Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Genoeg gehad van hulle
Genoeg gehad van hulle [boodskap #22774 is 'n antwoord op boodskap #22775] Wo, 05 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Saix  is tans af-lyn  Saix
Boodskappe: 119
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Waragtig van vandag af het ek nou genoeg gehad van die lappie swaaiers, en
die "wettige" kar oppassers by van die inlopiesentrums.

Vandag is my kar radio gesteel. En dit terwyl 'n "car watch" kwansuis die
area patroleer. By nadere ondersoek sien ek dat die ou oom seker naby aan
die 70 jaar moet wees, hoe op aarde dink hy gaan hy nou betyds wees om 'n 18
jarige te vang.....en as hy dit wel regkry wat is sy kans om die persoon te
arresteer.

Gewone parkering kos jou deesdae ongeveer R20 - R30 meer om voorsiening te
maak vir die mense, maar waragtig nie meer vir my nie dankie.

Ek wil net graag weet, is dit 'n wêreldwye tendens die lappie manne en "car
watch" organisasies, of is dit 'n splinternuwe onwettige imigrant hulpskema
van die nuwe SA.

Riaan
Re: Genoeg gehad van hulle [boodskap #22775 is 'n antwoord op boodskap #22774] Wo, 05 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Ek wil net graag weet, is dit 'n wêreldwye tendens die lappie manne en "car
> watch" organisasies, of is dit 'n splinternuwe onwettige imigrant hulpskema
> van die nuwe SA.

Ek's jammer jou kar is gesteel. Maar om op jou vraag te antwoord : ons het
in Kongo (eks-Zaïre) ook mense gekry wat ons kar oppas. Gewoonlik was dit
klein kindertjies, soms nie ouer as 3 nie !
Hulle het sommer vir ons in hul bietjie Frans wat hulle geken het, gevra of
hulle die "camion" (vragmotor - woord wat hulle vir alle karre gebruik het -
ons s'n was 'n Mitsubishi Colt) kon oppas. Natuurlik het almal altyd "ja"
gesê - veral omdat daar selde of nooit 'n kar gesteel is nie. Dit het 'n
manier van werk geword. Ek dink dit was seker beter as om gewoon te bedel.
Maar ja, ons kan seker nie Kongo met SA vergelyk nie.

Groete uit België, waar karre nie deur ou mense of kinders opgepas word nie,
maar wel reëlmatig gesteel word.

Hilda.

--
E- mail :gervaas...@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Re: Genoeg gehad van hulle [boodskap #22792 is 'n antwoord op boodskap #22775] Do, 06 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Riaan wrote in message ...
> Waragtig van vandag af het ek nou genoeg gehad van die lappie swaaiers, en
> die "wettige" kar oppassers by van die inlopiesentrums.
>
Riaan, ek weet by Centurion se groot winkelsentrum het die oppassers darem
'n verlaging in die steel van motors teweeggebring. Die kans dat jou motor
gesteel sal word was so omtrent 4 jaar gelede byna 'n voldonge feit. Die
oppassery dien darem nou as afskrikmiddel. Dit is ook 'n manier om jou
"tiende" te gee, eerder as om vir iemand te gee wat net bedel op die hoek
van die straat of by jou huis.

Groete
Shannon

>
> Riaan
>
Vorige onderwerp: twaalfhonderd literaire links
Volgende onderwerp: Wit Weerlig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 10:12:38 MGT 2024