Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Drie Jariges
Drie Jariges [boodskap #27018] Di, 05 Oktober 1999 00:00
Desert Fox  is tans af-lyn  Desert Fox
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Die driejarige seuntjie het saam met sy pa na 'n splinternuwe
werpsel klein katjies gaan kyk. Toe hulle terugkom vertel hy
opgewonde vir sy ma: "Daar is twee seuntjiekatjies en twee
dogtertjiekatjies. "Hoe weet jy dit?" wil die ma weet. "Pappa
het hulle opgetel en op hul magies gekyk," antwoord die
seuntjie. "Ek dink dis op hul magies geskryf."

'n Ander driejarige het self sy skoene aangetrek. Sy ma sien
toe dat hy die linkervoet se skoen aan die regtervoet het en
andersom. "Seun," sê sy, "jou skoene is aan die verkeerde
voete.." Hy kyk na haar en lag kliphard:
"Ma maak seker 'n grappie," lag hy. "Ek weet dis my voete."
Vorige onderwerp: Re: Dr. Death se kollega in Kanada?
Volgende onderwerp: Gloudina se winde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:34:52 MGT 2024