "Middle East", "Far EAST" en "Africa" (ons
> vergeet maar van die voormalige USSR)
>
> Lyk my 'n mens kan ampetjies se dat "The West" verwys na lande wat onder
> "European Imperialism" tot stand gekom het. Dus kan 'n mens se dat SA
> "Westers" was maar nou dat sy terug gekeer het na haar "rightful owners" kan
> ons haar dus klassifiseer as "African".
>
> Of dalk verwys "WEST" na witmans land
> Of dalk verwys "WEST" na Eerste Wereld lande.
>
> wat dink jy?
>
>
>
>
> "ProPacem" wrote in message
> news:20000331163455.14136.00000008@ng-cs1.aol.com...
>>> Phatti" pau...@hotmail.com
>>
>>> Beskou jy rerig SA as 'n westerse land? (geen sarkasme hier bedoel)
>>
>> Wat, volgens jou, bepaal of 'n land "westers" is? (ek vra in alle erns).
>>
>
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29650 is 'n antwoord op boodskap #29583] Ma, 03 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

ProPacem wrote:

>> "Gary Bartholomew"
>
>> Phatti, my "West" sluit ook Japan in.

> Dit is wel so dat die term op verskillende maniere deur verskillende mense
> gebruik word - soms geografies verwysend, soms "eerste-wereld lande", soms
> "wit". Feit is, egter, dat daar wel 'n rigsnoer is (hoe effektief die rigsnoer
> is, is debatteerbaar), gesetel in filosofie. Gegee dat filosofie in die
> populere begrip insluit daardie basiese waardes en houdings jeens lewe,
> samelewing en natuur, word daar dan gepraat van 'n westerse lewensfilosofie -
> soveel so dat 'n filosofiese en paradigmatiese ooreenkoms onderskei kan word.
> Hiervolgens is Japan NIE westers nie, maar Australie is wel.

Ek is geinteresseerd in die feit dat jy Japan uitsluit van"westers" te wees. Ek
stem heelwaarskynlik met jou
saam. Na taamlik baie kontak met Japannese hier in
Ottawa (as gevolg van die feit dat my man probeer
Japannees leer) voel ek seker dat hulle "kultuur" anders
as myne is. Maar die feit dat jy "westerse" kulture groepeer
volgens " houdings jeens lewe, samelewing en natuur,"
laat my wonder hoe die Japannese houding "jeens lewe, samelewing
en natuur" anders is as byvoorbeeld die van die VSA of Kanada
of Australia.

Gloudina
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29651 is 'n antwoord op boodskap #29583] Ma, 03 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Gary Bartholomew"

> Phatti, my "West" sluit ook Japan in. Dis miskien nie die nuttigste konsep
> wat ooit geskep is nie.
> Die wetenskap en demokrasie is miskien die sentrale idees van my eie rowwe
> ideë van "Westers wees", en al wat 'n mens uit hierdie bespreking gaan kry
> is persoolike ideës van wat 'n vae konsep bedoel.

Dit is wel so dat die term op verskillende maniere deur verskillende mense
gebruik word - soms geografies verwysend, soms "eerste-wereld lande", soms
"wit". Feit is, egter, dat daar wel 'n rigsnoer is (hoe effektief die rigsnoer
is, is debatteerbaar), gesetel in filosofie. Gegee dat filosofie in die
populere begrip insluit daardie basiese waardes en houdings jeens lewe,
samelewing en natuur, word daar dan gepraat van 'n westerse lewensfilosofie -
soveel so dat 'n filosofiese en paradigmatiese ooreenkoms onderskei kan word.
Hiervolgens is Japan NIE westers nie, maar Australie is wel.
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29652 is 'n antwoord op boodskap #29583] Ma, 03 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem skryf in boodskap news:20000403100820.10004.00000756@ng-cr1.aol.com...
>> "Gary Bartholomew"
>
>> Phatti, my "West" sluit ook Japan in. Dis miskien nie die nuttigste konsep
>> wat ooit geskep is nie.
>> Die wetenskap en demokrasie is miskien die sentrale idees van my eie rowwe
>> ideë van "Westers wees", en al wat 'n mens uit hierdie bespreking gaan kry
>> is persoolike ideës van wat 'n vae konsep bedoel.
>
> Dit is wel so dat die term op verskillende maniere deur verskillende mense
> gebruik word - soms geografies verwysend, soms "eerste-wereld lande", soms
> "wit". Feit is, egter, dat daar wel 'n rigsnoer is (hoe effektief die rigsnoer
> is, is debatteerbaar), gesetel in filosofie. Gegee dat filosofie in die
> populere begrip insluit daardie basiese waardes en houdings jeens lewe,
> samelewing en natuur, word daar dan gepraat van 'n westerse lewensfilosofie -
> soveel so dat 'n filosofiese en paradigmatiese ooreenkoms onderskei kan word.
> Hiervolgens is Japan NIE westers nie, maar Australie is wel.

Sien wat ek bedoel? Ek twyfel of daar nou meer 'n beskrywende Westerse
filosofie is in hierdie tye is. Jy mag miskien reg wees, maar nie een van
ons sal ooit in staat wees om te sê die een of die ander is kategories reg
nie. Ek verbreed my definiesie tot die lande wat 'n wetenskapgedrewe
ekonomie het, en polities demokraties is agv. my twyfel, en miskien is ek
reg; miskien verkeerd. Die argumente strek nie oor die logieka nie, maar oor
die definisies van terme.
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29666 is 'n antwoord op boodskap #29583] Di, 04 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Gloudina Skryf
> Ek is geinteresseerd in die feit dat jy Japan uitsluit van"westers" te wees

EN

> "Gary Bartholomew"

> Ek twyfel of daar nou meer 'n beskrywende Westerse
> filosofie is in hierdie tye is
> Ek verbreed my definiesie tot die lande wat 'n wetenskapgedrewe
> ekonomie het, en polities demokraties is

Ek stem wel saam dat die rigsnoer se effektiwiteit bevraagteken kan word -
veral vandag - maar die feit bly staan dat die term "westers" as onderskeid wel
hiervandaan ontspring het. Die filosofiese tradisie van die weste was
tradisioneel terug te voer tot Plato en Aristotel, en selfs in godsdiens was
die strome hoofsaaklik in Augustine en Aquinas te vinde, en in die wetenskap
die strome van Descartes, Popper teenoor Kant, Heidegger en selfs Wittgenstein.
Hierteenoor, stel die invloed van Confucius se Analects, Buddha, die Bhagavad
'n heel ander manier van weet, waarheid, en lewe voor. Insgelyks, die
Afrika-kosmologie van voorvaders en natuur-bemiddelling gee 'n lewensfilosofie
in a la Karl Jaspers se filosofie van ervaring. Daar is dus tog sprake van 'n
daadwerklike filosofiese tradisie wat verskillende houdings jeens "lewe,
natuur, en samelewing" ingee. Die vraag is natuurlik tot watter mate
tegnologie en die sogenaamde globale gemeenskap hierdie tradisionele verskille
tot niet maak. Hierdie is 'n veel moeiliker vraag om te beantwoord. Kan mens,
byvoorbeeld, van 'n post-moderne generasie X in Amerika praat en dieselfde
post-industriele betekenisse (of gebrek aan betekenisse :-)) aan 'n Japanese
jeug toedig? En tot watter mate behoort ons Amerikaanse Imperialisme en
wereld-kapitalisme te onderskei van deurdringende kultuurgoed? Ek het nie die
antwoorde nie, maar stem saam dat die simplistiese onderskeid wat ter berde
gebring word in die term "Westers" bes moontlik nie so effektief is soos vroeer
nie. Bygese, egter, vind ek dit problematies om westers te gebruik soos dit
mens pas - nou ekonomies, dan rasgewys, dan polities, en sommer soms geografies
ook. Vir elkeen van die voorafgaande is daar 'n uitsondering.
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29667 is 'n antwoord op boodskap #29583] Di, 04 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink dis miskien weer een van daai "fuzzy sets". As mens inbeweeg na die
senter van die stel is daar duidelike einskappe wat uitgeken kan word, maar
as mens daarvanaf beweeg om die lyn om die ding te trek, dan kom die
moeilikheid. As mens dit as 'n "fuzzy" consep aanvaar, dan is dit bruikbaar
in 'n mate, maar nie vir skerp en duidelike, oortuigende ontledings nie.

Ek praat so hele paar kilometer bo my eintlike kennis nou, maar hoe klink
dit? Die ideë sou wees dat ons nie 'n groot fout begaan nie om 'n kosep soos
"westers" te gebruik nie; net solank ons ons gevolgtrekkings en afleidings
met die ideë as argument, as ook onduidelik aan die grense nog sien nadat
ons klaar geriddeneer het.

ProPacem skryf in boodskap news:20000404100825.12812.00000986@ng-cu1.aol.com...
>> Gloudina Skryf
>> Ek is geinteresseerd in die feit dat jy Japan uitsluit van"westers" te wees
> EN
>
>> "Gary Bartholomew"
>
>> Ek twyfel of daar nou meer 'n beskrywende Westerse
>> filosofie is in hierdie tye is
>> Ek verbreed my definiesie tot die lande wat 'n wetenskapgedrewe
>> ekonomie het, en polities demokraties is
>
> Ek stem wel saam dat die rigsnoer se effektiwiteit bevraagteken kan word -
> veral vandag - maar die feit bly staan dat die term "westers" as onderskeid wel
> hiervandaan ontspring het. Die filosofiese tradisie van die weste was
> tradisioneel terug te voer tot Plato en Aristotel, en selfs in godsdiens was
> die strome hoofsaaklik in Augustine en Aquinas te vinde, en in die wetenskap
> die strome van Descartes, Popper teenoor Kant, Heidegger en selfs Wittgenstein.
> Hierteenoor, stel die invloed van Confucius se Analects, Buddha, die Bhagavad
> 'n heel ander manier van weet, waarheid, en lewe voor. Insgelyks, die
> Afrika-kosmologie van voorvaders en natuur-bemiddelling gee 'n lewensfilosofie
> in a la Karl Jaspers se filosofie van ervaring. Daar is dus tog sprake van 'n
> daadwerklike filosofiese tradisie wat verskillende houdings jeens "lewe,
> natuur, en samelewing" ingee. Die vraag is natuurlik tot watter mate
> tegnologie en die sogenaamde globale gemeenskap hierdie tradisionele verskille
> tot niet maak. Hierdie is 'n veel moeiliker vraag om te beantwoord. Kan mens,
> byvoorbeeld, van 'n post-moderne generasie X in Amerika praat en dieselfde
> post-industriele betekenisse (of gebrek aan betekenisse :-)) aan 'n Japanese
> jeug toedig? En tot watter mate behoort ons Amerikaanse Imperialisme en
> wereld-kapitalisme te onderskei van deurdringende kultuurgoed? Ek het nie die
> antwoorde nie, maar stem saam dat die simplistiese onderskeid wat ter berde
> gebring word in die term "Westers" bes moontlik nie so effektief is soos vroeer
> nie. Bygese, egter, vind ek dit problematies om westers te gebruik soos dit
> mens pas - nou ekonomies, dan rasgewys, dan polities, en sommer soms geografies
> ook. Vir elkeen van die voorafgaande is daar 'n uitsondering.
>
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29668 is 'n antwoord op boodskap #29583] Di, 04 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Gary Bartholomew"

> Ek verbreed my definiesie tot die lande wat 'n wetenskapgedrewe
> ekonomie het,

Alhoewel ek reeds op die kern van jou pos geantwoord het, wil ek tog
afsonderlik reageer op hierdie sin. Sien, 'n "westerse" aanname is implisiet
aan;t werke hier, naamlik dat wetenskap 'n sekere objektiewe aard en karakter
het. bes moontlik bedoel jy lande wat 'n "tegnologie-gedrewe ekonomie" het.
daar is verskillende maniere van weet, en die positivistiese westerse
"wetenskap" wat op Popper se "falsification" berus is (na my mening) geensins
meer geldig as byvoorbeeld 'n eerste-nasie wetenskap wat meteorologiese
voorspellings maak aan die hand van mistiese intuisie nie.
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29680 is 'n antwoord op boodskap #29583] Wo, 05 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan nou nie mooi die kloutjie by die oor bring oor wat jy sê nie. Ek
het die die hele stuk onder gelos sodat jy kan verduidelik. Die vrae wat
onstaan is:
1) In die laaste sin: vra jy ons nou om te verduidelik hoe jy voel? Of,
is dit 'n vraag aan jouself, of vra jy niks. Jy maak 'n stelling?
2) Voel jy dat Engeland is meer demokraties as byvoorbeel Nedeland?
(midde-Europe teenoor wes-Europa)
3) 'n Suksessvolle demorasie gebou is op diskriminasie? (soos die
caste-system van India)
4) Die grootse demokrasie die suksesvolste is? (gebou op aantal stemme
soos in India teenoor Amerika se minder stemme)
5) Demokrasie gebou is op stemreg en nie mense regte noodwendig nie?
6) Dus was die midde-Eeropa demokrasie onwettig? (soos beoefen deur die
Duitsers - hulle het wel gestem dan nie? Net soos in India)
7) Dat demorasie in SA begin het met die Engelse invloed? (of is dit nou
eers met die ANC? Ek weet nie altyd wat jy nou eintlik bedoel nie)
8) Dat die ANC wat praat dat hulle demokrasie vir die eerste toegepas
het in SA eintlik iets oorgeneem het van die Engelse en dat die Engelse
daarvoor die huldeblyk moet kry?

Ernest

skryf in boodskap news:38EAB94C.AA0A9227@home.com...
> ProPacem wrote:

> Maar ek wil nog verder praat oor wie ek as Westers beskou.
> Ek voel kultureel in Kanada baie nader aan mense van die
> Indiese subkontinent en ook van die Karibbiese Oseaan as
> wat ek naby voel aan mense van midde en oos-Europa.
> Die mense van midde en oos europa het byvoorbeeld nie
> sover dit my lyk 'n grondige respek vir "demokrasie" nie,
> terwyl India byvoorbeeld 'n suksesvolle demokrasie het.
> Wanneer ek die literatuur van die twee dele lees, "verstaan"
> ek die skrywers (in Engels) wat van Indiese oorsprong is,
> makliker as die van se byvoorbeeld Rusland. Is dit omdat
> ek in my SA ondervinding sulke nou verband gehad het met
> mense wie se voorvaders ook van die Indiese subkontinent
> afkom, of is dit omdat India en SA albei beinvloed is deur
> die "Engelse" Weste.
> Gloudina
>
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29681 is 'n antwoord op boodskap #29583] Wo, 05 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Gary Bartholomew wrote:

> Die ideë sou wees dat ons nie 'n groot fout begaan nie om 'n kosep soos
> "westers" te gebruik nie; net solank ons ons gevolgtrekkings en afleidings
> met die ideë as argument, as ook onduidelik aan die grense nog sien nadat
> ons klaar geriddeneer het.
>

Ja, Gary, ek dink jy slaan die spyker op die kop. In ons
relativistiese denkwereld moet ons almal hierdie rigsnoer
in gedagte hou. En veral nie die woord verpolitiseer nie.

Gloudina
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29682 is 'n antwoord op boodskap #29583] Wo, 05 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Gary Bartholomew" gary...@intekom.co.za

> Ek dink dis miskien weer een van daai "fuzzy sets". As mens inbeweeg na die
> senter van die stel is daar duidelike einskappe wat uitgeken kan word, maar
> as mens daarvanaf beweeg om die lyn om die ding te trek, dan kom die
> moeilikheid. As mens dit as 'n "fuzzy" consep aanvaar, dan is dit bruikbaar
> in 'n mate, maar nie vir skerp en duidelike, oortuigende ontledings nie.

Ek dink dis eintlik 'n baie nice manier om dit te stel.
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29683 is 'n antwoord op boodskap #29583] Wo, 05 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:38EAB94C.AA0A9227@home.com...
> ProPacem wrote:
>
>> Insgelyks, die
>> Afrika-kosmologie van voorvaders en natuur-bemiddelling gee 'n lewensfilosofie
>> in a la Karl Jaspers se filosofie van ervaring.
>
> Baie interessante opmerking. Kan jy bietjie uitwy hieroor.
>
> Maar ek wil nog verder praat oor wie ek as Westers beskou.
> Ek voel kultureel in Kanada baie nader aan mense van die
> Indiese subkontinent en ook van die Karibbiese Oseaan as
> wat ek naby voel aan mense van midde en oos-Europa.
> Die mense van midde en oos europa het byvoorbeeld nie
> sover dit my lyk 'n grondige respek vir "demokrasie" nie,
> terwyl India byvoorbeeld 'n suksesvolle demokrasie het.
> Wanneer ek die literatuur van die twee dele lees, "verstaan"
> ek die skrywers (in Engels) wat van Indiese oorsprong is,
> makliker as die van se byvoorbeeld Rusland. Is dit omdat
> ek in my SA ondervinding sulke nou verband gehad het met
> mense wie se voorvaders ook van die Indiese subkontinent
> afkom, of is dit omdat India en SA albei beïnvloed is deur
> die "Engelse" Weste.
> Gloudina
>
Toe ek gaan reis het, het ek gevind dat ek baie beter oor die weg gekom het
met die mense van die ou oos-Europa as met die van die weste. Is dit omdat
ek in my SA ondervinding altyd rondgeloop het met die een oog oor die
skouer, en "rumours" van gruwel in donker plekke hier en daar gehoor het?
Die saamgevoel was wedersyds- hierdie gevoel van 'n vergelykbare agtergrond,
miskien? Of miskien was dit net dat hulle nie so arrogant was nie.
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29684 is 'n antwoord op boodskap #29583] Wo, 05 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

E Bessinger wrote:

> 2) Voel jy dat Engeland is meer demokraties as byvoorbeel Nedeland?
> (midde-Europe teenoor wes-Europa)

Wel, as jy nou dink Nederland is in midde-europa, dan moetjy eers weer
bietjie na die landkaart van Europa gaan kyk.
Sentrale Europa word algemeen aangeneem as beginnende
omtrent oos van Duitsland. Wanneer ek dan praat van die
kultuur van daardie dele as vreemd vir my, dan bedoel ek
heelwaarskynlik dat die Slawiese kultuur vir my vreemder is
as die kultuur van die subkontinent van India

> 3) 'n Suksessvolle demorasie gebou is op diskriminasie? (soos die
> caste-system van India)

Hier weer moet jy bietjie jou huiswerk doen. Jy weet blykbaarnie dat die
"caste-system" onwettig in India is nie. En, as ek
reg onthou, is die huidige President van India se voorvaders van
die laagste "caste" in die ou bedeling. Nou, vir iemand wat in
SA bly en wat in 'n kultuur gebly het waar alle "nie-blankes"
vir jare en jare onterf is van hulle mense-regte, waar daar geen
demokrasie was nie, is jy nou darem bietjie te smalend oor
ander lande en hulle rekords.

> 4) Die grootse demokrasie die suksesvolste is? (gebou op aantal stemme
> soos in India teenoor Amerika se minder stemme)

Ek verstaan nie wat jy hier bedoel nie. 'n Demokrasie is 'ndemokrasie. Maar
as 'n land soos India, wat beide in landsgebied
en bevolkingsgetalle groot is, 'n suksesvolle demokrasie kan
handhaaf, dan is dit iets prysenswaardig.

> 5) Demokrasie gebou is op stemreg en nie mense regte noodwendig nie?

Demokrasie gaan gewoonlik gepaard met die respektering vanmenseregte. Waar,
in jou opinie, is daar 'n verskil?

> 6) Dus was die midde-Eeropa demokrasie onwettig? (soos beoefen deur die
> Duitsers - hulle het wel gestem dan nie? Net soos in India)

Ek kan nie verstaan wat jy hier bedoel nie. Kan jy verduidelikwat jy presies
bedoel. Sover dit my aangaan is Duitsland 'n
Westerse demokrasie op die oomblik. Was definitief nie 'n
demokrasie gedurende die tyd van Hitler nie.

> 7) Dat demorasie in SA begin het met die Engelse invloed? (of is dit nou
> eers met die ANC? Ek weet nie altyd wat jy nou eintlik bedoel nie)

Nee, demokrasie het nie begin met die Engelse in SA nie. Die
nie-witbevolking is altyd onterf van hulle deel in die regering van die
land. Wat
Engeland in Engeland beoefen het (een man een stem) het in India eers
gekom in 1948 toe India sy onafhanklikheid gekry het, en in SA in 1994
toe alle burgers van die land stemreg gekry het.

> 8) Dat die ANC wat praat dat hulle demokrasie vir die eerste toegepas
> het in SA eintlik iets oorgeneem het van die Engelse en dat die Engelse
> daarvoor die huldeblyk moet kry?

Nee, die Engelse hoef nie hulde te kry vir wat in SA gebeur het
nie. Die Engelse moet geblameer word dat hulle in al die tyd wat
hulle die mag in SA gehad het, nie iets gedoen het om die stemreg
aan al die landsbewoners van SA te gee nie.

In alle geval, in hierdie draad praat ons oor kultuur, en nie politiek
nie. Ek herhaal weer, as ek twee persone ontmoet: een is 'n "Slav"
en die ander is iemand wie se etnisiteit Indies is, dan voel ek meer
gemaklik met laasgenoemde as met eersgenoemde. En ek wonder
hoekom.

Die tannie met die twee tuite (haar kappie en haar mond s'n)

>
>

>
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29685 is 'n antwoord op boodskap #29583] Wo, 05 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Simon van der Schans wrote:

> Jou pos beskaam die hoop wat dit wek:
>
>> Maar ek wil nog verder praat oor wie ek as Westers beskou.
>
> Of volg daar nog 'n aflewering?
>
>

Wel, Simon, hoekom gee jy nie vir ons jouopinies oor wat "westers" is
nie? Ek het nog altyd
van jou helder en insiggewende poste op hierdie
nuusgroep gehou.
Dis 'n interessante onderwerp. Byvoorbeeld, as
ek met 'n Mennoniet hier in Kanada in aanraking
kom, of met die Pennsylvania Dutch oor die grens,
moet ek hulle dan as nie-Westers sien, net omdat
hulle 'n baie spesifieke antipatie het teen die
westerse gemeganiseerde en geindustrialiseerde
gemeenskap. Wat maak albei van ons Westers,
want ek voel dat in 'n sekere opsig hulle my
westersheid met my deel.

Gloudina
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29686 is 'n antwoord op boodskap #29583] Wo, 05 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> @home.com

>> Insgelyks, die
>> Afrika-kosmologie van voorvaders en natuur-bemiddelling gee 'n lewensfilosofie
>> in a la Karl Jaspers se filosofie van ervaring.
>
> Baie interessante opmerking. Kan jy bietjie uitwy hieroor.

Sonder om te diep te delf - binne filosofiese kringe was daar altyd 'n debat en
'n vraag of Afrika 'n filosofiese geskiedenis het. hierdie vraag, na my
mening, was maar altyd etnosentries en selfs rassisties, gekleed in
"akademiese" vrae na die geldigheid van 'n filosofie sans geskrifte, en
oorweldigend afhanklik van orale geskiedenis. Karl Jaspers, dan, het aangevoer
dat filosofie nie bloot behels wete wan die wereld, epistemologie, of kennis
van filosofiese tekste en sisteme nie. Filosofie, aldus Jaspers, groei vanuit
die praktiese lewensdaad - hiervolgens het ALMAL filosofie en 'n filosofiese
geskiedenis, gegee 'n spesifieke interaksie met die wereld en
"wese-in-die-wereld". "Philosophising is the activity of thought itself, by
which the essence of man, in its entirety, is realised in the individual man".
Voorts, gegee dat die basiese filosofiese vrae vanuit praktiese
lewensomstandigheid groei, is die vorm daarvan in pas met die historiese
moment. Maar hierdie historiese moment, in turn, is deel van die
aaneenlopendheid van tradisies. "The questions put earlier in history are still
ours; in part identical with present ones, word for word, after thousands of
years, in part more distant and strange, so that we make them our own only by
translation." Wanneer mens dan na hierdie basiese vrae gaan, kan dit
gereduseer word (a la Immanuel Kant) na 1) Wat kan ek weet; 2) Wat sal ek doen;
3) Waarop kan ek hoop/ waarvoor mag ek wens; 4) Wat is mens? Insoverre, dan,
Afrika antwoorde verskaf op hierdie vrae - soos in voorvaders,
natuur-bemiddelling, die rol van die elders, die kosmologiese verhouding van
die elders tot die voorvaders, mistiese maniere van weet, bemiddelling van die
sangoma, ens., ens., beskik Afrika WEL oor 'n filosofie - BEIDE kontemporer en
histories. Dit mag selfs moontlik wees na aanleiding van Gary Bartholomew se
fuzzy concept om 'n senter te onderskei wat 'n "Afrika-filosofie" genoem kan
word en wat in meerof mindere mate ook deel vorm van 'n Zulu, of Swahili, of
Masai, of Wolof lewensfilosofie. John Mbiti en die Komaroffs maak vir
interresante leesmateriaal in die verband.
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29687 is 'n antwoord op boodskap #29583] Wo, 05 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Jou pos beskaam die hoop wat dit wek:

> Maar ek wil nog verder praat oor wie ek as Westers beskou.

Of volg daar nog 'n aflewering?

Swart Simon
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29688 is 'n antwoord op boodskap #29583] Wo, 05 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

ProPacem wrote:

> Insgelyks, die
> Afrika-kosmologie van voorvaders en natuur-bemiddelling gee 'n lewensfilosofie
> in a la Karl Jaspers se filosofie van ervaring.

Baie interessante opmerking. Kan jy bietjie uitwy hieroor.

Maar ek wil nog verder praat oor wie ek as Westers beskou.
Ek voel kultureel in Kanada baie nader aan mense van die
Indiese subkontinent en ook van die Karibbiese Oseaan as
wat ek naby voel aan mense van midde en oos-Europa.
Die mense van midde en oos europa het byvoorbeeld nie
sover dit my lyk 'n grondige respek vir "demokrasie" nie,
terwyl India byvoorbeeld 'n suksesvolle demokrasie het.
Wanneer ek die literatuur van die twee dele lees, "verstaan"
ek die skrywers (in Engels) wat van Indiese oorsprong is,
makliker as die van se byvoorbeeld Rusland. Is dit omdat
ek in my SA ondervinding sulke nou verband gehad het met
mense wie se voorvaders ook van die Indiese subkontinent
afkom, of is dit omdat India en SA albei beinvloed is deur
die "Engelse" Weste.
Gloudina
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29703 is 'n antwoord op boodskap #29583] Do, 06 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in message
...

> Wel, Simon, hoekom gee jy nie vir ons jouopinies oor wat "westers" is
> nie? Ek het nog altyd
> van jou helder en insiggewende poste op hierdie
> nuusgroep gehou.
> Dis 'n interessante onderwerp. Byvoorbeeld, as
> ek met 'n Mennoniet hier in Kanada in aanraking
> kom, of met die Pennsylvania Dutch oor die grens,
> moet ek hulle dan as nie-Westers sien, net omdat
> hulle 'n baie spesifieke antipatie het teen die
> westerse gemeganiseerde en geindustrialiseerde
> gemeenskap. Wat maak albei van ons Westers,
> want ek voel dat in 'n sekere opsig hulle my
> westersheid met my deel.
>
> Gloudina

My opinie? 'n Mens is 'n mens is 'n mens. Hoe laaik jy dit vir
"helder" en "insiggewend".

Volgens my lê daar in pogings om tussen "Westers" en "Oosters" te
onderskei dieselfde onkruid-saadjie as in pogings om tussen bv.
"Ariaan" en "Jood", "Blank" en "Nie-blank" te onderskei.

En ek het gewag om jou te sien wegsak in die dryfsand.

Swart Simon
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29704 is 'n antwoord op boodskap #29583] Do, 06 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Emmy schreef...
> @home.com heeft geschreven...
>
>>> 2) Voel jy dat Engeland is meer demokraties as byvoorbeel Nedeland?
>>> (midde-Europe teenoor wes-Europa)
>
> Het systeem is anders als in Engeland. Nederland kent 4 grote en veel
> kleinere partijen....op dit moment zij 3 partijen in de regering de
> liberalen de socialisten en een liberaal/sociale partij.
> Engeland heeft twee grote partijen......
> Maar Nederland is heel democraties hoor ;-))

Het verschil zit dieper dan alleen maar de verdeling van zetels over
partijen. Groot Brittannié heeft geen "one man one vote" systeem. Ze werken
met proportionele representatie of zoiets. Als een partij de grootste is in
een bepaald distrikt, dan gaan alle stemmen van dat distrikt naar die partij
voor de parlementsverkiezingen. Dit maakt het voor kleinere partijen vrijwel
onmogelijk om zetels te behalen. Zelfs al haal je in alle distrikten 30% van
de stemmen, dan nog zul je 0 zetels halen. Hetzelfde zie je in de VS.

Groeten,
Arthur
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29705 is 'n antwoord op boodskap #29583] Do, 06 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Inge  is tans af-lyn  Inge
Boodskappe: 177
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com heeft geschreven in bericht
...

>> 2) Voel jy dat Engeland is meer demokraties as byvoorbeel Nedeland?
>> (midde-Europe teenoor wes-Europa)

Het systeem is anders als in Engeland. Nederland kent 4 grote en veel
kleinere partijen....op dit moment zij 3 partijen in de regering de
liberalen
de socialisten en een liberaal/sociale partij.
Engeland heeft twee grote partijen......
Maar Nederland is heel democraties hoor;-))

> Wel, as jy nou dink Nederland is in midde-europa, dan moetjy eers weer
> bietjie na die landkaart van Europa gaan kyk.
> Sentrale Europa word algemeen aangeneem as beginnende
> omtrent oos van Duitsland.

Dat klopt maar oost Duitsland is nu ook west Europa.

> Ek kan nie verstaan wat jy hier bedoel nie. Kan jy verduidelikwat jy presies
> bedoel. Sover dit my aangaan is Duitsland 'n
> Westerse demokrasie op die oomblik.

Duitsland is heel democraties en de Duitsers zijn heel open en zich er zeer
van
bewust van hun foute verleden
Kinderen krijgen op school steeds te horen dat Duitsland fout is geweest in
de
tweede oorlog en dat dit nooit meer mag gebeuren.
Ook op tv worden met regelmaat oorlogsfilms getoond die laten zien wat het
fascisme te weeg gebracht heeft.
Omdat Duitsland in Europa het mea culpa steeds maar erkend en uitspreekt is
het een zeer gerespecteerd land geworden in de Europese Unie..........
In Duitsland is heel hard gewerkt na de oorlog en heeft een zeer sterke
economie maar door de wiedervereinigung ( oost Duitsland) wel de nodige
problemen vanwege de grote verschillen in welvaart ( oost-west) en
mentaliteit.

>> 7) Dat demorasie in SA begin het met die Engelse invloed? (of is dit nou
>> eers met die ANC? Ek weet nie altyd wat jy nou eintlik bedoel nie)

Ik heb gehoord dat men de oppositie in SA minder spreektijd wil geven in het
parlement......( dit is slecht voor een democratie)

> In alle geval, in hierdie draad praat ons oor kultuur, en nie politiek
> nie. Ek herhaal weer, as ek twee persone ontmoet: een is 'n "Slav"
> en die ander is iemand wie se etnisiteit Indies is, dan voel ek meer
> gemaklik met laasgenoemde as met eersgenoemde. En ek wonder
> hoekom.

Omdat de Engelse invloed en taal in India sterk aanwezig is......denk ik.

Groetjes
emmy
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29706 is 'n antwoord op boodskap #29583] Do, 06 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Simon van der Schans wrote:

> My opinie? 'n Mens is 'n mens is 'n mens. Hoe laaik jy dit vir
> "helder" en "insiggewend".
>
> Volgens my lê daar in pogings om tussen "Westers" en "Oosters" te
> onderskei dieselfde onkruid-saadjie as in pogings om tussen bv.
> "Ariaan" en "Jood", "Blank" en "Nie-blank" te onderskei.
>
> En ek het gewag om jou te sien wegsak in die dryfsand.
>
>

Soos 'n goeie Zen-meester.Dankie vir die hou op die kop.

gloudina
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29721 is 'n antwoord op boodskap #29583] Vr, 07 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Om die saak te ontrafel is my kop vér te plat. 'n Doktor J.A. Heese in
sy boek "Die Herkoms van die Afrikaaner 1657 - 1867" is die saak baie
aangeroer. Nou een van die probleme (volgens hom) is om ras van kultuur
te skei. Dis nou soos handskoen en hand. Die een omvou die ander.
Dieselfde gebeur blykbaar met met kultuur en politiek. Die een
voroorsaak die ander. So, as jy nou so 'n taak moet aanpak, moet al drie
(of selfs nog meer) sake aangeroer word. So, om aanspraak te kan maak op
'Afrikaaner' moet al die dinge in ag geneem word. So, om op te som: die
opmaak van 'Afrikaaner' word beinvloed deur
36,8% Nederlands
35,0% Duits
14,6% Frans
7,2% nie-blank (hoofsaaklik van Oosterse afkoms)
3,5% unbekend (dit kan die eintlik bepaal word nie)
2,6% ander nationaliteite (soos Deens, Fins en Rusies)
0.3% Engels.
Dr Heese erken dat daar een groot probleem met die syfers is en dit is
die opneem van data. Alles wes van Elbe (waar dit ook al is) was beskou
as Hollands. Hy voel dat die duitse invloed so veel as 65% kan wees.

Nou dat ons die opmaak van die Afrikaaner het, wat maak hom Westers?
Wel, ras en politiek. Politiek omdat wat voorheen algemeen was (soos
rasse vermening) teen die wet was later en nog later nou weer goed
gepraat word. So, hoe gaan enigeen die feite kry as 'waarheid' deur
politiek vertroebel word. So, wat maak die Afrikaaner westers? Niks,
behalwe politiese invloede en sy wit (of pienk) vel kleur (en 'n paar
van hulle is maar bra donker van vel).

Om die begenoemde te staaf kom Dr. Heese dan tot die volgende slotsom:
die godsdiens en kultuur bly. Politiek veroorsaak die veranderings. Dit
is wat
jou maak wat jy is.
Die poltieke omgewing wat geskep word, gee jou die groot insig. Ras
water af en 'verdwyn'. Soos byvoorbeel: 'n Duitse en Hollander het
omgang en 'n geslag kom voort. Die geslag sal 50% Duits wees en 50%
Hollands. Die kinders trou nou weer in suiwer Duise bloed in. Dan sal
hulle nasate 75% Duits wees en 25% Hollands. Nadat die 'afwatering' meer
as 4 geslagte gebeur het het dit nie eintlik meer waarde nie (dis nou
soos die geleerdes voel). So, die ras water af. En dan is daar die feit
dat "as twee rasse van verskillende velkleure sou meng, die nageslag 'n
ligter velkleur hê as die donkerste van die oorspronklikke' (nog deel
van die afwatterring.

So, as jy meer gelukkig voel om met die Ooste te kominikeer dan sou dit
betekken dat die politieke omgewing waar jy jou insig gekry het 'n
toestand sou skep waar die twee kulture dieselfde insigte sou kon kry.
Dit kan wees deur die Hollanders of die Britte. Albei lande het groot
politieke invloede gehad oor in Afrika en in die Ooste. Die kanse dat
die Engelse 'n groter invloed sou gehad is omdat hulle SA sou regeer het
tot om en by 1907. Teen die tyd was baie van die Hollanse sienings al
platgetrap deur die Britte.

Ernest
Net ingeval die vraag sou opkom: die nuutse siening is dat apartheid nie
eintlik 'n nuwe siening is nie maar veroorsaak is deur die kerk en saam
met van Riebeeck na SA uitgevoer is van Europa af. So, Verwoerd kan nou
heeltemal vrygespreek word.

@home.com wrote in message
...

> Wat maak albei van ons Westers,
> want ek voel dat in 'n sekere opsig hulle my
> westersheid met my deel.
>
> Gloudina
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29722 is 'n antwoord op boodskap #29583] Vr, 07 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dit kan gesien word as politiek want dit is baie mooilik om politiek en
kutuur altyd te skei. En, wie het gesê demokrasie het _net_ met politiek
te doen. Dit het meer met selfbesluit en vryheid te doen as met
politiek. Demokrasie het te doen oor meerdeheidsbesluit (altans Voltaire
en Sokrates) en die vryheid om so 'n besluit uit te oefen. Dit sluit
natuurlik die moderne siening (altans Calvyn) van vryheid van spraak in.
Alles dinge wat my kultuur maak wat dit is. Miskien moet daar bietjie 'n
studie gedoen word oor wat vryheid nou eintlik beteken en wat vryheid se
invloed is op kultuur.

Ernest

> @home.com heeft geschreven in bericht
> ...
>
> In alle geval, in hierdie draad praat ons oor kultuur, en nie politiek
> nie
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29735 is 'n antwoord op boodskap #29583] Sa, 08 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "E Bessinger" ern...@mweb.co.za

> Ras
> water af en 'verdwyn'. Soos byvoorbeel: 'n Duitse en Hollander het
> omgang en 'n geslag kom voort. Die geslag sal 50% Duits wees en 50%
> Hollands.

Jy neem dus aan dat duitsers en hollanders afosnderlike rasse is. Is hul nie
een ras (kom ons se wit), en twee etnisiteite (of miskien selfs kulture) nie?
Re: Let's stay up to date . . [boodskap #29753 is 'n antwoord op boodskap #29583] So, 09 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Heeltemal korrek. Dit was spesifiek deur my so geskryf anders word dit
weer 'n swart wit argument. Ek het dit geskryf om te bewys dat ras
eintlik baie minder as niks te doen het met die argument nie. Hoeveel
keer hoor mens nie dat die "ek het Hollandse bled in my daarom is ek
Afrikaaner" of, "ek het Duitse bloed in my en daaroor mag ek Afrikaaner
genoem word" Dit sou beteken dat 'n verskil in ras tussen die twee wees.
So, gaan jy verduidelik hoekom daar net (in die moderne siening) net
twee rasse is. Wit en swart. As Europe afgebreek word oor die eue dan
was daar dalk verskillende rasse. Vandag is hulle moontlik net een ras.
So, hoekom beklei die noord frans met die suid frans of, oos Duitser met
wes duitser of die Flaams met die Belg. Dit gaan meer oor kultuur. Nie
ras nie. So, die Afrikaaner word nie opgebou uit Franse, Duitsers
nie-blank, blank, piek, geel, groen nie. Maar, die invloede oor die
kulture wat die Afrikaaner sienings laat kry het oor wat hom die reg gee
om Afrikaaner genoem te word. Gedurende die apartera my stief oupa ('n
Strydom wat nie van Hollandse afkoms is nie maar baie regs was) het
altyd gesê "Ek kan nie verstaan dat die regering nou 'n wet gemaak het
wat teen Boeresport is nie. Die Klerlinge het hulleself tog nie gemaak
nie."

Maar, dink nou net: Indien jy van gemengde bloed was en in Europe groot
geword het en jou broer op die Cape flats. Die ras is dieselfde. Die
kultuur? Defnitief nie. So, wat het kultuur eintlik met ras te doen?

"ProPacem" skryf in boodskap news:20000408165313.05828.00000447@ng-fl1.aol.com...
>> "E Bessinger" ern...@mweb.co.za
> Jy neem dus aan dat duitsers en hollanders afosnderlike rasse is. Is hul nie
> een ras (kom ons se wit), en twee etnisiteite (of miskien selfs
kulture) nie?
Vorige onderwerp: Re: Die Afrikaner en die Hollander
Volgende onderwerp: verhalen en gedichten Meander
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 12:12:42 MGT 2024