Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies vir: PAC lede om Politieke Party te kies
Toekoms Advies vir: PAC lede om Politieke Party te kies [boodskap #28803] Vr, 21 Januarie 2000 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die PAC, veral Dr. Stanley Mogaba, gelukwens vir die super
sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van
ons Paradys, asook elders op die Planeet. Veral vir die deursettings
vermoë en vasberadenheid. Ook om eners denkende Suid Afrikaners by
mekaar te bring om aan die politieke proses deel te neem. En om
vredesame en voordelige veelvolkige verhoudings tussen die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, te help groei. En om die
Regering van ons Paradys, asook elders op die Planeet, te ondersteun om
hulle doelwitte te bereik. Insluitend die menige bydraes wat gelewer
word aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En nog baie meer. :)
Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer. Behalwe vir die
metode wat gebruik is deur sekere van die lede van die PAC - indien
enige - om van apartheid na die Reenboog Nasie vandag te groei.

'n Saak wat na aan die hart raak, is die toekoms van die PAC. Behou
geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om
eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word
gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om
dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Stel voor lede van die PAC ontmoet met die leier en/of vooraanstaande
lede van die volgende Politieke Partye: ANC, IVP/GP, DP, FA. Om
beleidsreels, beginsels en doelwitte te bespreek.

Dan om te kies by watter Politieke Party om aan te sluit. Sal hoogstens
aanraai die leier van die PAC word 'n provinsiale en/of streeks
leierskaps rol aangebied, indien moontlik.

Die reisiger beskou die vorming van alliansies as 'n proses van 2
stappe. Stap 1 is om by een van bg. Politieke Partye aan te sluit. Stap
2 is om mega-alliansies met mekaar te vorm.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Groter
Politieke Eenheid vir eners denkende Suid Afrikaners. :) Leierskap
eienskappe kan behoue bly. :) Samewerking tussen Politieke Partye in
die Parlement kan verhoog word. :) Gemeenskaplike belange kan alle
partye geweldig bevoordeel. :) Die Afrika en Suid Afrika Renaissance
kan 'n kwantum sprong vorentoe neem. :) En 'n beter lewe kan vir almal
geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n
beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu
d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en Almal
vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te
skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Vorige onderwerp: Afrikaans
Volgende onderwerp: Dankie vir die Voorbeeld van 2000 jaar gelede
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 22:45:35 MGT 2024