Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waar's die polisie?
Waar's die polisie? [boodskap #26608] Di, 21 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bel vanaand (ongeveer 10 oor 6) die nommer 10111 (die blitspatrollie). 'n
Buurman (Weermaglid, of tot onlangs Weermaglid) is besig om 'n vuurwapen in
die straat af te vuur (kinders in die tuin, ens.)

Kom deur na 'n heel lawaaierige oop lyn (gelag en gesels in die agtergrond).

Sonder enige seremonie word ek verwys na 'n ander nommer - 'n selnommer.

Bel die selnommer - Nee, dis die afdeling vir seksuele misdrywe.

Die dametjie (vriendelik) verwys my na my plaaslike polisiestasie. Dit blyk
dat my plaaslike polisiestasie, waar ek verlede jaar dieselfde buurman op
dieselfde klagte aangemeld het, nie meer my plaaslike polisiestasie is nie.
Hulle sal die geval "op die rekenaar plaas", en iemand sal my kontak.

Dis nou 90 minute later......

Die probleem is nie beheer oor wettige of onwettige wapens nie. Die probleem
is beheer oor die polisie, lyk dit my.
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26687 is 'n antwoord op boodskap #26608] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Kwarantyn wrote:

> Elders praat Lou van die "dawerende stilte" - wel, hier is
> nou 'n dawerende stilte. Waar is die persone wat altyd
> gereed sit om op enigiemand te spring as hulle dit net sou
> durf waag om enige regeringsliggaam te kritiseer... of het
> ons dalk hier ook weer te doen met omgekeerde rassisme?
> Leendert is mos 'n "ou wit omie" en Afrikaans daarby. Sy
> probleem met mense (daarby nog 'n lid van die Weermang, as
> ek reg onthou) wat in die straat vuurwapens afvuur, tel
> seker nie. Dis dalk ook sommer hoekom sy klagte by die
> Blitspatrollie nie juis blitsige optrede uitlok nie.

Kwarantyn, al wat ek hoor in jou skrywe, is 'n diep
reaksionere toon. En 'n drang om oortuig te word dat
iets met die "nuwe SA" "verkeerd" is. Hoekom begin
jy nie ondersoek te doen oor wat oor die polisie in
Philadelphia gese word nie. Hoekom wil jy oortuig
word dat SA besig is om te gronde te gaan?

Gloudina
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26688 is 'n antwoord op boodskap #26608] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Glad nie so ongewoon nie. Daar is die wat nog probeer, maar hulle word nou
die minderheid.

Daar is altyd 'n polisieman wat voor in die koor toy-toy......

Francois

Leendert van Oostrum wrote in message ...
> Bel vanaand (ongeveer 10 oor 6) die nommer 10111 (die blitspatrollie). 'n
> Buurman (Weermaglid, of tot onlangs Weermaglid) is besig om 'n vuurwapen in
> die straat af te vuur (kinders in die tuin, ens.)
>
> Kom deur na 'n heel lawaaierige oop lyn (gelag en gesels in die agtergrond).
>
> Sonder enige seremonie word ek verwys na 'n ander nommer - 'n selnommer.
>
> Bel die selnommer - Nee, dis die afdeling vir seksuele misdrywe.
>
> Die dametjie (vriendelik) verwys my na my plaaslike polisiestasie. Dit blyk
> dat my plaaslike polisiestasie, waar ek verlede jaar dieselfde buurman op
> dieselfde klagte aangemeld het, nie meer my plaaslike polisiestasie is nie.
> Hulle sal die geval "op die rekenaar plaas", en iemand sal my kontak.
>
> Dis nou 90 minute later......
>
> Die probleem is nie beheer oor wettige of onwettige wapens nie. Die probleem
> is beheer oor die polisie, lyk dit my.
>
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26689 is 'n antwoord op boodskap #26608] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dis nou 24 uur en 90 minute nadat ek die blitspatrollie gebel het oor iemand
wat 'n vuurwapen in die straat vuur.

Geen reaksie.

Leendert van Oostrum wrote in message ...
> Bel vanaand (ongeveer 10 oor 6) die nommer 10111 (die blitspatrollie). 'n
> Buurman (Weermaglid, of tot onlangs Weermaglid) is besig om 'n vuurwapen in
> die straat af te vuur (kinders in die tuin, ens.)
>
> Kom deur na 'n heel lawaaierige oop lyn (gelag en gesels in die agtergrond).
>
> Sonder enige seremonie word ek verwys na 'n ander nommer - 'n selnommer.
>
> Bel die selnommer - Nee, dis die afdeling vir seksuele misdrywe.
>
> Die dametjie (vriendelik) verwys my na my plaaslike polisiestasie. Dit blyk
> dat my plaaslike polisiestasie, waar ek verlede jaar dieselfde buurman op
> dieselfde klagte aangemeld het, nie meer my plaaslike polisiestasie is nie.
> Hulle sal die geval "op die rekenaar plaas", en iemand sal my kontak.
>
> Dis nou 90 minute later......
>
> Die probleem is nie beheer oor wettige of onwettige wapens nie. Die probleem
> is beheer oor die polisie, lyk dit my.
>
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26690 is 'n antwoord op boodskap #26608] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie de Villiers  is tans af-lyn  Tobie de Villiers
Boodskappe: 50
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Snaaks hoe ons dieselfde voetspore volg as Namibië.
Lees maar die Windhoek Observer.
Nou ja, party van ons het dit geweet voordat voor FW de Griek vir 'n JA stem
gevra het.
Tobie

--
************************************************************ **
Birdpersons visit this site: http://www.parrotline.org/
************************************************************ **
My free flying parrots:
http://albums.photopoint.com/j/AlbumList?u=66404&Auth=fa lse
************************************************************ **
Leendert van Oostrum wrote in message ...
> Dis nou 24 uur en 90 minute nadat ek die blitspatrollie gebel het oor iemand
> wat 'n vuurwapen in die straat vuur.
>
> Geen reaksie.
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26691 is 'n antwoord op boodskap #26608] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 22 Sep 1999 19:28:40 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

|Dis nou 24 uur en 90 minute nadat ek die blitspatrollie gebel het oor iemand
|wat 'n vuurwapen in die straat vuur.
|
|Geen reaksie.
|
Wel, met 500 moorde per maand in Gauteng, so 16 per dag, moet die polisie hulle
hande volhê met die ondersoek daarvan. Hoeveel manure sou dit neem om 'n
gemiddelde moord te ondersoek?

En hoeveel aktief ondersoekende polisie manne is in Gauteng? Dit sal nogal
interesant wees om na hierdie statistieke te kyk.
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26692 is 'n antwoord op boodskap #26608] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hennie Louw  is tans af-lyn  Hennie Louw
Boodskappe: 31
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
'n Vriendin is bevelvoerder van 'n polisiestasie in 'n swart woonbuurt naby
Kaapstad. Sy vertel dat die vrou wat die 10111 nommer moet beman haar pos
eendag verlaat het, 'n taxi huistoe gevat het om volgens haar die kinders
te gaan kosgee.

Jy was gelukkig om deur te kom, in Kaapstad sou jy vir 2 ure nie antwoord
gekry het nie.

Hennie

Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:7s8fbs$ho8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Bel vanaand (ongeveer 10 oor 6) die nommer 10111 (die blitspatrollie). 'n
> Buurman (Weermaglid, of tot onlangs Weermaglid) is besig om 'n vuurwapen in
> die straat af te vuur (kinders in die tuin, ens.)
>
> Kom deur na 'n heel lawaaierige oop lyn (gelag en gesels in die agtergrond).
>
> Sonder enige seremonie word ek verwys na 'n ander nommer - 'n selnommer.
>
> Bel die selnommer - Nee, dis die afdeling vir seksuele misdrywe.
>
> Die dametjie (vriendelik) verwys my na my plaaslike polisiestasie. Dit blyk
> dat my plaaslike polisiestasie, waar ek verlede jaar dieselfde buurman op
> dieselfde klagte aangemeld het, nie meer my plaaslike polisiestasie is nie.
> Hulle sal die geval "op die rekenaar plaas", en iemand sal my kontak.
>
> Dis nou 90 minute later......
>
> Die probleem is nie beheer oor wettige of onwettige wapens nie. Die probleem
> is beheer oor die polisie, lyk dit my.
>
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26693 is 'n antwoord op boodskap #26608] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Henry wrote:

> Nouja toe nou. My klip in die bos het toe getref. Nee, Gloudina - nie 'n
> reaksionêre toon nie - dis nie wat jy moes hoor nie - wel ironie, of
> sarkasme.

Wel, Henry, mense wat jou skrywes lees, kan alleen reageer op jouskrywes. En die
sarkasme en smalendheid waarmee jy geskryf het,
wek reaksies op. Dit slaan my nog dronk, dat jy so "bitter" klink,
en ,lyk dit , so gryp na alles wat vir die huidige SA in 'n slegte lig
kan stel. As Leendert nou 'n oproep maak, ek twyfel of dit vir
die eerste keer is, om te kla oor iemand in die straat, dan lok die
reaksie van die polisie by jou hierdie totaal uit balans reaksie.
Dis daarom wat ek vir jou vra: hoekom lok dit juis by jou so
geweldige reaksie, terwyl jy self in 'n deel van die VSA woon
waar polisie se naam gewoonweg nie te aantreklik is nie. En
ek baseer my kennis op Amerikaanse TV programme van
kwaliteit, en uit eie ondervinding, want ek het vriende in
Philadelphia.

Gloudina

>
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26694 is 'n antwoord op boodskap #26608] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 22 Sep 1999 20:27:58 GMT, @sympatico.ca wrote:
|Philadelphia gese word nie. Hoekom wil jy oortuig
|word dat SA besig is om te gronde te gaan?
|
Hoekom het jy so allesoorheersende obsessie om enige een te keer om foute in SA
raak te sien?? Deur so obsesief daaroor te wees, bewys jy net dat iets drasties
fout moet wees, anders sal jy mos nie omgee dat iets wat nie bestaan nie,
bespreek word.
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26695 is 'n antwoord op boodskap #26608] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry  is tans af-lyn  Henry
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Nouja toe nou. My klip in die bos het toe getref. Nee, Gloudina - nie 'n
reaksionêre toon nie - dis nie wat jy moes hoor nie - wel ironie, of
sarkasme. Gedink jy, met jou letterkunde agtergrond, sou dit raaksien.
Jammer dat jy dus iets daar gesien het wat nooit daar was nie.

Hoekom dan sarkasme of ironie? Want sien, ek is moeg daarvan dat my bona
fides voortdurend bevraagteken word. Niks gee my groter plesier as om te
lees - soos in vanoggend se Internetweergawe van Die Beeld nie - dat die
inflasiekoers moontlik tot so laag soos 2% en dalk selfs laer kan daal nie.
Om al die ander positiewe berigte nie eens te noem nie. En min dinge grief
my meer as dat my land so geïgnoreer word in die media hier in die VSA
(minstens die media wat ek te siene kry).

Maar dit alles weeg nie op teen die intense irritasie wat ek beleef wanner
iemand soos jy of Ferdi, wat eensydig na kommentaar soos myne kyk en dan -
kom wat wil - daarin 'n "diep reaksionêre toon" lees, en 'n "drang om
oortuig te word dat iets met die 'nuwe SA' verkeerd is." Niks op die liewe
aarde is verder van die waarheid as dat ek "oortuig (wil) word SA besig is
om te gronde te gaan" nie. Inteendeel. Watter belang sou ek daarby hê dat SA
ten gronde gaan? My dogter woon daar, my ma, my broers en suster en hulle
gesinne, my skoonma, my swaers en hulle gesinne, my ooms en tantes wat nog
leef, en hulle kinders en hulle gesinne. Dierbare vriende woon daar. Waarom
sou ek wou hê dat SA ten gronde gaan? En voor iemand dalk antwoord - want
dit is my ook al toegeslinger - dat dit my besluit om hierheen te kom -
iemand het selfs eenkeer gesê "vlug" - wat 'n sotlike gedagte! - sou
regverdig, laat ek dadelik antwoord met die stelling dat as ek kon, ek môre
permanent sou teruggaan. En beslis nie om die brokstukke te gaan help opvee
nie.

Hoekom is ek dan hier? Ons woon baie gelukkig hier, en ek het uit vrye wil
gekom. Maar die redes
was persoonlik van aard, en ek gaan dit nie hier bespreek nie. Met vlug of
ontevredenheid het dit egter niks te doen gehad nie.

Kyk nou hoe het jy my uitgelok tot 'n byna-tirade - iets wat ek altyd in
ander veroordeel. Hierdie voortdurende bevraagteken van 'n mens se bona
fides grief my egter baie diep. Dalk moet ek ook maar soos ander van wie ek
weet, iets meer konstruktiefs kry om my mee besig te hou as om hier in
woordewisselings betrokke te raak. En dit net toe ek gedink het ons is besig
om gemeenskaplike grond te vind om oor te kan gesels.

Groete vir laas
Henry

skryf in boodskap news:37E93C40.5586D227@sympatico.ca...
> Kwarantyn, al wat ek hoor in jou skrywe, is 'n diep
> reaksionere toon. En 'n drang om oortuig te word dat
> iets met die "nuwe SA" "verkeerd" is. Hoekom begin
> jy nie ondersoek te doen oor wat oor die polisie in
> Philadelphia gese word nie. Hoekom wil jy oortuig
> word dat SA besig is om te gronde te gaan?
>
> Gloudina
>
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26696 is 'n antwoord op boodskap #26608] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Elders praat Lou van die "dawerende stilte" - wel, hier is
nou 'n dawerende stilte. Waar is die persone wat altyd
gereed sit om op enigiemand te spring as hulle dit net sou
durf waag om enige regeringsliggaam te kritiseer... of het
ons dalk hier ook weer te doen met omgekeerde rassisme?
Leendert is mos 'n "ou wit omie" en Afrikaans daarby. Sy
probleem met mense (daarby nog 'n lid van die Weermang, as
ek reg onthou) wat in die straat vuurwapens afvuur, tel
seker nie. Dis dalk ook sommer hoekom sy klagte by die
Blitspatrollie nie juis blitsige optrede uitlok nie. Of is
dit ook maar alles net persepsies, of dalk selfs
doelbewuste verkeerde inligting wat die wêreld ingestuur
word? Hier is nou 'n werklike klagte oor 'n werklike
insident wat aan die hoeksteen van enige samelewing raak:
die handhawing van wet en orde, en 'n verantwoordelike
burger wat - let wel! - IN die land bly, en dit lok feitlik
gaan reaksie uit nie. Maar as 'n landsburger wat BUITE die
land woon, dit durf waag om 'n vraag te stel om inligting
te bekom oor verkeersligte, dan spring Ferdi vanuit
duiselingwekkende hoogtes soos 'n ton bakstene op hom af.

Wat, soos die kinders in Graad Een se juffrou sou vra, is
die lessie wat ons hieruit kan leer? ("Did somebody say....
double standards?")

Dubbele stille groete

Henry

Re: Waar's die polisie? [boodskap #26758 is 'n antwoord op boodskap #26608] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 22 Sep 1999 22:28:54 GMT, @sympatico.ca wrote:
| En die
|sarkasme en smalendheid waarmee jy geskryf het,
|wek reaksies op.

Jy het die cheek om iemand anders daarvan te beskuldig?!?!

|Dit slaan my nog dronk, dat jy so "bitter" klink,
|en ,lyk dit , so gryp na alles wat vir die huidige SA in 'n slegte lig
|kan stel.

Jy is oor alles verbaas en alles is vir jou snaaks - jou redenasies is
soos die van 'n baie klein kind en jy roem daarop dat jy Afrikaans aan
'n universiteit studeer het?!?!?!!?

In jou ore klink almal se plasings geweldig skeef - die FOUT lê by
JOU! Jy het alle sin vir perspektief verloor.

| As Leendert nou 'n oproep maak, ek twyfel of dit vir
|die eerste keer is, om te kla oor iemand in die straat, dan lok die
|reaksie van die polisie by jou hierdie totaal uit balans reaksie.

Dis net vir JOU uit balans uit - besef jy nie hoe geweldig skeef jou
persepsies is nie?

|Dis daarom wat ek vir jou vra: hoekom lok dit juis by jou so
|geweldige reaksie,

...dit was net in JOU persepsie geweldig, niemand anders s'n nie..

|terwyl jy self in 'n deel van die VSA woon
|waar polisie se naam gewoonweg nie te aantreklik is nie.

Hoe sal jy weet?!?! Jy pontifikeer gedurig dat mense nie mag opinies
uitspreek oor plekke waar hulle nie bly nie - dan moet jy nou maar
stilbly!

|En
|ek baseer my kennis op Amerikaanse TV programme van
|kwaliteit,

...wat jy so beoordeel het op 'n uiters swak waardestelsel. Jerry
Springer is nie al waaruit Amerikaanse TV betsaan nie.

| en uit eie ondervinding, want ek het vriende in
|Philadelphia.
|
Is hulle netso skeef soos jy?
...so met my tong in die kies - dan kan die ou suurpruime nie so baie moan nie!

=|:^)

Johan
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26759 is 'n antwoord op boodskap #26608] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Baie van hulle is net aktief as hulle kan toyi -toyi....

Francois

Johan wrote in message ...
>
> En hoeveel aktief ondersoekende polisie manne is in Gauteng?
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26760 is 'n antwoord op boodskap #26608] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...



Hierdie Amerikaanse TV-programme "van kwaliteit", Gloudina, is dit
dieselfdes wat verantwoordelik is vir jou hopeloos waningeligte toestand
waar dit SA aangaan?
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26761 is 'n antwoord op boodskap #26608] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> |En
> |ek baseer my kennis op Amerikaanse TV programme van
> |kwaliteit,
>
> ...wat jy so beoordeel het op 'n uiters swak waardestelsel. Jerry
> Springer is nie al waaruit Amerikaanse TV betsaan nie.

Vir jou inligting, ek kyk nie na Jerry Springer nie. Sies.Maar wat van 20/20 en
Sixty Minutes ens. ens.

> | en uit eie ondervinding, want ek het vriende in
> |Philadelphia.
> |
> Is hulle netso skeef soos jy?
> ..

O so, en nou is my vriende, lewenslange Amerikaners, nie meeroutoriteite oor hulle
eie stad nie, terwyl jy - net 'n paar jaar
hier - gedurig sit en pontifikeer. En ek maak beswaar as jy
en Kwarantyn en sulke snare van SA verwag dat alles so
perfek moet gaan, terwyl dit hier in Noord Amerika ook maar
beroerd gaan.

Gloudina
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26762 is 'n antwoord op boodskap #26608] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan,

Ag ja well no fine, sy is die moer in omdat dit een van die dae weer koud
gaan wees in Kanada.

Johan wrote in message ...
> On Wed, 22 Sep 1999 20:27:58 GMT, @sympatico.ca wrote:
> |Philadelphia gese word nie. Hoekom wil jy oortuig
> |word dat SA besig is om te gronde te gaan?
> |
> Hoekom het jy so allesoorheersende obsessie om enige een te keer om foute in SA
> raak te sien?? Deur so obsesief daaroor te wees, bewys jy net dat iets drasties
> fout moet wees, anders sal jy mos nie omgee dat iets wat nie bestaan nie,
> bespreek word.
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26763 is 'n antwoord op boodskap #26608] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hulle sit net die blou lig aan as hulle gaan roomys koop..

Francois

Leendert van Oostrum wrote in message ...
> Dis nou 24 uur en 90 minute nadat ek die blitspatrollie gebel het oor iemand
> wat 'n vuurwapen in die straat vuur.
>
> Geen reaksie.
>
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26764 is 'n antwoord op boodskap #26608] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonny  is tans af-lyn  Jonny
Boodskappe: 3
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Wat van ons ?

Francois de Wet skryf in boodskap news:7sa21q$l2j$2@news.is.co.za...
> Glad nie so ongewoon nie. Daar is die wat nog probeer, maar hulle word nou
> die minderheid.
>
> Daar is altyd 'n polisieman wat voor in die koor toy-toy......
>
> Francois
>
> Leendert van Oostrum wrote in message ...
>> Bel vanaand (ongeveer 10 oor 6) die nommer 10111 (die blitspatrollie). 'n
>> Buurman (Weermaglid, of tot onlangs Weermaglid) is besig om 'n vuurwapen in
>> die straat af te vuur (kinders in die tuin, ens.)
>>
>> Kom deur na 'n heel lawaaierige oop lyn (gelag en gesels in die
> agtergrond).
>>
>> Sonder enige seremonie word ek verwys na 'n ander nommer - 'n selnommer.
>>
>> Bel die selnommer - Nee, dis die afdeling vir seksuele misdrywe.
>>
>> Die dametjie (vriendelik) verwys my na my plaaslike polisiestasie. Dit blyk
>> dat my plaaslike polisiestasie, waar ek verlede jaar dieselfde buurman op
>> dieselfde klagte aangemeld het, nie meer my plaaslike polisiestasie is nie.
>> Hulle sal die geval "op die rekenaar plaas", en iemand sal my kontak.
>>
>> Dis nou 90 minute later......
>>
>> Die probleem is nie beheer oor wettige of onwettige wapens nie. Die
> probleem
>> is beheer oor die polisie, lyk dit my.
>>
>
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26765 is 'n antwoord op boodskap #26608] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Henry wrote in message ...

in vanoggend se Internetweergawe van Die Beeld nie - dat die
> inflasiekoers moontlik tot so laag soos 2% en dalk selfs laer kan daal nie.
> Om al die ander positiewe berigte nie eens te noem nie. En min dinge grief
> my meer as dat my land so geïgnoreer word in die media hier in die VSA
> (minstens die media wat ek te siene kry).
>

Ek is maar skepties oor die 2% besigheid. Het jy al ooit van die term gehoor
" punishing the numbers untill they confess", ek dink dit is wat nodig is
hier. Ek dink daai 2% is gekook.

Gisteraand was dit dieselfde op die besigheids nuus en in dieselfde asem se
die ou dat ons 'n petrol prys van oor die R 3 per liter kan verwag teen 1ste
kwartaal 2000......

Klink na 'n gekook van die petrol prys ook.

Francois
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26766 is 'n antwoord op boodskap #26608] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf onder andere:
> Wel, Henry, mense wat jou skrywes lees, kan alleen
reageer op jouskrywes. En die sarkasme en smalendheid
waarmee jy geskryf het....
Smalendheid? Wat jy waar kry? Ironie is nie gelyk aan
smalendheid, neerhalendheid, neerbuigendheid nie.

> Dit slaan my nog dronk, dat jy...,lyk dit, so gryp na
alles wat vir die huidige SA in 'n slegte lig kan stel.
Nee wat, liewe Gloudina, as ek regtig gedoen het waarvan jy
my hier beskuldig, sou ek genoeg materiaal daarvoor kon kry
deur bloot na die Internetkoerante te kyk en hulle hier aan
te haal. Kyk bietjie na opskrifte soos die volgende - net
uit vanoggend se Internetweegawe van Beeld: "Regsraad
bankrot; trek die gordel in"; "Toyota (SA) ly 'n groot
verlies van R46,3 miljoen"; "'Leerkragte kan sosialisme
oordra'"; "Amptenare ry nog na troues in ampsmotors van
M'langa"; "Volgens die WEF is Suid-Afrika die land met die
swakste openbare veiligheid, - uit 'n artikel met die
opskrif: 'Misdaadsituasie in SA voorbladnuus in Amerika'";
"Bedrog kos banke R4 miljard per jaar"; "Geen swart soldaat
van 1 SAI op 2 wit kollegas se begrafnis"; "'Ryk stedelinge
betaal minder vir water as diegene in landelike dele'"...
moet ek regtig voortgaan? Die punt is dat daar oorgenoeg
berigte in SA se EIE media is om enige denkebde mens
moedeloos te maak oor die toekoms. As ek regtig skuldig was
aan dit waarvan jy my beskuldig, sou ek tot vervelens toe
hieroor geskryf het. In teenstelling daarmee het ek egter
by meer as een geleentheid my gevoel van hoop en optimisme
vir SA uitgespreek, en inligting gevra waar ek negatiewe
stories nie geglo het nie. SA is en bly my land, ek is lief
vir hom en sy mense, en ek wil eendag weer teruggaan
soontoe. Dit het ek ook al baie gesê.

> As Leendert nou 'n oproep maak, ek twyfel of dit vir die
eerste keer is,...
Jy hoef nie te twyfel nie. Hy stel dit self dat hy al
meermale daaroor gekla het. Maar dalk lees jy sy plasings
netso selektief soos myne.

> .... om te kla oor iemand in die straat, dan lok die
reaksie van die polisie by jou hierdie totaal uit balans
reaksie.
Sien wat ek bedoel met selektief lees? My plasing het NIE
gegaan oor die reaksie van die polisie nie. Daarna het ek
slegs in die verbygaan verwys. My plasing was oor die
dawerende stilte van diegene (soos jy en Ferdi) wat
gewoonlik nie kan wag om mense wat enigiets in en van SA te
kritiseer, aan te val nie. Dis raar dat niemand vir
Leendert aanvat oor hy dit gewaag het om die polisie te
kritiseer nie. Vergelyk dit egter met die reaksie op my
VRAAG - nie KRITIEK nie - oor die veerkeersligte in
Johannesburg. Ek het dit NIE gehad oor die polisie se
reaksie nie - behalwe een sydelingse verwysing daarna.

> Dis daarom wat ek vir jou vra: hoekom lok dit juis by jou
so geweldige reaksie, terwyl jy self in 'n deel van die VSA
woon waar polisie se naam gewoonweg nie te aantreklik is
nie. En ek baseer my kennis op Amerikaanse TV programme van
kwaliteit, en uit eie ondervinding, want ek het vriende in
Philadelphia.
Hoekom op die aarde moet ek oor die polisie hier of elders
skrfy? Dis dan glad nie eers waaroor ek in die eerste plek
geksryf het nie. Trouens, my eie ervaring van die polisie
in Pretoria tydens minstens twee groot inbrake by my huis
was hoogs positief. Daar was byvoorbeeld die geleentheid
toe ons 'n naweek weg was en daar by ons huis ingebreek is
terwyl ons weg was. Die bure het in die nag die polisie
gebel, wat binne minute daar was en na die ondersoek 'n
(swart) polisieman daar laat agterbly het om die plek op te
pas tot ons teruggekom het. Ons het hom daar gekry die
volgende oggend. Moeg, honger en koud. Maar op sy pos en
gewapen. Van die polisie in Philadelphia weet ek niks; ek
woon nie daar nie. Uit eie ondervinding weet ek egter dat
selfs die "kwaliteit" TV programme wat onder ander jou bron
van inligting is, selde of ooit sonder vooroordeel is. In
ieder geval kyk ek maar min TV. Die ander vraag wat jy
oproep is natuurlik wat "kwaliteit" beteken... en dan moet
ek dadelik byvoeg dat een van die redes waaromek so min TV
kyk in 'n land waar ek in my eie huis uit meer as 60
kabelTV kanale kan kies, juis die feit is dat, behalwe vir
Knowledge TV, The Learning Channel en Discvovery, daar
feiltik niks is wat my intellektueel uitdaag of stimuleer
nie.

Henry

Re: Waar's die polisie? [boodskap #26767 is 'n antwoord op boodskap #26608] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
48 uur en 90 minute.

Ek dink ek moet my vrou se 9mm pistool en een van my ou .303's gaan olie. En
die .22 vir die dogters.

Dan kan ons darem terugskiet volgende keer.

Leendert van Oostrum wrote in message ...
> Dis nou 24 uur en 90 minute nadat ek die blitspatrollie gebel het oor iemand
> wat 'n vuurwapen in die straat vuur.
>
> Geen reaksie.
>
> Leendert van Oostrum wrote in message ...
>> Bel vanaand (ongeveer 10 oor 6) die nommer 10111 (die blitspatrollie). 'n
>> Buurman (Weermaglid, of tot onlangs Weermaglid) is besig om 'n vuurwapen in
>> die straat af te vuur (kinders in die tuin, ens.)
>>
>> Kom deur na 'n heel lawaaierige oop lyn (gelag en gesels in die
> agtergrond).
>>
>> Sonder enige seremonie word ek verwys na 'n ander nommer - 'n selnommer.
>>
>> Bel die selnommer - Nee, dis die afdeling vir seksuele misdrywe.
>>
>> Die dametjie (vriendelik) verwys my na my plaaslike polisiestasie. Dit blyk
>> dat my plaaslike polisiestasie, waar ek verlede jaar dieselfde buurman op
>> dieselfde klagte aangemeld het, nie meer my plaaslike polisiestasie is nie.
>> Hulle sal die geval "op die rekenaar plaas", en iemand sal my kontak.
>>
>> Dis nou 90 minute later......
>>
>> Die probleem is nie beheer oor wettige of onwettige wapens nie. Die
> probleem
>> is beheer oor die polisie, lyk dit my.
>>
>
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26768 is 'n antwoord op boodskap #26608] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

As dinge so goed is in SA hoekom kom jy nie terug soos al die uitgewekenis
nie, wie weet dalk kry jy 'n lekker joppie op die gravey-train......

Ek dink nie jy sal 'n voet versit uit Kanada nie.

PS. As jy burgerskap van 'n ander land aanvaar deur immigrasie verbeur jy
jou SA burgerskap.

@sympatico.ca wrote in message
...
> Kwarantyn wrote:
>
>> Elders praat Lou van die "dawerende stilte" - wel, hier is
>> nou 'n dawerende stilte. Waar is die persone wat altyd
>> gereed sit om op enigiemand te spring as hulle dit net sou
>> durf waag om enige regeringsliggaam te kritiseer... of het
>> ons dalk hier ook weer te doen met omgekeerde rassisme?
>> Leendert is mos 'n "ou wit omie" en Afrikaans daarby. Sy
>> probleem met mense (daarby nog 'n lid van die Weermang, as
>> ek reg onthou) wat in die straat vuurwapens afvuur, tel
>> seker nie. Dis dalk ook sommer hoekom sy klagte by die
>> Blitspatrollie nie juis blitsige optrede uitlok nie.
>
> Kwarantyn, al wat ek hoor in jou skrywe, is 'n diep
> reaksionere toon. En 'n drang om oortuig te word dat
> iets met die "nuwe SA" "verkeerd" is. Hoekom begin
> jy nie ondersoek te doen oor wat oor die polisie in
> Philadelphia gese word nie. Hoekom wil jy oortuig
> word dat SA besig is om te gronde te gaan?
>
> Gloudina
>
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26769 is 'n antwoord op boodskap #26608] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wie is ons ?

Francois

Jonny wrote in message ...
> Wat van ons ?
>
> Francois de Wet wrote in message
> news:7sa21q$l2j$2@news.is.co.za...
>> Glad nie so ongewoon nie. Daar is die wat nog probeer, maar hulle word nou
>> die minderheid.
>>
>> Daar is altyd 'n polisieman wat voor in die koor toy-toy......
>>
>> Francois
>>
>> Leendert van Oostrum wrote in message
...
>>> Bel vanaand (ongeveer 10 oor 6) die nommer 10111 (die blitspatrollie). 'n
>>> Buurman (Weermaglid, of tot onlangs Weermaglid) is besig om 'n vuurwapen
> in
>>> die straat af te vuur (kinders in die tuin, ens.)
>>>
>>> Kom deur na 'n heel lawaaierige oop lyn (gelag en gesels in die
>> agtergrond).
>>>
>>> Sonder enige seremonie word ek verwys na 'n ander nommer - 'n selnommer.
>>>
>>> Bel die selnommer - Nee, dis die afdeling vir seksuele misdrywe.
>>>
>>> Die dametjie (vriendelik) verwys my na my plaaslike polisiestasie. Dit
> blyk
>>> dat my plaaslike polisiestasie, waar ek verlede jaar dieselfde buurman op
>>> dieselfde klagte aangemeld het, nie meer my plaaslike polisiestasie is
> nie.
>>> Hulle sal die geval "op die rekenaar plaas", en iemand sal my kontak.
>>>
>>> Dis nou 90 minute later......
>>>
>>> Die probleem is nie beheer oor wettige of onwettige wapens nie. Die
>> probleem
>>> is beheer oor die polisie, lyk dit my.
>>>
>>
>
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26770 is 'n antwoord op boodskap #26608] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Lyk my Ferdi hou lang naweek !

Shhhhh....Kalmte voor die storm.

Kwarantyn wrote in message ...
> Gloudina skryf onder andere:
>> Wel, Henry, mense wat jou skrywes lees, kan alleen
> reageer op jouskrywes. En die sarkasme en smalendheid
> waarmee jy geskryf het....
> Smalendheid? Wat jy waar kry? Ironie is nie gelyk aan
> smalendheid, neerhalendheid, neerbuigendheid nie.
>
>> Dit slaan my nog dronk, dat jy...,lyk dit, so gryp na
> alles wat vir die huidige SA in 'n slegte lig kan stel.
> Nee wat, liewe Gloudina, as ek regtig gedoen het waarvan jy
> my hier beskuldig, sou ek genoeg materiaal daarvoor kon kry
> deur bloot na die Internetkoerante te kyk en hulle hier aan
> te haal. Kyk bietjie na opskrifte soos die volgende - net
> uit vanoggend se Internetweegawe van Beeld: "Regsraad
> bankrot; trek die gordel in"; "Toyota (SA) ly 'n groot
> verlies van R46,3 miljoen"; "'Leerkragte kan sosialisme
> oordra'"; "Amptenare ry nog na troues in ampsmotors van
> M'langa"; "Volgens die WEF is Suid-Afrika die land met die
> swakste openbare veiligheid, - uit 'n artikel met die
> opskrif: 'Misdaadsituasie in SA voorbladnuus in Amerika'";
> "Bedrog kos banke R4 miljard per jaar"; "Geen swart soldaat
> van 1 SAI op 2 wit kollegas se begrafnis"; "'Ryk stedelinge
> betaal minder vir water as diegene in landelike dele'"...
> moet ek regtig voortgaan? Die punt is dat daar oorgenoeg
> berigte in SA se EIE media is om enige denkebde mens
> moedeloos te maak oor die toekoms. As ek regtig skuldig was
> aan dit waarvan jy my beskuldig, sou ek tot vervelens toe
> hieroor geskryf het. In teenstelling daarmee het ek egter
> by meer as een geleentheid my gevoel van hoop en optimisme
> vir SA uitgespreek, en inligting gevra waar ek negatiewe
> stories nie geglo het nie. SA is en bly my land, ek is lief
> vir hom en sy mense, en ek wil eendag weer teruggaan
> soontoe. Dit het ek ook al baie gesê.
>
>> As Leendert nou 'n oproep maak, ek twyfel of dit vir die
> eerste keer is,...
> Jy hoef nie te twyfel nie. Hy stel dit self dat hy al
> meermale daaroor gekla het. Maar dalk lees jy sy plasings
> netso selektief soos myne.
>
>> .... om te kla oor iemand in die straat, dan lok die
> reaksie van die polisie by jou hierdie totaal uit balans
> reaksie.
> Sien wat ek bedoel met selektief lees? My plasing het NIE
> gegaan oor die reaksie van die polisie nie. Daarna het ek
> slegs in die verbygaan verwys. My plasing was oor die
> dawerende stilte van diegene (soos jy en Ferdi) wat
> gewoonlik nie kan wag om mense wat enigiets in en van SA te
> kritiseer, aan te val nie. Dis raar dat niemand vir
> Leendert aanvat oor hy dit gewaag het om die polisie te
> kritiseer nie. Vergelyk dit egter met die reaksie op my
> VRAAG - nie KRITIEK nie - oor die veerkeersligte in
> Johannesburg. Ek het dit NIE gehad oor die polisie se
> reaksie nie - behalwe een sydelingse verwysing daarna.
>
>> Dis daarom wat ek vir jou vra: hoekom lok dit juis by jou
> so geweldige reaksie, terwyl jy self in 'n deel van die VSA
> woon waar polisie se naam gewoonweg nie te aantreklik is
> nie. En ek baseer my kennis op Amerikaanse TV programme van
> kwaliteit, en uit eie ondervinding, want ek het vriende in
> Philadelphia.
> Hoekom op die aarde moet ek oor die polisie hier of elders
> skrfy? Dis dan glad nie eers waaroor ek in die eerste plek
> geksryf het nie. Trouens, my eie ervaring van die polisie
> in Pretoria tydens minstens twee groot inbrake by my huis
> was hoogs positief. Daar was byvoorbeeld die geleentheid
> toe ons 'n naweek weg was en daar by ons huis ingebreek is
> terwyl ons weg was. Die bure het in die nag die polisie
> gebel, wat binne minute daar was en na die ondersoek 'n
> (swart) polisieman daar laat agterbly het om die plek op te
> pas tot ons teruggekom het. Ons het hom daar gekry die
> volgende oggend. Moeg, honger en koud. Maar op sy pos en
> gewapen. Van die polisie in Philadelphia weet ek niks; ek
> woon nie daar nie. Uit eie ondervinding weet ek egter dat
> selfs die "kwaliteit" TV programme wat onder ander jou bron
> van inligting is, selde of ooit sonder vooroordeel is. In
> ieder geval kyk ek maar min TV. Die ander vraag wat jy
> oproep is natuurlik wat "kwaliteit" beteken... en dan moet
> ek dadelik byvoeg dat een van die redes waaromek so min TV
> kyk in 'n land waar ek in my eie huis uit meer as 60
> kabelTV kanale kan kies, juis die feit is dat, behalwe vir
> Knowledge TV, The Learning Channel en Discvovery, daar
> feiltik niks is wat my intellektueel uitdaag of stimuleer
> nie.
>
> Henry
>
>
> * Sent from RemarQ http://www.remarq.com The Internet's Discussion Network
*
> The fastest and easiest way to search and participate in Usenet - Free!
>
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26771 is 'n antwoord op boodskap #26608] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry  is tans af-lyn  Henry
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Oooo.... jy bedoel hulle KOOP die roomys....

Francois de Wet skryf in boodskap news:7sd0kf$91q$1@news.is.co.za...
> Hulle sit net die blou lig aan as hulle gaan roomys koop..
>
> Francois
>
> Leendert van Oostrum wrote in message ...
>> Dis nou 24 uur en 90 minute nadat ek die blitspatrollie gebel het oor
> iemand
>> wat 'n vuurwapen in die straat vuur.
>>
>> Geen reaksie.
>>
>
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26772 is 'n antwoord op boodskap #26608] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Johan wrote:
>
>
> O so, en nou is my vriende, lewenslange Amerikaners, nie meeroutoriteite oor hulle
> eie stad nie,

--Op daardie grond is jy dus ook nie meer 'n outoriteit oor SA nie......

terwyl dit hier in Noord Amerika ook maar
> beroerd gaan.

--Mens kan nie alles glo wat jy in die Beeld lees nie........

>
> Gloudina aniduolG
>
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26810 is 'n antwoord op boodskap #26608] Vr, 24 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Het hierdie een op Radio 5 gehoor - Klomp gwarre in 'n bussie is oppad na
die Oppiekoppie Festival, die polisie stop hulle by 'n roetine padblokade
(of nie).

Polisie man steek sy kop by die venster in en sê - Eh, where are djou
going?
Gerookte Hippie Gwarre - Na Oppiekoppie , sersant.

Sersant - Eh, do you have any drug's in this van ?

Gwarre - No way !

Sersant - Eh , well would you like to buy some ?

The times they are a changing.....

Francois

Henry wrote in message ...
> Oooo.... jy bedoel hulle KOOP die roomys....
>
> Francois de Wet wrote in message
> news:7sd0kf$91q$1@news.is.co.za...
>> Hulle sit net die blou lig aan as hulle gaan roomys koop..
>>
>> Francois
>>
>> Leendert van Oostrum wrote in message
...
>>> Dis nou 24 uur en 90 minute nadat ek die blitspatrollie gebel het oor
>> iemand
>>> wat 'n vuurwapen in die straat vuur.
>>>
>>> Geen reaksie.
>>>
>>
>
Re: Waar's die polisie? [boodskap #26811 is 'n antwoord op boodskap #26608] Vr, 24 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
subie  is tans af-lyn  subie
Boodskappe: 56
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Gelukkig is dit vir my goed om in my hart te weet ek het reg daardie tyd
gestem, NEE!!!! Die ouens wat so ja gestem het (die geleerde hahaha en meer
gegoede) kry vir julle die beste kom nog.
subie

Tobie skryf in boodskap news:7sbflk$phq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Snaaks hoe ons dieselfde voetspore volg as Namibië.
> Lees maar die Windhoek Observer.
> Nou ja, party van ons het dit geweet voordat voor FW de Griek vir 'n JA stem
> gevra het.
> Tobie
>
> --
> ************************************************************ **
> Birdpersons visit this site: http://www.parrotline.org/
> ************************************************************ **
> My free flying parrots:
> http://albums.photopoint.com/j/AlbumList?u=66404&Auth=fa lse
> ************************************************************ **
> Leendert van Oostrum wrote in message ...
>> Dis nou 24 uur en 90 minute nadat ek die blitspatrollie gebel het oor
> iemand
>> wat 'n vuurwapen in die straat vuur.
>>
>> Geen reaksie.
>
Vorige onderwerp: Apartheid in Australië
Volgende onderwerp: Re: Hoekom is Gloudina altyd so bitter?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 13:24:14 MGT 2024