Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Oggend op die Vlakte" deur PETRA MULLER
"Oggend op die Vlakte" deur PETRA MULLER [boodskap #22799] Vr, 07 Mei 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
OGGEND OP DIE VLAKTE
"van brood alleen niet leven"]
Petra Müller (Obool, 1977)

Maia Medora het winkel toe gegaan
by petrolkonkas en portjacksonbome,
vir spek en brood en boontjies.

Sy sien van ver die lang man staan
wat kyk na surings op die grond;
sy wikkel met haar toontjies.

Hy sal haar uit die blomrok stroop
haar meisielyf breek maklik oop
die duifnek is 'n handspan breed -
die lysie het sy reeds vergeet.

Haar ma roep laat die aand nog rond
en soek na spoortjies op die grond.
sy vind die spek en boontjies.
Vorige onderwerp: 'n "True Aussie"
Volgende onderwerp: Re: Boodskap aan Bees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:03:07 MGT 2024