Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: borsslag..!
Re: borsslag..! [boodskap #24521] Di, 06 Julie 1999 00:00
André Swart  is tans af-lyn  André Swart
Boodskappe: 15
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Het julle gehoor!

Na 'n hele dag se swemgala is daar 'n gelykop uitslag vir die eerste plek.
Die beamptes en die vroue kom toe ooreen dat hulle die probleem gaan oplos
met een finale lengte borsslag. Die drie (gelykop) swemmers, 'n swartkop, 'n
rooikop en 'n blondine tree toe aan en spring weg dat die water spat. Die
swartkop en die rooikop dreun mekaar toe goed op maar die swartkop wen toe
met 'n haarbreedte. Die blondine kom omtrent 'n minuut later by die einde
aan maar met 'n groot gespat van water ...en natuurlik met groot beswaar oor
die ander twee. Die beamptes vra haar toe wat haar beswaar is waarna sy
antwooord..." maar hulle het dan hul arms gebruik!"

Groete

André
Vorige onderwerp: Die ligtere sy...van Student wees
Volgende onderwerp: Kritiese koerante in Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 15:14:23 MGT 2024