Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wit Weerlig
Wit Weerlig [boodskap #22783] Do, 06 Mei 1999 00:00
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Ek is baie teleurgesteld met die wyse waarop alles uitgelap is," het hy
gister gesê oor die uittreksels uit sy boek, White Lightning, wat Maandag
bekend gestel word.

"Die voorwoord is deur pres. Nelson Mandela geskryf. Die presidensiële
kantoor het eers die boek vir goedkeuring gelees en hulle het niks daarmee
verkeerd gevind nie. En dis hoe ek daaroor voel."

Veral sy uitlatings oor Brian Lara het almal regop laat sit nadat hy in
Maandag se uitgawe gesê het Engeland is die naarste span om teen te speel.
Hy is weer oor die skeidsregters in verlede jaar se omstrede toetsreeks
aangehaal en in gister se Express skryf hy dat Hansie Cronjé weens die
kwota-stelsel in SA krieket wou bedank.

"Wat in die koerant staan, staan nie in die boek nie. Om die waarheid te sê:
wat in die boek staan is 'n rimpeling op die water in vergelyking met
vandeesweek se dinge.

"Ek besef maar te goed dat as ek oor die lyn trap, word ek geskors.

Aldus Allan Donald

Ek stem saam met hulle
(Veral op verkiesingsdag)
Vorige onderwerp: Genoeg gehad van hulle
Volgende onderwerp: Bekostigbare webblad ontwerp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 19:36:06 MGT 2024