Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina, vertaal asseblief!
Gloudina, vertaal asseblief! [boodskap #21337] Ma, 22 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 31 Jan 1999 00:54:45 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:

|On 30 Jan 1999 15:27:26 GMT, wrote:
|
||"Johan Conroy" writes: >
||
||> 'n Soortgelyke vraag - hoe sê 'n mens in Engels: "Die kat hardloop
|| onderdeur
||> die tafel."?
||
||
|| Ek wonder of jou sin "Die kat hardloop
|| onderdeur die tafel" nie onlogies is
|| en dus eintlik verkeerde Afrikaans is
|| nie. Moet dit nie wees "Die kat hardloop
|| onder die tafel deur" nie? As die kat
|| onderdeur die tafel hardloop, lyk dit
|| vir my hy hardloop deur die hout van
|| die onderste gedeelte van die tafel,
|| wat bietjie moeilik vir 'n kat sal
|| wees. Miskien 'n bietjie makliker
|| vir 'n kosmiese straal.
||
|| Die kat, wat teruggekom het, omdat hy nie
|| langer kon wag nie.
||
Wel, vertaal dan vir ons
Die kat hardloop onder die tafel deur.

Ek bly nuuskierig oor die een....
Re: Gloudina, vertaal asseblief! [boodskap #21349 is 'n antwoord op boodskap #21337] Di, 23 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com

> Wel, vertaal dan vir ons
> Die kat hardloop onder die tafel deur.
>
> Ek bly nuuskierig oor die een....

Weet jy, Johan, my man vertel my dat
sy vorige baas in SA, wat later die
wetenskaplike raadgewer vir die eerste
minister geword het, vir hom dieselfde
sin gegee het as voorbeeld van hoe
sommige dinge in Afrikaans moontlik is
en nie in Engels nie. So wat gaan met
julle Afrikaanse laaities aan? Ek kan
vir julle enige getal van Engelse
uitdrukkings gee wat jy nie in Afrikaans
maklik sal kan weergee nie. Dit beteken
nie dat Engels kragtiger as Afrikaans
is nie.

In alle geval: "The cat passed under the
table" gee tog dieselfde betekenis. As
jy daarop staan dat die werkwoord "run"
gebruik word, dan moet dit seker wees:
"the cat ran under the table and out
the other end."

Gloudina
Vorige onderwerp: PSA, vir suid afrikaners
Volgende onderwerp: Re: Die taalverwantskap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 21 20:26:59 MGT 2024