Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaners is tops
Afrikaners is tops [boodskap #27699] Di, 26 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Antowan Nothling  is tans af-lyn  Antowan Nothling
Boodskappe: 14
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Goeie dag die leser,

Ek voel so moerig oor die feit dat almal die Afrikaner die toestand toesnou
van gebroke en sonder hoop. Se moer se ek nou aan almal wat die brief lees.
Die Afrikaner is al lank nie meer 'n skoot hond wat soms 'n been kry en soms
nie. Die Afrikaner in my geestes oog is 'n slapende leeu wat rus. Met die
stelling wil ek nie die tipiese Eugene Tereblanche en garde se opsweep
woorde gebruik om een of ander opstand teen die huidige regering te
beklemtoon of voor te staan nie. Die feit van die saak is, ons is 'n
slapende nasie. Ons trots het gaan le en die senuwees is lam.

My bloed is dik en sterk en as ek dinge kon voorspel sal die laaste ding
wees om te se dat ons taal nl. Afrikaans gemarginaliseer is of dat die
kultuur dood is. Net omdat ons nie meer Sondae middae familie braais het ens
nie, maak nie die kultuur dood nie. Kultuur is iets wat verander. Ons is nou
baie meer modern as wat ons ou voorsate 100 jaar terug was. Net soos hulle
moet ons vandag ook baklei vir wat ons sin is.

Een ding moet mens onthou. Die aarde behoort aan niemand nie. Nie aan die
Amerikaners nie, nie aan die Engelse nie, nie aan die Chinese nie, ook nie
aan die Afrikaner nie. Ons moet almal hulle gelyke reg op God se planeet
gee. Dit beteken nie dat elke tweede Jan rap en sy maat kan kom rond donner
met die Afrikaner se geskiedenis en toekoms soos hy wil nie. Wees bietjie
trots mense. Ons is 'n jong volk binne 'n nog jonger nasie en jong land.
Suid Afrika was en sal altyd goed wees vir ons, ons moet dit net laat
verstaan aan almal wat daarin twyfel.

Die Afrikaner moet uitstyg in tegnologie, akademie, kultuur en volkstrots.
Ons is goed, miskien die beste onder die lot in Afrika, dit sal net God
weet. Ons moet trots wees op wat ons is en wat ons in hierdie land sover
gedoen het. Die feit bestaan dat (Appartheid of nie) Suid Afrika nie sou
wees wat hy vandag is sonder ons nie. Almal weet dit! Almal is net nie ewe
lus om dit te erken nie. Kyk na Afrika en besluit self.

Afrikaners, wees trots!!! Vervlaks 'n volk maak homself, nie ander mense
nie.

Ons almal maak foute. So maak volkere ook droog. Ons fout was beslis nie die
grootste in die geskiedenis van die mensdom nie. Tragies miskien, maar nie
die grootste nie. As ander volkere in Afrika dieselfde vermoens as die
Afrikaner gehad het sou dit miskien altemit nie so kakkerig gaan namate mens
na die noorde beweeg nie.

Groetnis
JA Nothling

NS... Gesels met my mense!!!
Re: Afrikaners is tops [boodskap #27719 is 'n antwoord op boodskap #27699] Wo, 27 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

JA Nothling wrote:

altemit nie so kakkerig gaan

Oom, Oom se taal raak nou vir my bietjie oorweldigend.
Kan Oom asseblief vir Oom se lesers om verskoning
vra omdat Oom sulke liederlike taal in Oom se pos
hier op die nuusgroep besig?

Hansie
Re: Afrikaners is tops [boodskap #27720 is 'n antwoord op boodskap #27699] Wo, 27 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

JA Nothling wrote:

> Goeie dag die leser,
>
> Ek voel so moerig oor die feit dat almal die Afrikaner die toestand toesnou
> van gebroke en sonder hoop. Se moer se ek nou aan almal wat die brief lees.

En nou vir wat vloek Oom dan nou sommer so tweekeer in twee reels.Is dit nou ons
voorland as Oom nou Oom se wens kan kry?

Hansie slim

>
Re: Afrikaners is tops [boodskap #27721 is 'n antwoord op boodskap #27699] Wo, 27 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
JA Nothling skryf in boodskap news:7v65hb$7k1$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
> Die Afrikaner moet uitstyg in tegnologie, akademie, kultuur en volkstrots.
> Ons is goed, miskien die beste onder die lot in Afrika, dit sal net God
> weet. Ons moet trots wees op wat ons is en wat ons in hierdie land sover
> gedoen het. Die feit bestaan dat (Appartheid of nie) Suid Afrika nie sou
> wees wat hy vandag is sonder ons nie. Almal weet dit! Almal is net nie ewe
> lus om dit te erken nie. Kyk na Afrika en besluit self.
> NS... Gesels met my mense!!!
>
Nouja, kom ons gesels. Dit was nog altyd 'n versugting van my hart dat die
Afrikaner tot groter hoogtes sal styg in die kategorië wat jy noem.

Maar die breinkrag wat die tegnologie en akademie to groter hoogtes moet
(kon) vuur, sit dan nou grotendeels in die VSA, Kanada, Engeland, Nieu
Zeeland, Australië, ens. En die brain drain duur voort. Waar gaan RSA se
hulp vandaan kom om hierdie doelwitte te bevredig?

Jammer om te sê, maar die lig wat jy miskien aan die einde van die tonnel
sien is waarskynlik 'n trein sonder brieke wat op jou afstorm.

......Apartheid met twee "p" s of-te-not :-)

Alwyn- daar uit Perth se wêreld...
Re: Afrikaners is tops [boodskap #27722 is 'n antwoord op boodskap #27699] Wo, 27 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
JA Nothling wrote in article
...
> Goeie dag die leser,
>
> Ek voel so moerig oor die feit dat almal die Afrikaner die toestand toesnou
> van gebroke en sonder hoop. Se moer se ek nou aan almal wat die brief
lees.

Sommige Afrikaners wat gewoond is aan 'n 300-jaar oorlog is ongelukkig
omdat hulle " krag" weggeneem is. Ander
vind die Afrikaner se sterkte in juis die dinge waarop jy so trots.

> Die Afrikaner in my geestes oog is 'n slapende leeu wat rus.

Dis waarom almal so hard probeer om die van die Leeu 'n gehoorsame
skoothond te maak, want hulle weet die krag is daar, en sluimerend. Die
metodes tot verlamming is nogal aanhoudend en ooglopend.

> Net omdat ons nie meer Sondae middae familie braais het ens
> nie, maak nie die kultuur dood nie. Kultuur is iets wat verander. Ons is nou
> baie meer modern as wat ons ou voorsate 100 jaar terug was. Net soos hulle
> moet ons vandag ook baklei vir wat ons sin is.

Die jongmense se persepsie van wat 'n Afrikaner is, verskil baie van die
ouer geslagte s'n. Baie "issues" is doodeenvoudig nie meer vir hulle
"issues" nie. Verskillende benaderings tot Afrikanerskap dus?

> Ons moet almal hulle gelyke reg op God se planeet
> gee. Dit beteken nie dat elke tweede Jan rap en sy maat kan kom rond donner
> met die Afrikaner se geskiedenis en toekoms soos hy wil nie. Wees bietjie
> trots mense. Ons is 'n jong volk binne 'n nog jonger nasie en jong land.

So 'n bek kort mos stroop...........

> Suid Afrika was en sal altyd goed wees vir ons, ons moet dit net laat
> verstaan aan almal wat daarin twyfel.

Drie Hoera's vir jou.............

>
> Die Afrikaner moet uitstyg in tegnologie, akademie, kultuur en
volkstrots.

Nou praat jy. Dit gebeur alreeds. Die mense met oogklappe, verstrengel in
ideologieë struikel daaroor.
Hoeveel mense ondersteun die Afrikaanse Musiek- en Boeke bedryf deur dit
AAN TE KOOP?! Dís 'n gevoelige puntjie........

> Ons is goed, miskien die beste onder die lot in Afrika, dit sal net God
> weet. Ons moet trots wees op wat ons is en wat ons in hierdie land sover
> gedoen het. Die feit bestaan dat (Appartheid of nie) Suid Afrika nie sou
> wees wat hy vandag is sonder ons nie. Almal weet dit! Almal is net nie ewe
> lus om dit te erken nie. Kyk na Afrika en besluit self.
>

Apartheid was as juk gebruik om die Afrikaner te verlam, alhoewel geweldige
vooruitgang deur Apartheid gebring is in hierdie land. 'n Sogenaamde Nuwe
Suid-Afrika het nog nie verbeter nie. Die agteruitgang van infrastruktuur
is angswekkend, en vervanging sal in menseheugenis nie kan plaasvind nie.

> Afrikaners, wees trots!!! Vervlaks 'n volk maak homself, nie ander mense
> nie.
>

Dankie, ons is trots. Dis wat mense so kwaad maak - dat ons nie die
breinspoeling tot willose drenkelinge so goedsmoeds absorbeer nie.
Inteendeel.

As ander volkere in Afrika dieselfde vermoens as die
> Afrikaner gehad het sou dit miskien altemit nie so kakkerig gaan namate mens
> na die noorde beweeg nie.
>
Die sogenaamde verkeerde kant van Apartheid is tot Allerheilige misdaad
teen die mensdom verhoog.
Wag tot 'n Waarheidsskommissie Amerika tref............

Natuurlik sal 'n Waarheidskommissie in die res van Afrika, waar Brittanje
die lat geswaai het, 'n aardbewing op hierdie planeetjie van ons
veroorsaak............

Mooi so J A Nothling. Daar is baie soos jy..........jy is besonder welkom.
Re: Afrikaners is tops [boodskap #27738 is 'n antwoord op boodskap #27699] Do, 28 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jimmie  is tans af-lyn  Jimmie
Boodskappe: 21
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
Leendert van Oostrum wrote:

> Ek dink jy verwar die bergrippe "breinkrag" en "kwalifikasies".

Defnisies verander nie feite nie.*************************

>
>
> Ek reken dis juis baie van die ouens wat nie die (sosiale en tegnologiese)
> breinkrag het om hulself te heroriënteer, om aan te pas, en om te innoveer
> nie, wat uitskuif om hul lewens te gaan voortsit in klaargaar samelewings
> waaraan hulle nie hoef te help bou nie.

'n Baie eng siening. Klink bietjie na jaloesie. Ek dink dit vat meer
breinkrag, sosiaal en tegnologies, om 'n nuwe lewe elders te begin. Dit verg
baie meer aanpassing as om jou eie mishoop te bly sit binne 'n welbekende
gamaksone.****************************

>
>
> Ek dink wel die kwalifikasies - en baie van die vermoëns - is 'n verlies, al
> is dit net omdat hierdie land daarvoor betaal het, en omdat dit vordering
> gaan vertraag.

Meeste ouens wat padgee is senior mense wat reeds teruggeploeg het, nuwe outjies
word nie sommer oorsee toegelaat nie.
Watse vordering? In watter rigting?

>
>
> Maar waar daardie breinkrag vandaan kom is daar nog baie meer, hoor!

Hoekom word daar dan vanuit Kuba ingevoer? Is jy seker daar is nog baie in Kuba
oor? Waarom kan senior mense in die rekenaar bedryf nou hulle salaris eise so
hoog stel?
Re: Afrikaners is tops [boodskap #27739 is 'n antwoord op boodskap #27699] Do, 28 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> JA Nothling wrote:
>
>> Goeie dag die leser,
>>
>> Ek voel so moerig oor die feit dat almal die Afrikaner die toestand toesnou
>> van gebroke en sonder hoop. Se moer se ek nou aan almal wat die brief
lees.
>
> En nou vir wat vloek Oom dan nou sommer so tweekeer in twee reels.Is dit nou ons
> voorland as Oom nou Oom se wens kan kry?
>
> Hansie slim

Beste Hansie,

As jy nou smerigheid op note wil sien, moet jy die goed sien wat ou antie
Gloudina soms op die nuusgroep afdwing en aan die lesers wil afsmeer as
"poësie".

Nee, wat, jong! Hierdie Oom Nothling se taal is 'n klein-klein vulletjie
teen die smetterighede wat daai ou anti hier opdis as "koeltuuuuuuuur".
Re: Afrikaners is tops [boodskap #27740 is 'n antwoord op boodskap #27699] Do, 28 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse[1]  is tans af-lyn  Koot Pieterse[1]
Boodskappe: 8
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
En wie't jou as sy ma aangestel?

On Wed, 27 Oct 1999 22:20:19 GMT, @sympatico.ca wrote:

> JA Nothling wrote:
>
> altemit nie so kakkerig gaan
>
> Oom, Oom se taal raak nou vir my bietjie oorweldigend.
> Kan Oom asseblief vir Oom se lesers om verskoning
> vra omdat Oom sulke liederlike taal in Oom se pos
> hier op die nuusgroep besig?
>
> Hansie
>
Re: Afrikaners is tops [boodskap #27741 is 'n antwoord op boodskap #27699] Do, 28 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
JA Nothling wrote in message ...

> Ons is goed, miskien die beste onder die lot in Afrika, dit sal net God
> weet. Ons moet trots wees op wat ons is en wat ons in hierdie land sover
> gedoen het. Die feit bestaan dat (Appartheid of nie) Suid Afrika nie sou
> wees wat hy vandag is sonder ons nie. Almal weet dit! Almal is net nie ewe
> lus om dit te erken nie. Kyk na Afrika en besluit self.
>
> Afrikaners, wees trots!!! Vervlaks 'n volk maak homself, nie ander mense
> nie.
>
> Ons almal maak foute. So maak volkere ook droog. Ons fout was beslis nie die
> grootste in die geskiedenis van die mensdom nie. Tragies miskien, maar nie
> die grootste nie.

Jy beter bitter baie haastig begin om wêreldleiers te waarsku oor hierdie
"fout" van ons.

Kyk hoe haastig is die Supreme Court van Kanada om "ons fout" af te dwing op
die onwillige Kanadese. Ek hoor daar is soortgelyke dinge aan die gang in
Nieu Zeeland en Australië. En kyk wat maak Tony Blair in Ingeland met die
Skotte en die Walliesers.

Ek het gister weer besoek gehad van 'n paar Muslims wat kom praat het oor
die onderwys. Sê die een witbebaarde oom vir my (op pront Afrikaans - die
hele gesprek was in vlot Afrikaans): "Apartheid het ons kultuur behou".
(Dit blyk, byvoorbeeld, dat al die skole in Lenasia oorgeneem is deur
kinders uit Soweto. Een seuntjie is die enigste "bruinmens" in sy klas. Hy
word uitgeskel - en nie op grappige wyse nie - vir "boertjie"! Hier in
Laudium gebeur dieselfde met kinders uit Attridgeville, maar Laudium is
nader aan Pretoria as Lenasia aan Johannesbrug. Nou eindig Laudium se
kinders in skole in Verwoerdburg.)

Dis natuurlik ook mense uit "die Indiese subkontinent", net soos die wat,
volgens Gloudina, in Kanada groot voorstanders is van "multiculturalism" -
waar "multiculturalism", in teenstelling met in Nederland en in die nuwe SA,
beteken jy kan jou eie kultuurinstellings bedryf.
Re: Afrikaners is tops [boodskap #27742 is 'n antwoord op boodskap #27699] Do, 28 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn Nel wrote in message ...
>
>>
> Nouja, kom ons gesels. Dit was nog altyd 'n versugting van my hart dat die
> Afrikaner tot groter hoogtes sal styg in die kategorieë wat jy noem.
>
> Maar die breinkrag wat die tegnologie en akademie to groter hoogtes moet
> (kon) vuur, sit dan nou grotendeels in die VSA, Kanada, Engeland, Nieu
> Zeeland, Australië, ens. En die brain drain duur voort. Waar gaan RSA se
> hulp vandaan kom om hierdie doelwitte te bevredig?

Ek dink jy verwar die bergrippe "breinkrag" en "kwalifikasies".

Ek reken dis juis baie van die ouens wat nie die (sosiale en tegnologiese)
breinkrag het om hulself te heroriënteer, om aan te pas, en om te innoveer
nie, wat uitskuif om hul lewens te gaan voortsit in klaargaar samelewings
waaraan hulle nie hoef te help bou nie.

Ek dink wel die kwalifikasies - en baie van die vermoëns - is 'n verlies, al
is dit net omdat hierdie land daarvoor betaal het, en omdat dit vordering
gaan vertraag.

Maar waar daardie breinkrag vandaan kom is daar nog baie meer, hoor!

> Jammer om te sê, maar die lig wat jy miskien aan die einde van die tonnel
> sien is waarskynlik 'n trein sonder brieke wat op jou afstorm.

Hmmmmmm............. Vir jare lank was dit Gloudina se soort wat angstig
gesit en hoop het dat so 'n trein moet opdaag. Haar hoop is geheel en al
beskaam.

So moenie te veel hoop op _jou_ trein plaas nie, hoor!
Re: Afrikaners is tops [boodskap #27743 is 'n antwoord op boodskap #27699] Do, 28 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...
> In article ,
> @sympatico.ca wrote:
>> Leendert van Oostrum wrote:
>>
>>> Kyk hoe haastig is die Supreme Court van Kanada om "ons fout" af te dwing op
>>> die onwillige Kanadese. Ek hoor daar is soortgelyke dinge aan die gang in
>>> Nieu Zeeland en Australië. En kyk wat maak Tony Blair in Ingeland met die
>>> Skotte en die Walliesers.
>>>
>>>
>>
>> O, sit hulle nou vir die Skotte en die Walliesers en die Maoris ens.
>> onderhuisarres en stoot hulle met die trappe af en vertel hulle het selfmoord
>> gepleeg.
>
>
> Ek verstaan nie heeltemal wat jy hiermee bedoel nie, maar ek raai jy
> moet miskien so 'n vraag vra vir Bram Fisher, Beyers Naude, Helen
> Joseph, ens. En Sommer ook vir John Vorster en Robey Leibrandt (is dit
> hierdie keer reg, Simon?)

Nee. Eintlik is dit "Leibbrandt" - en "Fischer".

En dan so 'n vragie van my kant ook:

Is Blair ook van plan om elke mens in Brittanje, of hy nou wil of
nie, te laat registreer as 'n Engelsman as hy "volgens voorkoms
klaarblyklik 'n [Engelsman] is of gewoonlik vir 'n [Engelsman]
deurgaan, maar nie ook iemand wat, alhoewel hy volgens voorkoms
klaarblyklik 'n [Engelsman] is, gewoonlik vir [iets tussen 'n
Engelsman en 'n Skot/Wallieser] deurgaan nie"; en as 'n
Skot/Wallieser as hy "'n lid van 'n inboorlingras of stam van
[Skotland/Wallis] is of gewoonlik daarvoor deurgaan"?

Die aangehaalde dele kom terloops uit die (Suid-Afrikaanse) Wet
op Bevolkingsregistrasie van 1950.

En gaan hy ook 'n klassifikasieraad instel om in gevalle van
twyfel 'n oordeel te vel, nadat daar so 'n bietjie onders oksels
gekyk is en die "potlood-toets" toegepas is?

Swart Simon
Re: Afrikaners is tops [boodskap #27744 is 'n antwoord op boodskap #27699] Do, 28 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Kyk hoe haastig is die Supreme Court van Kanada om "ons fout" af te dwing op
> die onwillige Kanadese. Ek hoor daar is soortgelyke dinge aan die gang in
> Nieu Zeeland en Australië. En kyk wat maak Tony Blair in Ingeland met die
> Skotte en die Walliesers.
>
>

O, sit hulle nou vir die Skotte en die Walliesers en die Maoris ens.
onderhuisarres en stoot hulle met die trappe af en vertel hulle het selfmoord
gepleeg.

Gloudina
Re: Afrikaners is tops [boodskap #27745 is 'n antwoord op boodskap #27699] Do, 28 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Griet wrote in message ...
>
>
>
> Nou praat jy. Dit gebeur alreeds. Die mense met oogklappe, verstrengel in
> ideologieë struikel daaroor.
> Hoeveel mense ondersteun die Afrikaanse Musiek- en Boeke bedryf deur dit
> AAN TE KOOP?! Dís 'n gevoelige puntjie........
>

Yep! Ek het hierdie week my intekening op Insig gekanseleer en opdrag gegee
dat aflewering dadelik gestaak word. Die soort "openheid en eerlikheid" wat
hulle nou begin bedryf is ongelukkig nie geskik vir 'n huis waarin jong
kinders grootword nie.

Ek kan in 'n mate verstaan waarom Insig dit nodig vind om te verander in net
nog 'n skurwe boekie wat dieselfde temas, in dieselfde styl, behandel as
Loslyf - ek verneem dat hulle sirkulasiesyfers en advertensie-inkomste goed
gestyg het. Maar iemand wat 'n dringende nood het aan daardie soort
"openheid en eerlikheid" kan onbeperkte hoeveelhede daarvan binne sekondes
op die web kry teen 'n fraksie van die prys van Insig.

Nee wat. Daardie dimensies van die Afrikaanse musiek- en boekbedryf moet
maar sonder my klaarkom.

Die probleem is egter dat daar omtrent nie 'n Afrikaanse koerant of tydskrif
is wat ek gemaklik voel om in my huis toe te laat nie. As dit nie
gruwelfotos van geweld en verminkte lyke is nie, is dit tegniese besprekings
van seks in al sy vorme, kompleet met grafiese inkleding van anatomiese
detail en toepaslike aparatuur. Lyk my daar is nog net Die Kerkbode oor -
vir hoe lank?

In die boekbedryf gaan dit weining beter. In die musiekbedryf is dit omtrent
'n verlore saak as jy iets meer uitdagend as Bles Bridges wil luister vroeër
as elfuur in die aand as die kinders slaap.

Soos jy sê - dis 'n gevoelige puntjie.
Re: Afrikaners is tops [boodskap #27746 is 'n antwoord op boodskap #27699] Do, 28 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
Jimmie wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Ek dink jy verwar die bergrippe "breinkrag" en "kwalifikasies".
>
> Defnisies verander nie feite nie.*************************

Nou wat, dan, is die "feite" ?

>
>>
>>
>> Ek reken dis juis baie van die ouens wat nie die (sosiale en tegnologiese)
>> breinkrag het om hulself te heroriënteer, om aan te pas, en om te innoveer
>> nie, wat uitskuif om hul lewens te gaan voortsit in klaargaar samelewings
>> waaraan hulle nie hoef te help bou nie.
>
> 'n Baie eng siening. Klink bietjie na jaloesie. Ek dink dit vat meer
> breinkrag, sosiaal en tegnologies, om 'n nuwe lewe elders te begin. Dit verg
> baie meer aanpassing as om jou eie mishoop te bly sit binne 'n welbekende
> gamaksone.****************************

Jy sê die nuwe Suid-Afrika is 'n "gemaksone"?

Nou waarom dan die verlies aan die sogenaamde "breinkrag"?

>
>>
>>
>> Ek dink wel die kwalifikasies - en baie van die vermoëns - is 'n verlies, al
>> is dit net omdat hierdie land daarvoor betaal het, en omdat dit vordering
>> gaan vertraag.
>
> Meeste ouens wat padgee is senior mense wat reeds teruggeploeg het, nuwe outjies
> word nie sommer oorsee toegelaat nie.
> Watse vordering? In watter rigting?

As dit wat jy hier sê 'n verband behoort te hê met dit wat ek daarbo
geskryf het, moet jy asseblief die verband vir my uitlê

>
>>
>>
>> Maar waar daardie breinkrag vandaan kom is daar nog baie meer, hoor!
>
> Hoekom word daar dan vanuit Kuba ingevoer? Is jy seker daar is nog baie in Kuba
> oor?

Daar word om ideologiese redes uit Kuba ingevoer. Tevore het ons alte
graag ingevoer van Duitsland, Nederland, Engeland, Griekeland en
Portugal. Was dit omdat ons 'n tekort aan "breinkrag" gehad het?

> Waarom kan senior mense in die rekenaar bedryf nou hulle salaris eise so
> hoog stel?

Wil jy nie dieselfde vraag vra vir mense in die rekenaarbedryf in die
VSA nie? Ek dink jy sal hulle antwoord sommer ook vir ons kan laat geld.

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: Afrikaners is tops [boodskap #27747 is 'n antwoord op boodskap #27699] Do, 28 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Kyk hoe haastig is die Supreme Court van Kanada om "ons fout" af te dwing op
>> die onwillige Kanadese. Ek hoor daar is soortgelyke dinge aan die gang in
>> Nieu Zeeland en Australië. En kyk wat maak Tony Blair in Ingeland met die
>> Skotte en die Walliesers.
>>
>
> O, sit hulle nou vir die Skotte en die Walliesers en die Maoris ens.
> onderhuisarres en stoot hulle met die trappe af en vertel hulle het selfm=
> oord
> gepleeg.

Ek verstaan nie heeltemal wat jy hiermee bedoel nie, maar ek raai jy
moet miskien so 'n vraag vra vir Bram Fisher, Beyers Naude, Helen
Joseph, ens. En Sommer ook vir John Vorster en Robey Leibrandt (is dit
hierdie keer reg, Simon?)

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: Afrikaners is tops [boodskap #27759 is 'n antwoord op boodskap #27699] Vr, 29 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jimmie  is tans af-lyn  Jimmie
Boodskappe: 21
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
>
>> Defnisies verander nie feite nie.*************************
>
> Nou wat, dan, is die "feite" ?
>> Maar die breinkrag wat die tegnologie en akademie to groter hoogtes moet
>> (kon) vuur, sit dan nou grotendeels in die VSA, Kanada, Engeland, Nieu
>> Zeeland, Australië, ens. En die brain drain duur voort.*********kan jy
> nie meer as een plasing in 'n thread volg nie?
>>
>>>
> Dit verg
>> baie meer aanpassing as om jou eie mishoop te bly sit binne 'n
> welbekende
>> gamaksone.****************************
>
> Jy sê die nuwe Suid-Afrika is 'n "gemaksone"?
>
> Nou waarom dan die verlies aan die sogenaamde "breinkrag"?
>
> Dis hoekom ek en jy nog hier sit, is dit nie: dis vir ons 'n
> gemakzone.**********
>

>
>>> is dit net omdat hierdie land daarvoor betaal het, en omdat dit
> vordering
>> Meeste ouens wat padgee is senior mense wat reeds teruggeploeg het,
> nuwe outjies
>
>
> As dit wat jy hier sê 'n verband behoort te hê met dit wat ek daarbo
> geskryf het, moet jy asseblief die verband vir my uitlê
>

Jis, maar jy is dom. Daar het ek nou die twee sinne vir jou reg bo mekaar
gesit. En die verband tussen die twee sine is dat die mense wat die land
uitgaan, reeds terugbetaal het waarvoor die land dan nou so kwansuis vir
hulle sou betaal.

>> Waarom kan senior mense in die rekenaar bedryf nou hulle salaris eise so
>> hoog stel?
>
> Wil jy nie dieselfde vraag vra vir mense in die rekenaarbedryf in die
> VSA nie? Ek dink jy sal hulle antwoord sommer ook vir ons kan laat geld.

Nee, hulle salarisse is nie so hoog nie ten spyte van die tekort aan mense
wat hulle ook het. Hulle tekort is egter nie omdat groot getalle hulle land
verlaat nie.

>
Re: Afrikaners is tops [boodskap #27760 is 'n antwoord op boodskap #27699] Vr, 29 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Leendert van Oostrum wrote in article
...
>
> Griet wrote in message ...
>> Hoeveel mense ondersteun die Afrikaanse Musiek- en Boeke bedryf deur dit
>> AAN TE KOOP?! Dís 'n gevoelige puntjie........
> Yep! Ek het hierdie week my intekening op Insig gekanseleer en opdrag gegee
> dat aflewering dadelik gestaak word. Die soort "openheid en eerlikheid" wat
> hulle nou begin bedryf is ongelukkig nie geskik vir 'n huis waarin jong
> kinders grootword nie.

Ek stem saam met jou. Aan die anderkant - as die verkoopsyfer styg, is
daar mos 'n aanvraag..........

Ons is toe nie soet as wat ons wou voorgee nie :-)
Katjies in die donker .... hoe lei die ou gesegdetjie nou weer?

Maar ja, Leendert, die reg om te boikot is 'n magtige een. Goed vir jou. 'n
Mens wil al siek word vir al die gemors wat ELKE dag aan almal opgedis
word. As dit nie in die nuusprogramme is nie, is dit op skrif, of in
tv-reekse, oral.

Ek het ook verskeie intekeninge gekanselleer, om dieselfde rede. Koop
deesdae - op sig waarde- as dit die moeite werd is. Bespaar geld en koop
byna nooit meer sekere tydskrifte nie. INSIG, een van hulle, so ook
HUISGENOOT.

Dit gaan oral ter wereld so.

Lekker dag.
Re: Afrikaners is tops [boodskap #27810 is 'n antwoord op boodskap #27699] Di, 02 November 1999 00:00 Na vorige boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Klink soos 'n idee; het jy 'n trap in jou huis ?

Francois

>

O, sit hulle nou vir die Skotte en die Walliesers en die Maoris ens.
onderhuisarres en stoot hulle met die trappe af en vertel hulle het
selfmoord
gepleeg.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Attn:Gloudina - Apartheid Lite
Volgende onderwerp: Jy en jou...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 04:28:25 MGT 2024