Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dankie en tot siens
Dankie en tot siens [boodskap #25068] Vr, 30 Julie 1999 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Het probeer om op 'n persoonlike ego-trip as 'n geestelike
leier hier vir 'n paar dae aangesluit met die doel om vrede
in SA te bewerkstellig. En eenheid en rekonsiliasie te
probeer kry.

Maar dit sal nie in 'n publieke situasie werk nie - slegs
op 'n persoon tot persoon situasie. Hier het ek aannames
gemaak in terme van groepe, en gedink ek weet alles. Maar
eintlik weet ek niks. Ons is almal kompleks - groep is 'n
illusie. Ons het verskillende ondervinde, persoonlikhede,
vermoens, verskillende mense wat ons mee in aanraking kom,
verskillende ouers, ens. In hierdie unieke uitdrukking is
ons almal eenders. Dit is die paradoks van eenheid.

Vir diegene wat ek beledig het, vra ek onverskoning. Verder
gaan ek niks meet hier pos nie.

Dat die Gloudina "Rosenkowitz sesling" Libbies hulle kop in
die grond het is 'n infame leuen. Hulle vlieg soos duiwe.
Dit het hulle my geleer en daarvoor bedank ek hulle. Ek het
gedink ek is neutraal, wat ek glad nie is nie. Hel oor na
die regse kant toe aanhoudend.

Maar die Regses, wat ek ook probeer help het, en nooit
geantwoord het nie, vir julle se ek dankie. Ek kan nie
julle nie help, en 'n Libby kom intjip nie.

Aan die einde van die dag kan 'n mens net soos Leendert sit
en alles met 'n fyn oog dophou, sonder om emosioneel
betrokke te raak. Ek sê vir jou dankie vir daardie
voorbeeld.

Vriendelike groete.

Re: Dankie en tot siens [boodskap #25069 is 'n antwoord op boodskap #25068] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Tannie Gloudina, nou gloei jou pragtige hart van
die liefde van Afrikanerskap. Eh hou van my Dina, my Dina.
my Dina. Hiermee gee ek jou die lekkerste druk van
onvoorwaardelike liefde. Kanada is seker koud. Seker jy sal
dit waardeer. Ek glo aan eerlikheid. Vantevore was ek hier,
en het my siel tot in die diepste onbloot. David Icke se
boek, "I am me I am free" help baie om uit die diepste
seerkry te kom - isolasie. Ek is vry - op al vier vlakke.
As mens moet ons nie ons harte wegsteek nie.

Ek sien as mense jou verstaan, en jou raad gee om andere te
verstaan, dan val die mure van Jerigo wat ons so om ons
bou. Die laers waarna ons altyd hardloop is nog 'n Jerigo
muur waarmee ons ons pragtige liefde probeer toebou.

Na die "inval" toe 'n girl gekry. Sy noem my 'n
koppiedokter. En ek geniet dit om die politiek te verander.
Ek se vir jou dankie vir hierdie boodskap. Graaf wil ek
regmaak wat ek opgeneug het, en so genesing aan ons
pragtige reenboognasie te bring.

Al geleer om aan te pas en saam met die Progge te dans soos
'n Prog, en saam met 'n Regse soos 'n Regse.

Nou is dit die tyd om dinge reg te maak.
Lief vir almal hier.

Liefde groete
Reisende Johan

Vorige onderwerp: Re: Dankie en tot siens
Volgende onderwerp: Lag jou Gat af!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 10:51:21 MGT 2024