Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Swartkomyn" deur P.W. BUYS
"Swartkomyn" deur P.W. BUYS [boodskap #24870] Sa, 24 Julie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
SWARTKOMYN
Jesaja 28:27
P.W. Buys

Die landman weet hoe fyn
die klein swart saadjies is -
hy saai hul met 'n ligte hand
in vakkies in 'n sagte land.
Wanneer die oes- en dorstyd kom,
word swartkomyn nie met die skop
soos koring, gars en spelt wyd op
die dorsvloer oopgestrooi
waar beeste trap en perde draf,
wawiele oor die stoppels gaan,
die dorsslee stamp en skeur en skok -
komyn word in 'n sak gegooi
en saggies met 'n ligte stok
geslaan.
Vorige onderwerp: "Fabel" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Die Bidder" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 14:08:57 MGT 2024