Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Van Omie - Aan Billy
Van Omie - Aan Billy [boodskap #21046] Sa, 13 Februarie 1999 00:00
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
bi...@mgenerations.net wrote in message ...
> Omie,
>
> amper het ek in my groot vaarwel van jou vergeet.

Dierbaar van jou, my kind. Eintlik moes oom lankal sy foutjie in die
openbaar gebieg het - maar dis nou die persepsie wat jy met jou
aanvanklike plasing by mens laat posvat het. Die van 'n voor-op-die-wa
tetostroon bedonnerde skoolseun wat by die skool geboelie word en nou sy
fantasië in die anonimiteit van die internet probeer uitleef.........Sulke
dinge het die effek dat dit my bloed en pensmis laat deurmekaarloop en
totdat my breins weer opklaar, moet mense my nie te veel toerekenbaar hou
vir wat ek sê nie. Bieg weer - ek het fout gemaak. Moes maar seker die
"snotty" antwoorde so bietjie teruggehou het totdat jou pseudo beeld bietjie
beter vertoon het en dan sou ek dit in elk geval nie geplaas het nie.
Eers L A T E R het ek agtergekom jy dra rok en jy't potensiaal
om aan 'n argument deel te neem en nog so bietjie te rym ook.

Jou naam is ook so effe misleidend. My drie dogters se name is sodanig
dat niemand daarmee fout sal maak nie. En net om jou te keer van foutiewe
afleidings, hulle het NIE Bybelname gekry nie en hulle name is heel
welluidend modern. Happy ???

Met dit agter die rug is daar nog 'n klein verrassinkie vir jou aan't komme.
Vir jare het ek deeltyds fotografiese werk gedoen en ek is regtig aan
heelwat meer gewoond as wat jy bereid sal wees om toe te gee. Dus, jou
skewe klap in jou "mini" argument laat jou die stoeltjie heeltemal mis sit.
Verkeerd geraai.
Minirokke - ag nee wat ou sussie - "old hat".

Die nat drade MOET aan jou kant wees - die blerrie droog hier by ons.
Gegroet
Omie.

(As ek nou verseker weet dat jou nuusleser HTML formaat kan hanteer, sou ek
vir jou 'n roos saamgestuur het - soenoffer of so iets )
Re: Van Omie - Aan Billy [boodskap #21050 is 'n antwoord op boodskap #21046] Sa, 13 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Oom Hans" writes: >

>> Omie,
>>
>> amper het ek in my groot vaarwel van jou vergeet.

Hans, ek wonder of die "omie" waarna
Billy verwys nie Hennerietjie van
Tzaneen se pa is nie? Hulle het mos
daar so gekla oor die baie reen en die
nat kabels.

Jammer dat Billy nou tydelik van die
nuusgroep afgaan. En ja, ek het ook
vir 'n hele ruk gedink dis 'n man.
Sy is mos met 'n Kanadees getroud
wat hier van Ontario kom.

Gloudina
Vorige onderwerp: Tot later.
Volgende onderwerp: Hoe komen ze ermee weg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 01:16:44 MGT 2024