Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bongo
Bongo [boodskap #24651] Vr, 09 Julie 1999 00:00
bongo  is tans af-lyn  bongo
Boodskappe: 10
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Terwyl ek luister na nog 'n lesing kom jy saggies
by my gedagtes ingewaai
en ek onthou jou glimlag en warmte
wat ek gemis het toe jy reeds weg was

Die roekelose nag in die Elgro
wat begin het met 'n verleidelike ysie
en ons dans en die musiek
was alles saam n' magiese spel
wat gestop het toe ek jou aflaai

Daardie bleek dag toe ons veroulaas
saam gery het en jy in my arms gehuil
Toe ek wegry met 'n groter seer as wat jy ooit sou weet
en ek jou moes los
in al wonderlikheid

Stadig het jy van my weg gesweef
terwyl my wiele al vinniger draai
want ek weet dit was die laaste waai
van my gedagtes

Bongo
Vorige onderwerp: Whiskey kultuur!
Volgende onderwerp: Re: SANW (was German->Afrikaans)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 05:08:35 MGT 2024