Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor linkerhaakhoue, leunstoelkritiek, en neurone
Oor linkerhaakhoue, leunstoelkritiek, en neurone [boodskap #23635] Vr, 04 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hey Gloudina

Luister 'n slag. Ek weet hier is 'n paar nare ouens (en vrouens) wat jou
hardepad gee op die die ng, maar ek is bevrees jy het die vermoe om jou
hulle linkerhaakhoue te blok met jou regteroor.

Luister na jouself. ".....vir Clinton probeer vervolg het oor 'n
doodnormale aktiwiteit...." !!?

" Wanneer massas stem, is daar altyd onreelmatighede...." Altyd?

En nog 'n ding. Ek glo jy weet waar ek staan met rassisme en chauvinisme -
maar glo my, iemand wat hier in Kanada bly, prakties vir hulle lewe lank, en
dan ander (in SA) kritiseer as hulle iets negatiefs te se het oor SA se
nie-triviale probleme, het GEEN kredietwaardigheid nie. En jy weet dit.

Komaan doudie, orden daai neurone. Hulle misfire.

Bees, Alberta Bees
Re: Oor linkerhaakhoue, leunstoelkritiek, en neurone [boodskap #23667 is 'n antwoord op boodskap #23635] Sa, 05 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Simon van der Schans"

> Enigiemand wat die kans
> gehad het om die land waar hy of sy gebore en grootgeword het vir
> 'n ruk lank "from the outside looking in" te aanskou sal weet hoe
> verfrissend en insiggewend dit kan wees.

Ek stem heeltemal saam. Tog, ek dink hierdie insig gebeur hoofsaaklik op 'n
meta-vlak, ten opsigte van filosofie, lewensuitkyk, veral noudat mens 'n
politeke, godsdienstige, moralistiese, en sosiale vergelykingsbarometer het.
Waar dit egter die doen en late van die politiek in Malmesbury aangaan, of die
nuutste sangsensasie in die Kaap, verloor mens weliswaar tred. Derhalwe, dit
is byvoorbeeld goed en reg so om uitsprake te maak oor verkiesingsprosedure en
die voor en nadele van verskillende partye, maar wanneer jy dan (soos kwarantyn
en johan hier) praat van die praktiese en tasbare realiteit van of daar 'n
verkiesingstafel was in Piketberg of hoe lank die toue was in Johannesburg se
middestad of hoe georganiseerd die verkiesingsbeamptes was, dink ek tog die
beste en geldigste uitsprake word gemaak deur die mense wat daar woon en dit
belewe.
Re: Oor linkerhaakhoue, leunstoelkritiek, en neurone [boodskap #23668 is 'n antwoord op boodskap #23635] Sa, 05 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
> As Gloudina iets het wat sy hier wil sê is sy, wat my betref,
> welkom om dit te doen, ongeag wie sy is en hoelank sy waar woon.

Simon (en Leswin)

Miskien verstaan julle my verkeerd. Ek se juis mense MOET toegelaat word om
hulle se te se. (Ek het al self die punt gemaak oor die waarde van verskeie
perspektiewe op die selfde saak.)

My punt is dat Gloudina mense (gewoonlik in SA) bespring wat iets negatief
te se het oor SA. Hulle perspektiewe is ook geldig, al stem mens nie daarmee
saam nie.

Verder glo ek dat mens moet onthou dat, as buitelanders, mens se opinie nie
kredietwaardig is AS jy nie die wat binne in die land toelaat om hulle se in
vryheid te se nie.

Toegegee, ek het bietjie "los" geskryf. (Dit was laat!)

So, kortom, gee die mense daar 'n kans om hulle opinies, positief of
negatief, te lug. Net soos ons perspektiewe waardevol is, is hulle s'n ook.
Re: Oor linkerhaakhoue, leunstoelkritiek, en neurone [boodskap #23669 is 'n antwoord op boodskap #23635] Sa, 05 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Die enigste ding wat myns insiens verkeerd was,
> was dat Monica nie up front vir haar dienste
> betaal is nie. Enige vrou wat haar ware smous,
> behoort te sorg dat sy betaal word.
Hahaha. Dit laat my dink aan 'n onderwyseres Frans wat vir in 1964 sê dat
ons - as vrouens - behoort te werk vir ons kos, want dat enige getroude vrou
wat nie vir haar geld gaan werk nie, 'n 'gelegaliseerde' hoer is !! :-)). Ek
het dit nooit vergeet nie.
Sy (die onderwyseres) was 'n vrygesel !
Hilda.

--
E- mail :gervaas...@ping.be en hilda....@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Re: Oor linkerhaakhoue, leunstoelkritiek, en neurone [boodskap #23670 is 'n antwoord op boodskap #23635] Sa, 05 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:

> Hey Gloudina
>
> Luister 'n slag. Ek weet hier is 'n paar nare ouens (en vrouens) wat jou
> hardepad gee op die die ng, maar ek is bevrees jy het die vermoe om jou
> hulle linkerhaakhoue te blok met jou regteroor.
>
> Luister na jouself. ".....vir Clinton probeer vervolg het oor 'n
> doodnormale aktiwiteit...." !!?

Ja, wat is verkeerd daarmee? Wat 'n mens mislik
gemaak het was nie Bill Clinton wat iets gedoen
het wat duisende vrouens en mans doen (en waaroor
duisende eggenotes hulle nie moeg maak nie, soos
Hilary Clinton.) Wat 'n mens mislik gemaak het
was daardie dertien ou mans (elk met sy seksuele
geraamtes wat ratel in die kas), wat dag na dag
wou weet wie het waar aan mekaar gevat.

Die enigste ding wat myns insiens verkeerd was,
was dat Monica nie up front vir haar dienste
betaal is nie. Enige vrou wat haar ware smous,
behoort te sorg dat sy betaal word.

Doudie
Re: Oor linkerhaakhoue, leunstoelkritiek, en neurone [boodskap #23671 is 'n antwoord op boodskap #23635] Sa, 05 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...

> En nog 'n ding. Ek glo jy weet waar ek staan met rassisme en chauvinisme -
> maar glo my, iemand wat hier in Kanada bly, prakties vir hulle lewe lank, en
> dan ander (in SA) kritiseer as hulle iets negatiefs te se het oor SA se
> nie-triviale probleme, het GEEN kredietwaardigheid nie. En jy
weet dit.

Nee, Bees, hier stem ek nie heeltemal met jou saam nie.

As Gloudina iets het wat sy hier wil sê is sy, wat my betref,
welkom om dit te doen, ongeag wie sy is en hoelank sy waar woon.
Per slot van sake is dit _wat_ sy sê wat behoort te tel en nie
wie sy is en waar sy woon nie.

Ek weet ook van daai mense wat kritiek verwerp bloot omdat dit
van buite af kom. Maar hulle is dwase. Enigiemand wat die kans
gehad het om die land waar hy of sy gebore en grootgeword het vir
'n ruk lank "from the outside looking in" te aanskou sal weet hoe
verfrissend en insiggewend dit kan wees.

As ek enige raad aan Gloudina verskuldig is (baie hipoteties
natuurlik, want ek weet dat sy, getrou aan haar natuur, sal sê
dat sy nie vir raad gevra en dit ook nie nodig het nie), sou ek
wil voorstel dat sy 'n bietjie meer konsentreer in haar kritiek
op wat haar "slagoffers" te sê het eerder as wie hulle is en waar
hulle bly of vandaan kom.

Swart Simon
Re: Oor linkerhaakhoue, leunstoelkritiek, en neurone [boodskap #23715 is 'n antwoord op boodskap #23635] So, 06 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 4 Jun 1999 23:49:49 -0600, "Bees" wrote:

>>

Seker n 99% kans as die massa groot genoeg is.

Was dit nie Lyndon Johnson wat destyds - in seker die bekendste
VSA-geval - in Texas met groot stembedrog verkies is as senator nie?

Daar was destyds baie daaroor geskryf.
Re: Oor linkerhaakhoue, leunstoelkritiek, en neurone [boodskap #23760 is 'n antwoord op boodskap #23635] Ma, 07 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
>
>
> Ja, wat is verkeerd daarmee? Wat 'n mens mislik
> gemaak het was nie Bill Clinton wat iets gedoen
> het wat duisende vrouens en mans doen (en waaroor
> duisende eggenotes hulle nie moeg maak nie, soos
> Hilary Clinton.) Wat 'n mens mislik gemaak het
> was daardie dertien ou mans (elk met sy seksuele
> geraamtes wat ratel in die kas), wat dag na dag
> wou weet wie het waar aan mekaar gevat.
>

Ja, maar nie een van die dertien was die staatshoof van die VSA nie!

En, as ek reg onthou, het Clinton self herhaaldelik en vreeslik nederig bely
dat hy baie stout was. Onder andere ook dat hy vir Hillary erg verontreg
het.

Lyk dus nie asof ou Bill met jou saamstem nie.
Re: Oor linkerhaakhoue, leunstoelkritiek, en neurone [boodskap #23761 is 'n antwoord op boodskap #23635] Ma, 07 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Mooiso Antie! Of soos die Aussies hierdie kant sou sê: good on you!
Daar het jy nou in plein Afrikaans gesê wat ek ook van die begin van
die debakel af geproffeteer het.

Liewe vader, ou Jimmy Swaggart was in 'n oogwink vergewe en hy het
sommer die hoerhuis deurgedraf - en hy preek nogsteeds dat die spoeg
spat. Hoekom moet Billy Boy nou anders behandel word? (Ek wonder nog
steeds hoeveel klippe uit glashuise gegooi is, en nogsteeds gegooi
word.)

Maar Monica was nie gehuur vir die okkasie nie, sy was maar te gretig
om mee te doen. En dit staan enige een vry om Freeware te gebruik.
Die President van die VSA ook. As Monica maar net van Shareware gehoor
het...

Alwyn - uit Perth

skryf in boodskap news:7jbfrh$gla$1@news.igs.net...
>
> Ja, wat is verkeerd daarmee? Wat 'n mens mislik
> gemaak het was nie Bill Clinton wat iets gedoen
> het wat duisende vrouens en mans doen (en waaroor
> duisende eggenotes hulle nie moeg maak nie, soos
> Hilary Clinton.) Wat 'n mens mislik gemaak het
> was daardie dertien ou mans (elk met sy seksuele
> geraamtes wat ratel in die kas), wat dag na dag
> wou weet wie het waar aan mekaar gevat.
>
> Die enigste ding wat myns insiens verkeerd was,
> was dat Monica nie up front vir haar dienste
> betaal is nie. Enige vrou wat haar ware smous,
> behoort te sorg dat sy betaal word.
>
> Doudie
>
Re: Oor linkerhaakhoue, leunstoelkritiek, en neurone [boodskap #23762 is 'n antwoord op boodskap #23635] Ma, 07 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gervaas Hellin (eintlik Hilda :-) wrote in message

> Hahaha. Dit laat my dink aan 'n onderwyseres Frans wat vir in 1964 sê dat
> ons - as vrouens - behoort te werk vir ons kos, want dat enige getroude vrou
> wat nie vir haar geld gaan werk nie, 'n 'gelegaliseerde' hoer is !! :-)). Ek
> het dit nooit vergeet nie.
> Sy (die onderwyseres) was 'n vrygesel !

Hmmmmm....

Sulke PC uitsprake herinner mens daaraan hoe seksisties feminisme kan wees.

En hoe onderdrukkend politieke korrektheid in wese is.
Re: Oor linkerhaakhoue, leunstoelkritiek, en neurone [boodskap #23763 is 'n antwoord op boodskap #23635] Ma, 07 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...

> Verder glo ek dat mens moet onthou dat, as buitelanders, mens se opinie nie
> kredietwaardig is AS jy nie die wat binne in die land toelaat om hulle se in
> vryheid te se nie.
>
> Toegegee, ek het bietjie "los" geskryf. (Dit was laat!)
>
> So, kortom, gee die mense daar 'n kans om hulle opinies, positief of
> negatief, te lug. Net soos ons perspektiewe waardevol is, is hulle s'n ook.

Toemaar, Bees.

Ons is al vir dekades daaraan gewoond dat hoofsaaklik opinies oor
Suid-Afrika wat in die buiteland gegeneer is (bv op CNN of, soos in die
geval Angelina, BBC World Service) enige geldigheid het. En veral dat
Afrikaners (in Suid-Afrika) se menings geen krediet dra nie.

Dis dus niks nuuts nie - dis al deel van ons kollektiewe selfbeeld :-)
Re: Oor linkerhaakhoue, leunstoelkritiek, en neurone [boodskap #23802 is 'n antwoord op boodskap #23635] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> "Bees" writes:
>
>> Hey Gloudina
>>
>> Luister 'n slag. Ek weet hier is 'n paar nare ouens (en vrouens) wat jou
>> hardepad gee op die die ng, maar ek is bevrees jy het die vermoe om jou
>> hulle linkerhaakhoue te blok met jou regteroor.
>>
>> Luister na jouself. ".....vir Clinton probeer vervolg het oor 'n
>> doodnormale aktiwiteit...." !!?
>
> Ja, wat is verkeerd daarmee? Wat 'n mens mislik
> gemaak het was nie Bill Clinton wat iets gedoen
> het wat duisende vrouens en mans doen (en waaroor
> duisende eggenotes hulle nie moeg maak nie, soos
> Hilary Clinton.) Wat 'n mens mislik gemaak het
> was daardie dertien ou mans (elk met sy seksuele
> geraamtes wat ratel in die kas), wat dag na dag
> wou weet wie het waar aan mekaar gevat.
>

Wat my net laat wonder oor die man se betroubaarheid is dat hy gelieg
het oor wat hy en sy gedoen het en dat hy 'n rolmodel vir sy volk moes
wees. So egbreek en lieg is dus ok?
Vorige onderwerp: Wat 'n sirkus
Volgende onderwerp: Aksie Vrouekrag Kultuurmiddag - 16 Junie 1999
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 17:54:33 MGT 2024