Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Hoekom is Gloudina altyd so bitter?
Re: Hoekom is Gloudina altyd so bitter? [boodskap #26799] Vr, 24 September 1999 00:00
Danie  is tans af-lyn  Danie
Boodskappe: 83
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Nog 'n sarkastiese antwoord?????

skryf in boodskap news:37EBD44A.3A681C35@sympatico.ca...
> Byter wrote:
>
>> Sonder om dan enigsins aanstoot te gee aan Gloudina, of in 'n
>> geveg met haar betrokke te raak, wil ek graag van Gloudina weet waar haar
>> bitterheid teenoor alles en almal in hierdie ng vandaan kom. Jy kan my gerus
>> reg help Gloudina, maar ek het nog nooit gesien dat jy enige iets goed oor enige
>> onderwerp of teenoor enige iemand kwyt geraak het nie. Haat jy dan Afrikaans en
>> Afrikaners?
>>
>
> Byter, lees weer wat jy hierbo geskryf het. Stem jy saam met jouself :datek bitter
> is oor almal op hierdie nuusgroep? Dat ek nog nooit iets goeds
> oor enige onderwerp kwytgeraak het nie? Stem jy met jouself saam?
>
> Gloudina
>
Re: Hoekom is Gloudina altyd so bitter? [boodskap #26800 is 'n antwoord op boodskap #26799] Vr, 24 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Desert Fox wrote:

> Dit is hoekom hier so baie mense al weggeloop en/of bedank het. Lees
> maar gerus Strandjakkels en Royleen, om maar net twee te noem, se
> "bedankingsbriewe". Ander sit maar op die kantlyn en lees net
> kopskuddend die manewales.

As jy teruggaan in die argiewe, sal jy sien dat Royleen nie hier wegis oor
wat ek gesê het nie. Al wat ek gedoen het, was om vir haar
te vra om Afrikaans te praat, toe dit duidelik geword het dat sy
'n Afrikaner was wat nog skaars vyf jaar uit die land uit is. Dit was
belaglik dat sy 'n hele nuusgroep na Engels laat oorslaan het, net
omdat sy gekla het dat haar Afrikaans "verroes" is (na vyf jaar!.)

Wat die gesondheid van hierdie nuusgroep aanbetref: op die
oomblik dui my Netscape telling aan dat die Afrikaanse nuusgroep
omtrent 600 items het terwyl die Engels-SA nuusgroep maar
omtrent 400 het. Nie sleg vir 'n nuusgroep waar mense "weggejaag"
word nie.

Gloudina

>
Re: Hoekom is Gloudina altyd so bitter? [boodskap #26801 is 'n antwoord op boodskap #26799] Vr, 24 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Desert Fox  is tans af-lyn  Desert Fox
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Aan: Byter
Daar is menige leser wat jou siening/probleem/frustrasie/watookal deel.
Dit is hoekom hier so baie mense al weggeloop en/of bedank het. Lees
maar gerus Strandjakkels en Royleen, om maar net twee te noem, se
"bedankingsbriewe". Ander sit maar op die kantlyn en lees net
kopskuddend die manewales.

> Jy kan my gerus reg help Gloudina, maar ek het nog nooit gesien dat jy
> enige iets goed oor enige onderwerp of teenoor enige iemand kwyt geraak
> het nie. Haat jy dan Afrikaans en Afrikaners?

Die enigste mense wat ooit iets goed gedoen het, en wat vlekkelose
bestane lei, is haar familie. Die res van Suid Afrika is "Ou Wit Omies",
"Apartheidsvarke" ensovoorts. Kan jy nou haar frustrasie verstaan? Hoe
sal jý voel as jy net 'n handjievol goeie mense ken? Met wie kommunikeer
jy sinvol? Dit is genoeg om enige mens bitter te maak.....

Groete vanuit die woestyn.

Desert Fox
NS: Bogemelde is bloot my nederige opinie gebaseer op plasings op dié
NG.

Byter skryf in boodskap news:7sftrg$2idp@edrn.newsguy.com...
> Ek het in die verlede al dat frustrasie met Gloudina se bitterheid met my
> weghardloop. Wat ek met hierdie pos wil bereik het niks te make met vernynigheid
> of hatigheid nie. Sonder om dan enigsins aanstoot te gee aan Gloudina, of in 'n
> geveg met haar betrokke te raak, wil ek graag van Gloudina weet waar haar
> bitterheid teenoor alles en almal in hierdie ng vandaan kom. Jy kan my gerus
> reg help Gloudina, maar ek het nog nooit gesien dat jy enige iets goed oor enige
> onderwerp of teenoor enige iemand kwyt geraak het nie. Haat jy dan Afrikaans en
> Afrikaners?
>
> In nederigheid en met respek teenoor Gloudina
>
> Byter
>
Re: Hoekom is Gloudina altyd so bitter? [boodskap #26802 is 'n antwoord op boodskap #26799] Vr, 24 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Byter wrote:

>
>
> In nederigheid en met respek teenoor Gloudina
>
> Byter

En jy kan maar uit jou gaatjie uitkom. Dis vir almalduidelik wie jy is. Ek het gedag
jy het gesweer jy sal
nie weer ander skuilname gebruik nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Waar's die polisie?
Volgende onderwerp: Mirage vegvliegtuie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 16:54:06 MGT 2024