Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN
Uit "Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #25757] Wo, 01 September 1999 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Uit “Blom van die Baaierd”
D.J. Opperman

Bloedhonde vat met fyn getjank die spore
tussen wrakhoute en geraamtes van die Dodekus,
verby dwergstruike die kalkbulte oor;
en in dié streek, van elke been en wiel bewus,
gaan geen teken of beweging ooit verlore.

‘n Binnelig uit God se eerste daeraad
lê nog beslote in derduisend diamante,
afgekamp tussen versperrings doringdraad
waar rooi geverf staan op groot planke:
“Streng verbode! Niemand word hier toegelaat.”
Vorige onderwerp: "Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN
Volgende onderwerp: VRIEND deur koos kombuis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 13:35:21 MGT 2024