Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Whiskey kultuur!
Whiskey kultuur! [boodskap #24598] Wo, 07 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 07 Jul 1999 13:55:37 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

Ek gaan jou Whiskey aanbevelings probeer, dankie. Idioot wat ek is, besef ek
nou eers dat ek maar meer as een bottel op 'n slag kan aanhou in die huis om te
vergelyk, al drink ek so stadig aan die goed.

|betref het. Snaaks, Kapenaars het altyd Rum gedrink (Red Heart) - iets wat ons
|weinig gedrink het. Dan weer, wanneer ons vriende in Durban besoek het, was
|dit ongetwydeld Cane of ander wit spirits. Was hierdie streeksverskeidenheid
|ook ter sprake onder die Afrikaner? Ek skat ek wil my 1-2-3 stereotipe toets
|(1 liter klipdrift, 2 liter coke, 3 liter kombi :-)

Ek het in 'n huis grootgeword waar ons gewoonlik net met Sondagmiddagetes wyn
gedrink het en dan het my pa soms in die aande miskien 'n glasie sjerrie
gedrink. Hy was baie lief vir sjerrie en hanepoot van Drakenstein af.

Ek was al redelik oud toe ek my pa die eerste keer en een van die min kere sien
brandewyn drink het, saam met Coke, ja.

My eerste kennismaking met "hardehout" was eers in die army toe die Ingelsman
saam met my in Grootfontein 'n bottel Whiskey gekoop het en 'n paar blikkies
Ginger Ale. Ek sal nooit vergeet hoe ons een aand laat plat op die konkreit
iewers in die grote Grootfontein kamp gaan sit en gesels het met die bottel
Whiskey en die Ginger Ale tussen so vyf van ons nie.

Die kombinasie was vir my so sleg ek het gevoel dit kom direk uit die
onderwereld. Die res van die aand het ek maar skoon Ginger Ale gedrink.

Nog baie stories rondom ons kroeg gewees daar in Grootfontein - die boerbok wat
bier gedrink het - die miljoener wat vir drie maande kampe gekom het (gratis
drank vir die hele sein en mp kamp elke aand) - en die kroegman wat drankies
omgeruil het en so gehelp het dat ek my rekord kom behou van nooit dronkword
nie.

Toe is ek in Tsitsikama Whiskey aangebied saam met Coke - en dit was baie meer
aanvaarbaar! Stadigaan het ek die Coke minder gemaak, want ek het begin
agterkom daar skuil iets meer omder die lagie soet.

Vandag kan ek my nie indink dat jy iets anders as ys en dalk water by Whiskey
sal sit nie!

Brandewyn se smaak is nie vir my lekker nie - nie eers saam met Coke nie.
Hoekom sal 'n mens nou Coke so wil bederf?
Re: Whiskey kultuur! [boodskap #24599 is 'n antwoord op boodskap #24598] Wo, 07 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com (Johan) wrote:
>
> Vandag kan ek my nie indink dat jy iets anders as ys en dalk water by Whiskey
> sal sit nie!
>

Melk. Skoon melk.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Whiskey kultuur! [boodskap #24632 is 'n antwoord op boodskap #24598] Do, 08 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Shannon" wrote:
>
> Johan wrote in message ...
>> On 07 Jul 1999 13:55:37 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
>>
>> Brandewyn se smaak is nie vir my lekker nie - nie eers saam met Coke nie.
>> Hoekom sal 'n mens nou Coke so wil bederf?
>
>
> Weet jy waar is brandewyn wel lekker? 'n Eetlepel brandewyn per koppie meel
> in jou pannekoekdeeg! Wel, hulle sê dit maak die pannekoek sag en waarvoor
> sal ek dan nou stry? ;-)

Flesje bier op 2 liter beslag.

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Whiskey kultuur! [boodskap #24634 is 'n antwoord op boodskap #24598] Do, 08 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 7 Jul 1999 22:21:56 +0200, "Shannon" wrote:
|
|Weet jy waar is brandewyn wel lekker? 'n Eetlepel brandewyn per koppie meel
|in jou pannekoekdeeg! Wel, hulle sê dit maak die pannekoek sag en waarvoor
|sal ek dan nou stry? ;-)
|

O ja, nee kyk, as dit by so iets kom, stem ek heeltemaal saam.

Ouma Anne se Kerspoeding was ook maar nie noemenswaardig sonder die
brandewyn sous nie!
Re: Whiskey kultuur! [boodskap #24635 is 'n antwoord op boodskap #24598] Do, 08 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Brandewyn se smaak is nie vir my lekker nie - nie eers saam met Coke nie.

Die 'Van Ryn's' is darem lekker ! Maar moet asseblief nie enigiets daarby
gooi nie ! Nóg coke, nóg water !
Groete.
Hilda.

--
E- mail :gervaas...@ping.be en hilda....@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005 en
http://myhuisie.webjump.com en
http://www.oocities.org/EnchantedForest/Tower/9054
Re: Whiskey kultuur! [boodskap #24665 is 'n antwoord op boodskap #24598] Vr, 09 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Stem saam oro die Van Rhyn!! Skoon so van sy ma af, en hy's tops!

Gehoor van die bolander wat familie in die karroo besoek, en van die bekende
KWV se voggies saamneem as pasella:
Maak die boks oop vir die familie en gee so twee bottels 5 jaar KWV aan. Sê
een van die kinders: "Jirre Pa! Ma' is mos KWV!"
"Stil jong!" seg die patriarg aan sy telg "Dis net vir medisyne, en al vrek
julle ok, julle sal nie daarvan kry nie"
Groete uit die Boland, waar die son skyn en die winter nie wil kom nie!

Gervaas Hellin wrote in message ...
>> Die Brandewyn se smaak is nie vir my lekker nie - nie eers saam met Coke nie.
>
> Die 'Van Ryn's' is darem lekker ! Maar moet asseblief nie enigiets daarby
> gooi nie ! Nóg coke, nóg water !
> Groete.
> Hilda.
>
Vorige onderwerp: Re: Naamsveranderings was:Afgedankte Onderwyser
Volgende onderwerp: Bongo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 02:02:49 MGT 2024