Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » IN LIGTELUIM
IN LIGTELUIM [boodskap #20459] Sa, 30 Januarie 1999 00:00
SMS  is tans af-lyn  SMS
Boodskappe: 12
Geregistreer: Desember 1998
Karma: 0
Junior Lid
Geniet die volgende paar staaltjies:

Klein Bennie was maar altyd 'n handvol en glad nie
op die bek geval nie. Juffrou vertel vir die destydse
Sub A's van Daniël in die leeukuil. Almal luister
aandagtig want juffrou kan 'n storie vertel ! Nadat
sy klaar vertel het, wou sy darem hoor wat elkeen
onthou het en vra so'n paar vrae onder andere wat
elkeen sou doen as hy of sy in Daniël se situasie sou
wees. Jannie sê dat hy maar net sy ogies styf sou
toeknyp sodat hy nie die kwaai leeus kan sien nie.
Pietie sê weer dat hy maar vir Liewe Jesus sou
vra om die leeus dood te maak. Sannie meen sy
sou ook maar vir Liewe Jesus bid om hom te beskerm.
So het elkeen sy eie opinie gegee. Bennie het
doodstil gesit sodat juffrou hom later moes vra:
"En toe Bennie, wat sou jy doen as jy in 'n kuil vol
kwaai leeus gegooi word soos met Daniël gebeur
het ?" Toe kom die antwoord baie eerlik : "Jig juffrou,
ek sou eers my natgemaak en dan my broek vuilgemaak
het."

**************

Juffrou by die kleuterskool vertel die kinders van tuine,
plante en dinge, en uiteindelik verstaan hulle ook van
bladwisselende bome en immergroen plante. Kerneels
se kleindogter kom tuis van die kleuterskool af en
ingedagte betrag sy Oupa se bles voordat sy haar tot
Ouma wend:" Ouma, is Oupa ook bladwisselend?".

**************

Maria se kinders is al groot en uit die huis uit. Twee
dogtertjies van vriende kuier by haar en haar man.
Kuier is vir die twee baie lekker en met die vertrek
is almal bietjie droewig. Sê Maria:" Ag ja, nou bly
ek alleen agter, sonder kindertjies en ek kan ook
nie meer van my eie hê nie", maar voor sy iets kon
sê van "te oud" val Mia haar in die rede met:
"Hoekom nie, is jou melk dan suur".

****************

Koenie-hulle het 'n hondjie gehad. Die hondjie se naam was
Oubasie. 'n Seuntjiehond moet mos 'n seuntjie naam hê.
Oubasie het 'n probleem gehad wat alle seuntjiehonde en alle
seuns van so om en by 16 en ouer ondervind. Seuntjiehonde
kan egter "reggemaak" word. [Ek dink baie Pa's en Ma's met
groot dogters wens soms dit kan met groot seuns ook gedoen
word.] Allegeval, Oubasie moet die veearts besoek en na die
besoek is baie probleme uitgeskakel. Die familie kom kuier en
iemand vra: "Is dit Oubasie?" En Koenie antwoord:
"Nee, dis Ounooi wat eers Oubasie was."

***************

Indien jy gereeld sulke kostelikhede wil ontvang, gaan kuier by:
http://home.yebo.co.za/~dm44 of skryf vir my by:
dm...@yebo.co.za
Vorige onderwerp: "acenet.co.za".
Volgende onderwerp: Wat is "disenfranchisement" in Afrikaans?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 03:21:51 MGT 2024