Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » VRIEND deur koos kombuis
VRIEND deur koos kombuis [boodskap #25592] Do, 26 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
De louw le Roux  is tans af-lyn  De louw le Roux
Boodskappe: 2
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Junior Lid
ek verlang na jou
vriend
skaduwee meer reeel as rots
wentelbaan van vrede
Godgewende lied
waarvan ek soms die wysie vergeet
veral tydens die petit mals
van niksseggende transaksies
en die reise agter die skerms
met arms vol kruideniersware

vriend
die winter kom onvermydelik
die lamppale word ryp soos gebede
die lig gaan kop toe
die vrede duisel
ek dra jou in die sak van my leerbaadjie
en reik na jou soos na sigarette
soos na die onblusbare vlam
wat weier om te sterf
onder jare se debris
Re: VRIEND deur koos kombuis [boodskap #25632 is 'n antwoord op boodskap #25592] Sa, 28 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , "De louw le Roux"
wrote:
> ek verlang na jou
> vriend
> skaduwee meer reeel as rots
> wentelbaan van vrede
> wat weier om te sterf
> onder jare se debris

One for all and all for one. En vir die Dalai Lama
aanhangers, die volgende ware verhaal:

Tydens die inval in Tibet, vlug van die Tibetane behalwe
een monnik. Die soldate vind dit snaaks en rapporteer dit
aan hulle offisier. Die offisier klop aan die monnik se
deur, en sê vir hom - Besef jy wie ek is. Met hierdie
swaard kan ek jou deurboor sonder om 'n oog te knik. Die
monnik antwoord - Besef jy met hierdie swaard kan ek myself
deurboor sonder om 'n oog te knik. Die offisier stap daar
weg. Later het die offisier uit die weermag bedank, die
monnik gaan opspoor en die monnik gevra om sy leermeester
te word.

Re: VRIEND deur koos kombuis [boodskap #25633 is 'n antwoord op boodskap #25592] Sa, 28 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , "De louw le Roux"
wrote:
> vriend
> die winter kom onvermydelik
> die lamppale word ryp soos gebede
> die lig gaan kop toe
> die vrede duisel
> ek dra jou in die sak van my leerbaadjie
> en reik na jou soos na sigarette
> soos na die onblusbare vlam
> wat weier om te sterf
> onder jare se debris

Vriend / kameraad / comrade, my skaduwee is nie goed genoeg
vir jou nie. Kom staan langs my, die son is vir ons almal
gemaak. Die dae van apartheid is verby - laat ons almal
inhaak, en 'n menslike ketting vorm, en warmte met mekaar
deel. Laat ons 'n band vorm met liefde vir ons land, en
almal hier.

Al kom die winter, en miskien 'n sneeustorm, laat ons nie
soos verdwaalde bome weggewaai word nie, maar aan mekaar
klou, sodat ons weet dat mekaar nog daar is, Want weet, die
sneeu vorm 'n laag om ons arms, wat later hard word, en die
ketting versterk. Onthou na die winter kom daar lente en
Namakwaland se blomme, en daarna somer.

Maar weet gewis, die aarde se as is besig om regop te
draai, wat beteken dat die winter daarna nie meer so koud
sal wees nie.

Die teenoorgestelde van liefde is nie haat nie, maar pseudo
liefde. Liefde wat nie werklik liefde is nie. Liefde wat
sê dit is liefde, maar dit nie wys nie. Liefde kan net
vergroot as dit vir andere gegee word. As 'n mens dit vir
jouself hou, dan blus die vlam na 'n tyd.

Want die lewe jaag met ons na 'n operasie tafel, en
dieselfde tyd word ons met narkose toegedien om die
operasie te hanteer.

Re: VRIEND deur koos kombuis [boodskap #26202 is 'n antwoord op boodskap #25592] So, 12 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> In article , "De louw le Roux"
> wrote:
>> ek verlang na jou
>> vriend
>> skaduwee meer reeel as rots
>> wentelbaan van vrede
>> wat weier om te sterf
>> onder jare se debris
>
One for all and all for one.

En as 'n mens val moet jy gou weer opstaan, uithou, aanhou.
Wenners, Wenners, Wenners moet 'n mens wees.

Vorige onderwerp: Uit "Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Nooit" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 13:25:08 MGT 2024