Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Van vyebome
Van vyebome [boodskap #2663] Ma, 06 Oktober 2003 19:36 na volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek was die laaste paar dae besig met allerhande werk dinge, selfs oor die
naweek. Ek sien dit was oor die algemeen stil hier. Waar is almal?? Andries
het blykbaar steeds nie sy weerlig verwoesde modem vervang nie.....
Ek is besig om vye te eet. Hulle is net so 'n maand of twee hier
beskikbaar, so ek koop hulle by die hope terwyl ek die kans kry....Meeste
mense hier ken nie vye nie, en gril hulle dood as hulle iemand dit sien eet.
Maar miskien is dit net die manier waarop EK vye eet...:-))

Lorinda
Re: Van vyebome [boodskap #2664 is 'n antwoord op boodskap #2663] Ma, 06 Oktober 2003 22:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Ek was die laaste paar dae besig met allerhande werk dinge, selfs oor die
> naweek. Ek sien dit was oor die algemeen stil hier. Waar is almal??

Ons wag baie geduldig vir jou en DD en Andries en Roely om iets te sê.
:-)

> Ek is besig om vye te eet. Hulle is net so 'n maand of twee hier
> beskikbaar, so ek koop hulle by die hope terwyl ek die kans kry....Meeste
> mense hier ken nie vye nie, en gril hulle dood as hulle iemand dit sien eet.
> Maar miskien is dit net die manier waarop EK vye eet...:-))

LOL!
Ek hoop tog jy gebruik
'n mes en vurk?
:-)))
Ek kan nie dink wanneer laas ek vye geeet het nie. Maar nou maak jy my
vreeslik lus. Ek dink ek moet dalk more na ons wereld-mark gaan ek kyk
of hulle ook het. Ek kwyl nou letterlik.

Ek dink nou net aan iets - Roely het mos laas vertel dat sy pastis by
haar venkelsop voeg. Ek moet dit dalk probeer met 'n
roomkaas/okkerneut/vye mengsel?
Dit voel vir my asof so tikseltjie licorice nogal heel gepas sal wees
in die konkoksie?
Re: Van vyebome [boodskap #2665 is 'n antwoord op boodskap #2663] Di, 07 Oktober 2003 09:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:3f81c277_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
> Ek was die laaste paar dae besig met allerhande werk dinge, selfs oor die
> naweek. Ek sien dit was oor die algemeen stil hier. Waar is almal??

Mijn oudste kind gaat verhuizen, maar pas als zijn etage opgeknapt is. Raden
jullie maar eens wie dat aan het doen is.......

> Ek is besig om vye te eet. Hulle is net so 'n maand of twee hier
> beskikbaar, so ek koop hulle by die hope terwyl ek die kans kry....Meeste
> mense hier ken nie vye nie, en gril hulle dood as hulle iemand dit sien eet.
> Maar miskien is dit net die manier waarop EK vye eet...:-))

:-)
Ik houd ook niet zo van vijgen, ik vind ze zo zoet. Maar ik moet eerlijk
zeggen dat ik er maar weinig heb gegeten, dus misschien beoordeel ik ze wel
verkeerd.

Maar nu ga ik weer, door storm en regen, naar het huisje van zoon, want de
aannemer komt zo langs, en kindzelf is naar de universiteit. Gelukkig is het
niet ver fietsen.

Roely
Re: Van vyebome [boodskap #2666 is 'n antwoord op boodskap #2664] Di, 07 Oktober 2003 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:1np3ovkf7f3o1n5pjthd591ffvo8mkhnra@4ax.com...

> Dit voel vir my asof so tikseltjie licorice nogal heel gepas sal wees
> in die konkoksie?
>

Wat is licorice (ken ik alleen uit een oer-Hollands snoepje, een dropje,
waar ALLE buitenlanders van gruwen) en wat is konkoksie? Het klinkt heel
spannend!

Roely
Re: Van vyebome [boodskap #2667 is 'n antwoord op boodskap #2666] Di, 07 Oktober 2003 18:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" wrote:

> Wat is licorice (ken ik alleen uit een oer-Hollands snoepje, een dropje,
> waar ALLE buitenlanders van gruwen) en wat is konkoksie? Het klinkt heel
> spannend!

Nou is ek sommer ook heel gespanne, Roely. Want dalk het ek alweer
strooi kwytgeraak.
Jy's heeltemal reg met daardie dropje. Sommige mense is vreeslik lief
daarvoor.
Maar hoe sou jy dan die smaak van pastis beskryf? Aaahh....ANYS!
Dis die woord wat ek eintlik gesoek het! :-)
Konkoksie was my afrikaanse poging vir die engelse/latynse
"concoction" :-))
[Latin concoquere, concoct-, to boil together : com-, com- + coquere,
to cook.]
Re: Van vyebome [boodskap #2668 is 'n antwoord op boodskap #2667] Di, 07 Oktober 2003 19:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:s926ov44jetecvlr76utqpejcs9ib633on@4ax.com...
>
> Nou is ek sommer ook heel gespanne, Roely. Want dalk het ek alweer
> strooi kwytgeraak.

Jy raak nooit strooi kwyt nie! licorice is ook hoe ek die smaak sou
beskryf......
Daarvan gepraat, die Nederlandse drop het 'n baie souter smaak as daai
stringe licorice wat ons as kinders in SA geeet het, dink jy nie so nie?

Lorinda
Re: Van vyebome [boodskap #2669 is 'n antwoord op boodskap #2664] Di, 07 Oktober 2003 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:1np3ovkf7f3o1n5pjthd591ffvo8mkhnra@4ax.com...

> Ons wag baie geduldig vir jou en DD en Andries en Roely om iets te sê.
> :-)

Ek wonder wat van DD geword het.... Seker weer met een of ander projek
besig.


> Ek dink nou net aan iets - Roely het mos laas vertel dat sy pastis by
> haar venkelsop voeg. Ek moet dit dalk probeer met 'n
> roomkaas/okkerneut/vye mengsel?
> Dit voel vir my asof so tikseltjie licorice nogal heel gepas sal wees
> in die konkoksie?

Ek dink dit sal baie goed werk.... laat weet as jy dit gedoen het. Dit klink
soos iets wat die signature dish van een of ander trendy restaurant kan
word.

Lorinda
Re: Van vyebome [boodskap #2670 is 'n antwoord op boodskap #2665] Di, 07 Oktober 2003 19:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" skryf in boodskap news:blu2da$gbmmu$1@ID-187610.news.uni-berlin.de...

> Mijn oudste kind gaat verhuizen, maar pas als zijn etage opgeknapt is. Raden
> jullie maar eens wie dat aan het doen is.......

Dink maar so daaraan, sodra hy finaal verhuis het is dit een minder wat jou
rekenaar sal monopoliseer:-)


> Maar nu ga ik weer, door storm en regen, naar het huisje van zoon, want de
> aannemer komt zo langs, en kindzelf is naar de universiteit. Gelukkig is het
> niet ver fietsen.
>

So hy trek nie baie ver weg nie; beteken dit dat hy nog steeds sy wasgoed
vir jou sal bring? :-))

Lorinda
Re: Van vyebome [boodskap #2671 is 'n antwoord op boodskap #2670] Di, 07 Oktober 2003 19:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Markus Maiwald  is tans af-lyn  Markus Maiwald
Boodskappe: 11
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 7 Oct 2003 20:17:46 +0100, Lorinda wrote:

goiemore

hoe kan ik die afrikaanse taal praaten lernen? ik ben in duitsland.

can you provide me with online adresses from newspapers (proud, but
liberal with business) which i can learn reading?

wanna come to ZA next year, therefore.

thx
Markus
Re: Van vyebome [boodskap #2672 is 'n antwoord op boodskap #2671] Di, 07 Oktober 2003 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Markus Maiwald" skryf in boodskap news:oprwots4zqbez4yj@news.individual.de...
> On Tue, 7 Oct 2003 20:17:46 +0100, Lorinda wrote:
>
> goiemore
>
> hoe kan ik die afrikaanse taal praaten lernen? ik ben in duitsland.
>
> can you provide me with online adresses from newspapers (proud, but
> liberal with business) which i can learn reading?
>
> wanna come to ZA next year, therefore.
>
> thx
> Markus


Markus, ek is jammer maar ek het nie die vaagste benul nie. Ek bly in
Engeland, lees nie Afrikaanse koerante op die Net nie, en was nog nooit
terug SA toe in veel meer as 'n dekade nie.

Lorinda
Re: Van vyebome [boodskap #2673 is 'n antwoord op boodskap #2668] Di, 07 Oktober 2003 20:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Jy raak nooit strooi kwyt nie! licorice is ook hoe ek die smaak sou
> beskryf......

Ek weetie so moou van daai ene nie, maar jy's te gaaf, Lorinda.
:-) Ek het nogal rerig begin twyfel en onseker geraak daar.
:-)

> Daarvan gepraat, die Nederlandse drop het 'n baie souter smaak as daai
> stringe licorice wat ons as kinders in SA geeet het, dink jy nie so nie?

Jaaaaa...ek dink definitief ook so. Dit was mos altyd sulke swart
stringe, nè? Hier is dit weer sulke lang rooi stringe, maar die
Hollanders wat hier woon gril vir die goed, en sê dis g'n drop nie!
:-) Laas het ons drop gekoop in Amsterdam, en ek dink amper die
pakkie lê nogsteeds hier iewers in 'n laai. :-)
Re: Van vyebome [boodskap #2674 is 'n antwoord op boodskap #2672] Di, 07 Oktober 2003 20:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Markus Maiwald  is tans af-lyn  Markus Maiwald
Boodskappe: 11
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 7 Oct 2003 21:14:44 +0100, Lorinda wrote:


> Markus, ek is jammer maar ek het nie die vaagste benul nie.
^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
ok, i can read and understand in general. But what das that mean?

> Ek bly in Engeland, lees nie Afrikaanse koerante op die Net nie, en was
> nog nooit terug SA toe in veel meer as 'n dekade nie.

waroom niet?? :-((
coz the blacks have the power now and everything is crap?

must know, I was born in Sasolburg/Vanderbijlpark. But with 8 I went to
Germany (Mum married, etc).
Now I am 24 and wanna go back (as my father is still living there).

bye
Markus
Re: Van vyebome [boodskap #2675 is 'n antwoord op boodskap #2669] Di, 07 Oktober 2003 20:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Ek wonder wat van DD geword het.... Seker weer met een of ander projek
> besig.

Ja, ek wonder ook.
Dalk sit hy en Andries iewers onder 'n vyeboom en is net te lui om te
kom gesels? :-)

> Ek dink dit sal baie goed werk.... laat weet as jy dit gedoen het. Dit klink
> soos iets wat die signature dish van een of ander trendy restaurant kan
> word.

Moenie eens grap nie. Dis iets wat nou al vir 'n hele ruk in my
agterkop woel - om 'n restaurant oop te maak. Ek het so ruk gelede 'n
vriend gehelp wat 'n privaat restaurant hier in Athens oopgemaak het,
en het toe bietjie lus verloor, want hy het die eerste maand sy eie
resepte en dinge probeer. Gou agtergekom dat as mens geld wil maak
moet jy aanbied wat die gemiddelde mens in die omgewing wil eet, en
dit is nie noodwending "funny things" soos sommige van die studente na
sy pate's bv. verwys het nie. :-))
Re: Van vyebome [boodskap #2676 is 'n antwoord op boodskap #2674] Di, 07 Oktober 2003 20:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Markus Maiwald" skryf in boodskap news:oprwow1lmebez4yj@news.individual.de...
> On Tue, 7 Oct 2003 21:14:44 +0100, Lorinda wrote:
>
>
>> Markus, ek is jammer maar ek het nie die vaagste benul nie.
> ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
> ok, i can read and understand in general. But what das that mean?

Dit beteken ek weet nie.


>> Ek bly in Engeland, lees nie Afrikaanse koerante op die Net nie, en was
>> nog nooit terug SA toe in veel meer as 'n dekade nie.
>
> waroom niet?? :-((
> coz the blacks have the power now and everything is crap?

Nee. Ek is uit SA weg lank voor die 1994 verkiesing. Daar was eenvoudig
nooit werklik 'n rede om terug te gaan nie.


Lorinda
Re: Van vyebome [boodskap #2677 is 'n antwoord op boodskap #2676] Di, 07 Oktober 2003 21:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Markus Maiwald  is tans af-lyn  Markus Maiwald
Boodskappe: 11
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 7 Oct 2003 21:52:27 +0100, Lorinda wrote:

> Nee. Ek is uit SA weg lank voor die 1994 verkiesing. Daar was eenvoudig
> nooit werklik 'n rede om terug te gaan nie.
>

thx for your answeres.
;-)

bye
Re: Van vyebome [boodskap #2678 is 'n antwoord op boodskap #2675] Di, 07 Oktober 2003 21:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:1096ov4v8t1o632p5290f9rhuad0llm7mm@4ax.com...

> Moenie eens grap nie. Dis iets wat nou al vir 'n hele ruk in my
> agterkop woel - om 'n restaurant oop te maak. Ek het so ruk gelede 'n
> vriend gehelp wat 'n privaat restaurant hier in Athens oopgemaak het,
> en het toe bietjie lus verloor, want hy het die eerste maand sy eie
> resepte en dinge probeer. Gou agtergekom dat as mens geld wil maak
> moet jy aanbied wat die gemiddelde mens in die omgewing wil eet, en
> dit is nie noodwending "funny things" soos sommige van die studente na
> sy pate's bv. verwys het nie. :-))

LOL! as hulle dink aan 'n pate as 'n "funny thing" kan ek dink dat dit maar
opdraand sal gaan om hulle aan nuwe goed voor te stel! Maar ek dink nie dit
moet jou afsit nie.... As jy dit regtig wil doen, moet jy daarmee voortgaan.
Ek dink dit gaan dalk oor hoe mens nuwe dinge aanbied, of oor hoe mense die
restaurant oor die algemeen ervaar. As die idee by hulle posvat dat dit
"mode" is om daar gesien te word, of as die plek 'n baie gemaklike atmosfeer
het sodat dit nie as te vreemd gesien word nie, sal hulle nuwe dinge
probeer. Dit kan gedoen word, die Engelse was altyd baie konserwatief oor
kos, maar dit het die laaste paar jaar totaal verander. Die eienaar van 'n
Poolse restaurant het my eenkeer vertel dat hy mense geleer het om "nuwe"
kos te probeer deur hulle 'n klein bordjie met 'n paar skeppies van 'n
poolse gereg verniet aan te bied as voorgereg. Watter soort restaurant sou
jy wou besit?

Lorinda
Restaurante [boodskap #2679 is 'n antwoord op boodskap #2678] Di, 07 Oktober 2003 21:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> LOL! as hulle dink aan 'n pate as 'n "funny thing" kan ek dink dat dit maar
> opdraand sal gaan om hulle aan nuwe goed voor te stel!

:-) Exactly! :-)

> . Die eienaar van 'n Poolse restaurant het my eenkeer vertel dat hy mense geleer het om "nuwe"
> kos te probeer deur hulle 'n klein bordjie met 'n paar skeppies van 'n
> poolse gereg verniet aan te bied as voorgereg.

Baie interessant en slim! Terloops, wat is tipies Pools? Behalwe nou
die worse en goeters? In Chicago is daar 'n reuse Poolse distrik,
maar ek kan nou gladnie dink wat ek alles al daar geeet het behalwe
die interessante soppe en brode en dan natuulik die bekende Poolse
worse, nie.

> Watter soort restaurant sou jy wou besit?

Ai, Lorinda - dalk moet ek dit eerder privaat verder neem? :-) Ek
voel nou so "exposed" hier omdat ek een van my drome hier kom oopgooi
het. Maar kortliks dink ek aan iets baie klein en "cozy", donker
atmosfeer ens. Hoofsaaklik seker Franse cuisine, want dit is wat ek
die meeste geniet om te maak. Nie 'n baie groot menu nie, maar dalk
iets unieks elke aand van die week. Wel - iets in daardie lyn. :-)
Re: Restaurante [boodskap #2680 is 'n antwoord op boodskap #2679] Di, 07 Oktober 2003 21:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:ana6ovcfr9pjc1dedmnjlgseovibji0gph@4ax.com...


>> . Die eienaar van 'n Poolse restaurant het my eenkeer vertel dat hy mense geleer het om "nuwe"
>> kos te probeer deur hulle 'n klein bordjie met 'n paar skeppies van 'n
>> poolse gereg verniet aan te bied as voorgereg.
>
> Baie interessant en slim! Terloops, wat is tipies Pools? Behalwe nou
> die worse en goeters? In Chicago is daar 'n reuse Poolse distrik,
> maar ek kan nou gladnie dink wat ek alles al daar geeet het behalwe
> die interessante soppe en brode en dan natuulik die bekende Poolse
> worse, nie.

Baie dinge wat 'n deel uitmaak van tradisionele Joodse geregte het hulle
oorsprong in Pole, of in Oos-Europa oor die algemeen. Poolse kos waaraan ek
kan dink is dinge soos blinis en kluitjies, die kielbasa (een van die
worsies wat jy noem), die vleis in koolblare gerol met sous, kwistige
gebruik van sour cream ens. As ek in 'n Poolse restaurant eet bestel ek
altyd sop met kluitjies.


>> Watter soort restaurant sou jy wou besit?
>
> Ai, Lorinda - dalk moet ek dit eerder privaat verder neem? :-) Ek
> voel nou so "exposed" hier omdat ek een van my drome hier kom oopgooi
> het. Maar kortliks dink ek aan iets baie klein en "cozy", donker
> atmosfeer ens. Hoofsaaklik seker Franse cuisine, want dit is wat ek
> die meeste geniet om te maak. Nie 'n baie groot menu nie, maar dalk
> iets unieks elke aand van die week. Wel - iets in daardie lyn. :-)

Ja! Dan sê jy vir hulle wat hulle gaan eet..

Ek verstaan heeltemaal, ons laat dit dan daar. Maar ek wil net sê ek dink
dit is 'n baie goeie idee.

Lorinda
Re: Van vyebome [boodskap #2681 is 'n antwoord op boodskap #2675] Di, 07 Oktober 2003 22:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:1096ov4v8t1o632p5290f9rhuad0llm7mm@4ax.com...
> "Lorinda" wrote:
>
>> Ek wonder wat van DD geword het.... Seker weer met een of ander projek
>> besig.
>
> Ja, ek wonder ook.
> Dalk sit hy en Andries iewers onder 'n vyeboom en is net te lui om te
> kom gesels? :-)
>

Ek dink nie Andries is al terug op die net nie. Maar ek hou van die vyeboom
image!

Lorinda
Re: Van vyebome en verhuizingen [boodskap #2686 is 'n antwoord op boodskap #2670] Wo, 08 Oktober 2003 20:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:3f830fa5_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Roely" wrote in message
> news:blu2da$gbmmu$1@ID-187610.news.uni-berlin.de...
>
>> Mijn oudste kind gaat verhuizen, maar pas als zijn etage opgeknapt is.
> Raden
>> jullie maar eens wie dat aan het doen is.......
>
> Dink maar so daaraan, sodra hy finaal verhuis het is dit een minder wat jou
> rekenaar sal monopoliseer:-)

LOL !
Met de verhuizing in het vooruitzicht heeft hij zelf een nieuwe gekocht die
hier ook opgesteld staat. De oude(re) pc lijkt het te hebben opgegeven, we
hebben hem geprobeerd te formatten, maar we moeten er duidelijk nog wat meer
tijd aan besteden :-) Die dingen verouderen sneller dan wij :-)))
>
>
>> Maar nu ga ik weer, door storm en regen, naar het huisje van zoon, want de
>> aannemer komt zo langs, en kindzelf is naar de universiteit. Gelukkig is
> het
>> niet ver fietsen.
>>
>
> So hy trek nie baie ver weg nie; beteken dit dat hy nog steeds sy wasgoed
> vir jou sal bring? :-))

Jij is reg!! Het jij dit dalk ook gedoen?? (lijkt dit een beetje op
Afrikaans?)

Roely
Re: Van vyebome [boodskap #2687 is 'n antwoord op boodskap #2667] Wo, 08 Oktober 2003 20:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:s926ov44jetecvlr76utqpejcs9ib633on@4ax.com...
> Nou is ek sommer ook heel gespanne, Roely. Want dalk het ek alweer
> strooi kwytgeraak.

Wat is "strooi" kwijtgeraak?

> Jy's heeltemal reg met daardie dropje. Sommige mense is vreeslik lief
> daarvoor.

Zoute drop, zoete drop, hard en zacht, laurierdrop, anijsdrop, zoethoutdrop,
Engelse honingdrop, mentholdrop....... , ik houd van vrijwel alle drop.

> Maar hoe sou jy dan die smaak van pastis beskryf? Aaahh....ANYS!
> Dis die woord wat ek eintlik gesoek het! :-)

En zonder woordenboek gevonden heb :-))

> Konkoksie was my afrikaanse poging vir die engelse/latynse
> "concoction" :-))
> [Latin concoquere, concoct-, to boil together : com-, com- + coquere,
> to cook.]

Een brouwsel dus.

Roely
Re: Van vyebome [boodskap #2688 is 'n antwoord op boodskap #2687] Wo, 08 Oktober 2003 21:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" wrote:

> Wat is "strooi" kwijtgeraak?

Nonsens praat. (nonsensical/foolish)
Iets wat nie logiese sin maak of korrek is nie.

> Zoute drop, zoete drop, hard en zacht, laurierdrop, anijsdrop, zoethoutdrop,
> Engelse honingdrop, mentholdrop....... , ik houd van vrijwel alle drop.

:-) Ek moet erken dat ek nog nooit van baie van daardie tipes drop gehoor het wat jy noem nie,
Zoethoutdrop, mentholdrop....interesting..

> En zonder woordenboek gevonden heb :-))

Dis weird - ek wonder of Lorinda dit ook so ervaar soos ekself. In
die opsig dat ek rerig nooit Afrikaans kan praat nie, want niemand sal
kan verstaan nie. Maar as ek begin skryf, dan kom die woorde en
begrippe na vore - asof iewers diep in my brein weggebêre, maar
beskikbaar vir wanneer nodig. Soms verstom/verbaas ek myself. :-) En
ander kere is dit werklik frustrerend om die regte woorde te vind.
Maar elkgeval...:-)

>> Konkoksie was my afrikaanse poging vir die engelse/latynse
>> "concoction" :-))
>> [Latin concoquere, concoct-, to boil together : com-, com- + coquere,
>> to cook.]
>
> Een brouwsel dus.

Dit klink reg. Ek moes dalk eerder "brousel" gebruik het. Heeltemal
reg, Roely.
(Maar vir een of ander rede assosieer ek "brousel" met heksery) :-)))
afrikaans [boodskap #2689 is 'n antwoord op boodskap #2686] Wo, 08 Oktober 2003 21:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" wrote:

> Jij is reg!! Het jij dit dalk ook gedoen?? (lijkt dit een beetje op
> Afrikaans?)

Verander die "jij" se spelling na "jy", dan het jy 'n perfekte
afrikaanse sin.
Re: Van vyebome en verhuizingen [boodskap #2690 is 'n antwoord op boodskap #2686] Wo, 08 Oktober 2003 21:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" skryf in boodskap news:bm1spr$hlmk9$1@ID-187610.news.uni-berlin.de...

> Jij is reg!! Het jij dit dalk ook gedoen?? (lijkt dit een beetje op
> Afrikaans?)
>
> Roely
>

Ja, dit lyk na Afrikaans!

Nee, ek het nie my wagoed vir my ma gevat nie, maar ek is 'n vrou:-)) Die
mans op universiteit her gereeld vragte vuil wasgoed vir hulle ma's gevat om
te was.. Jy het mos 'n dogter Katryn, het sy dit gedoen of is dit 'n mans
ding?

Lorinda
Re: Van vyebome [boodskap #2692 is 'n antwoord op boodskap #2688] Wo, 08 Oktober 2003 21:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:glu8ov427ht0efsmdh9es49ic2ejium4vh@4ax.com...
>
> Dis weird - ek wonder of Lorinda dit ook so ervaar soos ekself. In
> die opsig dat ek rerig nooit Afrikaans kan praat nie, want niemand sal
> kan verstaan nie. Maar as ek begin skryf, dan kom die woorde en
> begrippe na vore - asof iewers diep in my brein weggebêre, maar
> beskikbaar vir wanneer nodig. Soms verstom/verbaas ek myself. :-) En
> ander kere is dit werklik frustrerend om die regte woorde te vind.
> Maar elkgeval...:-)

Ek het gelag toe ek dit lees, jy is heeltemaal reg! Soms kom daar woorde na
vore wat ek in jare nie gebruik of gehoor het nie, en ander kere kan ek nie
aan die woord vir alledaagse goed dink nie:-)



Lorinda
Re: Van vyebome en verhuizingen [boodskap #2693 is 'n antwoord op boodskap #2690] Wo, 08 Oktober 2003 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Jy het mos 'n dogter Katryn, het sy dit gedoen of is dit 'n mans
> ding?

Dogter en seun. :-) Beide my kinders weet dat hulle ma nie kan stryk
nie, en 'n uiters swak huisvrou is, en dat hulle beter daaraan toe af
is as hulle maar eerder hulle eie wasgoed doen. Want anders is die
kans goed dat hulle klerekas vinnig in 'n monotone vuilpienk kleur sou
verander. :-)
Ons gebruik meestal laundromats hier. Maar noudat ek meer by die huis
is, doen ek wel ons wasgoed. My seun doen nogsteeds sy eie. My
dogter wat in Chicago woon, gebruik nogsteeds laundromats. Dis mos
alles drive through's in elkgeval. Jy ry in, handig jou bondel klere
in, en as jy van die werk af kom, tel jy net die mooi gestrykte en
gevoude bondel weer op.
Maklik! :-)
Re: Van wasgoed en blerrie kreukels [boodskap #2695 is 'n antwoord op boodskap #2693] Wo, 08 Oktober 2003 22:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:ch29ovoscbcat0psh7ebsr02o2gco5kfe7@4ax.com...
> Dogter en seun. :-) Beide my kinders weet dat hulle ma nie kan stryk
> nie, en 'n uiters swak huisvrou is, en dat hulle beter daaraan toe af
> is as hulle maar eerder hulle eie wasgoed doen. Want anders is die
> kans goed dat hulle klerekas vinnig in 'n monotone vuilpienk kleur sou
> verander. :-)
> Ons gebruik meestal laundromats hier. Maar noudat ek meer by die huis
> is, doen ek wel ons wasgoed. My seun doen nogsteeds sy eie. My
> dogter wat in Chicago woon, gebruik nogsteeds laundromats. Dis mos
> alles drive through's in elkgeval. Jy ry in, handig jou bondel klere
> in, en as jy van die werk af kom, tel jy net die mooi gestrykte en
> gevoude bondel weer op.
> Maklik! :-)
>

Ja, ek het onthou jy het 'n seun ook maar hy is mos nog by die huis? Ek het
oor jou dogter gevra omdat sy elders bly maar Chicago sou darem in elk geval
te ver wees om elke week wasgoed aan te dra:-)) Ek kan ook nie stryk nie! Ek
is maar versigtig oor die klere wat ek koop sodat ek dit maar net so 'n
bietjie hier en en daar plat druk met 'n yster (nou nie wat Mrs Beeton stryk
sou noem nie:-)) Ek is altyd so bly as die "crumpled look" in die mode is
:-) Laundromats hier is plekke waar jy self die klere in wasmasjien was,
daar is 'n paar wat dit vir jou sal doen, maar ek het nog nooit een teegekom
wat dit vir jou sal stryk nie:-(( Dalk moet die Engelse ophou om saam met
die Amerikaners in oorloë in te voeter en eerder die Amerikaanse Laundromat
na aap....

Lorinda
Re: Van wasgoed en blerrie kreukels [boodskap #2696 is 'n antwoord op boodskap #2695] Wo, 08 Oktober 2003 22:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> oor jou dogter gevra omdat sy elders bly maar Chicago sou darem in elk geval
> te ver wees om elke week wasgoed aan te dra:-))

LOL! Ja, dit is bietjie vêr daarvoor. :-))

> Ek kan ook nie stryk nie! Ek
> is maar versigtig oor die klere wat ek koop sodat ek dit maar net so 'n
> bietjie hier en en daar plat druk met 'n yster (nou nie wat Mrs Beeton stryk
> sou noem nie:-)) Ek is altyd so bly as die "crumpled look" in die mode is
> :-)

Presies!! :-) Ai, die Isabellas (dit was mos haar naam, nè?) van die
ou lewe laat my soms so totaal onbevoeg voel.

> Laundromats hier is plekke waar jy self die klere in wasmasjien was,
> daar is 'n paar wat dit vir jou sal doen, maar ek het nog nooit een teegekom
> wat dit vir jou sal stryk nie:-(( Dalk moet die Engelse ophou om saam met
> die Amerikaners in oorloë in te voeter en eerder die Amerikaanse Laundromat
> na aap....

Gie gie...
Maar ek dink ek het alweer 'n blaps gemaak. Dalk omdat die plek wat
ek altyd gebruik hier in Athens ook 'n laundromat genoem word, maar
dit is 'n ekstra diens wat hulle bied. In Seattle was dit die
droogskoonmakers as ek nou daaraan dink. Maar hier is heelwat kleiner
besighede wat soortgelyke dinge doen, want baie mense sal eerder
betaal as om tyd te mors om dit self te doen - veral as mens alreeds
so geweldig min spaartyd het.
So, julle "Laundromat" en ons s'n is baie dieselfde . Het julle ook
van daardies waar mens nou kan bier of wyn drink en iets eet terwyl jy
wag vir jou klere om te was? Hier is 2 daarvan, maar ek het nog nie
self gaan kyk hoe dit werk en hoe hulle kos is nie. Daar is net iets
verkeerd aan daardie konsep vir my. :-)
Re: Van wasgoed en blerrie kreukels [boodskap #2705 is 'n antwoord op boodskap #2696] So, 12 Oktober 2003 19:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...

> Het julle ook
> van daardies waar mens nou kan bier of wyn drink en iets eet terwyl jy
> wag vir jou klere om te was? Hier is 2 daarvan, maar ek het nog nie
> self gaan kyk hoe dit werk en hoe hulle kos is nie. Daar is net iets
> verkeerd aan daardie konsep vir my. :-)

Nee, ons het nie sulkes nie:-(. Dis nogal 'n goeie idee.... Ons sit
maar daar met karton koppies koffie en lees die koerant of iets en
hoop die weird ou in die hoek praat nie met ons nie...:-)

Lorinda
Re: Van wasgoed en blerrie kreukels [boodskap #2709 is 'n antwoord op boodskap #2705] So, 12 Oktober 2003 20:23 Na vorige boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Nee, ons het nie sulkes nie:-(. Dis nogal 'n goeie idee.... Ons sit
> maar daar met karton koppies koffie en lees die koerant of iets en
> hoop die weird ou in die hoek praat nie met ons nie...:-)

LOLOLOLOL!!!
:-))))
Re: Afrikaans [boodskap #5865 is 'n antwoord op boodskap #2689] Di, 27 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article , gord...@cougarnet.byu.edu says...
> It is becoming harder for
> us in America to keep our families together, particularly to keep our
> children out of trouble. I want to know if having a common language in
> the family helps you to stay together. Dit is moeilik vir my om myself
> in an ander taal te verduidelik, maar ek sal aanhou om te probeer.
> Meskien sal iemand wat hierdie brief lees my help.
>
> Ek sien uit na 'n antwoord wan enige iemnad. Tot siens!!
>

I'll write this in English to make it easier: a few million people here
(of all races) speak Afrikaans: at home, on the streets and in the
workplace. There is even a vernacular Afrikaans called "tsotsitaal" or a
kind of gangster-language. Speaking Afrikaans at home won't keep the family
together.

By the way: impressive bit of Afrikaans there for someone who doesn't live
here.

Hendrik
Vorige onderwerp: South African Magazines.
Volgende onderwerp: Bomplanters
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:45:51 MGT 2024