Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: The Archives: March 17, 1900
Re: The Archives: March 17, 1900 [boodskap #29411] Ma, 20 Maart 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Phatti wrote:

> Interesant.
> Maar asb verwys my na hierdie archive
>
> skryf in boodskap news:38D24CEF.94C535E1@home.com...
>> On March 17, 1900 the Globe and Mail reported
>> that the British campaign in the Orange Free State
>> was thought to be virtually over, with the Republic's
>> burghers abandoning President Steyn.

Hierdie stukkies verskyn elke dag in The Globe and Mail
(net bokant die blokkiesraaisel). Ek weet nie of dit in die
elektroniese uitgawe van die Globe and Mail is nie. Dit is
interessant dat daar omtrent elke dag iets van die Boere-
oorlog in die opsomming is. Dit lyk vir my 'n honderd jaar
gelede was die oorlog groot nuus. 'n Hele klomp Kanadese
soldate het daaraan deelgeneem.

Gloudina
Re: The Archives: March 17, 1900 [boodskap #29431 is 'n antwoord op boodskap #29411] Di, 21 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Gloudina, heel toevallig het daar ook Boere in die Anglo-Boere-oorlog geveg,
> en daar was seker van jou voorvaders/familie ook in die stryd betrokke.
>

Dankie vir die sarkasme daar uit die Boland, Thys. Hoekom dink jy ek pos
hierdie stukkies op die Afrikaanse en SA Engelse nuusgroep?
Sover ek weet het niemand van ons familie in die Tweede Vryheids-oorlog
geveg nie. Generaal Smuts het wel, in een van sy werwingstogte deur
Namakwaland, vir my pa en 'n klomp ander tienerjarige seuns gevra hoekom
hulle nie kom help veg nie. En my pa het altyd met groot bewondering van
Manie Maritz gepraat. Daar was taamlik baie aksie in die Noord-kaap
vir 'n ruk.
Maar mens moenie vergeet dat die oorlog ook die lewens van byvoorbeeld
Kanadese ge-eis het nie. Hulle het hier in Ottawa 'n 100 jarige herdenking van
die Anglo-Boereoorlog gehad verlede jaar. Hier in Ottawa is daar 'n "Pretoria"
brug.

Gloudina
Re: The Archives: March 17, 1900 [boodskap #29432 is 'n antwoord op boodskap #29411] Di, 21 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Interessant dat die Kanadese die 100 jaar terug blaai, maar hier te lande is
dit net Sam (Sport) R�m Saamie wat die hoofblaaie haal.
Gloudina, heel toevallig het daar ook Boere in die Anglo-Boere-oorlog geveg,
en daar was seker van jou voorvaders/familie ook in die stryd betrokke.

Die Burger het elke Saterdag in 'n bylaag (Woonburger) 'n artikel of twee
oor die ABO. Hule is ook oppie 'net.
Die volgende tuisblad sal jou by hulle uitbring:
http://www.24.com/service/osv/gaan_teal.asp?link=news.24.com /afrikaans/die_b
urger/die_burger.asp

Thys innie 'Wes (Somerset-Wes)
@home.com wrote in message ...
> Phatti wrote:
>
>> Interesant.
>> Maar asb verwys my na hierdie archive
>>
>> skryf in boodskap news:38D24CEF.94C535E1@home.com...
>>> On March 17, 1900 the Globe and Mail reported
>>> that the British campaign in the Orange Free State
>>> was thought to be virtually over, with the Republic's
>>> burghers abandoning President Steyn.
>
> Hierdie stukkies verskyn elke dag in The Globe and Mail
> (net bokant die blokkiesraaisel). Ek weet nie of dit in die
> elektroniese uitgawe van die Globe and Mail is nie. Dit is
> interessant dat daar omtrent elke dag iets van die Boere-
> oorlog in die opsomming is. Dit lyk vir my 'n honderd jaar
> gelede was die oorlog groot nuus. 'n Hele klomp Kanadese
> soldate het daaraan deelgeneem.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Geen diskriminasie in RSA , NOT!
Volgende onderwerp: Re: Ferdi Grilling (aan L&P)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 04:29:10 MGT 2024