Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Robbert
Vir Robbert [boodskap #21712] Vr, 12 Maart 1999 00:00
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Robbert Zijlstra wrote in message ...
>
>
> Ik denk dat ik nu een idee heb wat voor types deze Robbertse uit het
Noorden van Namibië zijn. Mag deze soort zich ongestoord voortplanten?

Nie dadelik die vraagteken agter die "voortplanten" gesien nie maar nou het
ek - en dit vra mos vir kommentaar :

Baie plekke hier het 'n 'Ollander of twee en gewoonlik weet almal in die
dorp van die 'Ollander(s) aldaar. Moet seker iets met die lug hier te doen
hê want hulle teelprogram is heeltemal biedêm hier - hulle het seker probeer
maar die aanwas kon net nie kers vashou by die tuis in Europa nie. Hoe sê
Henri ? Afrika is nie vir sissies nie :-))))))))))

Omie - en groete met rente.
Re: Vir Robbert [boodskap #21713 is 'n antwoord op boodskap #21712] Vr, 12 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Beste Oom Hans,

bedankt voor "het verhaaltje voor het slapen gaan". Ik viel glimlachend in
slaap. Ik denk dat ik nu een idee heb wat voor types deze Robbertse uit het
Noorden van Namibië zijn. Mag deze soort zich ongestoord voortplanten? Ik was
graag toehoorder geweest bij het hof. Wat voor een inwonertal heeft de bevolking
van Outjo? Vormen de Robbertse daar nog een belangerijke "clan"?

Op de Kibbutz in Israël hoorde ik van Suid-Afrikaners verhalen over een "Mad
Gustav" een plaasboer uit Natal van Duitse afkomst. In dat gebied moeten nog
meer Duitsers wonen. De verhalen over diens extreem onaangepaste gedrag waren
bijna ongelovelijk. Dat soort boeren in dunbevolkte, verafgelegen gebieden
denken wel dat zij koning op hun eigen land zijn en ze hun eigen wetten kunnen
stellen. Maar voor mietjes (Afr: moffies) is natuurlijk ook geen plaats in zo'n
omgeving.

Vriendelike groete en baaie dankie vir die lekkere storie.

Robbert
Vir Robbert [boodskap #21714 is 'n antwoord op boodskap #21712] Vr, 12 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Robbert Zijlstra wrote in message ...
>
>
> Nee, alstublief oom Hans, alstublieft. Vertel zulke verhalen met veel kerk en
> drank en gevangenis en en gebakkelei en geschiet. Stoor u niet aan het goede
> gezelschap, ze mogen onze lol toch niet bederven? Vertel vertel vertel! Ach, die
> goeie mensen bederven het altijd voor ons zondaars!!
>

Robbert, Robbert !!! Nou sou soek jy mos vir @#$@. Ek sal vir jou EEN
vertel. Dit is lagwekkend genoeg uit die oogpunt van 'n waarnemer maar
moedswillig soos ek is, kon ek nie help om te wonder wat die reaksie en
gepaardgaande woordevloed sou wees as 'n Nederlander dalkies in die
onderstaande verhaaltjie aan die ontvangkant gestaan (gesit) het nie. Net
die gedagte daaraan het my gisteraand heel aand aan't giggel
gehad.............

Twee van die Robberts broers stap in die jagveld op soek na 'n koedoe of
gemsbok maar die een ou se maag was nie so lekker nie en toe moeder natuur
roep, beantwoord die man die roep heel gepas. Hy hurk agter 'n bos. Maar
dit was toe heelwat erger en langer as wat sy broer op ge-"bargain" het en
die was haastig om met die jagtery voort te gaan.

Skielik slaan 'n geweerskoot en die ou agter die bos is toe onder die stof
en klippe plus nog ander bestanddele ook. Toe die stof wegtrek, sien hy
alles wat onder hom gelê het, is weg en sy broer staan eenkant met 'n groot
grinnik op sy gesig. Was glo 'n helse fight tussen die twee broers en ook
die einde van die dag se jagtog. Terug by die huis het hy verduidelik :
Kleinboet het so gestink dat ons tog nie wild sou kry nie en hy't so lank
aangehou dat ek dit goedgedink het om die bol onder hom kleiner te maak met
die .303.

My apologie aan ons meer sensitiewe lesers.

Pa Robberts weer het op 'n dag in 'n vol hofsaaltjie in Outjo mooi vir die
magistraat vertel wat hy van die se beslissings dink. Net daar sluit
hulle hom toe op vir 'n maand lank vir minagting van die hof.

Groete uit die Namib.

Omie.
Vorige onderwerp: Weer 'n taalkwessie
Volgende onderwerp: Re: To the Stupid Little Rodent
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 19:27:31 MGT 2024