Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Om effektiwiteit van G-7, G-8 en G-20 vergaderings te verhoog
Om effektiwiteit van G-7, G-8 en G-20 vergaderings te verhoog [boodskap #28584] Vr, 24 Desember 1999 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag G-7, G-8 en G-20 lede gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. :) Vir die Persone van ons
Paradys, asook elders op die Planeet. Veral om te verseker dat gesonde
veelvolkige, multi-kulturele, asook voordelige industriële en ander
verhoudinge onderhou word. Asook die ondersteuning wat verleen word aan
die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, om hulle
doelwitte te bereik. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit
word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die effektiwiteit van G-7, G-8
en G-20 vergaderings te verhoog. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou
die oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning te verkry.
Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van Vryheid van
Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en
/ of te verander na vrye wil.

Sal aanbeveel G-7 en/of G-8 vergaderings word voor G-20 vergaderings
gehou. Wil voorstel die Voorsitter van die G-20 vergadering, asook
Verteenwoordigers van die Wereld Bank and Internasionale Monetêre Fonds
neem deel aan vergaderings, wanneer nodig.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :)
Aangeleendhede kan by kern vergaderings eerste bespreek word. :) En 'n
beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Wanneer die Afrika Renaissance 'n kwantum sprong neem, asook wanneer
die geneesmiddel vir miv+ / vigs ontdek word - binne die volgende drie
jaar word verwag - sal die aanvraag na produkte in Afrika en die
Planeet geweldig verhoog. Meer mense, meer profyte. Sal aanbeveel
hierdie faktore word ingesluit in die beplanning vir die volgende
dekade, en daarna.

Eendrag maak mag. Finansiële Instellings en Regerings wat mekaar
ondersteun, oorleef saam in 'n beter wereld.

Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu d.m.v.
grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en Almal
vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te
skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
u Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Vorige onderwerp: Krismis
Volgende onderwerp: Kersgroete
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 00:01:00 MGT 2024