Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die taalverwantskap
Die taalverwantskap [boodskap #21352] Di, 23 Februarie 1999 00:00
Alex koster  is tans af-lyn  Alex koster
Boodskappe: 30
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Van alle Wes-europese tale is Nederlands, vir die Afrikaanssprekende - en
selfs vir enkele Engelssprekendes in Suid Afrika - nog steeds die maklikste
"vreemde taal" bly wat hulle sou kan aanleer.

Teenoor die vyf of ses jaar werklike harde werk wat iemand nodig het om 'n
behoorlike leeskennis van, se maar, Duits of Frans op te doen, kan hy
Nederlands nog steeds, van die allereerste boek af, al lesende onder die
knie kry. Selfs al leer hy dit in Suid Afrika nooit behoorlik praat nie,
kan hy maklik feitlik alles daarin lees wat hy wil, of wat onder sy aandag
kom.

Naas Engels kan Nederlands dus vir elke opgevoede Suid-Afrikaner 'n tweede
"venster op Europa" word, bowenal op daardie boeiende Vastelandse wereld
waarvan hy in die meer as anderhalwe eeu van intieme assosiasie met Britse
denkbeelde al hoe meer vervreemd geraak het. En so iets kan Nederlander en
Afrikaanssprekende nie anders nie dan as wins boekstaaf.

Kortom, 'n saak waaroor in die verlede meermale met heelwat meer valse patos
as nugtere berekening gepraat is blyk, op die keper beskou, eintlik 'n hoogs
praktiese en nuttige aangeleentheid. Die taalverwantskap is 'n lewende
werklikheid.

Maar hierteenoor staan die mening dat Nederlands in Suid Afrika al klaar en
reddeloos ondergegaan het. Verskeie omstandighede sou vir die ondergang
aanspreeklik gehou moet word. Aan die een kant sou die Afrikaner self in sy
stryd om Afrikaans gevestig te kry, Nederlands opsygeskuif het as vreemd,
omslagtig en onleesbaar moeilik. Swak onderrig in die taal, die verkeerde
keus van voorgeskrewe boeke, 'n verouderde en glad te nadruklike uitspraak,
dit is almal faktore wat die proses versnel het. Maar Nederlandse
immigrante in Suid Afrika sou op hulle beurt, as gevolg van hul berug sterk
neiging om hulself oral taalkundig "aan te pas", weinig of niks gedoen het
om hul taal lewend te probeer hou.

Die Nederlandse regering weer, het as gevolg van sy gebrekkige steun aan sy
saak in die buiteland ook niks gedoen om die proses te probeer stuit nie.

Vriendelike groete,

Alex Koster,
Nederlands universitere student, Cambridge, Engeland.
www.koster37.freeserve.co.uk
Re: Die taalverwantskap [boodskap #21353 is 'n antwoord op boodskap #21352] Di, 23 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Jean-P.Engels  is tans af-lyn  Jean-P.Engels
Boodskappe: 2
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Johan (In oortje gehapt!) wrote in message
...
> On Tue, 23 Feb 1999 07:50:28 -0000, "Alex koster"
> wrote:
>
> |Van alle Wes-europese tale is Nederlands, vir die Afrikaanssprekende - en
> |selfs vir enkele Engelssprekendes in Suid Afrika - nog steeds die maklikste
> |"vreemde taal" bly wat hulle sou kan aanleer.
> |
> |Teenoor die vyf of ses jaar werklike harde werk wat iemand nodig het om 'n
> |behoorlike leeskennis van, se maar, Duits of Frans op te doen, kan hy
> |Nederlands nog steeds, van die allereerste boek af, al lesende onder die
> |knie kry. Selfs al leer hy dit in Suid Afrika nooit behoorlik praat nie,
> |kan hy maklik feitlik alles daarin lees wat hy wil, of wat onder sy aandag
> |kom.
> |
> Interesante kommentaar van die ouens wat ek in Nederland ken: hulle sukkel met
> die praat van Nederlands - juis omdat dit so naby aan Afrikaans is en hulle nie
> seker is wanneer hulle iets reg gebruik of nie - die Engelse ou wat ek in
> Nederland ken, kom makliker reg.
>

Ik denk dat Johan het hier bij het rechte eind heeft.
Soms moet ik hier in de nieuwsgroep een zin wel eens twee maal lezen en als
er dan al een woord in komt dat ik niet onmiddellijk begreep dan snap ik het
uiteindelijk wel door de kontekst.
Zo gaat het ook met mijn zuidafrikaanse vrienden als ik Nederlands praat.

Persoonlijk zou ik eerder aanraden dat een Afrikaans spreker die ''een
venster op Europa'' wil er veel beter aan doet om een van de latijnse talen
te leren, zoals Frans, Spaans of Italiaans.
Het kan misschien wat vreemd overkomen dat een Vlaming je het Frans
aanraadt, maar het is nu eenmaal een feit dat je nagenoeg overal in Europa
terecht kan met Engels en Frans.

En nu maar hopen dat dit nooit gelezen wordt door een of andere hyper
fanatieke Vlaming ..... of er staat mij wat te wachten aan flames ....

Vriendelijke groeten
jp
Re: Die taalverwantskap [boodskap #21354 is 'n antwoord op boodskap #21352] Di, 23 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Alex koster" writes:

> Van alle Wes-europese tale is Nederlands, vir die Afrikaanssprekende - en
> selfs vir enkele Engelssprekendes in Suid Afrika - nog steeds die maklikste
> "vreemde taal" bly wat hulle sou kan aanleer.

Afrikaners sien Nederlands nie as 'n
"vreemde" taal nie, snaaks genoeg. Hulle
sien dit as 'n vorige fase van hulle eie
taal, wat hulle, sonder om dit te bestudeer,
magtig is. Hulle leer as vreemde taal
gewoonlik Duits op skool. Engels sien
hulle ook nie as "vreemde" taal nie. Dis
doodgewoon hulle tweede taal.

> Naas Engels kan Nederlands dus vir elke opgevoede Suid-Afrikaner 'n tweede
> "venster op Europa" word, bowenal op daardie boeiende Vastelandse wereld
> waarvan hy in die meer as anderhalwe eeu van intieme assosiasie met Britse
> denkbeelde al hoe meer vervreemd geraak het.

Ek twyfel of enige Afrikaner deur Nederland
'n "venster op Europa" kan kry. Nederlanders
is vir Suid-Afrikaners nie baie verteenwoordigend
van Europa nie. Ek persoonlik het meer tuis
gevoel in Spanje se kultuur en landskap as in
Nederland. Ek voel meer tuis in Parys as in
Amsterdam. Dink jy self dat Nederlanders
'n venster op Europa kan wees?

> Maar hierteenoor staan die mening dat Nederlands in Suid Afrika al klaar en
> reddeloos ondergegaan het.

Nee, Nederlands het in SA net 'n metamorfose
ondergaan. Nederlands leef in Afrikaans.
Nederlands in sy moderne vorm as Afrikaans
word gepraat deur mense wie se voorouers nie
uit Nederland gekom het nie.

Gloudina Bouwer
Re: Die taalverwantskap [boodskap #21355 is 'n antwoord op boodskap #21352] Di, 23 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 23 Feb 1999 07:50:28 -0000, "Alex koster"
wrote:

|Van alle Wes-europese tale is Nederlands, vir die Afrikaanssprekende - en
|selfs vir enkele Engelssprekendes in Suid Afrika - nog steeds die maklikste
|"vreemde taal" bly wat hulle sou kan aanleer.
|
Toevallig nou net e-mail gekry van my Engelse vriend wat uit SA na Holland
emigreer het. Hy kan redelik regkom in Afrikaans en sy vrou is Afrikaans. Hy
skryf:

"The dutch is gradually improving, I can almost hold a conversation now. It is
still very frustrating because one cannot really joke around or do the small
talk thing without being confident in the lingo. So they probably think that we
are a really serious and quiet bunch of individuals. The blank stare or "wat
zegt u?" are common replies to our efforts but it is getting better. My new
week's resolution as of tomorrow is to just talk and not worry about the
mistakes."
Vorige onderwerp: Re: Die taalverwantskap
Volgende onderwerp: Nuwe Artikels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 06:14:58 MGT 2024