Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ou sterke werkwoorde in Afrikaans
Ou sterke werkwoorde in Afrikaans [boodskap #2371] So, 31 Augustus 2003 08:48 na volgende boodskap
Hans Kamp  is tans af-lyn  Hans Kamp
Boodskappe: 94
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Ek het hierdie nuusgroep 'n partykeer besoek, en ek sien 'n paar ou sterke
werkwoorde. Byv. "verbonde" van "verbind". In ander boekies het ek gesien:
"afgeskrewe" van "afskryf". Ek dink dat werkwoorde met 'n figuurlike
betekenis sterke voltooi deelwoorde het.

Ekself is 'n Nederlander, maar voordat ek reageer het, het ek hier die
Afrikaans bestudeer.

Hans Kamp.
Re: Ou sterke werkwoorde in Afrikaans [boodskap #2373 is 'n antwoord op boodskap #2371] So, 31 Augustus 2003 09:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 31 Aug 2003 10:48:51 +0200, "Hans Kamp" wrote:
> Ek het hierdie nuusgroep 'n partykeer besoek, en ek sien 'n paar ou sterke
> werkwoorde. Byv. "verbonde" van "verbind". In ander boekies het ek gesien:
> "afgeskrewe" van "afskryf". Ek dink dat werkwoorde met 'n figuurlike
> betekenis sterke voltooi deelwoorde het.
>
> Ekself is 'n Nederlander, maar voordat ek reageer het, het ek hier die
> Afrikaans bestudeer.
>
> Hans Kamp.
>

Mense soos jy beïndruk my. Jou Afrikaans is so goed, dat ek gedink het
dat jy 'n Suid-Afrikaner is wat ge-emigreer het. Dit is nie 'n
probleem vir Suid Afrikaners en Nederlanders om mekaar se tale te
verstaan nie (julle praat buitendien 'n Afrikaanse dialek:-) maar om
so goeie Afrikaans te skryf, is bewonderenswaardig.
Tog kry ek die idee dat Nederlanders makliker Afrikaans leer as wat
ons Nederlands leer. Myns insiens het dit daarmee te doen dat ons
die taal vereenvoudig het (en meer prakties gemaak het?).

Hier gaan jy nog ons puriste ontmoet, in die vorm van Lorinda en
Katryn.

Speedy
Re: Ou sterke werkwoorde in Afrikaans [boodskap #2383 is 'n antwoord op boodskap #2371] So, 31 Augustus 2003 17:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Andries  is tans af-lyn  Andries
Boodskappe: 97
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Volle Lid
Welkom :-)

"Hans Kamp" skryf in boodskap news:biscob$hks$1@news1.tilbu1.nb.home.nl...
> Ek het hierdie nuusgroep 'n partykeer besoek, en ek sien 'n paar ou sterke
> werkwoorde. Byv. "verbonde" van "verbind". In ander boekies het ek gesien:
> "afgeskrewe" van "afskryf". Ek dink dat werkwoorde met 'n figuurlike
> betekenis sterke voltooi deelwoorde het.
>
> Ekself is 'n Nederlander, maar voordat ek reageer het, het ek hier die
> Afrikaans bestudeer.
>
> Hans Kamp.
>
Re: Ou sterke werkwoorde in Afrikaans [boodskap #2388 is 'n antwoord op boodskap #2373] So, 31 Augustus 2003 19:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Speedy Gonzales skryf in boodskap news:...
>
> Hier gaan jy nog ons puriste ontmoet, in die vorm van Lorinda en
> Katryn.
>
> Speedy

O baie snaaks Speedy. Taal puriste..... Dis ons. O ja. :-)
Baie welkom Hans. En rig asseblief alle taal vrae aan Speedy, hy is net beskeie.....

Lorinda
Re: Ou sterke werkwoorde in Afrikaans [boodskap #2389 is 'n antwoord op boodskap #2371] So, 31 Augustus 2003 19:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Andries" wrote:
> Welkom :-)
>

Welkom terug uit die woestyn Andries!


Lorinda
Re: Ou sterke werkwoorde in Afrikaans [boodskap #2390 is 'n antwoord op boodskap #2389] So, 31 Augustus 2003 19:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Andries  is tans af-lyn  Andries
Boodskappe: 97
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Volle Lid
Hoe't jy geweet waar ek was??


"Lorinda" skryf in boodskap news:4f858c51.0308311109.199fb757@posting.google.com...
> "Andries" wrote:
>> Welkom :-)
>>
>
> Welkom terug uit die woestyn Andries!
>
>
> Lorinda
Re: Ou sterke werkwoorde in Afrikaans [boodskap #2395 is 'n antwoord op boodskap #2373] Ma, 01 September 2003 08:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans Kamp  is tans af-lyn  Hans Kamp
Boodskappe: 94
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Speedy Gonzales skryf in boodskap news:...
> On Sun, 31 Aug 2003 10:48:51 +0200, "Hans Kamp"
> wrote:
>
>> Ek het hierdie nuusgroep 'n partykeer besoek, en ek sien 'n paar ou sterke
>> werkwoorde. Byv. "verbonde" van "verbind". In ander boekies het ek gesien:
>> "afgeskrewe" van "afskryf". Ek dink dat werkwoorde met 'n figuurlike
>> betekenis sterke voltooi deelwoorde het.
>>
>> Ekself is 'n Nederlander, maar voordat ek reageer het, het ek hier die
>> Afrikaans bestudeer.
>>
>> Hans Kamp.
>>
>
> Mense soos jy beïndruk my.

Naas 'n bietjie Afrikaans, praat ek ook Nederlands, Esperanto, Engels,
Duits. Ek het ook geprobeer, Russies te leer. Die Sirilliese
(Cyrillische) alfabet beheers ek perfek. Ek hou daarvan, om tale te
leer.

> Jou Afrikaans is so goed, dat ek gedink het
> dat jy 'n Suid-Afrikaner is wat ge-emigreer het.

Vroeër het ek 'n boekie gehad. Ek glo, dit heet: "Afrikaans, hoe om
dit maklik te leer praat."

> Dit is nie 'n
> probleem vir Suid Afrikaners en Nederlanders om mekaar se tale te
> verstaan nie (julle praat buitendien 'n Afrikaanse dialek:-) maar om
> so goeie Afrikaans te skryf, is bewonderenswaardig.

Die grammatika is iets, wat 'n mens tog moet leer. Byv. et het geleer,
dat die lidwoord altyd "die" is. In die Nederlands maak ons onderskeid
tussen manlike (de), vroulike (de) en onsydige selfstandige
naamwoorde.

Die sisteem van byvoeglike naamwoorde is in Afrikaans ingewikkelder as
in Nederlands. Sommige bnw's kry 'n e, andere bnw's nie. Na 'n
onbepaalde lidwoord kry 'n byvoeglike naamwoord nooit 'n e nie, voor
'n onsydige selfstandige naamwoord:

een aardige man - de aardige man
een aardige vrouw - de aardige vrouw
een aardig kind - het aardige kind

("Kind" is in Nederlands onsydig)

Maar die Afrikaanse sisteem is moeiliker vir my om te begryp.

Ek dink egter, dat my Afrikaans veel neerlandismes het (uitdrukkings
wat op Nederlands lyk, en wat vreemd is vir 'n Afrikaner).

Soms word ook "vir" gebruik vir 'n lydende voorwerp (as dit 'n persoon
is).

> Tog kry ek die idee dat Nederlanders makliker Afrikaans leer as wat
> ons Nederlands leer.

Dat dink ek ook. Ook baie Nederlanders het probleme om
verledetydsvorme juis te spel. Die vorme bestaan in Afrikaans net in
werkwoorde wat baie vaak gebruik word in Afrikaanse omgangstaal:

rusten - hij rust - ik rustte - ik heb gerust
landen - hij landt - ik landde - ik ben geland
werken - hij werkt - ik werkte - ik heb gewerkt
spelen - hij speelt - ik speelde - ik heb gespeeld

> Myns insiens het dit daarmee te doen dat ons
> die taal vereenvoudig het (en meer prakties gemaak het?).

Ek dink, Afrikaans is gebaseer op 17e- of 18e-eeus Nederlands.
Partykeer denk ik dat dit goed is, om bepaalde vereenvoudigings ook in
Nederlands in te voer.

Hans Kamp.
Re: Ou sterke werkwoorde in Afrikaans [boodskap #2399 is 'n antwoord op boodskap #2371] Ma, 01 September 2003 21:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans Kamp  is tans af-lyn  Hans Kamp
Boodskappe: 94
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:3f536ebd_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Andries" wrote in message
> news:biti1j$6vk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Hoe't jy geweet waar ek was??
>>
>
> Van 'n paar knap leidrade van Speedy...:-)))

Jou datum is nie korrek nie, volgens my Outlook se instellings.

Hans Kamp.
Re: Ou sterke werkwoorde in Afrikaans [boodskap #2400 is 'n antwoord op boodskap #2399] Ma, 01 September 2003 22:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
AJ  is tans af-lyn  AJ
Boodskappe: 441
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit gebeur gereëld, Hans. :-))
Ek het gewoond geraak daaraan. :-))
LOL

"Hans Kamp" skryf in boodskap news:bj0f9h$31h$1@news1.tilbu1.nb.home.nl...
>
> "Lorinda" schreef in bericht
> news:3f536ebd_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>>
>> "Andries" wrote in message
>> news:biti1j$6vk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Hoe't jy geweet waar ek was??
>>>
>>
>> Van 'n paar knap leidrade van Speedy...:-)))
>
> Jou datum is nie korrek nie, volgens my Outlook se instellings.
>
> Hans Kamp.
>
Re: Ou sterke werkwoorde in Afrikaans [boodskap #2402 is 'n antwoord op boodskap #2390] Di, 02 September 2003 00:14 Na vorige boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Andries" skryf in boodskap news:biti1j$6vk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hoe't jy geweet waar ek was??
>

Van 'n paar knap leidrade van Speedy...:-)))

Lorinda
Vorige onderwerp: Veel later...
Volgende onderwerp: 'n Nuwe kietergeftie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 18:29:23 MGT 2024