Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Voedselvrou" deur WILMA STOCKENSTROM
"Voedselvrou" deur WILMA STOCKENSTROM [boodskap #22054] Wo, 24 Maart 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
VOEDSELVROU
Wilma Stockenström
(Spieël van water, 1973)

Haar kamer ruik altyd na eiers en strooi,
'n stal van wedersydse gifte en eie wondere.
Sy's kitsbroeis, sy's komberswarm vir wie ook
gou wil inkruip en lê in haar moedergeur.
Suikerstroop soek hul in die skotteltjies
van haar liggaam, en hulle byt, hulle byt
en skommel die papwit deeg van haar borste.
Staan sy op, bly kyk hul stip na die nes,
handgroot gevleg, op die pale van haar bene,
waaruit hul pas soos 'n kuiken gesluip het.
Die dae staan om haar huis regop soos kerke,
kloek, afkeurend, kuise toring in die lug,
maar sy, sy breek en spat soos 'n hotnosvy
as liggeel die maanvrug in haar venster hang.
Vorige onderwerp: "My appelliefie van Inchanga" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Danseur Noble" deur EVELEEN CASTELYN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 07:31:13 MGT 2024