Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina se winde
Gloudina se winde [boodskap #26471] So, 19 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina laat 'n wind - oor wind:



Hmmmm........

My swaertjie in die kusdorpie in Florida moes vlug met kind en kraai om weg
te kom van Orkaan Floyd. Vensters en deure toegespyker, kar vol sop en
komberse, en heeltemal oortuig daar gaan niks van hulle aardse besittings
(en die versameling Afrika-kuns) oor wees as hulle weer die huis sien nie.
Grootste verpligte ontruiming in die geskiedenis. Hoofweë verstop van die
verkeer soos laas in Normandié in '39.

Maar dit blyk toe Floyd in Florida is net "hot air" - 'n buikwind uit die
weerkantoor, met mening gedra in die media. Die ware gevaar was elders.

Toe hulle terugkom was die enigste "skade" 'n paar droë en siek takke wat
afgewaai het.

Miskien kry mens hulle ook nou in chat rooms vir takke.
Re: Gloudina se winde [boodskap #26472 is 'n antwoord op boodskap #26471] So, 19 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> My swaertjie in die kusdorpie in Florida moes vlug met kind en kraai om weg
> te kom van Orkaan Floyd. Vensters en deure toegespyker, kar vol sop en
> komberse, en heeltemal oortuig daar gaan niks van hulle aardse besittings
> (en die versameling Afrika-kuns) oor wees as hulle weer die huis sien nie.
> Grootste verpligte ontruiming in die geskiedenis. Hoofweë verstop van die
> verkeer soos laas in Normandië in '39.
>
> Maar dit blyk toe Floyd in Florida is net "hot air" - 'n buikwind uit die
> weerkantoor, met mening gedra in die media. Die ware gevaar was elders.
>
> Toe hulle terugkom was die enigste "skade" 'n paar droë en siek takke wat
> afgewaai het.
>

Ja, ek kon dit voorspel het. Leendert wat vir FEMA kritiseer. Fema moes
beter geweet het dat die "ware gevaar" "elders" was. Kritiseer.Kritiseer. As
mens nou, na omtrent vier dae, sien hoe die water nog styg in dorpe in die
Carolinas en Virginia wat alreeds totaal onder water is, dan weet jy dat die
maatreels wat vir die veiligheid van die bevolking getref was, die regte was.
Een burgemeester verklaar dat hierdie vloed seker net eenkeer in 'n millenium
in sy geweste kon gebeur.
Maar Leendert sit maar net die onkundige naiewe tradisie voort van
alles op die "regering" te blameer. (Hoop hy het dieselfde gedoen in die
apartheidsjare in SA.) Hier by ons het ons hulle ook gehad gedurende
die ysstorm. Die regering moes nou die ding voorsien het en die weermag
uitgeroep het die dag toe dit begin reen. Die regering moes dit gedoen het
en dat geweet het. Sulke mense, soos die armes, het ons ongelukkig
altyd by ons.

Gloudina
Re: Gloudina se winde [boodskap #26473 is 'n antwoord op boodskap #26471] So, 19 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> My swaertjie in die kusdorpie in Florida moes vlug met kind en kraai om weg
>> te kom van Orkaan Floyd. Vensters en deure toegespyker, kar vol sop en
>> komberse, en heeltemal oortuig daar gaan niks van hulle aardse besittings
>> (en die versameling Afrika-kuns) oor wees as hulle weer die huis sien nie.
>> Grootste verpligte ontruiming in die geskiedenis. Hoofweë verstop van die
>> verkeer soos laas in Normandië in '39.
>>
>> Maar dit blyk toe Floyd in Florida is net "hot air" - 'n buikwind uit die
>> weerkantoor, met mening gedra in die media. Die ware gevaar was elders.
>>
>> Toe hulle terugkom was die enigste "skade" 'n paar droë en siek takke wat
>> afgewaai het.
>>
>
> Ja, ek kon dit voorspel het. Leendert wat vir FEMA kritiseer. Fema moes
> beter geweet het dat die "ware gevaar" "elders" was.
Kritiseer.Kritiseer.=

Nie regtig nie.

Die kritiek was eerder gemik op die droë takke wat afgewaai het, en dan
die "orkaan" blameer.
Re: Gloudina se winde [boodskap #26500 is 'n antwoord op boodskap #26471] Ma, 20 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , e...@dot.com
(Johan) wrote:
> Of sien ek nou die ding verkeerd, Leendert?

Daar moet verstaan word dat in die internasionale
skaakspel, SA is die Koninging en die VSA die Koning. Val
SA, val die planeet in 'n diktatorskap. Dan sal julle besin
oor wat hier gebeur het. Help reg as julle kan, krisiteer
as julle moet. Dit is nodig. Maar dit is die perspektief
wat aangaan.

Om die saak te verander, moet almal op die planeet nie as
vyande gesien word nie, maar as potensiële vriende. Daar is
baie goeie dinge in ander mense, en alle groepe. Het baie
in andere groepe se huise gebly - Engelse, Amerikaners,
Jode, Indiers, Moslems, Sjinese, Boeddhiste, Maleisiërs,
Thai's, Franse, Seychellois, ens. Het baie Vrymesselaars as
vriende. Hulle is pragtige, lieflike, hulpvaardige, en
humoristiese mense.

Die enigste vyand op aarde is 'n mens self. Andere
weerspieël dit net - wat ons nie van onsself hou nie. Hulle
het eienskappe wat ons nodig het, en ons beskou dit as 'n
bedreiging. Dit is beter om hulle vriende te wees en by
hulle te leer. Dit is nogal lekker.
Re: Gloudina se winde [boodskap #26501 is 'n antwoord op boodskap #26471] Ma, 20 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 19 Sep 1999 12:48:43 GMT, @sympatico.ca wrote:
|Ja, ek kon dit voorspel het. Leendert wat vir FEMA kritiseer. Fema moes
|beter geweet het dat die "ware gevaar" "elders" was. Kritiseer.Kritiseer.=

Waar krap jy nou kritiek uit?? In sy plasing sien ek geen kritiek raak nie.
Bloot net dat dinge nie so gebeur het soos voorspel is nie. Ek dink enige een
wat al op TV gesien het, wat 'n orkaan kan doen, sal maar te dankbaar wees vir
enige waarskuwing om te kan vlug en nog meer dankbaar wees om terug te keer na
minimum skade toe.

Of sien ek nou die ding verkeerd, Leendert?
Re: Gloudina se winde [boodskap #26561 is 'n antwoord op boodskap #26471] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

>
>
> Maar hoe, Gloudina, sou "dinge anders verloop" het? Soos in
> Lesotho? Swaziland, Botswana, Namibië? Mosambiek? Zimbabwe?
> Zambië? Angola? Malawi? Uganda? Congo(Dem Rep van)?
> Ethiopië? Nigerië? Congo (Rep van)? Tsjaad? Liberië?

Siedaar, Leendert in al sy anti-alles-wat-nie-wit-reaksionere-praktyke en
opinies is nie. Sien Leendert, dis wanneer jy sulke
verklarings maak, dat jy vir jouself wys as die rassis wat jy is,
die reaksionere ideoloog wat jy is. En al wat jy met hierdie
reaksionere gefoefel openbaar, is dat jy verlang na die tyd
toe die sogenaamde "Afrikaners" net kon doen wat hulle wil
(drie miljoen van hulle) in die land waar 90 persent van die
bevolking nie net van hulle vaderland onteien was nie, maar
in die gesig geklap is jaar na jaar. En om jou reaksionere
geploeter goed te praat, moet jy maak of alles so goed gegaan
het in die "ou" SA. Jy wil nie weet van al die korrupsie en
skending van menseregte en dies meer nie. Die "ou" SA
was 'n vieslike plek, behalwe vir 'n klomp skobbejakke
wat vir hulle 'n lekker nes geskop het. Die "ou" Afrika
was 'n plek waar 'n klomp wit koloniales soos konings
geleef het, en oorlog gemaak het as hulle wou teen wie
hulle wou.

Gloudina

>
Re: Gloudina se winde [boodskap #26562 is 'n antwoord op boodskap #26471] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Francois de Wet wrote:

> Gloudina,
>
> Bly jy in Toronto ?

Nee. Wil jy vir my 'n handdoek saambring?

Tant Hessie
Re: Gloudina se winde [boodskap #26563 is 'n antwoord op boodskap #26471] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Na watter duiwel verwys jy ?

Francois

." Nee wat, ou Leendert, as die NG Kerk tog maar net, toe daardie
> wind oor SA begin waai het, die leiding geneem het en die bevolking gewaarsku
> het om nie met die duiwel te heul nie, dan het dinge ook anders verloop.
>
> Gloudina
>
Re: Gloudina se winde [boodskap #26564 is 'n antwoord op boodskap #26471] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca
wrote:

> Nee wat, ou Leendert, as die NG Kerk tog
> maar net, toe daardie
> wind oor SA begin waai het, die leiding geneem het en
> die bevolking gewaarsku
> het om nie met die duiwel te heul nie, dan het dinge
> ook anders verloop.

Ek reken die NG-Kerk het wel die leiding geneem - hy het
sendingwerk gedoen dat die byle huil. Dis waarvoor kerke
daar is.

Maar hoe, Gloudina, sou "dinge anders verloop" het? Soos in
Lesotho? Swaziland, Botswana, Namibië? Mosambiek? Zimbabwe?
Zambië? Angola? Malawi? Uganda? Congo(Dem Rep van)?
Ethiopië? Nigerië? Congo (Rep van)? Tsjaad? Liberië?

Volgens watter model, Gloudina, sou "dinge anders verloop"
het?

Re: Gloudina se winde [boodskap #26565 is 'n antwoord op boodskap #26471] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...
> On Sun, 19 Sep 1999 12:48:43 GMT, @sympatico.ca wrote:
> |Ja, ek kon dit voorspel het. Leendert wat vir FEMA kritiseer. Fema moes
> |beter geweet het dat die "ware gevaar" "elders" was. Kritiseer.Kritiseer.=
>
> Waar krap jy nou kritiek uit?? In sy plasing sien ek geen kritiek raak nie.
> Bloot net dat dinge nie so gebeur het soos voorspel is nie. Ek dink enige een
> wat al op TV gesien het, wat 'n orkaan kan doen, sal maar te dankbaar wees vir
> enige waarskuwing om te kan vlug en nog meer dankbaar wees om terug te keer na
> minimum skade toe.
>
> Of sien ek nou die ding verkeerd, Leendert?

Hmmmm...... Eintlik ja.

Jy sien, dit gaan eintlik oor Afrikaners wat, op grond hulle eie
subjektiewe weervoorspellings - en "gesaghebbende" menings van ander - voor
"Orkaan Apartheid" tot in Ontario gevlug het.

Maar dit blyk toe dat "apartheid" nie eintlik die orkaan was nie - net 'n
sterkerige teenwind aan die rand daarvan, wat bietjie gesnoei het onder die
ou hout. (Jy moet self besluit wat die werklike orkaan was/is.)

Jammer as my meervoudige lae van allegoriese betekenis te obskuur raak.

Duidelik nie geslaag nie.
Re: Gloudina se winde [boodskap #26566 is 'n antwoord op boodskap #26471] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Nee, erder een van daardie Clicks vadoeke soos wat Yasser Arrafat dra of wat
van 'n skreeulelike Madiba hemp ?

@sympatico.ca wrote in message
...
>
>
> Francois de Wet wrote:
>
>> Gloudina,
>>
>> Bly jy in Toronto ?
>
> Nee. Wil jy vir my 'n handdoek saambring?
>
> Tant Hessie
>
Re: Gloudina se winde [boodskap #26567 is 'n antwoord op boodskap #26471] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Jy sien, dit gaan eintlik oor Afrikaners takke wat, op grond hulle eie
> subjektiewe weervoorspellings - en "gesaghebbende" menings van ander - voor
> "Orkaan Apartheid" tot in Ontario gevlug het.
>
> Maar dit blyk toe dat "apartheid" nie eintlik die orkaan was nie - net 'n
> sterkerige teenwind aan die rand daarvan, wat bietjie gesnoei het onder die
> ou hout. (Jy kan self besluit wat die werklike orkaan was/is.)
>
>

So apartheid was toe maar net "'n sterkerige teenwind.. wat bietjie gesnoeihet
onder die ou hout." Hoekom verbaas dit my nie dat hierdie uit Leendert
se pen uitkom nie. En dan moet jy nou maar besluit wat "die werklike orkaan
was/is." Nee wat, ou Leendert, as die NG Kerk tog maar net, toe daardie
wind oor SA begin waai het, die leiding geneem het en die bevolking gewaarsku
het om nie met die duiwel te heul nie, dan het dinge ook anders verloop.

Gloudina
Re: Gloudina se winde [boodskap #26568 is 'n antwoord op boodskap #26471] Di, 21 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

Bly jy in Toronto ?
Re: Gloudina se winde [boodskap #26633 is 'n antwoord op boodskap #26471] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 22 Sep 1999 03:36:36 GMT, @sympatico.ca wrote:
|> Jy was nie daar nie en weet nie hoe dit was nie - jy is glad nie
|> gekwalifiseer om enige te sê van wat jy hierbo sê van die SA na die=
|
|> 1960's nie.
|>
|> Die hele plek en al sy mense was nie so sleg soos jy dit probeer smeer
|> nie. Sulke sweeping statements wat jy oor die ou SA maak klink maar
|> baie hol en leeg.
|
|Ek herhaal weer. Die apartheid regime was 'n skandvlek op die mensdom en as
|jy dit wil probeer verdedig, gaan voort.
|
Maak jou bril skoon - ek verdedig niks - ek sê net dat die hele land
en al sy mense nie sleg was nie en die feit dat jy dit nie verstaan
nie, maak dit eenvoudig duidelik hoe min jy van die land oor die
afgelope drie dekades weet.

SA bestaan nie net uit sy regering uit nie - daar was meer as net die
regering, daar was ander mense, mooi goeie mense, daar was meer as net
apartheid, daar was mooi dinge wat gebeur het. Dinge waarvoor jy
jouself geheel en al blind hou en mense wat jy erg beledig deur hulle
nie te erken nie.
...so met my tong in die kies - dan kan die ou suurpruime nie so baie moan nie!

=|:^)

Johan
Re: Gloudina se winde [boodskap #26634 is 'n antwoord op boodskap #26471] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote:
> |Siedaar, Lee....
>
> As Gloudina eers begin met "Siedaar" of "Hier kom ou xxxx weer
> met...", dan weet jy sy stry nou teen haar beterwete - sy het klaar
> die argument verloor, want nou is haar laaste opsie om die plaser van
> die vorige boodskap te verkleineer.
>
> Nee man, bespreek die saak mooi - jy het nou onlangs vir ons bewys jy
> kan.

Wat - het ek daai pos gemis? Dêmmit - een dag nie hier nie en ek mis 'n
mylpaal op die nuusgroep!! Kan jy dalk weer die berig pos Gloudina?
Re: Gloudina se winde [boodskap #26635 is 'n antwoord op boodskap #26471] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
Johan wrote:

> Jy was nie daar nie en weet nie hoe dit was nie - jy is glad nie
> gekwalifiseer om enige te sê van wat jy hierbo sê van die SA na die
> 1960's nie.

************************

Ek herhaal weer. Die apartheid regime was 'n skandvlek op die mensdomen as
jy dit wil probeer verdedig, gaan voort.

Gloudina

*************************

Maar as mens jou vra, Gloudina, waarom jy so dink, dan raak jy skielik stom.
Jy hou by omvattende, veroordelende, emotiewe uitsprake soos "skandvlek op
die mensdom" - wat jy nie wil verantwoord nie. Dis eintlik 'n heel
skandelike manier van argumenteer, weet jy?

Maar kom ons gestel dit was inderdaad 'n "skandvlek op die mensdom" - "die
onverdedigbare", het Bees dit genoem. Hy het gesê (soos jy) dat mens die
onverdedigbare nie moet probeer verduidelik nie.

Ek kan jou verseker, Gloudina, as jy weier om die onverdedigbare te
ondersoek en te probeer verduidelik, sal jy waaragtigwaar op die punt kom
waar jy nie besef dat jy self besig is om die onverdedigbare te pleeg nie.

Ek het al dikwels gewys op die ooreenkomste tussen jou optrede en die dinge
van die Fred Rundles van die wêreld.
Re: Gloudina se winde [boodskap #26636 is 'n antwoord op boodskap #26471] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 22 Sep 1999 12:25:45 GMT, @sympatico.ca wrote:

|Johan, ken jy die betekenis van die "apartheid REGIME."
|
Ja, en jy????
Re: Gloudina se winde [boodskap #26637 is 'n antwoord op boodskap #26471] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
Leendert van Oostrum wrote:

>
>
> Maar hoe, Gloudina, sou "dinge anders verloop" het? Soos in
> Lesotho? Swaziland, Botswana, Namibië? Mosambiek? Zimbabwe?
> Zambië? Angola? Malawi? Uganda? Congo(Dem Rep van)?
> Ethiopië? Nigerië? Congo (Rep van)? Tsjaad? Liberië?

*******************************

Siedaar, Leendert in al sy anti-alles-wat-nie-wit-reaksionere-praktyke en
opinies is nie. Sien Leendert, dis wanneer jy sulke
verklarings maak, dat jy vir jouself wys as die rassis wat jy is,
die reaksionere ideoloog wat jy is. En al wat jy met hierdie
reaksionere gefoefel openbaar, is dat jy verlang na die tyd
toe die sogenaamde "Afrikaners" net kon doen wat hulle wil
(drie miljoen van hulle) in die land waar 90 persent van die
bevolking nie net van hulle vaderland onteien was nie, maar
in die gesig geklap is jaar na jaar. En om jou reaksionere
geploeter goed te praat, moet jy maak of alles so goed gegaan
het in die "ou" SA. Jy wil nie weet van al die korrupsie en
skending van menseregte en dies meer nie. Die "ou" SA
was 'n vieslike plek, behalwe vir 'n klomp skobbejakke
wat vir hulle 'n lekker nes geskop het. Die "ou" Afrika
was 'n plek waar 'n klomp wit koloniales soos konings
geleef het, en oorlog gemaak het as hulle wou teen wie
hulle wou.

Gloudina

**************************************
Ek gaan jou nie ens vra om sommige van hierdie wilde beweringe van jou te
probeer verantwoord nie, Gloudina.

Want dis nie veronderstel om verantwoord te word nie, is dit?

Herinner mens dat iemand wat jou optrede vergelyk het met dié van 'n meid
wat oor die straat staan en skel.

Ek reken die meide op vyf vastelande sal beledig voel om met jou optrede
vergelyk te word.
Re: Gloudina se winde [boodskap #26638 is 'n antwoord op boodskap #26471] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> |
> |Ek herhaal weer. Die apartheid regime was 'n skandvlek op die mensdomen a=
> |s
> |jy dit wil probeer verdedig, gaan voort.
> |
> SA bestaan nie net uit sy regering uit nie - daar was meer as net die
> regering, daar was ander mense, mooi goeie mense, daar was meer as net
> apartheid, daar was mooi dinge wat gebeur het. Dinge waarvoor jy
> jouself geheel en al blind hou en mense wat jy erg beledig deur hulle
> nie te erken nie.
>

Johan, ken jy die betekenis van die "apartheid REGIME."

Gloudina
Re: Gloudina se winde [boodskap #26639 is 'n antwoord op boodskap #26471] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> Jy was nie daar nie en weet nie hoe dit was nie - jy is glad nie
> gekwalifiseer om enige te sê van wat jy hierbo sê van die SA na die
> 1960's nie.
>
> Die hele plek en al sy mense was nie so sleg soos jy dit probeer smeer
> nie. Sulke sweeping statements wat jy oor die ou SA maak klink maar
> baie hol en leeg.

Ek herhaal weer. Die apartheid regime was 'n skandvlek op die mensdomen as
jy dit wil probeer verdedig, gaan voort.

Gloudina
Re: Gloudina se winde [boodskap #26640 is 'n antwoord op boodskap #26471] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Sep 1999 17:34:44 GMT, @sympatico.ca wrote:

|Leendert van Oostrum wrote:
|
|>
|>
|> Maar hoe, Gloudina, sou "dinge anders verloop" het? Soos in
|> Lesotho? Swaziland, Botswana, Namibië? Mosambiek? Zimbabwe?
|> Zambië? Angola? Malawi? Uganda? Congo(Dem Rep van)?
|> Ethiopië? Nigerië? Congo (Rep van)? Tsjaad? Liberië?
|
|Siedaar, Lee....

As Gloudina eers begin met "Siedaar" of "Hier kom ou xxxx weer
met...", dan weet jy sy stry nou teen haar beterwete - sy het klaar
die argument verloor, want nou is haar laaste opsie om die plaser van
die vorige boodskap te verkleineer.

Nee man, bespreek die saak mooi - jy het nou onlangs vir ons bewys jy
kan.
Re: Gloudina se winde [boodskap #26641 is 'n antwoord op boodskap #26471] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Sep 1999 17:34:44 GMT, @sympatico.ca wrote:
|geploeter goed te praat, moet jy maak of alles so goed gegaan
|het in die "ou" SA. Jy wil nie weet van al die korrupsie en
|skending van menseregte en dies meer nie. Die "ou" SA
|was 'n vieslike plek, behalwe vir 'n klomp skobbejakke
|wat vir hulle 'n lekker nes geskop het. Die "ou" Afrika
|was 'n plek waar 'n klomp wit koloniales soos konings
|geleef het, en oorlog gemaak het as hulle wou teen wie
|hulle wou.
|
Jy was nie daar nie en weet nie hoe dit was nie - jy is glad nie
gekwalifiseer om enige te sê van wat jy hierbo sê van die SA na die
1960's nie.

Die hele plek en al sy mense was nie so sleg soos jy dit probeer smeer
nie. Sulke sweeping statements wat jy oor die ou SA maak klink maar
baie hol en leeg.
Re: Gloudina se winde [boodskap #26726 is 'n antwoord op boodskap #26471] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...
> On Wed, 22 Sep 1999 12:25:45 GMT, @sympatico.ca wrote:
>
> |Johan, ken jy die betekenis van die "apartheid REGIME."
> |

> Ja, en jy????

Julle klink nou nes die klom AN'c wat praat van die REGIME. Vir jare is
julle deel daarvan en nou verwerp julle alles. Was die nie lekker om veilig
te wees nie. Geen diefwering , geen motorkapings, jou kinders wat veillig
buite rondloop nie, Boere wat kan boer : vakansie hou op skoon strande
sonder om 'n bol stront te trap, of om 'n wag aantestel wat jou besitting op
die strande moet oppas nie. Nee se maar wat julle wil, dit was lekker ou
dae.

Krokkie
Re: Gloudina se winde [boodskap #26727 is 'n antwoord op boodskap #26471] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Krokkie wrote:

> Was die nie lekker om veilig
> te wees nie. Geen diefwering , geen motorkapings, jou kinders wat veillig
> buite rondloop nie, Boere wat kan boer : vakansie hou op skoon strande
> sonder om 'n bol stront te trap, of om 'n wag aantestel wat jou besitting op
> die strande moet oppas nie. Nee se maar wat julle wil, dit was lekker ou
> dae.
>

ja, ou krokkie, in die dae toe vyf miljoen wittes gesit het op die grond vanoor
die dertig miljoen nie-blankes. Toe het julle lekker geboer, en op die
veilige strande geswem, in julle ou fools' paradisie. Maar ha, ha, ha, -
uiteindelik het die betaaldag aangebreek. Jy maai nou die warrelwinde
wat jy, of jou ouers, gesaai het. Geniet dit.

Gloudina
Re: Gloudina se winde [boodskap #26792 is 'n antwoord op boodskap #26471] Vr, 24 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca
wrote:
>>
> ja, ou krokkie, in die dae toe vyf miljoen wittes
> gesit het op die grond vanoor
> die dertig miljoen nie-blankes.

YEP!!! Anders as in Ontario, waar Gloudina sit, is die
oorspronklike eienaars nie uitgewis nie.

In Suid-Afrika was ook nie massiewe, doelbewuste
immigrasieporgramme om te verseker dat tien mijoen wittes
nou sit op die grond van enkele honderdduisend van die
oerbewonders van Ontario nie.

> Toe het julle lekker
> geboer, en op die
> veilige strande geswem, in julle ou fools' paradisie.

Nou sit Gloudina lekker in haar klimaatbeheerde apartment
en pontifiseer oor Suid-Afrika terwyl sy die onvervangbare
grondstowwe uitput en die omgewing vir die res van die
mensdop besoedel met haar kwistige verbruik nie.

> Maar ha, ha, ha, -
> uiteindelik het die betaaldag aangebreek. Jy maai nou
> die warrelwinde
> wat jy, of jou ouers, gesaai het. Geniet dit.
> Gloudina

En Gloudina en haar ouers het lekker winde gesaai in Suid-
Afrika. Nou verlekker sy haar in wat sy dink dat ander maai.

Maar eintlik saai sy maar nog steeds buikwinde (met "ha,
ha, ha, -" nogal!!).

(Jy's darem so bly elke keer as jy 'n dwaas soos Krokkie
kry waarop jy kan pik om jou - ongefundeerde - selfbeeld as
morele en intellektuele reus te herstel, nie waar nie
Gloudina?)

Re: Gloudina se winde [boodskap #26793 is 'n antwoord op boodskap #26471] Vr, 24 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek voel net moer sleg oor al die goeie grond wat gemors word op
"bestaansboere" en die hoeveelheid erosie.....

Derek Hanekom is 'n dinges, hy het die persoonlikheid van 'n rol
toiletpapier.

Francois

@sympatico.ca wrote in message
...
> Krokkie wrote:
>
>> Was die nie lekker om veilig
>> te wees nie. Geen diefwering , geen motorkapings, jou kinders wat veillig
>> buite rondloop nie, Boere wat kan boer : vakansie hou op skoon strande
>> sonder om 'n bol stront te trap, of om 'n wag aantestel wat jou besitting op
>> die strande moet oppas nie. Nee se maar wat julle wil, dit was lekker ou
>> dae.
>>
>
> ja, ou krokkie, in die dae toe vyf miljoen wittes gesit het op die grond vanoor
> die dertig miljoen nie-blankes. Toe het julle lekker geboer, en op die
> veilige strande geswem, in julle ou fools' paradisie. Maar ha, ha, ha, -
> uiteindelik het die betaaldag aangebreek. Jy maai nou die warrelwinde
> wat jy, of jou ouers, gesaai het. Geniet dit.
>
> Gloudina
>
Re: Gloudina se winde [boodskap #26845 is 'n antwoord op boodskap #26471] Ma, 27 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...

>
> En jy moet oppas, mense vertel vir jou wat jy wil hoor, somtyds. Vra die
> nie-blanke mense "wat die ou dae verkies" vir wie hulle gestem het, en vir
> wie hulle gaan stem, en dan sal jy die waarheid hoor (as hulle vir jou die
> waarheid gaan vertel.)

Wel, jy kan kyk na die verkiesingsuitslae van Holomisa, Mangope en Buthelezi
se partye. Ek het iewers gelees (Mail&Guardian?) dat hierdie ouens in die
verkiesing nogal sterk klem gelê het op hoeveel beter dit onder hul vorige
bedeling was.
Re: Gloudina se winde [boodskap #26846 is 'n antwoord op boodskap #26471] Ma, 27 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Desert Fox wrote:
>
>> Ek sou graag Gloudina, en ander, se kommentaar op die volgende wil hoor.
>> Op 'n stadium het ek 24 werknemers gehad.
>>
>> My swart werknemers het by verskeie geleenthede genoem dat hulle beter
>> af was tydens die sogenaamde Apartheidsjare
>>
>
> Ons hoor telkens hierdie "argument" by mense wat die "ou dae" goed wil
> praat. As iemand hierdie argument begin opper, dan kan mens maar sommer
> weet wat die res van sy "argumente" gaan wees.
>
> Kyk liewers om jou. Daar is nou baie meer swart mense in belangrike poste.

In belangrike poste, maar weet jy in hoe baie gevall dit net window dressing
is.. Se nie veel van die pos nie

Krokkie

> (Anders hoekom kla wittes so steen en been dat hulle nie meer werk kan kry
> nie.) 'n Nie-blanke kind kan nou grootword met die wete dat hy president
> van sy land kan word, of as Volksraadslid verkies kan word. Ek dink
> salarisse
> vir die deursnee man in die straat is beter.
>
> En jy moet oppas, mense vertel vir jou wat jy wil hoor, somtyds. Vra die
> nie-blanke mense "wat die ou dae verkies" vir wie hulle gestem het, en vir
> wie hulle gaan stem, en dan sal jy die waarheid hoor (as hulle vir jou die
> waarheid gaan vertel.)
>
> Gloudina
>
Re: Gloudina se winde [boodskap #26872 is 'n antwoord op boodskap #26471] Di, 28 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Desert Fox  is tans af-lyn  Desert Fox
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
skryf in boodskap news:37F0B3C8.697EE639@sympatico.ca...
Desert Fox wrote:

> Baie Kleurlinge se gevoel is dat hulle geensins beter af is nie. Eers
> was hulle te swart onder die ou bedeling en kon hulle nie poste beklee
> wat vir blankes bedoel was nie. Noë is hulle weer te wit......

En hierdie soort ding hoor ek ook gedurig, ad nauseam, uit witmensese
monde.
Wonder of daar enige waarheid in steek.

Daar steek beslis waarheid in. Kom terug na jou geboorteland en
luister/kyk die nuus op die nuwe SABC, wat nie meer deur die
Apartheidsvarke gereguleer word nie, en word 'n slag wys.
Re: Gloudina se winde [boodskap #26873 is 'n antwoord op boodskap #26471] Di, 28 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Desert Fox wrote:

> Daar steek beslis waarheid in. Kom terug na jou geboorteland en
> luister/kyk die nuus op die nuwe SABC, wat nie meer deur die
> Apartheidsvarke gereguleer word nie, en word 'n slag wys.

En jy weet nou vir my te vertel dat as ek na die nuwe SABC luister,ek 'n
hele klomp "Kleurlinge" sal sien wat sit en vertel hoeveel "beter
dit nou onder die ou apartheidsregime gegaan het. " Staaf dit deur
aanhalings. Gee my die name van daardie mense.

Gloudina
Re: Gloudina se winde [boodskap #26874 is 'n antwoord op boodskap #26471] Di, 28 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Desert Fox wrote:

> Baie Kleurlinge se gevoel is dat hulle geensins beter af is nie. Eers
> was hulle te swart onder die ou bedeling en kon hulle nie poste beklee
> wat vir blankes bedoel was nie. Noú is hulle weer te wit......

En hierdie soort ding hoor ek ook gedurig, ad nauseam, uit witmensese monde.
Wonder of daar enige waarheid in steek.

Gloudina
Re: Gloudina se winde [boodskap #26875 is 'n antwoord op boodskap #26471] Di, 28 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Desert Fox  is tans af-lyn  Desert Fox
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
skryf in boodskap news:37EE1545.6B337358@sympatico.ca...
> Ons hoor telkens hierdie "argument" by mense wat die "ou dae" goed wil
> praat. As iemand hierdie argument begin opper, dan kan mens maar sommer
> weet wat die res van sy "argumente" gaan wees.
>
Vir jou informasie, hierdie was nie 'n argument nie. Dit is 'n feit.
Daar is ook nie 'n res van "argumente" nie. Hierdie is die volledige
scenario.
Ek het ook nie die "ou dae" probeer goed praat nie. Ek het bloot
kommentaar gevra oor 'n algemene stelling wat tee gekom word.

> Kyk liewers om jou. Daar is nou baie meer swart mense in belangrike poste.
> (Anders hoekom kla wittes so steen en been dat hulle nie meer werk kan kry
> nie.) 'n Nie-blanke kind kan nou grootword met die wete dat hy president
> van sy land kan word, of as Volksraadslid verkies kan word. Ek dink
> salarisse vir die deursnee man in die straat is beter.
>
Ek hoef nie om my te kyk nie. Ek bly al my lewe lank in RSA, anders as
sommige van die wysneuse op die NG. Ek het ook geen begeerte om die land
te verlaat nie, swart of kleurling president of te nie.

> En jy moet oppas, mense vertel vir jou wat jy wil hoor, somtyds. Vra die
> nie-blanke mense "wat die ou dae verkies" vir wie hulle gestem het, en vir
> wie hulle gaan stem, en dan sal jy die waarheid hoor (as hulle vir jou die
> waarheid gaan vertel.)
>
Hierdie paragraaf is die enigste sinvolle deel van jou antwoord.
Baie Kleurlinge se gevoel is dat hulle geensins beter af is nie. Eers
was hulle te swart onder die ou bedeling en kon hulle nie poste beklee
wat vir blankes bedoel was nie. Noë is hulle weer te wit......
Re: Gloudina se winde [boodskap #26941 is 'n antwoord op boodskap #26471] Vr, 01 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

lou wrote:

> Interesantheids onthalwe - Kyk na die AA wette.

OK, Lou. Vertel vir my hoe die "AA Wette" gemaak het dat"Kleurlinge" dink dat
die apartheidsregime beter vir hulle was.
(Beter nou onthou dat omtrent 60 persent of meer van die
SA bevolking nog wit, nog "Kleurling" of "Indies" is. ) Dit
is vir my altyd merkwaardig om te sien hoeveel Afrikaans-
klinkende name daar nog altyd is in die polisie en die
weermag (aannemende dat sommige van daardie name
aan sg "Kleurlinge" behoort.)

Gloudina
Re: Gloudina se winde [boodskap #26942 is 'n antwoord op boodskap #26471] Vr, 01 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> Desert Fox wrote:
>
>> Daar steek beslis waarheid in. Kom terug na jou geboorteland en
>> luister/kyk die nuus op die nuwe SABC, wat nie meer deur die
>> Apartheidsvarke gereguleer word nie, en word 'n slag wys.
>
> En jy weet nou vir my te vertel dat as ek na die nuwe SABC luister,ek 'n
> hele klomp "Kleurlinge" sal sien wat sit en vertel hoeveel "beter
> dit nou onder die ou apartheidsregime gegaan het. " Staaf dit deur
> aanhalings. Gee my die name van daardie mense.
>

Nou hoe het ek dit met jou Gloudina? Jy maak allerhande aansprake wat jy
nie kan staaf nie - hoe wil jy nou vir ander vra om hulle stories te
staaf?

Interesantheids onthalwe - Kyk na die AA wette.
Re: Gloudina se winde [boodskap #26961 is 'n antwoord op boodskap #26471] Sa, 02 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Thys de Wet wrote:

> Gaan maak dan sommer 'n draai op die Kaapse Vlakte waarheen Distrik Ses
> se mense heen "verskuif" is, en gaan vra hulle of hulle beter daaraan toe
> is. Jy sal aangenaam verras wees.

Maar is hulle nie juis daarheen verskuif deur die vorige regime nie?Hoekom gee
jy vir hierdie regering skuld?

> Met die tornado wat so 'n paar weke gelede deur die Kaapse Vlakte en Langa
> verwoesting gesaai het, is daar eers na omtrent een week deur die sentrale
> regering besluit om dit 'n ramp te verklaar...

Mense blameer altyd die regerings. Jy moet gesien het hoe die mensehier die
provinsiale en federale regerings gekritiseer het oor die ysstorm
wat oostelike Ontario en westelike Quebec getref het. En onlangs met
hurricane Floyd.

Gloudina

>
Re: Gloudina se winde [boodskap #26962 is 'n antwoord op boodskap #26471] Sa, 02 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina,

Lyk heel gemaklik daar agter jou rekenaarskerm en slei=utelbord en die
sogenaamde "wit" name en bestudeer?
Soos vroeër in die "draad" gesê is: Kom SA toe en kyk self:

Gaan maak dan sommer 'n draai op die Kaapse Vlakte waarheen Distrik Ses
se mense heen "verskuif" is, en gaan vra hulle of hulle beter daaraan toe
is. Jy sal aangenaam verras wees.

Ek werk saam met 2 kollegas wat dan volgens die ou bedeling Kleurling is, en
hulle sal jou sê dat daar nie veel verbeter het in hulle woongebiede nie.

Wat wel waar is, dat die ANC in die afgelope verkiesing van Junie kliphard
gevry het na die kleurling stem, en seker daarvan getrek ook, maar nou is
daardie mense juis die wat aan die kortste ent trek.
Met die tornado wat so 'n paar weke gelede deur die Kaapse Vlakte en Langa
verwoesting gesaai het, is daar eers na omtrent een week deur die sentrale
regering besluit om dit 'n ramp te verklaar...
Die grootste stormskade is juis in kleurling mense se eiendom en woongebied
aangerig.

Issie kwaai nie, net realisties hoor!
wrote in message ...
> lou wrote:
>
>> Interesantheids onthalwe - Kyk na die AA wette.
>
> OK, Lou. Vertel vir my hoe die "AA Wette" gemaak het dat"Kleurlinge" dink dat
> die apartheidsregime beter vir hulle was.
> (Beter nou onthou dat omtrent 60 persent of meer van die
> SA bevolking nog wit, nog "Kleurling" of "Indies" is. ) Dit
> is vir my altyd merkwaardig om te sien hoeveel Afrikaans-
> klinkende name daar nog altyd is in die polisie en die
> weermag (aannemende dat sommige van daardie name
> aan sg "Kleurlinge" behoort.)
>
> Gloudina
>
Re: Gloudina se winde [boodskap #26970 is 'n antwoord op boodskap #26471] So, 03 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina,
Die hele gesprek gaan tog juis daarom dat die kleurlinge tans beweer dat
hulle tans nie veel beter daaraan toe is as onder die vorige regering nie.
Ek gee nie die regering die skuld daarvoor nie. Dit is die persepsie wat
die kleurlinge van die ANC regering het. Ek het dit bloot weergegee.

Distrik Ses: (my eie poging)
Tans die ooptes teen die hang
waar die kaapse vlakte mense
ten heemle skree
oor onregte van verlede
waar kerke teen die hang
stil getuig van mense
lang verlee geskuif
oor PW se hand-gewuif

Ja-nee, as dit droog is dit die regering se skuld, as dit te nat is die
regering ook die skuldige... Ok mar swaar om mens te wees...

Hier in Februarie-Maart 1986 was daar mos sulke vloede in die
Suid-Vrystaat.
Die omie en sy seun en hulle plaaswerkers is besig om die ergste water van
die skuur af weg te keer. Die wolke trek weg en die son steek so skerp
deur. Seg die omie::
"Hokaai daar boeta, los maar die waters. Hel. kyk hier kom die droogte al
weer aan..."

Groetnis

@sympatico.ca wrote in message >Maar is hulle nie juis
daarheen verskuif deur die vorige regime nie?Hoekom gee
> jy vir hierdie regering skuld?
>
Re: Gloudina se winde [boodskap #26985 is 'n antwoord op boodskap #26471] Ma, 04 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> lou wrote:
>
>> Interesantheids onthalwe - Kyk na die AA wette.
>
> OK, Lou. Vertel vir my hoe die "AA Wette" gemaak het dat"Kleurlinge" dink dat
> die apartheidsregime beter vir hulle was.
> (Beter nou onthou dat omtrent 60 persent of meer van die
> SA bevolking nog wit, nog "Kleurling" of "Indies" is. ) Dit
> is vir my altyd merkwaardig om te sien hoeveel Afrikaans-
> klinkende name daar nog altyd is in die polisie en die
> weermag (aannemende dat sommige van daardie name
> aan sg "Kleurlinge" behoort.)
>
> Gloudina

Net een klein feitjie - Dit is legal (eerder 'n vereiste) om eerder 'n
swart Afrikaan as 'n bruin of blank Suid Afrikaner in diens te neem.

Verstaan jy nou - Ek kan dus 'n Nigerier in diens neem en dit sal in
terme van AA punte meer tel vir my maatskappy as 'n gekleurde. Nou stel
ek voor dat jy na die wetgewing kyk voordat jy jou mond oopmaak.

Cheers
Lou
Re: Gloudina se winde [boodskap #27017 is 'n antwoord op boodskap #26471] Di, 05 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
My country , my country ....my country for a tin of Nugget polish !

Francois de Wet

lou wrote in message ...
> @sympatico.ca wrote:
>>
>> lou wrote:
>>
>>> Interesantheids onthalwe - Kyk na die AA wette.
>>
>> OK, Lou. Vertel vir my hoe die "AA Wette" gemaak het dat"Kleurlinge" dink dat
>> die apartheidsregime beter vir hulle was.
>> (Beter nou onthou dat omtrent 60 persent of meer van die
>> SA bevolking nog wit, nog "Kleurling" of "Indies" is. ) Dit
>> is vir my altyd merkwaardig om te sien hoeveel Afrikaans-
>> klinkende name daar nog altyd is in die polisie en die
>> weermag (aannemende dat sommige van daardie name
>> aan sg "Kleurlinge" behoort.)
>>
>> Gloudina
>
>
> Net een klein feitjie - Dit is legal (eerder 'n vereiste) om eerder 'n
> swart Afrikaan as 'n bruin of blank Suid Afrikaner in diens te neem.
>
> Verstaan jy nou - Ek kan dus 'n Nigerier in diens neem en dit sal in
> terme van AA punte meer tel vir my maatskappy as 'n gekleurde. Nou stel
> ek voor dat jy na die wetgewing kyk voordat jy jou mond oopmaak.
>
> Cheers
> Lou
Re: Gloudina se winde [boodskap #27073 is 'n antwoord op boodskap #26471] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Francois de Wet wrote:
>
> My country , my country ....my country for a tin of Nugget polish !
>
> Francois de Wet
>

Ê - En You Ga Ga E Tee!!!
Vorige onderwerp: Drie Jariges
Volgende onderwerp: Landsreis gehad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 14:01:32 MGT 2024