Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hallo...:-)
Hallo...:-) [boodskap #2838] Ma, 03 November 2003 20:45 na volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hallo... ek het 'n paar dinge gehad wat my besig gehou het die
afgelope drie of so weke. Brenda is 'n kollega, en sy en haar
ma was gewoonlik in die oggende voor die hofsitting by my
in my kantoor waar ons dinge bespreek het. Sy het werklik
ondersteuning gedurende die tyd nodig gehad en dit is
waarvoor vriende daar is.

http://www.news24.com/Regional_Papers/Components/Category_Ar ticle_Text_Template/0,2430,348_1438700~A,00.html

Destyds toe Nico vermoor is, het ek julle op die nuusgroep daarvan
vertel, Danielle, maar dit is totaal onwaarskynlik dat jy dit sal
onthou.

Toe ek aan Brenda vra of sy teen die beslissing gaan appéleer, toe sê
sy dat sy reeds het. Haar advokaat klink redelik seker van sy saak.
************************************************************ *************
************************************************************ *************

Op 'n ligter trant, diè kleurfoto foto op
http://www.news24.com/CarletonvilleHerald/
is 'n paar honderd treë van my huis geneem.

Speedy Gonzales
Re: Hallo...:-) [boodskap #2839 is 'n antwoord op boodskap #2838] Ma, 03 November 2003 22:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Speedy Gonzales wrote:

> Hallo... ek het 'n paar dinge gehad wat my besig gehou het die
> afgelope drie of so weke.

Aha!! Jy het geskrik toe jy hoor ons gaan vir ghostbusters inroep,
nè? Maar noudat jy weer hier is, waar is Andries nou? Nee, hier is
iets aan die gang.....dis nie altemit nie....
;->



Oor meer ernstige en hartseer sake:

> Destyds toe Nico vermoor is, het ek julle op die nuusgroep daarvan
> vertel, Danielle, maar dit is totaal onwaarskynlik dat jy dit sal
> onthou.

Jy is ongelukkig reg, DD. Ek onthou dit nie. Maar nou is ek bewus
daarvan, en my gedagtes is met julle almal, en veral met Brenda en
haar familie. :-(
Ek onthou wel die geval van jou buurman wat sy eie dood weke voor die
tyd kon voorspel, en toe julle almal gegroet het, leef hy nog 'n paar
weke aan.
Wat sê mens vir iemand soos Brenda en haar 2 seuns? :-((
Dit is goed dat jy daar was vir hulle. Goeie vriende is ware juwele.
Re: Hallo...:-) [boodskap #2842 is 'n antwoord op boodskap #2839] Di, 04 November 2003 19:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 03 Nov 2003 17:19:27 -0500, Katryn wrote:

>
>
>
>
>
> Jy is ongelukkig reg, DD. Ek onthou dit nie. Maar nou is ek bewus
> daarvan, en my gedagtes is met julle almal, en veral met Brenda en
> haar familie. :-(


Dankie Katryn, ek het dit aan Brenda oorgedra.

Wat het van Lorinda geword? Is sy weer besig om
rond te ploeter in London strate? Ons sal daai
vroumens 'n slag moet vasvat! (Haai... ek hou
van dié idee van my! Kan ek dit doen?:-)))

DD
Re: Hallo...:-) [boodskap #2850 is 'n antwoord op boodskap #2842] Di, 04 November 2003 21:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:8kvfqvkaomdifbd7igavnqvd19mn67b3rr@4ax.com...

.
>
> Wat het van Lorinda geword? Is sy weer besig om
> rond te ploeter in London strate? Ons sal daai
> vroumens 'n slag moet vasvat! (Haai... ek hou
> van dié idee van my! Kan ek dit doen?:-)))
>
> DD
>

Hello DD! Ek het nie jou eerste pos in hierdie tema gesien nie, net Katryn
se antwoord op jou... so ek het nie mooi verstaan waaroor dit gaan nie.
Bly om jou weer hier te sien! Ek het laat gewerk vanaand en het inderdaad
deur die misreen huis toe geploeter. Ek kon mysyelf darem daaraan troos dat
terwyl daar fyn reen oor hierdie stad uitsak is die plek se "mythos"
onbeskadigd:-)

Lorinda
Re: Hallo...:-) [boodskap #2852 is 'n antwoord op boodskap #2850] Di, 04 November 2003 23:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Hello DD! Ek het nie jou eerste pos in hierdie tema gesien nie, net Katryn
> se antwoord op jou... so ek het nie mooi verstaan waaroor dit gaan nie.

Watbedoeljydannoualweer??? Dat ek nie samehangende gedagtes neerpen
nie?
;-)

> Bly om jou weer hier te sien! Ek het laat gewerk vanaand en het inderdaad
> deur die misreen huis toe geploeter. Ek kon mysyelf darem daaraan troos dat
> terwyl daar fyn reen oor hierdie stad uitsak is die plek se "mythos"
> onbeskadigd:-)


Londen se mythos mag dalk intakt bly, maar dis jou ethos waaroor ons
bekommerd raak!

;->>
Re: Hallo...:-) [boodskap #2863 is 'n antwoord op boodskap #2852] Wo, 05 November 2003 20:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:uicgqvcb8349nfmul8hhn1007oo41pi005@4ax.com...
>
> Watbedoeljydannoualweer??? Dat ek nie samehangende gedagtes neerpen
> nie?
> ;-)

Nee!! Jy het geknip (soos die goed opgevoede usenetter wat jy is) dis al.:-)


>
>
> Londen se mythos mag dalk intakt bly, maar dis jou ethos waaroor ons
> bekommerd raak!
>
> ;->>

LOL!! Ons sal die ethos maar daar laat :-))

Dis Guy Fawkes aand vanaand, en daar is oorverdowende vuurwerke oral. Ek het
'n ruk lank op die Common gestaan en na 'n vuurwerk vertoning gekyk - ek hou
nou maar eenmaal van fireworks!:-))
Daar was 'n bonfire ook - dit laat my altyd aardig voel as hulle daai
effigies op die vuur gooi.

Lorinda
Re: Hallo...:-) [boodskap #2864 is 'n antwoord op boodskap #2863] Wo, 05 November 2003 20:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Nee!! Jy het geknip (soos die goed opgevoede usenetter wat jy is) dis al.:-)

LOL!

> Dis Guy Fawkes aand vanaand, en daar is oorverdowende vuurwerke oral. Ek het
> 'n ruk lank op die Common gestaan en na 'n vuurwerk vertoning gekyk - ek hou
> nou maar eenmaal van fireworks!:-))
> Daar was 'n bonfire ook - dit laat my altyd aardig voel as hulle daai
> effigies op die vuur gooi.

Ek is OOK mal oor vuurwerke. :-) Maar in vergelyking met al julle ou
tradisies is enigiets wat hier in Amerika gebeur half second rate of
so half ersatz soos Hilda my altyd spot. Maar die vuurwerk
vertonings, veral die van die fourth (of July) is altyd spektakulêr.
(Kom ons maak of daai is goeie afrikaanse woord is?):-)
Maar vertel van die effigies. Is dit net van Guy of kan jy namens my
gou ene gaan maak van Bush en ook op die vuur gaan gooi? :-)
Het jy ook jou "Guy" in die strate gestoot en gevra vir 'n penny?
:-))
Re: Hallo...:-) [boodskap #2869 is 'n antwoord op boodskap #2864] Wo, 05 November 2003 21:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:mhniqvktikq1bv8i1dra5kg22a1inqnurs@4ax.com...

> Ek is OOK mal oor vuurwerke. :-) Maar in vergelyking met al julle ou
> tradisies is enigiets wat hier in Amerika gebeur half second rate of
> so half ersatz soos Hilda my altyd spot. Maar die vuurwerk
> vertonings, veral die van die fourth (of July) is altyd spektakulêr.
> (Kom ons maak of daai is goeie afrikaanse woord is?):-)
> Maar vertel van die effigies. Is dit net van Guy of kan jy namens my
> gou ene gaan maak van Bush en ook op die vuur gaan gooi? :-)
> Het jy ook jou "Guy" in die strate gestoot en gevra vir 'n penny?
> :-))

Die effigies is net van Guy, maar ek wens ek het daaraan gedink om een van
Bush te maak!! ( dink jy iemand gaan vir ons sê wat 'n effigy in
afrikaans is?). Nee ek het nie pennies gevra vir my Guy nie, maar het vele
uitgedeel... die kinders hier rond het die hulle Guys al oor die naweek
gemaak en begin vra, een dag is seker nie genoeg vir 'n gesonde gewin
nie....
Jy weet Katryn, dat ek en jy albei van fireworks hou verras my glad nie:-))

Lorinda
Re: Hallo...:-) [boodskap #2870 is 'n antwoord op boodskap #2869] Wo, 05 November 2003 22:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Die effigies is net van Guy, maar ek wens ek het daaraan gedink om een van
> Bush te maak!!

Volgende jaar!! :-) Ek met my Bush pampoen die kant en jy met jou
Blair Guy daai kant? :-))

> ( dink jy iemand gaan vir ons sê wat 'n effigy in
> afrikaans is?).

Wat is die kans? Ons resident sophist is besig om met die russe
te konkel. Die ander ene is heel waarskynlik besig om sy tenks te
posisioneer vir die finale aanslag, en die ander ene rinkink in
Ierland!! Ons sal maar so op ons eie moet aanploeter lyk dit my! As
ons nou net een woord kan kry vir nabootsing en beeld - dalk nabeedsel
of dalk 'n nabootsel? Hoe klink dit?
;-))

> Nee ek het nie pennies gevra vir my Guy nie, maar het vele
> uitgedeel... die kinders hier rond het die hulle Guys al oor die naweek
> gemaak en begin vra, een dag is seker nie genoeg vir 'n gesonde gewin
> nie....

Definitief nie!! :-)

> Jy weet Katryn, dat ek en jy albei van fireworks hou verras my glad nie:-))

Re: Hallo...:-) [boodskap #2871 is 'n antwoord op boodskap #2870] Wo, 05 November 2003 22:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:ttsiqvg0sen2b0k2q2eqmm1cps0kbf44c5@4ax.com...
> Volgende jaar!! :-) Ek met my Bush pampoen die kant en jy met jou
> Blair Guy daai kant? :-))

Dan moet ons net onthou om spelde ook te kry, net ingeval daar iets in
daardie geloof steek :-))


> Wat is die kans? Ons resident sophist is besig om met die russe
> te konkel. Die ander ene is heel waarskynlik besig om sy tenks te
> posisioneer vir die finale aanslag, en die ander ene rinkink in
> Ierland!! Ons sal maar so op ons eie moet aanploeter lyk dit my! As
> ons nou net een woord kan kry vir nabootsing en beeld - dalk nabeedsel
> of dalk 'n nabootsel? Hoe klink dit?
> ;-))

Dit klink heeltemaal goed genoeg vir my. As hulle ons twee lank genoeg laat
voortploeter gaan ons dalk die taal onherkenbaar verander, maar ag wat, dit
sal hulle leer om al hulle tyd aan duistere dade te spandeer....:-)


Lorinda
Re: Hallo...:-) [boodskap #2872 is 'n antwoord op boodskap #2871] Wo, 05 November 2003 23:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> "Katryn" wrote in message

>> Volgende jaar!! :-) Ek met my Bush pampoen die kant en jy met jou
>> Blair Guy daai kant? :-))
>
> Dan moet ons net onthou om spelde ook te kry, net ingeval daar iets in
> daardie geloof steek :-))

LOL! Net so!! :-))
Ek wonder nou net of ons nie dalk sopas 'n splinternuwe geloof ontdek
het nie? Voodoo met so tikseltjie druidisme, gesprinkel met die
tradisies van Halloween en Guy Fawkes?
En was daar nie ook iewers 'n Kaytsbee ?Catesby betrokke nie met die
hele Guy Fawkes ding nie?
As ons alles opmeng het ons nogal 'n heel interessant brousel hier.
:-)

> Dit klink heeltemaal goed genoeg vir my. As hulle ons twee lank genoeg laat
> voortploeter gaan ons dalk die taal onherkenbaar verander, maar ag wat, dit
> sal hulle leer om al hulle tyd aan duistere dade te spandeer....:-)

ROTFL! Dis net so! :-))
Re: Hallo...:-) [boodskap #2880 is 'n antwoord op boodskap #2864] Do, 06 November 2003 21:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 05 Nov 2003 15:40:50 -0500, Katryn wrote:

> "Lorinda" wrote:
>
>> Nee!! Jy het geknip (soos die goed opgevoede usenetter wat jy is) dis al.:-)
>
> LOL!
>
>> Dis Guy Fawkes aand vanaand, en daar is oorverdowende vuurwerke oral. Ek het
>> 'n ruk lank op die Common gestaan en na 'n vuurwerk vertoning gekyk - ek hou
>> nou maar eenmaal van fireworks!:-))
>> Daar was 'n bonfire ook - dit laat my altyd aardig voel as hulle daai
>> effigies op die vuur gooi.
>
> Ek is OOK mal oor vuurwerke. :-) Maar in vergelyking met al julle ou
> tradisies is enigiets wat hier in Amerika gebeur half second rate of
> so half ersatz soos Hilda my altyd spot. Maar die vuurwerk
> vertonings, veral die van die fourth (of July) is altyd spektakulêr.
> (Kom ons maak of daai is goeie afrikaanse woord is?):-)
> Maar vertel van die effigies. Is dit net van Guy of kan jy namens my
> gou ene gaan maak van Bush en ook op die vuur gaan gooi? :-)
> Het jy ook jou "Guy" in die strate gestoot en gevra vir 'n penny?
> :-))


Wat selfs meer spektakulêr is, is die gewoontte om Guy Fawkes se
terroriste poging te vier. Of wat is die idee daaragter?
En jy skryf nie meer met daardie onsigbare ink wat ons as kinders is
die toorwinkels gekoop het nie, Lorinda:-)))

DD
Re: Hallo...:-) [boodskap #2888 is 'n antwoord op boodskap #2838] Do, 06 November 2003 22:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 6 Nov 2003 22:51:10 -0000, "Lorinda" wrote:

>
> "DD" wrote in message
> news:7aelqv80vkvj9e0a20gdaucodm6fht2bdb@4ax.com...
>>
>>
>> Wat selfs meer spektakulêr is, is die gewoontte om Guy Fawkes se
>> terroriste poging te vier. Of wat is die idee daaragter?
>> En jy skryf nie meer met daardie onsigbare ink wat ons as kinders is
>> die toorwinkels gekoop het nie, Lorinda:-)))
>>
>> DD
>
> Dis nie wat gevier word nie, dis sy mislukking. Dis waarom hulle die Guy
> poppe maak en dit op die vuur gooi. Ek wens sy terroriste poging was
> suksesvol:-)
>
> Lorinda
>

So, jy vier eintlik sy poging:-)))
Jy moet lekker slaap
Sien jou vanaand...

DD
Re: Hallo...:-) [boodskap #2890 is 'n antwoord op boodskap #2880] Do, 06 November 2003 22:51 Na vorige boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:7aelqv80vkvj9e0a20gdaucodm6fht2bdb@4ax.com...
>
>
> Wat selfs meer spektakulêr is, is die gewoontte om Guy Fawkes se
> terroriste poging te vier. Of wat is die idee daaragter?
> En jy skryf nie meer met daardie onsigbare ink wat ons as kinders is
> die toorwinkels gekoop het nie, Lorinda:-)))
>
> DD

Dis nie wat gevier word nie, dis sy mislukking. Dis waarom hulle die Guy
poppe maak en dit op die vuur gooi. Ek wens sy terroriste poging was
suksesvol:-)

Lorinda
Vorige onderwerp: Joost gatvol......
Volgende onderwerp: Wat is snaaks aan ons?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:22:45 MGT 2024