Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Millenium Blues - M. van Biljon
Millenium Blues - M. van Biljon [boodskap #25487] Ma, 23 Augustus 1999 00:00
Willem Cool  is tans af-lyn  Willem Cool
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Junior Lid
MILLENIUM BLUES - Deur Madeleine van Biljon

Die meee...llium maak my klaar, klaar, klaar.
Die meee...llium maak my naar, naar, naar.
Die millenium maak my op, op, op.
Oor millenium kruip ek in my dop.
Wil nie paartie nie, wil nie drank drink,
Wil met niemand in die straat rinkink.
Wil van geeneen se voorbodes weet
Nog minder van hul vreesbevange kreet.
Dis ook waar van vuurwerk en balonne
En diereliefhebbers se verskrikte honne.
Kompers wat begin te lol
Moet wegbly van my besond're kol
So ook mense vol verdriete
Want almal bewe soos riete
Omdat die son twyfelloos sal stilstaan
Wanneer die millenium verbygaan.
O, red my van die simpel mense
Vol onsin en ook sonder grense.
Ek gaan my toevou in 'n wolkombers
En swetend op my tande kners.
Tot met die slag van middernag
Ek verlos word van die sware vrag
Van: wat doen jy met mee-llennium
Wat kom daar met mee-llennium
Die land brand met millennium,
Draai soos 'n tol, wip soos 'n bal
Skud een en ander, dalk almal.
Omdat die ou kalender draai
Is ons almal skielik in ons maai.
Hoera, hoera, millennium, mee-llennium!!
Vorige onderwerp: David Ike teorie:Waar of vals?
Volgende onderwerp: Re: Vuurwapens - en klein ongelukkies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 23:20:26 MGT 2024