Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Ringdans van die Hamerkoppe" deur D.J. OPPERMAN
"Ringdans van die Hamerkoppe" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #19878] Wo, 13 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
RINGDANS VAN DIE HAMERKOPPE
D.J. Opperman

Alleen onder die kameeldoringboom
waar ek elke dag minder
oor gisters en môres sit en droom,

maar soms nog mompel aan gebede
oor kinders en kleinkinders
versprei in die witman se stede,

vlieg 'n hamerkop, roepvoël van die dood,
óm die boom, óm die boom
en kom wei voor my in die watersloot.

Hy pluk met gesnitter en gesnater
paddas en vissies
witterig los uit die water;

haal, as die beeste eenkant wei,
uit die stil onderstrome
voorvaderlike geeste vir my.

Soms sak hy en 'n paar van sy maters
teen sonsondergang
tot 'n klein dodedans in die waters,

roer en roer dit saam met 'n trippel en trap
van latdun pote
en vlerke wat litterig bewe en klap

dat die wolke en aalwee skud en verwring
en die kringelende waters
met beelde verward in my kop nakring,

tot alles versink in die trap,
trap van die tyd
en nagte se aaklige vlerkgeklap,

en ek duiselig weet wanneer ek opstaan:
met 'n bruin hamerkop op my stroois
en die wit waterkring om die maan,

sal vannag weer een van my ander selwe
in die klein ringdans van die tyd
die vlaktes en stede afsterwe.
Re: "Ringdans van die Hamerkoppe" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #19969 is 'n antwoord op boodskap #19878] Ma, 18 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Teresa Gilliam  is tans af-lyn  Teresa Gilliam
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ag Here, is iemand alweer besot met archaisiese "akademiese" gedigte?

@igs.net wrote in article ...
> RINGDANS VAN DIE HAMERKOPPE
> D.J. Opperman
>
> Alleen onder die kameeldoringboom
> waar ek elke dag minder
> oor gisters en môres sit en droom, [NOG STRONT]
> sal vannag weer een van my ander selwe
> in die klein ringdans van die tyd
> die vlaktes en stede afsterwe.
Re: "Ringdans van die Hamerkoppe" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #20029 is 'n antwoord op boodskap #19878] Wo, 20 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
En nog jammerder dat mense dit nodig vind om Godslasterlik te wees
(behalwe die feit dat hulle onverdraagsaam is.)

Johan wrote:

> On 18 Jan 99 23:21:51 GMT, "Teresa Gilliam"
> wrote:
>
> |Ag Here, is iemand alweer besot met archaisiese "akademiese" gedigte?
>
> Teresie, dis maar 'n jammer dag as jy die vermoeë verloor het om die
> mooi in 'n eenvoudige gedig raak te sien.....
>
> Johan
Re: "Ringdans van die Hamerkoppe" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #20030 is 'n antwoord op boodskap #19878] Wo, 20 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Jan 99 23:21:51 GMT, "Teresa Gilliam"
wrote:

|Ag Here, is iemand alweer besot met archaisiese "akademiese" gedigte?

Teresie, dis maar 'n jammer dag as jy die vermoeë verloor het om die
mooi in 'n eenvoudige gedig raak te sien.....

Johan
Re: "Ringdans van die Hamerkoppe" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #20103 is 'n antwoord op boodskap #19878] Vr, 22 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Teresa Gilliam  is tans af-lyn  Teresa Gilliam
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Jou Hol is godslasterlik. As jy Opperman wil lees gaan na die biblioteek by
www.kultuurnet.co.za Hoe lank vat dit haar om die ou nostalgiese stront in
te tik, is sy simpel of iets?

Kwarantyn wrote in article
...
> En nog jammerder dat mense dit nodig vind om Godslasterlik te wees
> (behalwe die feit dat hulle onverdraagsaam is.)
>
> Johan wrote:
>
>> On 18 Jan 99 23:21:51 GMT, "Teresa Gilliam"
>> wrote:
>>
>> |Ag Here, is iemand alweer besot met archaisiese "akademiese" gedigte?
>>
>> Teresie, dis maar 'n jammer dag as jy die vermoeë verloor het om die
>> mooi in 'n eenvoudige gedig raak te sien.....
>>
>> Johan
>
Re: "Ringdans van die Hamerkoppe" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #20165 is 'n antwoord op boodskap #19878] Sa, 23 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Beelsebub  is tans af-lyn  Beelsebub
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Kwarantyn wrote:

> En nog jammerder dat mense dit nodig vind om Godslasterlik te wees
> (behalwe die feit dat hulle onverdraagsaam is.)
>
> Johan wrote:
>
>> On 18 Jan 99 23:21:51 GMT, "Teresa Gilliam"
>> wrote:
>>
>> |Ag Here, is iemand alweer besot met archaisiese "akademiese" gedigte?
>>
>> Teresie, dis maar 'n jammer dag as jy die vermoeë verloor het om die
>> mooi in 'n eenvoudige gedig raak te sien.....
>>
>> Johan

Beste Kwarantyn

Deur iets of iemand te belaster moet hy of sy bestaan. Wat God aan betref
het ek hom lankal oorwin. 'n Smith and Wesson always beats five aces, en toe
Hy my probeer verneuk in 'n potspel vir 'n paar duisend siele, het ek die
kak uit hom uit geskiet. So nou behoort jy aan my.

Lekker worrie

Groete uit die helllll.....

Satan, Nic, die Duiwel, Beelsebub of die Dier
(...net soos jy verkies)

PS DJ Opperman stuur groete
Vorige onderwerp: "Handskrif vir Klein Duimpie" deur GEORGE WEIDEMAN
Volgende onderwerp: "Sondag van 'n Kind" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 14:28:43 MGT 2024