Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: knock knock... (0/1)
Re: knock knock... (0/1) [boodskap #2611] So, 28 September 2003 20:21 na volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 27 Sep 2003 14:24:45 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

>
> Welkom terug berugte matwasser! En ek hoop jy het die Kasteel
> geniet... Van natreen in Londen se strate, dis sooooo waar, ek het
> behoorlik natgereen die week. Vertel van Durbs as jy 'n kans kry..
>
> Lorinda


Kom ek vertel jou, so van oor die rand van 'n Kasteel:-0
Ons het 'n snaakse weer gehad in Durban. Koud en winderig.
En, vir my wat geklimatiseer is vir die hoëveldse weer, en in
Durban 'n baadjie (of te wel windbreker) dra, is dit snaaks.
Lekker om te sien dat dit kan koud word daar ook.

Onthou jy, Lorinda, dat ek jou vertel het van die nuwe onwikkeling
daar? En dat dit die rede was vir my beleggings daar?
http://www.uShakaisland.co.za

Kom ek wys julle hoe dit vorder, en presies waar dit geleë is
vanaf my plek gesien.

Dave
Re: knock knock... (0/1) [boodskap #2614 is 'n antwoord op boodskap #2611] Ma, 29 September 2003 17:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:j8eenvs9e6edvj7o6dpfas6fpf1i2kidmp@4ax.com...
> Kom ek vertel jou, so van oor die rand van 'n Kasteel:-0
> Ons het 'n snaakse weer gehad in Durban. Koud en winderig.
> En, vir my wat geklimatiseer is vir die hoëveldse weer, en in
> Durban 'n baadjie (of te wel windbreker) dra, is dit snaaks.
> Lekker om te sien dat dit kan koud word daar ook.
>

Moet ons dan nou aaneem dat jy nie eers een keer gaan surf het nie? Dat jou
pakkie neus strokies onoopgemaak teruggekeer het, en jy heeltemaal aan 'n
haai aanval storie ontbreek??!

Lorinda
Re: knock knock... (0/1) [boodskap #2616 is 'n antwoord op boodskap #2614] Ma, 29 September 2003 18:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 29 Sep 2003 18:57:59 +0100, "Lorinda" wrote:

>
> "DD" wrote in message
> news:j8eenvs9e6edvj7o6dpfas6fpf1i2kidmp@4ax.com...
>> Kom ek vertel jou, so van oor die rand van 'n Kasteel:-0
>> Ons het 'n snaakse weer gehad in Durban. Koud en winderig.
>> En, vir my wat geklimatiseer is vir die hoëveldse weer, en in
>> Durban 'n baadjie (of te wel windbreker) dra, is dit snaaks.
>> Lekker om te sien dat dit kan koud word daar ook.
>>
>
> Moet ons dan nou aaneem dat jy nie eers een keer gaan surf het nie? Dat jou
> pakkie neus strokies onoopgemaak teruggekeer het, en jy heeltemaal aan 'n
> haai aanval storie ontbreek??!
>
> Lorinda
>

Korrek... en dat ek, wanneer die branders so rondborstig aangerol
gekom het oor die sand, die kurwes slegs deur my venster gade
geslaan het. Nie eens een keer het ek 'n aanvallende 'haai'
gehoor nie.

DD
Re: knock knock... (0/1) [boodskap #2617 is 'n antwoord op boodskap #2616] Ma, 29 September 2003 18:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:q4tgnvcoefgoar78rvkb7li121qjkpfs5v@4ax.com...
>> Moet ons dan nou aaneem dat jy nie eers een keer gaan surf het nie? Dat jou
>> pakkie neus strokies onoopgemaak teruggekeer het, en jy heeltemaal aan 'n
>> haai aanval storie ontbreek??!
>>
>> Lorinda
>>
>
> Korrek... en dat ek, wanneer die branders so rondborstig aangerol
> gekom het oor die sand, die kurwes slegs deur my venster gade
> geslaan het. Nie eens een keer het ek 'n aanvallende 'haai'
> gehoor nie.
>
> DD

DD, as ons nie meer op Durban kan reken vir aanvallige haaie nie, is dit 'n
kwade dag....

Lorinda
Re: knock knock... (0/1) [boodskap #2618 is 'n antwoord op boodskap #2611] Ma, 29 September 2003 18:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:j8eenvs9e6edvj7o6dpfas6fpf1i2kidmp@4ax.com...
> Onthou jy, Lorinda, dat ek jou vertel het van die nuwe onwikkeling
> daar? En dat dit die rede was vir my beleggings daar?
> http://www.uShakaisland.co.za
>
> Kom ek wys julle hoe dit vorder, en presies waar dit geleë is
> vanaf my plek gesien.
>
> Dave

Ek het nou net gaan kyk, dit is 'n yslike ontwikkeling..... Is jou plan nog
steeds om uiteindelik daar te gaan bly?

Lorinda
Re: knock knock... (0/1) [boodskap #2620 is 'n antwoord op boodskap #2618] Ma, 29 September 2003 19:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 29 Sep 2003 19:36:14 +0100, "Lorinda" wrote:

>
> "DD" wrote in message
> news:j8eenvs9e6edvj7o6dpfas6fpf1i2kidmp@4ax.com...
>> Onthou jy, Lorinda, dat ek jou vertel het van die nuwe onwikkeling
>> daar? En dat dit die rede was vir my beleggings daar?
>> http://www.uShakaisland.co.za
>>
>> Kom ek wys julle hoe dit vorder, en presies waar dit geleë is
>> vanaf my plek gesien.
>>
>> Dave
>
> Ek het nou net gaan kyk, dit is 'n yslike ontwikkeling..... Is jou plan nog
> steeds om uiteindelik daar te gaan bly?
>
> Lorinda
>

Ja'a, en ek is besig om so stadigaan reëlings te begin tref daarvoor.
As ek by my huidige beplanning bly... wel ek het aan die eiendomsagent
daar gesê dat ek slegs vir ses maande sal verhuur. So my beplanning is
om daarheen te verhuis omgewing eerskomende April. Dit is nie met
opset so bedoel nie, maar dit pas ook mooi in dat uShaka Island
beoog om in April oop te wees.

Dit is 'n omgewing wat beleggingspotensiaal het, want dit is so dat
die hele omgewing gaan opgeknap word. Die ontwikkelaars het aan
my 'n Powerpoint aanbieding gestuur wat sowat 18mb groot is. Jy sal
moet kom kyk hoe dit daar lyk volgende jaar:-)

Daar is nog besluite wat ek moet neem waarvoor ek darem 'n paar mande
het. Besluite soos om hier te verkoop of om hier te verhuur.

Jy sal voor jy volgende jaar kom kyk, moet skakel sodat ek die
koffiewater solank kan warm maak.

DD
Re: knock knock... (0/1) [boodskap #2623 is 'n antwoord op boodskap #2620] Ma, 29 September 2003 20:45 Na vorige boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:bp0hnvocaka5deseqcc3k573u0mf7u0p3b@4ax.com...
> Ja'a, en ek is besig om so stadigaan reëlings te begin tref daarvoor.
> As ek by my huidige beplanning bly... wel ek het aan die eiendomsagent
> daar gesê dat ek slegs vir ses maande sal verhuur. So my beplanning is
> om daarheen te verhuis omgewing eerskomende April. Dit is nie met
> opset so bedoel nie, maar dit pas ook mooi in dat uShaka Island
> beoog om in April oop te wees.
>
> Dit is 'n omgewing wat beleggingspotensiaal het, want dit is so dat
> die hele omgewing gaan opgeknap word. Die ontwikkelaars het aan
> my 'n Powerpoint aanbieding gestuur wat sowat 18mb groot is. Jy sal
> moet kom kyk hoe dit daar lyk volgende jaar:-)
>
> Daar is nog besluite wat ek moet neem waarvoor ek darem 'n paar mande
> het. Besluite soos om hier te verkoop of om hier te verhuur.
>
> Jy sal voor jy volgende jaar kom kyk, moet skakel sodat ek die
> koffiewater solank kan warm maak.
>
> DD

Ek was nog nooit weer terug SA toe nie...
Ek kan verstaan waarom jy Durban toe wil trek, ek was eens op 'n tyd baie
lief vir Durban. Gaan jy dan voltyds met eiendom spekuleer of gaan jy net
aan jou surf tegniek werk?

Lorinda
Vorige onderwerp: Afzonderlijke ontwikkeling
Volgende onderwerp: Aardklop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 11:01:55 MGT 2024