Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dood van 'n muis
Dood van 'n muis [boodskap #2957] Sa, 22 November 2003 16:16 na volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
My muis, het gevrek. EK het eers gedink dis een of ander virus en het
wild tekere gegaan met Norton anti-virus ens (die cursor het so rond
en bont geflikker, dit het nie eenvoudig opgehou werk soos 'n
ordentlike dooie muis nie). Maar nou het ek 'n nuwe muis aangeskaf na
die kort begrafnis van vorige muis in die asblik. EN nou is ek weer
terug. Waar is almal?

Lorinda
Re: Dood van 'n muis [boodskap #2959 is 'n antwoord op boodskap #2957] Sa, 22 November 2003 20:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Nov 2003 08:16:58 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> My muis, het gevrek. EK het eers gedink dis een of ander virus en het
> wild tekere gegaan met Norton anti-virus ens (die cursor het so rond
> en bont geflikker, dit het nie eenvoudig opgehou werk soos 'n
> ordentlike dooie muis nie). Maar nou het ek 'n nuwe muis aangeskaf na
> die kort begrafnis van vorige muis in die asblik. EN nou is ek weer
> terug. Waar is almal?
>
> Lorinda


Wat 'n toeval. Maandag het ek 'n rekenaar gekoop en die een wat ek
hier gebruik se ram met 256mb verhoog (na 640mb). Net na ek die ram
ingesit het, het die cursor vir enkele oomblikke vasgesteek en dan
weer beweeg.
Totdat dit 'n paar minute later gevries het.
Ek het 'n spaarmuis gebruik tot Dinsdag toe, en toe ook 'n muis
aangeskaf:-)

DD
Re: Dood van 'n muis [boodskap #2960 is 'n antwoord op boodskap #2959] So, 23 November 2003 17:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf in boodskap news:...
> Wat 'n toeval. Maandag het ek 'n rekenaar gekoop en die een wat ek
> hier gebruik se ram met 256mb verhoog (na 640mb). Net na ek die ram
> ingesit het, het die cursor vir enkele oomblikke vasgesteek en dan
> weer beweeg.
> Totdat dit 'n paar minute later gevries het.
> Ek het 'n spaarmuis gebruik tot Dinsdag toe, en toe ook 'n muis
> aangeskaf:-)
>
> DD

Ons muise het telepatiese meegevoel!

Lorinda
Re: Dood van 'n muis [boodskap #2961 is 'n antwoord op boodskap #2960] So, 23 November 2003 18:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Veldmuis  is tans af-lyn  Veldmuis
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 2003
Karma: 0
Junior Lid
On 23 Nov 2003 09:11:07 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Dave skryf in boodskap news:...
>> Wat 'n toeval. Maandag het ek 'n rekenaar gekoop en die een wat ek
>> hier gebruik se ram met 256mb verhoog (na 640mb). Net na ek die ram
>> ingesit het, het die cursor vir enkele oomblikke vasgesteek en dan
>> weer beweeg.
>> Totdat dit 'n paar minute later gevries het.
>> Ek het 'n spaarmuis gebruik tot Dinsdag toe, en toe ook 'n muis
>> aangeskaf:-)
>>
>> DD
>
> Ons muise het telepatiese meegevoel!
>
> Lorinda

Moet wees. Ons muise het elektroniese meegevoel:-)

Veldmuis
Re: Dood van 'n muis [boodskap #2963 is 'n antwoord op boodskap #2961] So, 23 November 2003 19:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Veldmuis wrote:

>> Ons muise het telepatiese meegevoel!
>> Lorinda
>
> Moet wees. Ons muise het elektroniese meegevoel:-)
> Veldmuis

Dit is so tragies. Hiermee ook my innigste meegevoel met die tragiese
heengaan van julle getroue muise.

;-)
Re: Dood van 'n muis [boodskap #2968 is 'n antwoord op boodskap #2957] So, 23 November 2003 20:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
> Maar nou het ek 'n nuwe muis aangeskaf na
> die kort begrafnis van vorige muis in die asblik. EN nou is ek weer
> terug. Waar is almal?

Ai, sooooo ongevoelig. So verskriklik ongevoelig van jou. En dan vra jy nog waar ons is? Hard besig om
muise te red uit gevoelloses se asblikke, natuurlik!

;-))))

LOL! Ek het my doodgelag vir jou storie. Kon dit amper sien!
Re: Dood van 'n muis [boodskap #2981 is 'n antwoord op boodskap #2968] Ma, 24 November 2003 16:59 Na vorige boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
>
> Ai, sooooo ongevoelig. So verskriklik ongevoelig van jou. sob sob snik snik - > En dan vra jy nog waar ons is? Hard besig om
> muise te red uit gevoelloses se asblikke, natuurlik!

Ek was ook vir 'n paar dae in Ierland om my ma te sien, net om terug
te kom en deur 'n dooie maar bewegende muis (zombie?!) gekonfronteer
te word... Om die waarheid te sê net nadat ek daai eerste pos geskryf
het het ek aan die muis konneksie met jou en DD gedink, en gewonder
wat julle oor my ongevoelige gedrag gaan sê:-))

Lorinda
Vorige onderwerp: Re: News article - What happens after Mandela?
Volgende onderwerp: Katryn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 15:15:16 MGT 2024