Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Protesteer ?
Protesteer ? [boodskap #27820] Wo, 03 November 1999 00:00
Hennie Louw  is tans af-lyn  Hennie Louw
Boodskappe: 31
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
> Gloudina skryf. En as jy moeilikheid het met die graftes, hoekom doen jy nie wat die Noord-
> Amerikaanse Eerste Nasies doen as die mense gholfbane op hulle voorvader-
> graftes wil kom maak nie. Hulle protesteer.
>
> Gloudina

Protesteer? Hoe? Ek neem aan Barrie het, maar dit het seker op dowe ore
geval.

Hier op ons dorpie in die Noordkaap sit ons met 'n ontsagtelike probleem met
loslopende diere. Ons tuine word vertrap en opgevreet deur donkies, beeste
en bokke. Ek het op een slag veertien donkies uit my tuin gejaag, maar nie
voordat 'n hele klomp roosbome tot niet is en 'n paar sproeiers stukkend
getrap is nie.

Daar is weekliks in die omgewing ongelukke waar mense noodlottig beseer word
as hulle snags in diere vasry.

Nou protesteer jy. Eerstens, gaan na die munisipaliteit. Hulle sê, sorry,
die skut se drade is afgesteel hulle kan niks daaraan doen nie (nadat die
erfbelasting verdubbel is) Ek mag die diere self skut, maar ek mag hulle nie
langer as 48 uur hou nie en moet kos en water voorsien as ek dit wel doen.

Nou gaan ek polisie toe. Hulle trek skouers op en sê hulle kan niks aan die
saak doen nie, dit is die munisipaliteit se probleem. Ek dryg om van die
diere te skiet, die polisie sê dan kla hulle my aan vir afvuur van 'n wapen
in munisipale gebied. As my buurman twee honde in sy skaapkraal doodskiet
wou ek toe weet, en die eienaar van die honde moes boonop skadevergoeding
betaal, hoekom kan ek nie die donkies skiet nie?
Dit is anders seg hulle. Hoe? wil ek toe weet, die honde berokken my buurman
finansiele skade en hy mag hulle skiet. Die donkies, bokke en beeste doen
die hele dorp skade en ek noem toe die pryse van roosbome, sproeiers en
ander plante. Die sommetjie is toe aansienlik meer as 'n paar skape.
Is dit nog steeds anders wil ek weet. Ja sê hulle, dit is anders, maar hoe
kan hulle nie sê nie.

In Kimberley se hoofstraat ry 'n donkiekar, die toeriste oppad Groot Gat toe
neem glimlaggend fotos. My kar moet 'n lisensie hê, my bande moet reg wees
anders word ek beboet, maar die donkiekar ry ongestoord waar hy wil.

Ek wens daardie toeriste kon die lyke sien van die gesin wat anderkant
Barkley-Wes laataand van agter in 'n donkiekar vasgery het.

Maar dit is mos anders.
Hennie
Vorige onderwerp: Vir die 2 G's, onder andere
Volgende onderwerp: helo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 08:02:19 MGT 2024