Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Voordat jy die Serbiers veroordeel, dink hieroor.
Re: Voordat jy die Serbiers veroordeel, dink hieroor. [boodskap #24714 is 'n antwoord op boodskap #24406] Di, 13 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Kannie nou met die bal speel nie! Nick Mallet het dit afgevat van die bokke
omdat hulle so sleg gaan staan en verloor het daar in N Zeelnad! 28 - 0
Verbeel jou!!!
Groete uit 'n lekker nat Matieland.

Stellenbosch is en bly nog altyd 'n pragtige plek. Die universiteit is hier
om te bly, en sal hopelik die taalkwessie kan uitsorteer. 'n Interessante
verwikkeling is dat 'n hele aantal (tans ongeveer 25 - 30%) van ons studente
uit die tradisioneel Engelstalige areas kom. Selfs uit die "Last british
outpost" (Natal) het ons heelwat studente. Ek kom dikwels op kampus en dit
is baie opvallend hoeveel studente Engelssprekend is, maar dan hoor ook hoe
hulle besig is om Afrikaanse vakterme te gebruik. Ek self sien dit as 'n
bonus, want dan word die dosentekorps verplig om hulle Engels te verbeter,
en die Engelssprekende studente kry weer 'n goeie basis van Affrikaans.
Baie Engelssprekende studente het dikwels nie 'n goeie praat Afrikaans
ontwikkel op skool nie, juis omdat dit net as 'n akademiese vak (dikwels as
tweede taal) aangebied word. Sover my kennis strek, word lesings wel in
Afrikaans aangebied, maar staan dit studente vry om die dosent te vra om ook
in Engels te doseer, of dan te verduidelik.

Ons Afrikaans sprekendes is mos heel dikwels soos hulle in Namakwaland sal
sê: Engels is nie 'n tweede taal nie! Dis 'n "forin lêngwiets"!
Eenkeer gehoor van die ou wat so bekommerd was oor die ingels praat op 'n
oorsese toer. Sê sy maat vir hom: "Wat worry jy jou daaroor? Luister net
na ou Koos! Hy "us" as hy moet "we" en "we" as hy moet "us" en hy kom heel
goed oor die weg!

Werk net hier op kampus en weet nie veel van wat in die akademiese kant van
sake aangaan nie. My "bedryf" is administratiewe rekenaarstelsels...

Shannon wrote in message ...
> Ai, oom Hans, hierdie gesprek van Leenderd, loop oor van sarkasme. Ek is
> bevrees, sy opmerkings oortref my en Gloudina s'n van 'n paar maande terug!
> ;-)
>
> Plaas dat hy die bal speel...
Vorige onderwerp: taalvraagjie...
Volgende onderwerp: Re: Informazioni
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 05 05:49:21 MGT 2024