Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » HIP-HOP
HIP-HOP [boodskap #20159] Sa, 23 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Giga-Loc  is tans af-lyn  Giga-Loc
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Yo, ik woon in Nederland dus ik kan wel een beetje SA verstaan.
Het is fonetisch wel makkelijker, daarom lees ik de berichten hardop.
Maar wat ik eigenlijk wilde weten, naar wat voor muziek luisteren de
jongeren daar?
Ook naar rapmuziek? En alleen amerikaanse, of zijn er ook Zuid
Afrikaanse rappers?
Laat het me ff weten.
Re: HIP-HOP [boodskap #20205 is 'n antwoord op boodskap #20159] So, 24 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 24 Jan 1999 14:09:40 GMT, ro...@saix.net (Raka, die swart dier) wrote:

Jammer hiervoor, maar dis my eerlike mening:

Philips met sy magtige Cherry Faced Lurchers, >>>[/color]

Nabootsings van Britse en Amerikaanse rock. Valiant Swart maak al die
vroee 70's musiek na.

Hopelik kan hy eendag genoeg daarvan kry en iets begin maak wat NIE
soos enigiets anders klink nie.

>[/color]

Nogal boring. Verbeeldinglose lawaai-rock. Niks oorspronkliks nie.

>[/color]

Ja.
Maar nou maak hulle nog steeds na.
Hulle sing net nie meer "cover versions" nie, maar probeer hulle gatte
af om dieselfde soort musiek te maak.

En hulle kry dit reg. Die gevolg is dat dit nie eers snaaks is nie.
Net so half tweederangs.

Wat is wit SA rock?
Niks meer as Amerikaanse club rock gespeel deur Suid-Afrikaners nie.
En in die meeste gevalle is dit club rock van n paar jaar gelede.
Re: HIP-HOP [boodskap #20206 is 'n antwoord op boodskap #20159] So, 24 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 24 Jan 1999 09:28:24 -0800, Hans Kamp wrote:

> Wat is ruk & rol, jeuk & jol. Is ruk & rol dieselfde as "rock 'n' roll"
> in Engels?

Inderdaad, ruk-en-ril ook!

Afrikaanse rockers sluit in Valiant Swart, Jack Hammer, oorle James
Philips met sy magtige Cherry Faced Lurchers, en die ondefinieerbare
maar wonderlike Springbok Nude Girls, glo vernoem na daardie tacky LP
omslae van die Springbok Radio se Hits versameling - psigedelies en
effe stout, 'n knielende profiel van 'n naakte meisie met kleinerige
buuste maar 'n welige bos hare tot op die grond a la Eva van die
Bybel.

Ongelukkig was die hits soms maar swak nagemaak deur plaaslike session
musikante.
Re: HIP-HOP [boodskap #20207 is 'n antwoord op boodskap #20159] So, 24 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Sun, 24 Jan 1999 14:09:40 GMT, ro...@saix.net (Raka, die swart dier)
> wrote:
>
> Jammer hiervoor, maar dis my eerlike mening:

Nonsies, jy is nie jammer nie. So bietjie bevooroordeeld, miskien. En
verseker bietjie hard op SA musiek, wat met baie klein fraksie van die
Amerikaanse / Europese mark tog hulle ding doen, en, op balans, eintlik nie
'n goeie job doen.

Daar is geen kwessie oor die invloed van hierdie groot markte nie. Dit is
onvermydelik. (As SA sy eie groot
vliegtuig sou bou, raai waarna sal dit lyk...'n boeing of 'n airbus, jy kry
die idee.)

Neewat, hulle doen nie te bad nie. En die mense in SA koop dit - die
mark"punch" van die U2's van hierdie wereld in ag geneem, 'n prestasie.

Cyber-Bees, Cyber-Sakkie se boetie.
Re: HIP-HOP [boodskap #20208 is 'n antwoord op boodskap #20159] So, 24 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans Kamp  is tans af-lyn  Hans Kamp
Boodskappe: 94
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Die Poppe, O Die Poppe Gaan Dans wrote:
>
> On Sat, 23 Jan 1999 22:40:07 +0100, Giga-Loc
> wrote:
>
>> Yo, ik woon in Nederland dus ik kan wel een beetje SA verstaan.
>> Het is fonetisch wel makkelijker, daarom lees ik de berichten hardop.
>> Maar wat ik eigenlijk wilde weten, naar wat voor muziek luisteren de
>> jongeren daar?
>
>> Ook naar rapmuziek? En alleen amerikaanse, of zijn er ook Zuid
>> Afrikaanse rappers?
>> Laat het me ff weten.
>
> Ons luister ruk & rol, jeuk & jol, hoe-rave-die-boere, rekkiemusiek,
> (wat u sal noem afrikaanse reggae), maar daar is ook groot rappers
> (soos Prophets of the City, en die afrikaanse Brasse vannie Kaap).

Wat is ruk & rol, jeuk & jol. Is ruk & rol dieselfde as "rock 'n' roll"
in Engels?

Hans Kamp.
Re: HIP-HOP [boodskap #20209 is 'n antwoord op boodskap #20159] So, 24 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
On Sat, 23 Jan 1999 22:40:07 +0100, Giga-Loc wrote:

> Yo, ik woon in Nederland dus ik kan wel een beetje SA verstaan.
> Het is fonetisch wel makkelijker, daarom lees ik de berichten hardop.
> Maar wat ik eigenlijk wilde weten, naar wat voor muziek luisteren de
> jongeren daar?

> Ook naar rapmuziek? En alleen amerikaanse, of zijn er ook Zuid
> Afrikaanse rappers?
> Laat het me ff weten.

Ons luister ruk & rol, jeuk & jol, hoe-rave-die-boere, rekkiemusiek,
(wat u sal noem afrikaanse reggae), maar daar is ook groot rappers
(soos Prophets of the City, en die afrikaanse Brasse vannie Kaap).

Ongelukkig luister die meeste van ons die gemors wat die SABC
se speellys keurders opstel, oneindige Amerikaanse gangster rap (
op die TV gemeng met stroperige soul. Jong swart mense luister veral
Kwaito (Arthur, Boom Shaka, TKZee), 'n stadige soort house-musiek met
swaar bas.

Hier en daar speel mense Wes-Afrikaanse en Kongo kitaarmusiek, a la
Papa Wemba, Sally Nyolo en natuurlik Salif Keita. Naweke by klubs sal
mens alles van hard house tot metal kan hoor.
Re: HIP-HOP [boodskap #20210 is 'n antwoord op boodskap #20159] So, 24 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 23 Jan 1999 22:40:07 +0100, Giga-Loc wrote:

Het is fonetisch wel makkelijker, daarom lees ik de berichten hardop.[/color]
> Maar wat ik eigenlijk wilde weten, naar wat voor muziek luisteren de
> jongeren daar?
> Ook naar rapmuziek? En alleen amerikaanse, of zijn er ook Zuid
> Afrikaanse rappers?
> Laat het me ff weten.>>

Hoofsaaklik Britse en Amerikaanse pop en rock.
Re: HIP-HOP [boodskap #20269 is 'n antwoord op boodskap #20159] Ma, 25 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 25 Jan 1999 08:00:32 GMT, ro...@saix.net (Raka, die swart dier) wrote:

[/color]
>> Ferdi Greyling wrote in message ...
>>> On Sun, 24 Jan 1999 14:09:40 GMT, ro...@saix.net (Raka, die swart dier)
>>> wrote:
>>>
>>> Jammer hiervoor, maar dis my eerlike mening:
>>
>
> Twak! DIS G'N NIKS MY ENIGE MENING NIE. SIT JOU VERSTAND EERS IN RAT!
>
> (En van wanneer af kan Raka ooit jammer wees ook nog?) >>

Wel Raka kannie lees nie.
Of as hy kan, dan kan hy nie poste uitmekaar ken nie.
Re: HIP-HOP [boodskap #20270 is 'n antwoord op boodskap #20159] Ma, 25 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 24 Jan 1999 15:13:29 -0700, "Bees" wrote:

mark"punch" van die U2's van hierdie wereld in ag geneem, 'n prestasie.>>>[/color]

Die soort houding is WAAROM hulle nie oorspronklik is nie.
Die houding wat se: Ag wat, ons is maar tweedeklas. Ons kan mos nie
meeding nie...

Die punt is: Om n vliegtuig te bou kos reuse tegnologiese en
finansiele hulpbronne. Om rock te maak NIE.

Dit was juis die rock-revolusie. In die 50's kon enige Britse kind
skielik met n tien pond gitaar n liedjie skryf en dit in n klub gaan
sing.

Ek is bevrees die wit gemeenskap lei - wat rock musiek betref - aan n
koloniale minderwaardigheid. Ons wil doen soos in Londen en New York
gedoen word. Dan dink ons word ons gereken. Kwaliteit word ge-"peg"
aan wat in die VSA of Engeland gedoen word.

In Wes-Afrika is die mense baie armer as die wit kinders in SA en
hulle maak great musiek. Great rock. Britse rocksterre het Nigerie toe
gegaan om saam met Fela Kuti te speel.

Laat die Valiant Swarts van ons tyd n slag se: "Ek is n Afrikaan. Ek
is nie wit Europees nie. Ek is n wit Afrikaan in die Kaap. Wat is my
musiek? En laat hy dan sy musiek gaan soek. As hy goed is, sal hy dit
kry. Dan sal hy nie meer soos 1972 drug-induced Amerikaanse mainstream
rock PROBEER klink nie nie.

Elke keer as ek hom hoor, raak ek nostalgies oor my studentedae. Dan
wil ek al daai ou LP's weer kaan koop.
Net soos Anton Goosen wat n mens na Bob Dylan laat verlang het.
Re: HIP-HOP [boodskap #20271 is 'n antwoord op boodskap #20159] Ma, 25 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 24 Jan 1999 15:13:29 -0700, "Bees" wrote:

> Ferdi Greyling wrote in message ...
>> On Sun, 24 Jan 1999 14:09:40 GMT, ro...@saix.net (Raka, die swart dier)
>> wrote:
>>
>> Jammer hiervoor, maar dis my eerlike mening:
>

Twak! DIS G'N NIKS MY ENIGE MENING NIE. SIT JOU VERSTAND EERS IN RAT!

(En van wanneer af kan Raka ooit jammer wees ook nog?)
Vorige onderwerp: TUGSTAPPE TEEN JOHAN
Volgende onderwerp: 1ste Generasie Biologiese wapens nou beskikbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 07:41:07 MGT 2024