Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies vir: IFP groei na GP
Toekoms Advies vir: IFP groei na GP [boodskap #28751] So, 16 Januarie 2000 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Inkatha Vryheids Party, asook Koning Goodwill Zwelethini,
Dr. Buthelezi, Sanusi Credo Mutwa, Sangomas, Tradisionele Genesers en
Leiers gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir
die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op die
Planeet. Asook om Suid Afrika te ondersteun, en te help groei van
apartheid na die Reenboog Nasie vandag. En om die IFP te groei na 'n
suksesvolle Politieke Party vandag. Asook om die Konstitusie van die
Nuwe Suid Afrika te ondersteun, veral Vryheid van Spraak, en Vryheid
van Keuse. Insluitend om goeie en gesonde verhoudings te groei met alle
lede, veral Europese lede van die Reenboog Nasie.

En Koning Goodwill Zwelethini, vir die lewering van 'n pragtige
toespraak onlangs, om mense aan te spoor om die pad van vrede en
voorspoed te volg.

En vir die deursettings vermoee en vasberadenheid van die Leier van die
IFP, Dr. M.G. Buthelezi. Vir die ondersteuning aan die Anglikaanse
Kerk. Asook die menige suksesse wat behaal is op talle gebiede van die
sosiale en veral politieke lewe, veral vir die MIV/Vigs dag toespraak
in Desember 1999.

Sanusi Credo Mutwa, vir die publikasie van die boeke: Song of the
Stars, en African Proverbs. Vir die bydrae gelewer aan die video oor
Suid Afrika, veral om mense te vra om hulle oë oop te hou.

Asook vir die vriendelike Sangomas en Tradisionele Genesers, vir die
menige dienste wat hulle lewer, veral die danse by phe-Zulu, vir die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet.

En om alliansies met ander Politieke Partye te vorm, met die doel om
groter Politieke eenheid te bereik tussen Politieke Partye. Asook vir
die menige bydraes gelewer aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance.
En om die Regering van ons Paradys, asook elders op die Planeet, te
ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer. :)
Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is die toekoms van die Inkatha
Vryheids Party. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het
aangebreek om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige
advies hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon
het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na
vrye wil.

Stel voor die IFP groei na die GP - die Goedhartige Party. Net wat die
GP - die mediese dokter - die Doktor - voorskryf. Stel voor die Party
embleem word verander na die Hart simbool, met die mediese simbool -
die Caduseus - die stok met die twee slange wat na bo krul - wat
(k)undalini voorstel, links van die hart. 'n Luiperd wat na Afrika kyk
kan ook ingesluit word. Om die Afrika Renaissance voor te stel.

Sal hogstens aanraai die leuse van die GP is: Grootheid, Goedheid,
Grasie. Indien die GP dit so verkies.

Asook om die Party beleids aspekte te vergroot in die volgende gebiede:
Werksgeleendhede in alle vlakke van die samelewing, bv.
munisipaliteite. Ekonomiese groei. Onderwys stelsel. Brandstof prys.
MIV/Vigs. Produktiwiteit en kwaliteit van dienste gelewer.
Produktiwiteits bevorderings programme.
Veiligheid en sekuriteit. Belasting. Rasse verhoudinge. En menige ander
aspekte van die Afrika en Suid Afrika Renaissance.

'n GP koerant kan twee-weekliks en / of maandeliks versprei word. Met
artikels in Zoeloe, en/of Afrikaans en/of Engels. Afhangende van die
gebied waar die koerant versprei word. Asook die taal wat lede van die
GP. Om die GP se opinie te bemark oor aspekte rakende die daaglikse
bestaan. Asook om die Afrika en Suid Afrika Renaissance te bevorder.
Artikels kan die vorm aanneem om die publiek te ondersteun om
oplossings te verskaf - om saam te werk vir 'n beter toekoms. Asook die
besluit nemings strukture beskikbaar vir die proses.

Ook kan die wen resep te bemark word in die koerant: Swart en Bruin en
Wit beweeg polities nader na mekaar vir Reg en Geregtigheid. Of beter:
Alle Suid Afrikaners beweeg polities nader na mekaar vir Reg en
Geregtigheid. Staan saam - eendrag maak mag. En die sleutel tot sukses:
Om ondersteuning aan Vrymesselaars te vergroot, vir 'n beter toekoms in
die Nuwe Suid Afrika, en elders op die Planeet.

Die reisiger beskou die vorm van alliansies as 'n proses bestaande uit
2 stappe. Stap 1 is om lede van ander Politieke Partye uit te nooi om
by die GP aan te sluit. Stap 2 is om mega-alliansies te vorm met die
ANC, DP en FA.

Indiers wat deel van die GP wil wees, kan hulle vriendelik gevra word
om hulle kragte saam te gooi met Indiers in die ANC, want die ANC kyk
na die groeps belange van Indiers.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Groter
Politieke Eenheid vir eners denkende Suid Afrikaners. :) 'n Politieke
Party koerant kan die menings en visie van die GP publiseer. :) Goeie
verhoudinge met die ANC kan verhoog word, aangaande lidmaatskap van
Indiers. :) Gemeenskaplike belange kan die GP geweldig bevoordeel. :)
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe
neem. :) En 'n beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n
beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu
d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en Almal
vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te
skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Vorige onderwerp: Re: Hey Mr Australia!
Volgende onderwerp: KRUISPOS(T): Afrikaans tóch een Nederlands dialect ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 13:31:13 MGT 2024