Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jy en jou...
Jy en jou... [boodskap #27756] Vr, 29 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek sit so paar dae terug in London en kuier met my boet en sy
Britse meisie - sy is besig om afrikaans te leer.

Sy vra my toe oor "jy" en "jou" - wanneer die een, wanneer die
ander.

Ek kom toe vorendag met die ooglopende - mens gebruik "jou" vir
die "posessive" - soos in "ons ry met jou kar" ens. ("Jou" =
"Your".) Maar vra sy: hoekom sê mens 'hoe gaan dit met jou'
of as mens iemand wil skel 'jou vark' (of 'apartheidsvark' as jy
wil!).

Daar begin ek toe vasbrand met my St 10 grammatika - ek neem aan
dit het iets te doen met die objektiewe en subjektiewe vorm.

Ek is volgende week weer daar - het iemand vir my 'n beter
verduideliking?

Groete,
Bees
Re: Jy en jou... [boodskap #27792 is 'n antwoord op boodskap #27756] Ma, 01 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote:

> Alleen de uitspraak "jou vark!", die Bees ook noemde, strookt niet met deze
> uitleg. Zou dat soms een anglicisme zijn (you pig!)?

I hope your example does not reflect a very recent change of attitude towards
me..? (see No. 184) ;-)

I found similar examples in an Afrikaans grammar book. They were always
referred to as anglicisms.

Greetings,

Thorsten
Re: Jy en jou... [boodskap #27793 is 'n antwoord op boodskap #27756] Ma, 01 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote:

> Ek is volgende week weer daar - het iemand vir my 'n beter
> verduideliking?

The easiest way to explain it to an English speaker (IMO):

subject form: I = ek -- you = jy -- he = hy
object form: me = my -- you = jou -- him = hom

Whenever "I" or "he" could be used instead of "you", it should be "jy",
and whenever "me" or "him" could be used instead of "you", it should be
"jou".

In the case of "hoe gaan dit met jou":

met jou = with you

If you would talk about yourself or a third person, you'd have to say
"with me" or "with him" (not "with I" or "with he"), so the object form
"jou" must be used.

HTH,

Thorsten
Re: Jy en jou... [boodskap #27794 is 'n antwoord op boodskap #27756] Ma, 01 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Thorsten Mueller schreef...
> Bees wrote:
>
>> Ek is volgende week weer daar - het iemand vir my 'n beter
>> verduideliking?
>
> The easiest way to explain it to an English speaker (IMO):
>
> subject form: I = ek -- you = jy -- he = hy
> object form: me = my -- you = jou -- him = hom
>

Alleen de uitspraak "jou vark!", die Bees ook noemde, strookt niet met deze
uitleg. Zou dat soms een anglicisme zijn (you pig!)?

Groeten,
Arthur
Re: Jy en jou... [boodskap #27807 is 'n antwoord op boodskap #27756] Di, 02 November 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Thorsten Mueller wrote:

> Arthur Hagen wrote:
>
> I found similar examples in an Afrikaans grammar book. They were always
> referred to as anglicisms.
>
>

Jy mag reg wees, Thorsten, dat dit invloed van Engels is. Maariets hinder my. Ek
kan nie glo dat die ou Voortrekkers nie
ook "jou donder," "jou swernoot," "jou bliksem" gebruik het
nie, en sou mens dan van Engelse invloed kon praat? Gebruik
die Nederlanders en die Duitsers nie dieselfde konstruksie nie,
en moet dit dan ook as anglisisties gesien word?

Gloudina
Re: Jy en jou... [boodskap #27808 is 'n antwoord op boodskap #27756] Di, 02 November 1999 00:00 Na vorige boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:

> Jy mag reg wees, Thorsten, dat dit invloed van Engels is. Maariets hinder my. Ek
> kan nie glo dat die ou Voortrekkers nie
> ook "jou donder," "jou swernoot," "jou bliksem" gebruik het
> nie, en sou mens dan van Engelse invloed kon praat?

Ek weet natuurlik nie of die Voortrekkers dit so of anders gesê het nie, maar
miskien het hulle so 'n honderd jaar gelede nog "jy donder", "jy swernoot" ens.
gesê? Ek onhou nog een voorbeeld wat ek eens in 'n boek oor die ontwikkeling van
Afrikaans gevind het. Dit was glo uit die protokol van 'n sitting van die geregshof
in Kaapstad (in die 18de of vroeë 19de eeu). Die spreker was 'n Maleier, en dit het
meer of minder so geklink:

"Ghij siecken hond, ghij die brood tecken!" (die vertaling was glo "you sick dog,
you took the bread")

Wat baie interessant is, is die gebruik van "tecken" as "neem" (weer 'n
anglisisme?), en die gebruik van die subjektiewe vorm "ghij" in die begin van die
sin. Dus kon ek voorstel dat die gebruik van "jou" in hierdie geval eers later
oorneem is.

> Gebruik
> die Nederlanders en die Duitsers nie dieselfde konstruksie nie,
> en moet dit dan ook as anglisisties gesien word?

In Duits sê ons "du Depp", "du Schwerenöter" ens. (ek dink "swernoot" is een van
die [min] woorde wat direk van Duits na Afrikaans oorneem is, vandag klink dit
egter nogal ouderwets in Duits). "Du" is dieselfde as "jy", "jou" is "dich", "dir"
of "dein/e". Vir my as 'n Duitssprekende is dit dus nie logies om "jou swernoot" te
sê nie, as ek hierdie konstruksies nie al geken het nie sou ek "jy..." gesê het.

Groete,

Thorsten
Vorige onderwerp: Afrikaners is tops
Volgende onderwerp: Procter & Gamble - advies vir die pad vorentoe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 00:33:08 MGT 2024