Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Dankie en tot siens
Re: Dankie en tot siens [boodskap #25066] Vr, 30 Julie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
reisiger writes:


> Vir diegene wat ek beledig het, vra ek onverskoning. Verder
> gaan ek niks meet hier pos nie.

Reisiger, as jy nog daar is: moenie afgaan
nie. Dis die beste ding wat jy kan doen: om
net daar te wees, en so nou en dan van jou
te laat hoor. Ons klomp hier is soos mense
wat in die aand om die kampvuur sit. Ons
klets en argumenteer dat dit kraak, maar
waarom dink jy ons sit almal om die vuur?
Omdat ons daarvan hou om om hierdie spesifieke
vuur te sit. En ek het daarvan gehou dat jy
om hierdie vuur sit.

Gloudina
Re: Dankie en tot siens [boodskap #25067 is 'n antwoord op boodskap #25066] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
reisiger writes:
Kanada is seker koud.

Johan, as jy maar weet hoe ons sit
en krepeer van die hitte op die
oomblik. Met die humidex is dit
byna altyd in die dertigs C, En
daar is 'n droogte in die noord-
ooste van die Noord-Amerikaanse
Vasteland. Maar ons eet lekker
mielies op die oomblik. Die wit
varieteit waarmee ek grootgeword
het in SA het die oorspronklike
geel mielie nou al omtrent heelte-
mal oorgeneem. Hulle adverteer
dit nog as "peaches and cream"
maar dis omtrent heel wit nou.
Toe ek eerste in Noord-Amerika
kom bly het, was die mielies geel.
En as ek kla dat die mielies nie
mooi wit (en sag) is nie, dan kyk
die mense vir my asof hulle dink
dat hierdie vroumens uit SA ook
net "wit" mielies wil eet. So ek
het later maar opgehou kla. Ek
weet nie of hulle nog die geel
mielie kweek apart nie, soos vir
diere voer en dies meer. Al wat
ek weet is dat die geel mielie
baie harder is as die wit mielie,
en ek dink, meer bestand teen
insekte.

Gloudina

Gloudina
Vorige onderwerp: Boodskap aan die Jode, en Rabbi Assabi
Volgende onderwerp: Dankie en tot siens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 15:37:47 MGT 2024