Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Oor Ikone
Re: Oor Ikone [boodskap #24872] So, 25 Julie 1999 00:00
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Kwarantyn" wrote:
>> Die dreigemente het gespruit uit 'n voorbladfoto en -berig eergister in
> die
>> Sowetan waar hy en sy hond, Max, voor in sy bakkie ry. Agterop die bakkie
>> het mnr. Gert Mokgalaka, een van sy werkers, uitdrukkingloos voor hom
> gesit
>> en uitstaar.
>>
>> Smith sê die enigste rede waarom Mokgalaka agterop gesit het, is omdat hy
>> gasbottels moes vashou om te keer dat dit rondrol.
>
> Ja, Leendert, Smith het reg. Daar is geen ander manier om te keer dat
> gasbottels agter op 'n bakkie rondrol nie, as om 'n mens daar te hê om dit
> vas te hou nie. Daarvoor MOET jy iemand agterop laat ry. Die gasbottels is
> immers sekerlik te groot om voor in die bakkie te laai.

In de meeste landen is het verboden om gasflessen in afgesloten ruimten te
vervoeren, en daar helpt ook een open raam niet tegen. Een gas-ontbranding
in de vrije lucht is veel minder waarschijnlijk (door de lagere
concentratie), en relatief ongevaarlijk zelfs *als* het ontbrandt,
terwijl het in een afgesloten ruimte door de drukopbouw potentieel dodelijk
is (idem dito voor rondvliegende stukken glas en metaal).
Dit is een van de redenen dat het meest efficiente en eco-vriendelijke
airco-gas, propaan/buta, wel gebruikt wordt in koelkasten, maar niet in
auto's.
Daarnaast daag ik je uit om een standaard gasfles voorin een pickup/bakkie
te zetten zonder dat de bestuurder daar last van heeft (hoe hard ga jij
schreeuwen als zo'n iemand bij een uitwijkmanoeuvre de macht over het stuur
verliest omdat zo'n fles op zijn schoot terechtkomt, en jou het ziekenhuis
in rijdt?).

> Ag nee wat, soos 'n kollega van my nou die dag vir my gesê het (ook uit
> konteks uit, natuurlik!): Get real!!

Gebruik je verstand eens, en kraam niet van die onzin uit.
Door figuren zoals jij gebeuren ongelukken met gas.

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Oor Ikone [boodskap #24873 is 'n antwoord op boodskap #24872] So, 25 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Kwarantyn" wrote:
> Tipies nou weer van 'n "figuur zoals jij" om die punt volkome mis te kyk en
> op loop te sit met 'n idee. Vertel my bietjie van die statistiek in verband
> met ongelukke van die aard wat jy beskryf. Ek leer graag van jou, maar
> praat dan sin. Nie soos iemand wat die klok hoor slaan het, maar nie 'n
> idee het waar die klepel sit nie.

Als jij gasflessen binnenin een voertuig wilt vervoeren, op de voorbank,
dan gaan mijn haren toch echt recht overeindstaan.
Graag iets beter nadenken voordat je oordeelt over een situatie.

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Oor Ikone [boodskap #24874 is 'n antwoord op boodskap #24872] So, 25 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Tipies nou weer van 'n "figuur zoals jij" om die punt volkome mis te kyk en
op loop te sit met 'n idee. Vertel my bietjie van die statistiek in verband
met ongelukke van die aard wat jy beskryf. Ek leer graag van jou, maar
praat dan sin. Nie soos iemand wat die klok hoor slaan het, maar nie 'n
idee het waar die klepel sit nie.
Re: Oor Ikone [boodskap #24875 is 'n antwoord op boodskap #24872] So, 25 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Die dreigemente het gespruit uit 'n voorbladfoto en -berig eergister in die
> Sowetan waar hy en sy hond, Max, voor in sy bakkie ry. Agterop die bakkie
> het mnr. Gert Mokgalaka, een van sy werkers, uitdrukkingloos voor hom gesit
> en uitstaar.
>
> Smith sê die enigste rede waarom Mokgalaka agterop gesit het, is omdat hy
> gasbottels moes vashou om te keer dat dit rondrol.

Ja, Leendert, Smith het reg. Daar is geen ander manier om te keer dat
gasbottels agter op 'n bakkie rondrol nie, as om 'n mens daar te hê om dit
vas te hou nie. Daarvoor MOET jy iemand agterop laat ry. Die gasbottels is
immers sekerlik te groot om voor in die bakkie te laai.

Ek stem saam met jou, die ikoondrywery hou nie op nie. (Ook nie jou
kleinlike geklap, sommer so in die verbygaan, na Kanadese nie.) Smith kon
nie 'n beter ikoon uitgebeeld as hy dit doelbewus nagestreef het nie. Ek
bedoel nou: 'n blanke man voor in 'n bakkie, met sy hond, en agterop die
swarte. Konteks maak nie saak nie. Wie kan konteks uitken en herken aan die
uiterlike?

Ag nee wat, soos 'n kollega van my nou die dag vir my gesê het (ook uit
konteks uit, natuurlik!): Get real!!
Re: Oor Ikone [boodskap #24876 is 'n antwoord op boodskap #24872] So, 25 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> Toe Boerehaat amper 'n internasionale tydverdryf geword het (wat nou nog
> deur mense soos Gloudina voortgesit word).

Dit lyk my ek sal, net soos Mnr. Peet Smith
iets moet probeer doen aan die beswaddering
wat daar nou daagliks teen my op hierdie
nuusgroep deur Leendert van Oostrum gepleeg
word.

Ek het egter uiteindelik die lig gesien -
Ek kon nooit verstaan hoekom Leendert my
beskuldig dat ek vol "Boerehaat" is nie.
In my onskuld het ek natuurlik "Boere"
verwar met Afrikaners. Meeste mense sien die
twee as identies. (Miskien is dit 'n outydse
realiteit, besef ek nou.) En niemand kan my
beskuldig van haat teen Afrikaners nie. My
eie familie is almal Afrikaners. My vriende
en kubervriende in SA is almal Afrikaners.
Inderdaad, as iemand my van iets kan beskuldig,
is dit my pogings dat die naam van die Afrikaner
weer respek moet afdwing.
Maar nou sien ek die lig, Leendert bedoel met
"Boere" nie Afrikaners nie. maar 'n mitiese groep
mense wat altyd bedreig word teen die magte van
buite, wat onskuldig is van alle onheile wat in
apartheids-tydperk gedoen is, en nou lang lyse van
onregte maak wat "teen hulle" gepleeg word, ens.
Hy praat, besef ek nou, van dieselfde "Boere"
as wat Frikkie praat, en al die ander wat maak asof
hulle vir die Afrikaner praat, maar hulle gee nie
om dat hulle omgangstaal in omtrent alle gevalle
Engels geword het nie. Dus, besef ek met 'n skok,
die "Boeretaal" is nie altyd eens meer Afrikaans
nie. Sies Leendert, jy en Frikkie en al julle ander
liggewigte, het die term "Boer" geskaak en bevuil,
sodat ek tweekeer sal dink voordat ek dit weer gebruik
om die groep waarvandaan ek afstam "Boere" te noem.
Ons in die Noordkaap het in alle geval die term "Boer"
nie vreeslik baie gebruik nie (meestal net in verwysings
na die Tweede Vryheidsoorlog.) Die term "Boer," besef
ek nou, is 'n "Transvaalse" term.
So, ou Leendert, sing maar voort op jou nuutste
wysie oor "boerehaat." Ek dink meeste Afrikaners op
hierdie nuusgroep sien jou vir wat jy is: iemand
wat desperaat besig is om aandag te trek. Ek wonder
soms of jy nie maar net 'n Nederlander is, wat besig
is om angstig deel te probeer voel van 'n nuwe groep nie.
Wees gerus. Afrikaners is trotse en eerlike mense en
is stadig besig om vir hulle te dissosieer van die
elemente in hulle midde wat hulle goeie naam in die
middel van hierdie eeu begin beswadder het.

Gloudina
Re: Oor Ikone [boodskap #24877 is 'n antwoord op boodskap #24872] So, 25 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
flappie  is tans af-lyn  flappie
Boodskappe: 27
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ag, vriend, jy is ook weer soos een van daardie outjies wat
hulle broekies bevuil by die geringste ding. Sien iewers
ietsie raak wat gevaarlik lyk, en vergeet dan toetentaal
die draad van die gesprek - as hulle dit ooit raakgesien
het - en trek dan los sommerso in 'n skewe rigting, weg van
die punt af. Dankie tog vir Microsoft se "Block sender"
funksie. Nou hoef ek nie jou onsinnige repliek te lees nie.

Vorige onderwerp: Re: Staak dit tog nou! - You go, gilr!
Volgende onderwerp: kyk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 08:12:59 MGT 2024