Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir die 2 G's, onder andere
Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27763] Sa, 30 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina en Griet ( e.a.)

Soms gee die eenvoudige dinge soveel plesier! Ek loop die
volgende raak:

"Swiftly down the footpath
comes tripping Mabalel
and gaily sounds the song she sings
to the rhythm of her tinkling ankle rings"

Die onbekende outeur het nie sy vertaling voltooi nie! Tog wonder
ek of Marais nie die oorspronklike uit sy moedertaal (Eng.) in Afr.
oorgeklank/vertaal het nie? Gewoonlik het vertalings nie dieselfde
aanklank as die oorspronklike nie, maar lees (luister!!) net na hierdie
vertaling van Jan Celliers se "Dis al" -

THAT'S ALL:

Gold,
blue:
veld,
sky;
and one bird wheeling lonely, high -
that's all.

An exile comes back
from over the sea;
a grave in the grass,
a tear breaking free;
that's all.

(Guy Butler) .. en dan dink ons die nuwe ouens is goed!

B.
Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27768 is 'n antwoord op boodskap #27763] So, 31 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Barrie wrote:

> THAT'S ALL:
>
> Gold,
> blue:
> veld,
> sky;
> and one bird wheeling lonely, high -
> that's all.
>
> An exile comes back
> from over the sea;
> a grave in the grass,
> a tear breaking free;
> that's all.
>
> (Guy Butler)

Ek verbaas my dat Guy Butler, wat 'n goeie
aanvoeling vir Afrikaans gehad het, sulke
onnodige en onsuksesvolle vryhede neem in
die vertaling van “Dis Al.” Reg aan die begin
vertaal hy “Dis die blond” met net die een
woord “Gold.” Hy besluit op sy eie dat wat
Celliers met “blond” bedoel het, beter vertaal
moet word as “goud.” Hy verander in die proses
‘n selfstandige naamwoord met 'n lidwoord
daarvoor na die een woord “goud,” 'n vryheid
wat onvergeeflik is, veral as jy dink dat die
reël “die die blond” een van die bekendste reëls
in die Afrikaanse letterkunde is.
Nou, daar is verskillende opinies oor wat
Celliers met die frase “dis die blond” bedoel het.
Persoonlik vertel ek vir myself hy praat van die
witgeblykte najaarsgras van die Hoëveld en van
die manier wat die lig wit op die Hoëveld is. Maar
dis nie al nie. Die –b- van blond rym met die –b-
van blou. Celliers dui dus reg aan die begin van die
gedig dat alliterasie en assonansie van die uiterste
belang gaan wees in die struktuur van die gedig.
(Die b’s vroeër berei ons voor op die sleutelwoord
“balling.”) Wat my dronkslaan, is hoekom Butler
verkies het om van “gold” te praat, terwyl die
Engelse woord “blonde” tot sy beskikking was.
Of hy het nie besef dat die woord “blond” ook ‘n
goeie Afrikaanse woord is nie, óf hy het gedink
dat sy Engelse lesers nie die woord “blonde” in
die regte sin sou opneem nie.
Ek wonder ook of die vertaling van die titel
“Dis Al” met “That’s All” suksesvol is. Die titel in
Afrikaans beteken vir my “Only that..” of “Just
That,” iets wat “That’s All” miskyk.

In die tweede strofe gebeur iets interessants in Butler
se vertaling. Hy vertaal “’n vallende traan” met “a
tear BREAKING free,” iets wat nie in die oorspronklike
is nie. Het Butler met opset hierdie “breaking free” in-
gesit om aan te dui dat daar die moontlikheid is van
die uitbreek na vryheid na die verslaan en die verdriet?
Net Butler sal weet. Dit is egter ook nog 'n voorbeeld
van die vryhede wat hy met hierdie gedig neem.

Gloudina
Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27769 is 'n antwoord op boodskap #27763] So, 31 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Barrie, ek was bietjie ligsinnig in my vorige bydrae, en ek vra
om verskoning. Myns insiens kan sekere gedigte goed vertaal
word,
maar Mabalel is een van daardie towergedigte wat regtig nie goed
oorkom in Engels nie. Dit klink vreemd op die oor.

En ja, ons raak beslis afgestomp hier in die vreemde. Dis
jammer want aan die een kant moet ons assimileer vir ons kinders
te onthalwe, en om aan te pas, en aan die ander kant klou ons
benoud aan enige strooihalm (soos hierdie nuusgroep) om nie die
konneksie te verloor nie. En in ons poging klink ons dikwels
arrogant en onsensitief. Ek het juis hierdie naweek besluit dat
ek
beslis in Suid-Afrika kom aftree eendag as ons daardie ouderdom
bereik, ek wil tussen my eie mense wees op my oudag.

Vriendelike groete uit n herfsland.

Pat

Barrie wrote in article
...
> Ek stem saam - enige vertaling is nie wat die oorspronklike was nie - Kyk
> maar na die oorgeklankte snert wat aan ons op TV opgedis word. Deesdae word
> Afrikaanse programme (flieks, ens.) belas met onderskrifte (in Engels). Ek
> pes dit, maar miskien word ons kinders op hierdie manier gedwing om te lees
> óf om iets beter te doen as voor die kassie te lê. Dis nodig, maar die
> vermoë tot interpretatiewe lees is 'n veel groter behoefte. Ek staan egter
> stom oor die assosiasies wat jy ervaar n.a.v. "gaily" en "tinkling". Julle
> ouens daar in die vreemde bly in 'n mofkraal. Die bizarheid van julle
> lewensmilieu verwar julle oordeelsvermoë. Mabalel kan tinkle en rinkel en
> kinkel tot sy spierwit is, maar in my oë sal sy bly wat sy is!
>
> Gloudina sê in die volgende draad dat Butler ( vertaler van Dis Al)
> eieregtig (my interprasie!) was deur van die oorspronklike teks af te wyk.
> Dit mag wees, maar Guy Butler was te veel van 'n heer, 'n reuse akedemikus
> en 'n mens, om met opset afbreuk aan die oorspronklike te doen. M.i. het hy
> daarop verbeter. Let net weer op sy woordkeuse. As ons 'n term wil skep kan
> dit omarmde assosiasie wees. Die "gold" koppel tematies met "veld" en net so
> "blue" en "sky". Moontlik sou ons 'n beter vertaling van die titel in my
> ouma se geliefde gesegde vind: "So, that's that."
> Ons laat dit daar.
>
> Goeie môre (of goeienag) of wat dit ook al daar anderkant is.
>
> B.
>
Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27770 is 'n antwoord op boodskap #27763] So, 31 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Barrie:

Ek hou nogal van die vertaling van Dis Al, maar Mabalel sonder
die alliterasie van die "klingelinge van haar enkelringe" is
bietjie
suf. Plus, dit klink of sy gay is en oor haar voete trip!:-))
En
hier in ons geweste is "tinkling" iets wat jy ook nommer een
noem.

Pat

Barrie wrote in article
...
> Gloudina en Griet ( e.a.)
>
> Soms gee die eenvoudige dinge soveel plesier! Ek loop die
> volgende raak:
>
> "Swiftly down the footpath
> comes tripping Mabalel
> and gaily sounds the song she sings
> to the rhythm of her tinkling ankle rings"
>
> Die onbekende outeur het nie sy vertaling voltooi nie! Tog wonder
> ek of Marais nie die oorspronklike uit sy moedertaal (Eng.) in Afr.
> oorgeklank/vertaal het nie? Gewoonlik het vertalings nie dieselfde
> aanklank as die oorspronklike nie, maar lees (luister!!) net na hierdie
> vertaling van Jan Celliers se "Dis al" -
>
> THAT'S ALL:
>
> Gold,
> blue:
> veld,
> sky;
> and one bird wheeling lonely, high -
> that's all.
>
> An exile comes back
> from over the sea;
> a grave in the grass,
> a tear breaking free;
> that's all.
>
> (Guy Butler) .. en dan dink ons die nuwe ouens is goed!
>
> B.
>
Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27771 is 'n antwoord op boodskap #27763] So, 31 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Barrie wrote:

> . Julle
> ouens daar in die vreemde bly in 'n mofkraal. Die bizarheid van julle
> lewensmilieu verwar julle oordeelsvermoë.

Nou, Barrie. Kan jy bietjie hieroor uitwei. Veral wat jy bedoel met"bly in 'n
mofkraal" en die "bizarheid van julle lewensmilieu." Al
wat ek opgemerk het, is dat Pat beswaar maak teen die Engelse
vertaling van daardie eerste reels van Mabalel omdat dit vir haar
klink asof dit 'n "gay" is wat praat. Nou ek hou nie van haar
stereotipering van gays nie, maar ek is byna seker dat daar die-
selfde stereotipering van gays in SA op 'n groot skaal aangaan.
Hoe vertaal Pat se amper doodgewone stereotipering van gays
"die vreemde" as 'n mofkraal en as 'n bizarre lewensmilieu?
As jy my vra, is die deursnee Amerikaner en Kanadees eintlik
baie meer konserwatief en platvloers as die deursnee Suid-
Afrikaner, veral die met die wit velle. Ek verbaas my elke keer
aan 'n soort dekadensie wat ek onder veral die wittes in SA
opmerk, waaraan ek ongewoon is hier in Kanada.

Gloudina

>
Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27772 is 'n antwoord op boodskap #27763] So, 31 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ek stem saam - enige vertaling is nie wat die oorspronklike was nie - Kyk
maar na die oorgeklankte snert wat aan ons op TV opgedis word. Deesdae word
Afrikaanse programme (flieks, ens.) belas met onderskrifte (in Engels). Ek
pes dit, maar miskien word ons kinders op hierdie manier gedwing om te lees
óf om iets beter te doen as voor die kassie te lê. Dis nodig, maar die
vermoë tot interpretatiewe lees is 'n veel groter behoefte. Ek staan egter
stom oor die assosiasies wat jy ervaar n.a.v. "gaily" en "tinkling". Julle
ouens daar in die vreemde bly in 'n mofkraal. Die bizarheid van julle
lewensmilieu verwar julle oordeelsvermoë. Mabalel kan tinkle en rinkel en
kinkel tot sy spierwit is, maar in my oë sal sy bly wat sy is!

Gloudina sê in die volgende draad dat Butler ( vertaler van Dis Al)
eieregtig (my interprasie!) was deur van die oorspronklike teks af te wyk.
Dit mag wees, maar Guy Butler was te veel van 'n heer, 'n reuse akedemikus
en 'n mens, om met opset afbreuk aan die oorspronklike te doen. M.i. het hy
daarop verbeter. Let net weer op sy woordkeuse. As ons 'n term wil skep kan
dit omarmde assosiasie wees. Die "gold" koppel tematies met "veld" en net so
"blue" en "sky". Moontlik sou ons 'n beter vertaling van die titel in my
ouma se geliefde gesegde vind: "So, that's that."
Ons laat dit daar.

Goeie môre (of goeienag) of wat dit ook al daar anderkant is.

B.
Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27785 is 'n antwoord op boodskap #27763] Ma, 01 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Thys de Wet wrote:

Vive la Coc!

Ek voorspel hulle gaan die Wereldbeker wen.
Het hulle nie ook die sokker se wereldbeker gewen nie?

> Hoe lyk die weer daar by jou vanaand? By ons is dit maar so-so!

Thys, dis vandag die eerste dag van November en eintlik behoort daar'n bietjie
sneeu op die grond te wees. Maar dit was die lieflikste dag,
blou en die laaste geel van die blare nog aan die bome. 17 C en dit
gaan nog so aangaan vir 'n rukkie. Daar is honderde en honderde Canada
Geese op die rivier. Sommige arriveer van die noorde, en sommige vlieg
in formasie suidwaarts.

Gloudina

>
Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27786 is 'n antwoord op boodskap #27763] Ma, 01 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
En hier moet ek met Gloudina saamstem. Elke keer as ek
in Suid-Afrika kuier is ek nogal verbaas oor al die seksshops en
pornografie wat nou beskikbaar is, meesal (lyk my) in Afrikaans.
Dit was totaal ongehoord voor ek daar weg is, en nou het sekere
dinge verval in n "seedy" dekadensie. So asof hulle wil opmaak
vir
al die "maer" jare. Weet hulle nie dat dit ou nuus is vir die
res
van die wêreld, en glad nie so aanloklik is nie?

Pat

@sympatico.ca wrote in article
...
Barrie wrote:

As jy my vra, is die deursnee Amerikaner en Kanadees eintlik
baie meer konserwatief en platvloers as die deursnee Suid-
Afrikaner, veral die met die wit velle. Ek verbaas my elke keer
aan 'n soort dekadensie wat ek onder veral die wittes in SA
opmerk, waaraan ek ongewoon is hier in Kanada.

Gloudina

>

----------
Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27787 is 'n antwoord op boodskap #27763] Ma, 01 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
PAT wrote
> Barrie:
>
> Is jy en Reisiger dalk familie?
>

Nee, ek dink nie so nie. Reisiger is presies wat sy "handle" sê wat hy is:
Hy reis OP sulke newage-erige reise rond met Hoofletters Op enige woord wat
gewoon nie enige betekenis Het niE. Ons in die rekenaarbedryf praat daarvan
as "camel notation" 'n Kameel het mos een of twee hompe: iets soos KaMeeL
(een homp) of KaMmEeL (Twee hompe)

Kan nie anders nie! Hier sit ek weer en surf op die NG en die tennis is nog
steeds aan:

Gloudina dien vanaf haar agtervoet, aan Leendert dié kant. Sy trap oor die
lyn en die skeidsregter roep 'n foutbal. Sy gooi daar 'n vloermoer en
Leendert trippel fluks nader om ook sy stuiwer in die beurs te gooi. Die
bal het intussen tussen die toeskouers verdwyn...

En toe looi die Franse die All Blacks!! Wie't nou gedink 'n haan kan 'n
kiwi se gatvere so met 'flair' uitpluk? Vive la Coc!
Donderdag is dit nou die mos die Amaboko teen die iKiwiete!! Sal maar wag
tot die nuus verby is! Sê ook niks oor die verloor saterdag nie!

Gludina, is jy nog daar? Gehoor hoe hulle hier op die lyn van jou skinder?
Hoe lyk die weer daar by jou vanaand? By ons is dit maar so-so!
Nou ja, dan lui ek maar eers af! Nee man, wie snork so? Gaan slaap!!
Agies!

Sal anderdag 'n storie gooi oor 'n plaaslyn.

Groetnis

Thys de Wet
Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27788 is 'n antwoord op boodskap #27763] Ma, 01 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Barrie wrote:

> . Vir ons dekadente wittes in hierdie wye en
> droewe land van ons, is daar 'n leerskool wat seker enig in sy soort is. Ons
> noem dit die veldskool.

Moenie in jou wye en droewe land (nou weer die songetjie of choice vir diemanne
met die chips op hulle skouers) agter 'n klomp woorde wegkruip nie.
Wat het jy bedoel met daardie woorde oor die Noord-Amerikaanse milieu?

En wanneer ek van die tendens tot dekadensie in die wit geledere in SA praat,
praat ek van die gerokery en gedrinkery en 'n kniebuig voor die troon van
Mammon wat 'n platvloerse Noord-Amerikaner soms dronkslaan. Weet jy
hoe streng hulle hier is oor waar jy kan rook en drink?

En as jy moeilikheid het met die graftes, hoekom doen jy nie wat die Noord-
Amerikaanse Eerste Nasies doen as die mense gholfbane op hulle voorvader-
graftes wil kom maak nie. Hulle protesteer.

Gloudina

>
Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27789 is 'n antwoord op boodskap #27763] Ma, 01 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse[1]  is tans af-lyn  Koot Pieterse[1]
Boodskappe: 8
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek moes self nou-die-dag Dis Al vir 'n Kanadese vriendin vertaal. Myne
was nie so mooi soos hierdie een nie!

Koot

On Sat, 30 Oct 1999 23:37:24 +0200, "Barrie" wrote:

Gewoonlik het vertalings nie dieselfde
> aanklank as die oorspronklike nie, maar lees (luister!!) net na hierdie
> vertaling van Jan Celliers se "Dis al" -
>
> THAT'S ALL:
>
> Gold,
> blue:
> veld,
> sky;
> and one bird wheeling lonely, high -
> that's all.
>
> An exile comes back
> from over the sea;
> a grave in the grass,
> a tear breaking free;
> that's all.
>
> (Guy Butler) .. en dan dink ons die nuwe ouens is goed!
>
> B.
>
Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27790 is 'n antwoord op boodskap #27763] Ma, 01 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Barrie:

Is jy en Reisiger dalk familie?

Barrie wrote in article
...
> Gloudina en Pat ( en diegene wat inluister op die plaaslyn!)
>
> Weer eens ( ek wonder hoekom word meteens dan as een woord gespel?) word die
> retoriek van 'n eensame enkeling aan die groot klok opgehang. Miskien kan
> dit aan die versletenheid van my beeldspraak toegeskryf word. Kyk nou maar
> net na my onnosele woordkeuse van eensame enkeling. Mens praat mos nie van
> 'n dooie lyk of 'n ou bejaarde nie. Dis pleonasmes, het my juffrou vir my
> geleer. Eenvoudige etimologie! (Sy het ook gesê: Etimologie leer jou woorde
> ken. Gebruik jou woordeboek en as jy nie een het nie, gaan sê vir jou dom pa
> (volksopvoeding) om vir jou een te koop. En onthou, dis etimologie, nie
> entimologie nie. Entimologie is 'n studie van insekte. As 'n insek jou steek
> sal die dokter jou met teengif moet in-ent). Geweldig interessant gewees!
> Totdat die ander -logies my pad gekruis het. Vat nou maar "ontologie". In
> my pa se woordeboek is dit net so 'n entjie verder aan as ontmaagd en ontman
> (subjektiese leer). Ontologie beteken volgens genoemde betroubare bron die
> volgende: 1. Leer van algemene eienskappe van dinge. 2. Leer van onderwerpe
> van die menslike denkvermoë. As jy goed is met hierdie logie, sal jy later
> vir ander mense kan sê hy/sy is dekadent, of so iets. Weer terug na pa se
> woordeboek... Soek op / slaan na (Kies die korrekte, klas!) dekadente. (en
> klas, moenie te lank by dek huiwer nie! Al wat dit beteken is dat jou pa sy
> eiendom, bv. deur 'n polis, teen diefstal dek!) En net daar het ek
> agtergekom hoekom ons hondjie se naam Multipleks was. My huidige buurman se
> foksie word Two-stroke genoem. Hy is van 'n ander kultuur en gevolglik
> verstaan ek hom nie goed nie! Terug na die woordeboek. Eers kry jy
> dekadensie: 1. s.nw. (geestelike) agteruitgang, verval, insinking,
> oorverfynd (sien dissidensie -> volgende bladsy: afwyking, veral in
> godsdienssake, andersdenkende. En nou is ons by dekadent (weer terug by die
> vorige bladsy) deka'dent (-e; -er, -ste) b.nw. in verval, oorverfynd,
> sonder innerlike krag.
>
> Gloudina, is dit wat jy bedoel met :"Ek verbaas my elke keer aan 'n soort
> dekadensie wat ek veral onder die wittes in SA opmerk, waaraan ek ongewoon
> is hier in Kanada"? Weet jy, daar is sommige woorde wat nie korrek in
> woordeboeke beskryf word nie. Vir ons dekadente wittes in hierdie wye en
> droewe land van ons, is daar 'n leerskool wat seker enig in sy soort is. Ons
> noem dit die veldskool. Dis 'n oop skool - oop vir almal, die lewendes en
> die dooies, o.a. Ter illustrasie ( in die definiëreing van die begrip
> liefde; uitgeslote filomé, agapé, ens.): Die afgelope winter skiet ons
> duiwe in 'n sonneblomland in die Vrystaat. Twee duiwe kom oorgevlieg. My
> skoot donshael tref net een, en sy val. En toe... draai haar maatjie om en
> gaan sit by haar op die grond. Dit , ou girl, is liefde! As jy jou bereid
> verklaar om teen die dood in, by joune te bly. En dit het ek by 'n duifie
> geleer! Nodeloos om te sê: ek skiet nie meer duiwe nie.
>
> Maar nog is het einde niet. As dit liefde is, wat is haat? Haat dui immers
> op die afwesigheid/teenpool van liefde. Die kernvraag is: wie haat dan vir
> wie?
> Weer eens ter illustrasie: My ma is verlede jaar oorlede. Sy rus langs my pa
> in Adelaide se begraafplaas. Daar waar my ouma en oupa en oumagrootjie en
> oupagrootjie begrawe lê. En hulle ouers. In ons ou King James is die eerste
> Oos-Kaapse verbintenis aangeteken in 1762. Vir meer as twee eeue rus hulle
> in vrede! Maar nou is die begraafplaas volgens die heel nuutste nuwe
> paradigma
> oop. Mooi, die wêreld juig! Maar watter implikasies het dit vir die
> dekadente spul oorgeblewe wittes alhier? Tradisioneel is die
> Xhosa-gesinshoofde in 'n beeskraal begrawe. Mooi toegerol in 'n beesvel en
> permanent onder die hoewe van sy beeste. Animisties gesproke is daar 'n noue
> verband tussen beeste en die voorvadergeeste. En nou word die dorp se beeste
> in die begraafplaas ingejaag.
> En die bokke. Jy kan nie 'n ruiker op jou geliefde se grafte sit nie of dit
> word bevuil / bokkos (kies een , klas!). Die sakie neem 'n
> dramaties-ironiese wending as jy die reg misken word om net 'n draadafskorti
> ng om jou voorvaders se grafte te span. Ons wil saamwerk! Maar die geduld
> wat so baie kan dra, is aan die opraak! Glo my, daar is niks dissidents aan
> my denke nie! Die meerderheid (dekadente wittes) voel so. En die grootste
> gros van die (dekadente?) geleerde,
> verfynde, swart bevolking. Ongelukkig word ons deur die proletariaat
> regeer.
> Dit is mos die kernbeginsel van die demokrasie - die meerderheid is altyd
> reg.
> Mofbeeste in 'n mofkraal. Dit is so bizar (sonderling, vreemd, grillig,
> volgens pa se woordeboek) dat julle oningeligdes wat knus onder julle
> morele, uitlandse kombersies wegkruip, en dit nie in 'n woordeboek kan
> opspoor nie, dit nie sal of kan verstaan nie.
>
> Hier het jy 'n kort beskrywing van die hoofvakke (liefde en haat) van die
> kursus in veldskoolkunde. Ander vakke sluit in: oorlewing, statsleer.
> Toordokterkunde is nog nie deel van die sillabus nie, maar jy sal eersdaags
> vanuit owerheidsweë toegelaat word om hulle dienste van jou mediese fonds af
> te trek. (Een hoender vir 'n kopseer!) Dit moet nog net deur die
> parlementêre komitee (soviet) goedgekeur word. Intussen hoef jy nie te
> bekommer oor motorbestuurskunde nie. Bestuurslisensies word te koop
> aangebied (goedkoper as jy agter in die ry staan!). Die probleem is dat
> daar nog nie handboeke is nie. Ons lees maar die koerante en gaan skiet
> duiwe met die geld wat ons op begrafnisblomme spaar.
>
> Mag die Mounties tot ons redding kom! The Royal Canadian Mounted Police!
> Hulle moet gou kom, want hier kom bollies!
>
> "And now, class, back to Mabalel and her English composition (disposition?)
>
> B.
>
Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27791 is 'n antwoord op boodskap #27763] Ma, 01 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina en Pat ( en diegene wat inluister op die plaaslyn!)

Weer eens ( ek wonder hoekom word meteens dan as een woord gespel?) word die
retoriek van 'n eensame enkeling aan die groot klok opgehang. Miskien kan
dit aan die versletenheid van my beeldspraak toegeskryf word. Kyk nou maar
net na my onnosele woordkeuse van eensame enkeling. Mens praat mos nie van
'n dooie lyk of 'n ou bejaarde nie. Dis pleonasmes, het my juffrou vir my
geleer. Eenvoudige etimologie! (Sy het ook gesê: Etimologie leer jou woorde
ken. Gebruik jou woordeboek en as jy nie een het nie, gaan sê vir jou dom pa
(volksopvoeding) om vir jou een te koop. En onthou, dis etimologie, nie
entimologie nie. Entimologie is 'n studie van insekte. As 'n insek jou steek
sal die dokter jou met teengif moet in-ent). Geweldig interessant gewees!
Totdat die ander -logies my pad gekruis het. Vat nou maar "ontologie". In
my pa se woordeboek is dit net so 'n entjie verder aan as ontmaagd en ontman
(subjektiese leer). Ontologie beteken volgens genoemde betroubare bron die
volgende: 1. Leer van algemene eienskappe van dinge. 2. Leer van onderwerpe
van die menslike denkvermoë. As jy goed is met hierdie logie, sal jy later
vir ander mense kan sê hy/sy is dekadent, of so iets. Weer terug na pa se
woordeboek... Soek op / slaan na (Kies die korrekte, klas!) dekadente. (en
klas, moenie te lank by dek huiwer nie! Al wat dit beteken is dat jou pa sy
eiendom, bv. deur 'n polis, teen diefstal dek!) En net daar het ek
agtergekom hoekom ons hondjie se naam Multipleks was. My huidige buurman se
foksie word Two-stroke genoem. Hy is van 'n ander kultuur en gevolglik
verstaan ek hom nie goed nie! Terug na die woordeboek. Eers kry jy
dekadensie: 1. s.nw. (geestelike) agteruitgang, verval, insinking,
oorverfynd (sien dissidensie -> volgende bladsy: afwyking, veral in
godsdienssake, andersdenkende. En nou is ons by dekadent (weer terug by die
vorige bladsy) deka'dent (-e; -er, -ste) b.nw. in verval, oorverfynd,
sonder innerlike krag.

Gloudina, is dit wat jy bedoel met :"Ek verbaas my elke keer aan 'n soort
dekadensie wat ek veral onder die wittes in SA opmerk, waaraan ek ongewoon
is hier in Kanada"? Weet jy, daar is sommige woorde wat nie korrek in
woordeboeke beskryf word nie. Vir ons dekadente wittes in hierdie wye en
droewe land van ons, is daar 'n leerskool wat seker enig in sy soort is. Ons
noem dit die veldskool. Dis 'n oop skool - oop vir almal, die lewendes en
die dooies, o.a. Ter illustrasie ( in die definiëreing van die begrip
liefde; uitgeslote filomé, agapé, ens.): Die afgelope winter skiet ons
duiwe in 'n sonneblomland in die Vrystaat. Twee duiwe kom oorgevlieg. My
skoot donshael tref net een, en sy val. En toe... draai haar maatjie om en
gaan sit by haar op die grond. Dit , ou girl, is liefde! As jy jou bereid
verklaar om teen die dood in, by joune te bly. En dit het ek by 'n duifie
geleer! Nodeloos om te sê: ek skiet nie meer duiwe nie.

Maar nog is het einde niet. As dit liefde is, wat is haat? Haat dui immers
op die afwesigheid/teenpool van liefde. Die kernvraag is: wie haat dan vir
wie?
Weer eens ter illustrasie: My ma is verlede jaar oorlede. Sy rus langs my pa
in Adelaide se begraafplaas. Daar waar my ouma en oupa en oumagrootjie en
oupagrootjie begrawe lê. En hulle ouers. In ons ou King James is die eerste
Oos-Kaapse verbintenis aangeteken in 1762. Vir meer as twee eeue rus hulle
in vrede! Maar nou is die begraafplaas volgens die heel nuutste nuwe
paradigma
oop. Mooi, die wêreld juig! Maar watter implikasies het dit vir die
dekadente spul oorgeblewe wittes alhier? Tradisioneel is die
Xhosa-gesinshoofde in 'n beeskraal begrawe. Mooi toegerol in 'n beesvel en
permanent onder die hoewe van sy beeste. Animisties gesproke is daar 'n noue
verband tussen beeste en die voorvadergeeste. En nou word die dorp se beeste
in die begraafplaas ingejaag.
En die bokke. Jy kan nie 'n ruiker op jou geliefde se grafte sit nie of dit
word bevuil / bokkos (kies een , klas!). Die sakie neem 'n
dramaties-ironiese wending as jy die reg misken word om net 'n draadafskorti
ng om jou voorvaders se grafte te span. Ons wil saamwerk! Maar die geduld
wat so baie kan dra, is aan die opraak! Glo my, daar is niks dissidents aan
my denke nie! Die meerderheid (dekadente wittes) voel so. En die grootste
gros van die (dekadente?) geleerde,
verfynde, swart bevolking. Ongelukkig word ons deur die proletariaat
regeer.
Dit is mos die kernbeginsel van die demokrasie - die meerderheid is altyd
reg.
Mofbeeste in 'n mofkraal. Dit is so bizar (sonderling, vreemd, grillig,
volgens pa se woordeboek) dat julle oningeligdes wat knus onder julle
morele, uitlandse kombersies wegkruip, en dit nie in 'n woordeboek kan
opspoor nie, dit nie sal of kan verstaan nie.

Hier het jy 'n kort beskrywing van die hoofvakke (liefde en haat) van die
kursus in veldskoolkunde. Ander vakke sluit in: oorlewing, statsleer.
Toordokterkunde is nog nie deel van die sillabus nie, maar jy sal eersdaags
vanuit owerheidsweë toegelaat word om hulle dienste van jou mediese fonds af
te trek. (Een hoender vir 'n kopseer!) Dit moet nog net deur die
parlementêre komitee (soviet) goedgekeur word. Intussen hoef jy nie te
bekommer oor motorbestuurskunde nie. Bestuurslisensies word te koop
aangebied (goedkoper as jy agter in die ry staan!). Die probleem is dat
daar nog nie handboeke is nie. Ons lees maar die koerante en gaan skiet
duiwe met die geld wat ons op begrafnisblomme spaar.

Mag die Mounties tot ons redding kom! The Royal Canadian Mounted Police!
Hulle moet gou kom, want hier kom bollies!

"And now, class, back to Mabalel and her English composition (disposition?)

B.
Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27802 is 'n antwoord op boodskap #27763] Di, 02 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Barrie wrote:
>
> Ek stem saam - enige vertaling is nie wat die oorspronklike was nie - Kyk
> maar na die oorgeklankte snert wat aan ons op TV opgedis word. Deesdae word
> Afrikaanse programme (flieks, ens.) belas met onderskrifte (in Engels).

Dieselfde gebeur neestal nie met programme wat in een van die ander Suid
Afrikaanse tale soos bv. Zoeloe gemaak is nie. Nou wonder mens maar
net??
Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27803 is 'n antwoord op boodskap #27763] Di, 02 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
lou wrote in message ...
> Barrie wrote:
>>
>> Ek stem saam - enige vertaling is nie wat die oorspronklike was nie - Kyk
>> maar na die oorgeklankte snert wat aan ons op TV opgedis word. Deesdae word
>> Afrikaanse programme (flieks, ens.) belas met onderskrifte (in Engels).
>
> Dieselfde gebeur neestal nie met programme wat in een van die ander Suid
> Afrikaanse tale soos bv. Zoeloe gemaak is nie. Nou wonder mens maar
> net??

Lou
Ek wonder nie meer nie! Ek weet nie of jy binne die lesersgebied van Die
Volksblad val nie. Op die middelblad (drie kolom stoepie onder aan die
bladsy)
bespreek prof. Jaap Steyn van Vrystaat U. net enkele implikasies van die
moontlike verengelsing van ons regstelsel. Dis is angswekkend. Ek som
kortliks op: 1. Ons regsfakulteite aan u.'s gaan almal eentalig word
:Engels!
2. Regslui gaan voorkeur gee aan Engels (kontrakte, ens)
3. Daar sal baie meer tolke aangestel moet word. Tans kan hulle nie
eers ad hoc regslui betaal nie.
4. Afrikans sal afgeskaf word om kostes te bespaar
5. Daar sal subtiel druk uitgeoefen word op Afr.taliges om liewer in
Engels te
getuig.
6. Taalstryders soos Langenhoven en De Waal (groot leterkundige
geeste!)
het gewys op hoe verkeerdelik n tolk se interpratsie kan wees.
Bv.
De Waal wat verplig was om die jurie in Eng. aan te spreek, het
erken dat
die beskuldige "had killed" die oorledene. Die tolk het vertaal:
Hy erken hy het die oorledene vermoor. Toe hy protesteer het die
tolk volgehou dat sy vertaling korrek was. Gelukkig het die jurie
die tol op sy fout gewys.
7. Voorts: "Daar is een stelling wat dikwels in bespreking van
taalsake opduik. Dit is dat Afrikaans in die verlede dikwels "bevoordeel"
is. Dit moet nou reggestel word deur Afrikaans se "vorige bevoorregte
posisie af te skaal. Die afskaling van Afr. is dus eintlk 'n vorm
resgstellende aksie."
Die res van die berig handel oor die taalgeskiedenis van Eng. Hoe Eng.
bevoordeel was d.m.v. proklamasies, wegewing, admin. maatreëls en selfs
militêre middele.

Ek kom tot die slotsom dat Afrikaans 'n slagoffer van die stelsel gewod het.
Ek is gatvol om altyd oordentlikheidshalwe stil te bly . Die ou gediggie
sê:
Engels, engels, alles engels
alles wat ons sien en hoor"
Nogal van toepassing.
B
Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27804 is 'n antwoord op boodskap #27763] Di, 02 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
PAT wrote:
>
> En hier moet ek met Gloudina saamstem. Elke keer as ek
> in Suid-Afrika kuier is ek nogal verbaas oor al die seksshops en
> pornografie wat nou beskikbaar is, meesal (lyk my) in Afrikaans.

Waar koop jy dit PAT? Demmit - ek bly hier maar mis uit op al die lekker
dinge! Wys jou net - niks soos 'n paar jaar oorsee om jou o"e te laat
oopgaan nie (of jou te laat agterbly nie).

Poefies man! Ons afrikaans sprekendes is net sulke mense soos ander
mense die wereld vol! Daar is ouens wat pornografie lees, skryf en
verkoop. Net so is daar weer mense wat aan die agter kant van die wa
afneuk! Ek wens julle wil 'n grip kry op die lewe - die afrikaner :)
strek oor die vol mens spektrum met al sy goeie en slegte dinge - hou op
vas klou aan daai beeld van die wit afrikaner wat elke sondag met sy
gesinnetjie kerk toe gaan, maandag tot vrydag in sy safari pak by die
Rails werk en Saterdag die gras sny.
Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27805 is 'n antwoord op boodskap #27763] Di, 02 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Barrie wrote:
>
>> . Vir ons dekadente wittes in hierdie wye en
>> droewe land van ons, is daar 'n leerskool wat seker enig in sy soort is. Ons
>> noem dit die veldskool.
>
> Moenie in jou wye en droewe land (nou weer die songetjie of choice vir diemanne
> met die chips op hulle skouers) agter 'n klomp woorde wegkruip nie.
> Wat het jy bedoel met daardie woorde oor die Noord-Amerikaanse milieu?

Interessant dat jy van "chips" praat. Dit laat my aan twee gesegdes dink.
1. "A chip on the shoulder is indicative of wood higher up."
2. "The best way to get rid of a chip on the shoulder is a pat (Pat?) on the
back."
Vir die konteksktuele bedoeling van my woorde betreffende die
Noord-Amerikaanse milieu, moet jy maar tussen die lyne lees. As dit jou nie
geval nie, kan ek uit die volksmond aanhaal: 'n MOF is 'n vaal ding. Hy is
ook lewensmoeg. 'n Ou hond word as mof beskryf. Hy lê net die heeldag. Iets
soos ons massamens wat nie juis tot (skeppende) kritiek in staat is nie.
(óf: die beste stuurman staan aan wal.)

> En wanneer ek van die tendens tot dekadensie in die wit geledere in SA praat,
> praat ek van die gerokery en gedrinkery en 'n kniebuig voor die troon van
> Mammon wat 'n platvloerse Noord-Amerikaner soms dronkslaan. Weet jy
> hoe streng hulle hier is oor waar jy kan rook en drink?
>

Tendens? Nee, hier moet ek volmondig saamstem! Hier word gesuip op groot
skaal!!!!! Juis hier waar ek daagliks lus voel om 'n jong boompie uit te
trek en Simson te speel. Elke supermark ( aan wie behoort hulle?) is 'n
afsetpunt. Elke kafee verkoop (onder of oor die toonbank) bier en STERK
drank aan minderjariges (van watter groep?) Wie se kinders en vrouens ly
honger?
Hier is vaders wat hulle kinders by die sjebeens vir drankgeld verkoop.
Kinder en Gesinsorg is magteloos - so ook die Polisie (nie die Mounties
nie!).
Nou raak jy aan die kern van ons probleem!

> En as jy moeilikheid het met die graftes, hoekom doen jy nie wat die Noord-
> Amerikaanse Eerste Nasies doen as die mense gholfbane op hulle voorvader-
> graftes wil kom maak nie. Hulle protesteer.

Ons doen so, maar Afrikaans word nie meer verstaan nie.
(Daar is sprake dat Afr selfs nie as hoftaal erken gaan word nie. Dit
beteken dat ek met 'n Afrikaanse landdros d.m.v. 'n tolk moet kommunikeer!
Ek wens ek kon vir jou die berig deur Prof. Jaap Steyn in vandag se Die
Volksblad te lese laat kry.) Hulle het 'n lat vir die Afrikaanse gat gepluk
en ons braai.
> Barrie
>
>>
>
Re: Vir die 2 G's, onder andere [boodskap #27819 is 'n antwoord op boodskap #27763] Wo, 03 November 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Barrie wrote:
>
> lou wrote in message ...
>> Barrie wrote:
>>>
>>> Ek stem saam - enige vertaling is nie wat die oorspronklike was nie - Kyk
>>> maar na die oorgeklankte snert wat aan ons op TV opgedis word. Deesdae word
>>> Afrikaanse programme (flieks, ens.) belas met onderskrifte (in Engels).
>>
>> Dieselfde gebeur neestal nie met programme wat in een van die ander Suid
>> Afrikaanse tale soos bv. Zoeloe gemaak is nie. Nou wonder mens maar
>> net??
>
> Lou
> Ek wonder nie meer nie! Ek weet nie of jy binne die lesersgebied van Die
> Volksblad val nie. Op die middelblad (drie kolom stoepie onder aan die
> bladsy)
> bespreek prof. Jaap Steyn van Vrystaat U. net enkele implikasies van die
> moontlike verengelsing van ons regstelsel.

Barrie - probeer
http://news.24.com/afrikaans/die_volksblad/die_volksblad.asp
Vorige onderwerp: Renaissance oordenking
Volgende onderwerp: Protesteer ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 12:48:45 MGT 2024