Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Askies Sas
Askies Sas [boodskap #21458] Ma, 01 Maart 1999 00:00
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Sas Kloppers is 'n bona fide persoon. Die rede waarom ek daaraan getwyfel
het, is omdat iemand anders, waarskynlik die sg. 'porn-posser', ook
al onder Sas se adres pos gestuur het. Sas, ek is jammer as dit vir jou
ongerief veroorsaak het, aanvaar aub. my verskoning.

Behalwe dit wat aan almal hier bekend is, is dit boodskappe soos die
volgende, wat ek nie glo deur die regte Sas geskryf is nie, wat my laat
twyfel het.

<begin quote>
How can I crash someone's web page?
Author: Sas Kloppers <s...@acenet.co.za>
Date: 1998/05/01
Forum: alt.2600.warez

If there's a way that I can crash/trash someones web page please tell
me.

I will appreciate your help
<end quote>

Terloops, Sas, ek sou nie so vrygewig met my persoonlike inligting wees
soos jy was in jou pos aan my nie. Iemand met die mentaliteit van die
porn-posser kan sulke inligting gebruik om jou lewe redelik te versuur.
Ek is nie die porn-posser nie, maar jy kon nie seker wees dat my brief
nie dalk 'n troll was om presies hierdie inligting uit jou te kry nie; op
dieselfde wyse het pp laasweek 'n troll op 'n ander nuusgroep gelos om my
te probeer vang. (Amper reggekry ook)

Groetnis
___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
Vorige onderwerp: Inligting, asseblief....
Volgende onderwerp: "Seun in Vyeboom" deur ERNST VAN HEERDEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 20:05:34 MGT 2024