Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dankbaarheid
Dankbaarheid [boodskap #28649] So, 02 Januarie 2000 00:00
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink daar behoort amper iets soos 'n wereld Dag van Dankbaarheid te
wees dat die eerste dag van die jaar 2000 so sonder groot insident
gebeur het.

En ek praat nie van die smelt van die rekenaars nie - ek praat van
terroristiese aanvalle of grootskaalse vertrapping in die groot skares
nie. As iets darem net daardie skare van twee en 'n half miljoen in New
York laat skrik het, dink en 'n hele paar duisend sou doodgetrap word.
Dit was so lekker om na die dekking op TV te kyk en te sien en te hoor
hoe vreedsaam alles verloop.

Ons was baie nuuskierig om te sien wat in SA gebeur, maar die enigste
dekking was 'n paar minute om te sê daar was politieke speeches op
Robbeneiland. Die res van die wereld het telkens gewys hoe die politici
deel is van blye vierings. Bietjie van 'n kontras, en seker maar te
blameer aan die media korrespondente in SA.

En selfs my eie rekenaar hik nie eers nie!

Hoop julle almal het 'n baie veilige en voorspoedige jaar binne en buite
SA.

Uit 'n rustige Minnesota, met al die Kersfees sneeu reeds weer gesmelt!

Johan
Vorige onderwerp: SV: Wunsche vir die niuwe jaarhoendred van `n mann van Noorwee
Volgende onderwerp: cape malay chicken breyani (with lentils)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 18:48:59 MGT 2024