Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat is "disenfranchisement" in Afrikaans?
Re: Wat is "disenfranchisement" in Afrikaans? [boodskap #20466 is 'n antwoord op boodskap #20323] Sa, 30 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan Conroy  is tans af-lyn  Johan Conroy
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina, ek bespeur 'n tikkie onregverdigbare meewarigheid teenoor Engels.
Vir my persoonlik klink dit redelik arrogant. Ek beskou 'n taal se unieke
karakter as veel belangriker as sy Germaanse of Latynse kleur.

Soos wat die Afrikanernasie 'n verbastering van verkillende, oorwegend
Europese, etniese groepe is, is Afrikaans is definitief ook 'n verbasterde
taal, met Nederlandse, Duitse, Franse, Afrika-, Indiese en ander invloede.

As almal so gesteld was daarop om hul taal suiwer te hou en verandering teen
te staan, het ons almal vandag Nederlands gepraat. Die bereidwilligheid om
reëls te buig, woorde uit ander tale te meng en pas en ook ons eie woorde te
maak, is wat Afrikaans gemaak het wat dit is.

'n Taal se oorlewingspotensiaal word bepaal deur sy nut as
kommunikasiemedium. Waar die gebruik van leenwoorde dit moontlik maak om
gedagtes beter uit te druk, is 'n mens nie besig om die taal dood te maak
nie. Inteendeel, dit verbeter die taal se langtermyn oorlweingspotensiaal.

Groetnis
Johan

@igs.net het geskryf:
> As Nederlanders hulle taaldeure so ver
> oopstel vir Engelse invloed, verloor
> hulle miskien die Wes-Germaanse kleur
> van hulle taal. Baie Engelse woorde
> is van verskuilde Latynse oorsprong,
> via die verromanisering van Frankryk
> (Gaul) en die oorheersing van Engeland
> deur Franse kultuur na 1066. Dit
> sal nogal snaaks wees as na 'n paar
> honderd jaar Afrikaans 'n meer soliede
> Germaanse karakter het as Nederlands.
> Engels is al lankal 'n verbasterde
> taal.
>
> Gloudina
Re: Wat is "disenfranchisement" in Afrikaans? [boodskap #20467 is 'n antwoord op boodskap #20323] Sa, 30 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Johan Conroy" writes:

> Gloudina, ek bespeur 'n tikkie onregverdigbare meewarigheid teenoor Engels.
> Vir my persoonlik klink dit redelik arrogant. Ek beskou 'n taal se unieke
> karakter as veel belangriker as sy Germaanse of Latynse kleur.

Ek dink nie ek is "meewarig" teenoor
Engels nie. Miskien besef jy dit nie,
maar my huistaal vir meer as twintig
jaar al is Engels hier in Kanada. Maar
ek het dit daarteen dat mense 'n
ander taal ingooi net omdat hulle te
lui is om hulle eie taal te praat.
Ek lees vanoggend in ons koerant
hoedat die Franse nou uitvind dat
hulle besigheidsmense met mekaar
Engels praat, ten spyte van die feit
dat die Franse sterk maatreels getref
het om die invloed van Engels te
bekamp.

> Soos wat die Afrikanernasie 'n verbastering van verkillende, oorwegend
> Europese, etniese groepe is, is Afrikaans is definitief ook 'n verbasterde
> taal, met Nederlandse, Duitse, Franse, Afrika-, Indiese en ander
invloede.

Ek stel dit aan jou dat Afrikaans baie
minder van 'n "verbastering" is as wat
jy dink. Afrikaans is sewentiende eeuse
Nederlands uit die suide van Nederland,
met hier en daar woordeskat-invloede
van ander tale. Dis daarom dat mense in
Nederland en Vlaandere dit so maklik kan
lees. Hulle kyk na hulle eie taal, met
'n nuwer fonetiese skrif en hier en daar
woorde wat hulle nie ken nie. Maar basies
is dit hulle eie taal.


> 'n Taal se oorlewingspotensiaal word bepaal deur sy nut as
> kommunikasiemedium. Waar die gebruik van leenwoorde dit moontlik maak om
> gedagtes beter uit te druk, is 'n mens nie besig om die taal dood te maak
> nie. Inteendeel, dit verbeter die taal se langtermyn
oorlweingspotensiaal.

Natuurlik. Maar dan moet die taal 'n
kans gegee word om op te tree as
kommunikasie-medium. As iemand elke
keer 'n Engelse woord of frase ingooi
as hy nie die Afrikaanse woord kan
onthou nie, dan veroorsaak hy 'n
stadige moord van sy eie taal. En
verklaar hy tegelyk dat hy minder-
waardig voel en dat die gebruik van
Engels (of Amerikaans?) vir hom
status gee. Hy "disenfranchise" homself
dus. Terloops, die vertaling van
"disenfranchisement" in Afrikaans is
volgens ons woordeboek "ontneming
van stemreg (burgerreg".) Maar ek
hou ook van die woord "ontkiesering"
wat die woordeboek nie aangee nie.

Gloudina
Re: Wat is "disenfranchisement" in Afrikaans? [boodskap #20468 is 'n antwoord op boodskap #20323] Sa, 30 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Engels : Spite

Afrikaans : Leedvermaak

Hoe's daai ???

Omie
ICQ 26839292
Re: Wat is "disenfranchisement" in Afrikaans? [boodskap #20475 is 'n antwoord op boodskap #20323] So, 31 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Oom Hans" writes:

> Engels : Spite
>
> Afrikaans : Leedvermaak
>
> Hoe's daai ???
>
> Omie

Ja, nog die beste voorstel. En
miskien selfs sommer ook
"vermakerig."

Gloudina
Vorige onderwerp: IN LIGTELUIM
Volgende onderwerp: Wat is: Om iemand te "lap" in Afrikaans?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 10:23:22 MGT 2024