Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die Stemmery vanuit buiteland ..
Re: Die Stemmery vanuit buiteland .. [boodskap #23063] Wo, 19 Mei 1999 00:00
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ettiene, hier is 'n uittreksel uit 'n nuusbrief bedoel vir eks Suid
Afrikaners wat ek van tyd tot tyd ontvang per email.

Internet Election '99
27 May - 2 June 1999
For all South Africans abroad that have been disenfranchised in the
coming
election.
Your chance to vote on 2 June 1999!
On an Internet Website called ... Vote.iafrica.com
Please forward this message to all South Africans World Wide!!
Why vote in an Internet election?
* To make a positive contribution to the 2004 election
* To show our fellow South Africans at home that we intend taking part
in
South Africa's future.
* A secure connection on the internet is guaranteed.
* South Africans have a say, regardless of not being allowed to vote
in SA
or Abroad!
* More information on how voting will work can be found on the
following
web sites:
http://www3.mistral.co.uk/buildsa and
http://iafrica.com/election99/index.htm
Organised by Build South Africa & hosted by Service Provider
iafrica.com
Regards/Groete
Build South Africa Committee
bui...@mistral.co.uk

Etienne de Bruin skryf in boodskap news:3742AE77.AFDCFC28@post.com...
> Groetings!
>
> Ek is jammer as hierdie punt nou al holrug gery is hier, maar die feit
> dat ek nie kan stem nie pla my vreeslik. Ek bly in Duitsland en is nog
> nie een jaar uit die land uit nie. Ek het ook nie gewaai oor politiese
> redes nie. Ek is bloot hier om bietjie "Oorsese Ervaring" op my CV te
> kry.
>
> Ek kan net nie verstaan hoekom ons nie mag stem nie? Wat is nou eintlik
> die redes wat aangevoer is hieroor?
>
> Lekker om by julle te wees :)
>
> eT
>
> --
> Etienne de Bruin; e...@post.com
> visit eT on the web: http://listen.to/eT (last update: 12 Mar 1999)
> "the promise of love is hard to ignore" - crowded house, private universe.
>
Re: Die Stemmery vanuit buiteland .. [boodskap #23064 is 'n antwoord op boodskap #23063] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
SocketZero  is tans af-lyn  SocketZero
Boodskappe: 9
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 19 May 1999 17:13:08 +0200, Etienne de Bruin wrote:

> Het die ANC byvoorbeeld net gesê nee en dit het met 'n 50% meerderheid
> deurgegaan? Of was dit 'n geval van meer partye ('n wonderlik 4% om 66%
> te bereik) wat ook met die filosofie saamstem?

Ek twyfel of die hele saak op so 'n hoë vlak gemanipuleer is. My
vermoede is dat die Staat net besef het hy het nie die administratiewe
vermoë om die verkiesing behoorlik te reël nie, en nie gaan aandag
trek op die aspek van oorsese stemme nie. Niemand het "nee" gesê nie
(behalwe die Grondwetlike Hof) maar niemand het ook "ja" gesê nie. Die
wonder van 'n fuzzy demokrasie.

s0.
Re: Die Stemmery vanuit buiteland .. [boodskap #23065 is 'n antwoord op boodskap #23063] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
SocketZero  is tans af-lyn  SocketZero
Boodskappe: 9
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 19 May 1999 16:21:11 +0200, Etienne de Bruin wrote:

> Ja, maar ongeag van al die pogings wat nou aangewend word om speel speel
> verkiesing te hou, wil ek nogsteeds weet wat die redes is wat aangegee
> is vir hierdie besluit? Sover my kennis strek was daar nog altyd baie
> moeite gemaak vir die burgers wat buiteland vertoef het tydens
> verkiesings.

Die Belgiese nasionale verkiesings vind ook begin Junie plaas, en daar
is heelwat polemiek oor die lae aantal Belgiese burgers in die
buiteland wat mag stem. Soos ek die stelsel verstaan moes Belge buite
België deur 'n vreeslike burokratiese proses gaan om te registreer om
te stem. Hulle moes ook spesiaal aansoek doen, en bewys lewer van
hoekom hulle nie in staat is om te stem nie. Uiteindelik is daar maar
'n fraksie van die Belge buite die land wat sal mag stem.

Ek dink 'n buitelandse kieserskorps is sekerlik normaalweg 'n gevaal
vir die heersende regering. Dis seker logies dat hulle in die land sou
wees as hulle dan so gelukkig en tevrede was. In Suid-Afrika se geval
is die stemgeregtigdes buite die land veral 'n gevaar vir die
heersende party. In die vorige verkiesing het die meerderheid
buitelandse stemmers vir die Nasionale Party in die Wes-Kaap gestem,
en sekerlik tot 'n baie groot mate bygedra tot die party se oorwinning
daar. Hierdie keer sal die steun nog sterker wees, want 'n groot
aantal kiesers wat tydens die vorge verkiesing uit die buiteland ANC
gestem het is nie meer oorsee nie. Die mense wat nou in die buiteland
sit is oorwegend blank, en sal tot 'n groot mate vir die DP of NNP
stem. As jy die heersende party was, sou jy uit jou pad gaan om
hierdie mense te laat stem?

s0.
Re: Die Stemmery vanuit buiteland .. [boodskap #23066 is 'n antwoord op boodskap #23063] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> en daar
> is heelwat polemiek oor die lae aantal Belgiese burgers in die
> buiteland wat mag stem.

Teoreties mag hulle almal stem, maar hulle is óf nie geïnteresseerd nie óf
nie genoeg gemotiveerd om die hele amptelike rompslomp deur te kom nie. Maar
dit is die eerste dat Belge in die buiteland mag stem.
Groete.
Hilda.

--
E- mail :gervaas...@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005 en
http://myhuisie.webjump.com
Re: Die Stemmery vanuit buiteland .. [boodskap #23067 is 'n antwoord op boodskap #23063] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Etienne de Bruin  is tans af-lyn  Etienne de Bruin
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ja, maar ongeag van al die pogings wat nou aangewend word om speel speel
verkiesing te hou, wil ek nogsteeds weet wat die redes is wat aangegee
is vir hierdie besluit? Sover my kennis strek was daar nog altyd baie
moeite gemaak vir die burgers wat buiteland vertoef het tydens
verkiesings.

Hierdie Duisters (geen spel fout nie) om my is redelik geskok dat ek en
my vrou nie mag stem nie. Dit klink net so verkeerd. Ek het 'n goeie
rede nodig (ek bedoel hiermee, 'n goeie amptelike rede) vir hoekom
hierdie besluit geneem is sodat ek lekkerder kan voel oor my land se
regering.

eT

--
Etienne de Bruin; e...@post.com
visit eT on the web: http://listen.to/eT (last update: 12 Mar 1999)
"the promise of love is hard to ignore" - crowded house, private universe.
Vorige onderwerp: Re: Threatening behaviour??
Volgende onderwerp: Re: Engels???
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 19:45:55 MGT 2024