Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vrymesselary in perspektief
Vrymesselary in perspektief [boodskap #27152] Do, 07 Oktober 1999 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wanneer 'n mens niks weet van 'n groep, begaan 'n mens die fout om die
groep te oordeel aan die negatiewe dade van diegene wat die groep
gebruik vir hulle persoonlike agendas. Die groep kry ongelukkig die
skuld, i.p.v. diegene wat die groep gebruik het, en verantwoordelik is
in hulle eie persoonlike hoedanigheid. Gebruik enige groep as
voorbeeld, bv. godsdienste.

Kyk na elektrisiteit. Dit word gebruik om 'n huis te verlig, asook baie
ander belangrike gebruike. Klein mensies moet geleer word om nie hulle
vingers in die muurprop te druk nie. Wat dan gebeur, is nie die
elektrisiteit se skuld nie. Dit is onskuldig. Dit werk op 'n ander stel
reels, en moet nie misbruik word nie.

Vrymesselary is baie dieselfde. Dit is 'n totale neutrale stelsel. Die
verskil is hoe dit gebruik word. Dan moet die toepasser van die
beginsels geloof word, vir die uitvindsels wat vorendag kom.
Vrymesselaars het baie dinge uitgevind, wat die mensdom, veral
nie-Vrymesselaars, se lewe baie vergemaklik het. Besef dit.

Wil graag hierdie pragtige Organisasie bedank, in die openbaar, vir
alles wat hulle vir my as persoon, en vir die land en planeet gedoen
het. Dink maar aan rekenaars, die geld stelsel, industrie, opleiding,
mediese en pensioen fondse, bou van wooneenhede, ens. Veral vir die
belangrike rol wat hulle vandag nog, en in die toekoms gaan speel.

Vir die Vrymesselaars wat bygedra het, en die moeite gedoen het om die
stelsel aan my te verduidelik, julle innige dank. Sterkte op die pad
vorentoe. Dit is nooit die einde, nooit verby, nooit te laat nie. Nooit
nie.

Innige dank vir die Bankgroep wat ‘n vrou 'n lening toegestaan het, vir
R 7000, om 'n ou skool in 'n pragtige plaas woning om te skep. Aan die
einde maak dit nie saak of hulle Vrymesselaars is of nie. Ondersteun U
Bank. Dit is belangrik vir U toekoms. 'n Mens weet nooit nie.

Sal mense aanraai om eers oor Vrymesselary te lees en self uit te vind,
voordat enige verdere besluite hieroor geneem word.

Vorige onderwerp: Re: Vrymesselary in perspektief
Volgende onderwerp: Wie is die uitbuiters?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 20:28:23 MGT 2024