Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Advies vir finansiele sukses
Re: Advies vir finansiele sukses [boodskap #25171] Wo, 04 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 03 Aug 1999 19:07:46 -0800, reisiger wrote:

|Hoe meer mense besighede van hulle eie besit, hoe
|veiliger sal ons land wees, en hoe beter ons stede en
|dorpe wees, want die mense wat belangstel in die land en sy
|mense is die beste burgers.
|
Ek het my swaer en ook 'n neef van my vrou beny omdat hulle hulle eie besighede
besit het en vir hulleself gewerk het, maar binne twee jaar het die situasie nou
omgeswaai en is altwee se sake in die mark - die regering se regulasies en nuwe
wetgewing begin blykbaar nou baie hard squeeze en dis glo nie meer so winsgewend
nie.

Hoe ervaar ander ouens dit?
Re: Advies vir finansiele sukses [boodskap #25452 is 'n antwoord op boodskap #25171] Sa, 21 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan nie kommentaar lewer op andere se besigheids
filosofie nie. En die volgende pararaaf beskuldig hulle
glad nie van onetiese bedrywighede nie.

Volg Jesus se advies - betaal aan die Keiser wat die Keiser
toekom, en betaal aan God wat God toekom. Dit werk.
Respekteer die Staat - dit is 'n Goddelike instelling, maar
weet alles kom van God af. Is ons nie God se diplomate op
aarde nie? Araham Lincoln het gesê die mens is nie geskape
om perfek te lieg nie. So betaal dus in alle eerlikheid. En
slaap rustig in die aande, sonder om jou tyd te sit en mors
enjouself dood te bekommer of jy uitgevang gaan word of
nie.

Vorige onderwerp: 'chat' en nuusgroepe
Volgende onderwerp: Pierre du Plessis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 16:18:10 MGT 2024