Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Fabel" deur D.J. OPPERMAN
"Fabel" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #24832] Do, 22 Julie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
FABEL
D.J.Opperman

Onder misbredie
in die reën uitgestrek,
voer twee erdwurms
'n spits gesprek

oor "ek" en "jy"
en "my kontrei",
oor "hier was eerste
my krot van klei."

'n Toevallige graaf
het toevallig gesak,
die twee erdwurms
middeldeur gekap:

Vier erdwurms
ruk slymerig voort -
die "ek's" en die "jy's"
twyfel waar hulle hoort.

In digter bredie
by die herontmoet
het elkeen beleef
homself gegroet.
Vorige onderwerp: "Foto" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Swartkomyn" deur P.W. BUYS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 08:38:09 MGT 2024