Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies vir: Die nuwe Nasionale Simfonie Orkes
Toekoms Advies vir: Die nuwe Nasionale Simfonie Orkes [boodskap #28926] Sa, 05 Februarie 2000 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover,
asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook
elders op die Planeet. Veral die ANC, en President Thabo Mbeki,
vir die deursettings vermoë en vasberadenheid. Asook vir die
toespraak gelewer in die Parlement, Vrydag, 4 Februarie, veral
die gedeelte oor arbeids toepassings. Baie spesiale dank word
betuig aan 'n ANC Parlementarier (Mnr. Aziz Pahad ?) tydens die
fees seisoen vir sy versoek aan die publiek om op te hou om
apartheid te blameer vir alles. Asook vir deurlopende
stabiliteit van stelsels, veral vanaf 1 Januarie 2000. En om die
Nuwe Suid Afrika te bestuur om te kan skyn soos goud in die
oggend son. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan
die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En nog baie meer. :)
Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

Wil ook graag die Nasionale Simfonie Orkes, en die menige Borge,
gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir
die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op
die Planeet. Veral vir die deursettings vermoë en
vasberadenheid. Asook vir die donasies van Borge. En vir die
ondersteuning wat verleen word aan die NSO in hulle doelwit om
uitstaande vermaak aan te bied. En vir die lewering van menige
musiek vertonings, by baie plekke. Veral vir die Sondag oggend
vertonings, en vertonings by Unisa. Insluitend die menige
bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika
Renaissance. Asook om die Regering van ons Paradys, en elders op
die Planeet te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog
baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik
waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is die toekoms van die
Nasionale Simfonie Orkes. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou
die oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning te
verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van
Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik
net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Wil voorstel om die NSO te hervestig. Indiens neming kan geskied
op die basis van bevolkings verteenwoordiging persentasies.
Asook om gelyke geleendheid aan almal te bied, op alle vlakke,
wanneer kunstenaars en personeel in die nuwe NSO ingesluit is.
En om persone voorkeur te gee wat 'n beter diens kan lewer, vir
dieselfde vergoeding. Daarna om betalings aanpassings aan te
bring vir dienste wat gelewer word, wanneer voldoende fondse
beskikbaar is. Betaling vir dienste kan geskied vanaf die
Staatskas, en/of donasies van Borge.

Stel voor die NSO om 'n program te ontwikkel, vir 'n lands
besoek, wat regoor ons Paradys gehou kan word. Die volgende
liedere kan gesing word: My African Dream, Die gebed van St.
Francis (Maak my 'n instrument van u vrede), The world in union
(Celine Dion?, die lied wat gesing is by die Olympiese Spele), I
believe (for every drop of rain that fall a flower grows), en
menige ander inspirerende en motiverende liedere. Veral liedere
van die Barbara Streisand CD: On Higher Ground. Liedere kan
gesing word in enige taal van die Nuwe Suid Afrika, afhangende
waar die NSO optree. Programme kan beskikbaar gestel word op A4
blaaie. Met die name van die liedere wat gesing word. En die
taal waarin dit gesing word. Dit kan verkoop word voor die
vertoning. Die optrede kan ook adverteer word in die plaaslike
koerant.

Programme kan ook ontwikkel word, vir die nuwe NSO om op te tree
saam met plaaslike kore. Blad musiek kan gestuur word aan
verskeie kore regoor ons Paradys, waar die nuwe NSO optree.
Opera en ander sangers kan ook ingesluit word om deel te neem.
Die NSO kan ook hulp verleen aan gemeenskappe wat besoek word,
bv. musiek opleiding en onderrig. Ope lug konserte kan ook gehou
word. Kaartjie verkope kan aan liefdadigheid gaan, vir die
gemeenskap waar die nuwe NSO optree, bv. Afrika griep
(miv+/vigs).

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Die
nuwe NSO kan met plaaslike kore oefen voordat hulle saam optree.
:) Die nuwe NSO kan ondersteuning verleen aan gemeenskappe van
ons Paradys. :) Die nuwe arbeids wetgewing kan aan die persone
van ons Paradys bemark word. :) Die beginsel van gelyke
geleendhede vir almal, ongeag ras, geslag, kleur, voorkoms, ens.
kan bemark word. :) Persone met Afrika griep kan geweldig
bevoordeel word. :) Veiligheid en voorspoed kan verhoog word. :)
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel. :)
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong
vorentoe neem. :) En 'n beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Vorige onderwerp: something to be translated into english
Volgende onderwerp: Re - AEB lede sluit aan by die FA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 24 01:32:09 MGT 2024