Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kritiese koerante in Afrikaans
Kritiese koerante in Afrikaans [boodskap #24245] So, 27 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In die tagtigerjare was Rapport en Die Burger (miskien in mindere mate) die
enigste Afrikaanse koerante wat gereeld die regering aangevat het. (Dis nou
benewens die verregse blaadjies soos die Afrikaner en Patriot).

Die afgelope vyf jaar was dit steeds die geval, want Beeld het beweeg van
hoofsaaklik onkritiese kruipery by een regering tot hoofsaaklik onkritiese
kruipery by die ander.

Nou het Naspers die redakteur van Beeld aangestel as redakteur van Rapport.
Ek het gewonder wat gaan gebeur. Miskien verbeel ek my, maar Rapport lyk
sommer onmiddelik meer "politiek korrek". Selfs Pollux is vandag totaal
sonder fut.

Nou wonder ek: Sal mens nou, soos die ou Sappe na die oorlye van Die
Landstem, voortaan hier in die Noorde aangewese wees op The Star, The
Citizen en die Sunday Times om berigte en menings te kry wat die regering
van die dag ook krities beskou?
Re: Kritiese koerante in Afrikaans [boodskap #24402 is 'n antwoord op boodskap #24245] Do, 01 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
> Interessant die verskillende maniere waarop Beeld en Die Burger vandag die
> stories rondom Mhlangu rapporteer.
>
> Die feite is omtrent alles identies.
>
> Maar Beeld swyg soos die graf oor Mbeki se aanval op die Openbare Beskermer.
>
> Lyk my mens moet maar Die Burger lees.
>
> Totdat Naspers daardie redakteur ook vervang met een wat die ANC goedgesind
> is.
>
Die Mail and Guardian se deuntjie het die afgelope jaar ook ietwat verander.
Dit was vir my voorheen 'n universele koerant en nou is hulle grootliks
gerig op SA, ekskuus die Nuwe SA. (Dit laat my weer wonder: Nou wanneer
gaan dit nie meer nuut wees nie?)
Re: Kritiese koerante in Afrikaans [boodskap #24453 is 'n antwoord op boodskap #24245] Sa, 03 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Thu, 1 Jul 1999 08:52:15 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> vandag die
>> stories rondom Mhlangu rapporteer.
>>
>> Die feite is omtrent alles identies.
>>
>> Maar Beeld swyg soos die graf oor Mbeki se aanval op die Openbare Beskermer.
>>
>> Lyk my mens moet maar Die Burger lees.
>>
>> Totdat Naspers daardie redakteur ook vervang met een wat die ANC goedgesind
>> is.>>
>
> Check jou onderrok, Leendert!
> Dit hang uit.

Ek check toe.

En toe's dit nog steeds Mbeki se aanval op die openbare beskermer wat
uithang.

En Beeld wat daaroor swyg.

Of dink jy ook nie dis nuuswaardig nie?

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Kritiese koerante in Afrikaans [boodskap #24454 is 'n antwoord op boodskap #24245] Sa, 03 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 1 Jul 1999 08:52:15 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

stories rondom Mhlangu rapporteer.[/color]
>
> Die feite is omtrent alles identies.
>
> Maar Beeld swyg soos die graf oor Mbeki se aanval op die Openbare Beskermer.
>
> Lyk my mens moet maar Die Burger lees.
>
> Totdat Naspers daardie redakteur ook vervang met een wat die ANC goedgesind
> is.>>

Check jou onderrok, Leendert!
Dit hang uit.
Re: Kritiese koerante in Afrikaans [boodskap #24467 is 'n antwoord op boodskap #24245] So, 04 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Jun 1999 23:19:51 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

Nou dat Leendert daarna verwys: Kan die van die deelnemers aan die
groep wat koerante in die 60's, 70's en 80's gelees het, nog onthou
hoe Die Burger en Rapport baklei het teen apartheid?
Hoe die twee koerante die NP regering gekritiseer het en hulle nooit
laat verlei het om die NP te steun "come hell or high water" nie.
Dit was die dae, ne?
Die lekker ou fight teen apartheid onder die banier van Die Burger en
Rapport.

enigste Afrikaanse koerante wat gereeld die regering aangevat het. (Dis nou[/color]
> benewens die verregse blaadjies soos die Afrikaner en Patriot).
>
> Die afgelope vyf jaar was dit steeds die geval, want Beeld het beweeg van
> hoofsaaklik onkritiese kruipery by een regering tot hoofsaaklik onkritiese
> kruipery by die ander.
>
> Nou het Naspers die redakteur van Beeld aangestel as redakteur van Rapport.
> Ek het gewonder wat gaan gebeur. Miskien verbeel ek my, maar Rapport lyk
> sommer onmiddelik meer "politiek korrek". Selfs Pollux is vandag totaal
> sonder fut.
>
> Nou wonder ek: Sal mens nou, soos die ou Sappe na die oorlye van Die
> Landstem, voortaan hier in die Noorde aangewese wees op The Star, The
> Citizen en die Sunday Times om berigte en menings te kry wat die regering
> van die dag ook krities beskou?>>

>
Re: Kritiese koerante in Afrikaans [boodskap #24499 is 'n antwoord op boodskap #24245] Ma, 05 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Sun, 27 Jun 1999 23:19:51 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> Nou dat Leendert daarna verwys: Kan die van die deelnemers aan die
> groep wat koerante in die 60's, 70's en 80's gelees het, nog onthou
> hoe Die Burger en Rapport baklei het teen apartheid?

Hmmm.... Ek kan nou nie juis onthou dat hulle baklei het teen "apartheid"
nie. (Maar, nou ja. "Apartheid" het soveel betekenisse, mens sal seker nooit
weet nie.)

Wat ek wel onthou, is dat hulle heel gereeld en konsekwent die regering van
die dag "aangevat" het (die term wat ek gebruik het) as daar tekens was van
magsmiskbruik.

> Hoe die twee koerante die NP regering gekritiseer het en hulle nooit
> laat verlei het om die NP te steun "come hell or high water" nie.
> Dit was die dae, ne?
> Die lekker ou fight teen apartheid onder die banier van Die Burger en
> Rapport.

Hmmm.... Ek reken hulle het in die algemeen _wel_ die NP gesteun. Of dit nou
die resultaat was van "verleiding", sou ek nie kan sê nie.

Maar wil jy nou hier suggereer dat Beeld hom laat verlei het om die ANC te
steun - en dat dit die rede is waarom hy nie Mbeki se aanval op die Openbare
Beskermer gerapporteer het nie?
Re: Kritiese koerante in Afrikaans [boodskap #24500 is 'n antwoord op boodskap #24245] Ma, 05 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 5 Jul 1999 10:40:27 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

steun - en dat dit die rede is waarom hy nie Mbeki se aanval op die Openbare[/color]
> Beskermer gerapporteer het nie?>>

Nee. Leendert.

Ek het maar net die goeie ou dae in herinering geroep toe Die Burger
en Rapport so krities teenoor die NP regering was!!

Ai die ou dae, ne?

Darem so hard gekritiseer.
Re: Kritiese koerante in Afrikaans [boodskap #24517 is 'n antwoord op boodskap #24245] Di, 06 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> Ja, dit was beter as die gebrek aan kritiek wat ons in Beeld gesien het oor
> Mbeki se aanval op die Openbare Beskermer.


Mense, verskoon my onkunde, maar
verduidelik tog die sakie van die
"Openbare Beskermer." Is dit wat
ons in die res van die Engelse
wereld op goeie Sweeds 'n "ombudsman"
noem? En waaroor het Mbeki toe sy
bekkie gerek?

Gloudina
Re: Kritiese koerante in Afrikaans [boodskap #24518 is 'n antwoord op boodskap #24245] Di, 06 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Tue, 6 Jul 1999 10:09:44 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> Burger
>>> en Rapport so krities teenoor die NP regering was!!
>>>
>>> Ai die ou dae, ne?
>>>
>>> Darem so hard gekritiseer.
>>
>>
>> Ja, dit was beter as die gebrek aan kritiek wat ons in Beeld gesien het oor
>> Mbeki se aanval op die Openbare Beskermer.>>
>
>
> Jissie jy was seker ook n groot kritiseerde, ne Leendert!
>
> Die stryd wat jy destyds gevoer het was seker moeilik, ne? Al die druk
> op jou en jy soos n vryheidsvegter ongeblus!!
>
> Seker daar waar jy geleer het om so heldhaftig te kritiseer soos jy
> vandag doen.
>

Hou jy dan nie van my kritiek nie?
Re: Kritiese koerante in Afrikaans [boodskap #24519 is 'n antwoord op boodskap #24245] Di, 06 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 6 Jul 1999 10:09:44 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

> en Rapport so krities teenoor die NP regering was!![/color]
>>
>> Ai die ou dae, ne?
>>
>> Darem so hard gekritiseer.
>
>
> Ja, dit was beter as die gebrek aan kritiek wat ons in Beeld gesien het oor
> Mbeki se aanval op die Openbare Beskermer.>>

Jissie jy was seker ook n groot kritiseerde, ne Leendert!

Die stryd wat jy destyds gevoer het was seker moeilik, ne? Al die druk
op jou en jy soos n vryheidsvegter ongeblus!!

Seker daar waar jy geleer het om so heldhaftig te kritiseer soos jy
vandag doen.
Re: Kritiese koerante in Afrikaans [boodskap #24520 is 'n antwoord op boodskap #24245] Di, 06 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Mon, 5 Jul 1999 10:40:27 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> ANC te
>> steun - en dat dit die rede is waarom hy nie Mbeki se aanval op die Openbare
>> Beskermer gerapporteer het nie?>>
>
> Nee. Leendert.
>
> Ek het maar net die goeie ou dae in herinering geroep toe Die Burger
> en Rapport so krities teenoor die NP regering was!!
>
> Ai die ou dae, ne?
>
> Darem so hard gekritiseer.

Ja, dit was beter as die gebrek aan kritiek wat ons in Beeld gesien het oor
Mbeki se aanval op die Openbare Beskermer.
Re: Kritiese koerante in Afrikaans [boodskap #24576 is 'n antwoord op boodskap #24245] Wo, 07 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 6 Jul 1999 12:55:17 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>

Nog nie eers daaraan gedink nie.
Ek staan maar net nederig verstom oor die stryd wat jy al die jare
gevoer het.

En verwonderd oor Die Burger en Rapport se stryd teen apartheid. Darem
goed ons het sulke instellings gehad. Reken nou net wat sou gebeur het
as hulle byvoorbeeld die NP regering net gaan staan en ondersteun het!
Vorige onderwerp: Re: borsslag..!
Volgende onderwerp: Openbare onsedelikheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 04:03:15 MGT 2024